woordbrokkies
Die grootste besluit in jou lewe
Die belangrikste en grootste besluit wat jy ooit in jou lewe geneem het
is sekerlik dié een wat jou ewige bestemming bepaal (Matt 19:16).
is sekerlik dié een wat jou ewige bestemming bepaal (Matt 19:16).
Jy het van Jesus gehoor en genoeg van Hom geweet om te besluit om aan Hom oor te gee. Dit was nie vooraf beplan of uitgedink nie, maar ’n wonderbaarlike werking van die Heilige Gees in jou binneste: daar het ’n wedergeboorte plaasgevind (Joh 3). As volgeling van Jesus is jou ewige bestemming bepaal: dit is die lewe by God, in Jesus, binne sy koninkryk, volmaak en sonder einde.
Jy het ontwaak uit jou geestelike dood en is nou ‘wakker’. Jy is elke dag besig met die dinge van God se koninkryk, al is jy nog in die wêreld. Die gewone dood wat op jou wag gaan die finale oorgang soontoe wees (1Kor 15).
Tot op daardie dag is jy nog in die wêreld, wat jou vyandiggesind is en as bywoner en dwarstrekker beskou (Joh 15:19). Daar is baie versoekings ook, wat jou verhouding met God en met ander mense bedreig (1Joh 2:15-17). Jy het spesiale beskerming en hulp nodig om as Christen te oorleef.
Liewe mede-Christen, die stryd is hewig, maar jy moet algaande in die geloof groei en sterker word! Dis ’n geweldige uitdaging maar een met ’n heerlike beloning, en jy het alles wat nodig is om te oorwin! Die geheim is om te te weet wat dit is en hoe om dit te gebruik. Hier is die dinge wat jy moet onthou en doen:
Jesus het vir jou gesterwe en opgestaan uit die dood (Rom 14:9). Hy is jou Saligmaker (Luk 2:10-11) en het al jou sondes vergewe (Jes 1:18). Hy leef in jou (Gal 2:20).
Moet nooit twyfel aan jou jouself nie, want
Doen die volgende om as Christen te vorder:
Hier is hulp teen aanslae:

- God het al jou sondes vergewe (Ps 103:12, Jes 44:22, Jes 53:5-6, Eseg 36:25-27).
- As jy weer sondig, bly jy steeds sy kind (1Joh 1:9, 1Joh 2:1).
- God sal jou bewaar. (Joh 10:28-29, Fil 1:6).
Doen die volgende om as Christen te vorder:
- Bly weg van verkeerde dinge (Rom 6:13, 2Kor 6:14, 2Tim 2:16, 1Joh 2:15).
- As jy onvrede met iemand het, maak dit reg (Kol 3:13).
- Bely Jesus openlik. (Ps 40:3-4, Mat 10:32, Luk 8:39, Rom 10:9).
- Verdiep jou in sy Woord, bid gereeld en wees deel van ’n gemeente (1Pet 2:2, 1Thes 5:17, Hand 2:41-47, Ef 1:22, 4:11-16).
Hier is hulp teen aanslae:
- As jy versoek word: Ps 139, Jak 1.
- As die dood sy verskyning maak: 1Kor 15.
- As jy verag en bespot word ter wille van Jesus: 1Kor 1:18-31.
- As jy mismoedig voel: Ps 23.
- As jou vriende jou verlaat: Matt 5:43-48, Rom 12:14, Joh 14:23, 15:14.
- As jy eensaam is: Matt 19:29.
- As jy voor ’n krisis te staan kom: Ps 46, 1Kor 10:13.
- As siekte dreig: Ps 91, Jak 5:7-20.
- As jy bekommerd is: Jes 40, Mat 6.
- As dit lyk of alles verkeerd loop: Rom 8:18-39.
- As jy gestruikel het: Ps 51, Luk 15:11-32, 1Joh 1:7-2:2.