Wie is LEWENSWOORD en wat beoog ons?
LEWENSWOORD bediening is 'n web-platform vir Woordverkondiging, Bybelstudie, antwoorde op aktuele vraagstukke en ondersteuning op die geloofspad.
Dit is vir dié wat hul Christelike geloof ernstig opneem en wil groei in hul verhouding met God en hul naaste.
LEWENSWOORD is onafhanklik, sonder verbintenis aan 'n kerkgroep of organisasie.
Dit is 'n Afrikaanse platform vir ons eie mense – ons Geloftevolk hier in Suid-Afrika en waar hulle hul elders in die wêreld bevind. Dit is ook ’n oop webblad, waar enigiemand kan saamlees.
Ons poog om 'n voorbeeld van eerbaarheid en respek vir alle mense en owerhede in die land te stel.
LEWENSWOORD verkondig God se Woord in Gees en waarheid, en streef na daaglikse groei in ons liefde en kennis van Jesus Christus. Ons bly gereed om Hom te ontmoet met sy wederkoms. Met hierdie vooruitsig in die geloofsoog bou ons mekaar op in onderlinge liefde en ondersteuning, terwyl ons God se beeld onder mekaar en in die wêreld dra en Jesus as Verlosser en komende Koning verkondig.

Die redaksie en onderhoud van LEWENSWOORD word behartig deur Johan Marais, van Centurion, SA.
Kontak my gerus by 082 852 1687 of gaan na die KONTAK ONS bladsy en skryf vir my ‘n boodskap.