WOORDSTUDIE
DIE WET
VOORWOORD EN OORSIG
Jesus het uit die staanspoor in sy prediking teenstand gekry oor die Wet. Beskuldigings teen Hom oor die Wet was ook ’n belangrike rede vir sy kruisiging. Die apostels en die eerste gemeentes is vervolg op beskuldiging van ongehoorsaamheid aan die Wet van Moses, misleiding van die volk, en selfs opstand teen die owerhede. En dit omdat hierdie nuwe 'Weg' afskrywing van sondeskuld en vryheid van die Wet verkondig het.
Dit lyk soms of hierdie groot konflik en stryd oor die Wet wat van die begin af op die voorgrond was, vandag minder fel is en in die moderne Christelike kerkwêreld op 'n manier uitgesorteer is. Dit is 'n groot fout om so te dink. 'n Bestudering van die verskillende Christelike gelowe uit hierdie oogpunt ontbloot heelwat wettiese ondertone. Daarmee saam is daar dikwels 'n gebrek aan reguit en dapper onderskeid tussen die Ou en Nuwe Testamente ten opsigte van die Wet. In SA kry ons te doen met geloofsgroepe wat onderhouding van die Ou-Testamentiese Wet, of gedeeltes daarvan, sterk voorstaan. Baie gelowiges wat daarmee te doen kry raak in 'n persoonlike stryd gewikkel daaroor, en soek helderheid en sekerheid oor wat God van hulle verwag.
Hierdie studiestuk word aangebied om die probleem beter te help verstaan en antwoorde te vind.
Kern-inhoud en gevolgtrekkings:

Daar is uiteenlopende oortuigings en konflik onder Christene oor die Ou-Testamentiese Wet.
Die Ou en Nuwe Testamente is twee afsonderlike bedelings, elk met sy eie doel, voorwaardes, praktyk en eindbestemming. Die Ou Verbond/Testament, met inbegrip van die Wet, was vir nasionale Israel as volk. Dit was op die bestemde tyd vervul en afgesluit, en bestaan nie meer nie. Christene lewe nou in die Nuwe Verbond/Testament, wat die vervulling van die profesieë en beloftes van die Oue is. Die Nuwe Verbond is heeltemal nuut ten opsigte van sy inhoud, beloftes, voorwaardes (‘gebooie’), opdragte en die erfgename daarvan. Daar is ’n sterk verwantskap tussen die Ou en Nuwe Testamente; hulle is op mekaar aangewese en gaan oor presies dieselfde Persoon, naamlik Jesus Christus. Die groot vraag is watter wette vandag geld: dié van die Ou Testament, die Nuwe Testament, of albei. Die antwoord word gegee deur die Nuwe Testament met finale gesag. Dit waarsku ernstig en deurlopend teen onderhouding van die Ou-Testamentiese Wet, en gee terselfdertyd al die voorskrifte, riglyne en middele vir die Christelike lewe. Enkele probleemtekste in die Nuwe Testament in verband met die Wet word behandel, soos byv. Matt. 5:17-48. Die Tien Gebooie was deel van die Ou-Testamentiese Wet, en word nie na die Nuwe Testament oorgedra nie. |
INHOUD
INLEIDING
VERBONDE EN WETTE IN DIE BYBEL In die Paradys Noag Abraham Moses Dawid Jesus VERSKILLENDE OORTUIGINGS OOR DIE WET DIE OU TESTAMENTIESE WET Wat was die Wet? Die doel van die Wet Die Wet in praktyk Die uiteinde van die Wet DIE NUWE TESTAMENT Wat is die Nuwe Testament? Die doel van die NT Die NT in praktyk Die uiteinde van die NT |
VERWANTSKAP TUSSEN DIE OU EN NUWE TESTAMENTE Dieselfde saak Tipes en anti-tipes TERUG NA DIE GROOT VRAAG Watter wette geld vandag? Hoe moet ons die wet van die liefde gehoorsaam? PROBLEEMTEKSTE VERSKILLENDE OORTUIGINGS BEANTWOORD GEHOORSAAM ONS IN ELK GEVAL DIE TIEN GEBOOIE? SLOT |
INLEIDING
Die mens het nog altyd te doen gehad met wette – reëls, regulasies, verordeninge – wat sekere dinge voorskryf of bepaal. Die wêreld en sy samelewings word daardeur gevorm, terwyl elke indiwidu die gesag en uitwerking daarvan in sy eie lewe ervaar.
Daar is baie soorte wette in die wêreld. Die natuurwette, byvoorbeeld, is vaste reëls waarvolgens sekere gebeure verloop, en geen mens kan iets daaraan verander nie. Dan is daar sosiale wette, wat deur mense gemaak word en wat meer op die wil van die mens staatmaak om dit te laat werk. Dit kan geïgnoreer, oortree of verander word, met of sonder gevolge. Die doel van sosiale wette is om orde, vrede en vooruitgang te bevorder sonder om die menslike wil en kreatiwiteit heeltemal in te perk.
Ondervinding leer dat sosiale wette net aanhou werk as dit gepaard gaan met goeie opvoeding en gedurige inskerping, saam met streng en konsekwente toepassing van die reg. Mense is nou maar eenmaal geneig om dwars te wees en deur selfsug en ongehoorsaamheid hul eie en ander se ondergang te veroorsaak.
Afgesien van die natuurwette en die baie mensgemaakte wette in die wêreld, sien ons in die Bybel dat God ook 'wette' vir mense gee. Dit is hoofsaaklik Godsdienstige, geestelike wette, of opdragte, wat op Hom en sy koninkryk betrekking het. Dit gaan ook altyd gepaard met verbonde, of ooreenkomste, wat Hy met mense sluit. Die Ou Testament, ook bekend as die Ou Verbond tussen God en Israel, het byvoorbeeld gepaard gegaan met die Ou Testamentiese Wet, wat die voorwaardes van daardie verbond gestel het. Ons lees van 'n hele paar verbonde in die Bybel, elkeen met sy eie wette en elkeen met sy eie unieke doel en afloop.
Gehoorsaamheid aan God se wette en opdragte is altyd noodsaaklik, en gebrek daaraan lei tot skade aan die betrokke verbond en tot noodwendige gevolge.
Ongelukkig is daar vandag uiteenlopende oortuigings oor die verbonde en wette in die Bybel. Daar is omtrent net soveel oortuigings as wat daar kerke is! Sommige geloofsgroepe sal sê dat sekere verbonde vandag nog in werking is en dat die voorwaardes (wette) van daardie verbonde steeds geld. Ander groepe sal weer dink dat verbonde deur die geskiedenis gekom en gegaan het en dat byvoorbeeld net die Nuwe Testament, saam met sekere wette, vandag geld.
Die rede vir die baie oortuigings is natuurlik dat die Bybel verskillend verstaan word deur mense. Dit veroorsaak al baie eeue lank partyskappe, konflik en bittere skeurings binne die Christendom. Vandag is baie van ons in hierdie situasie in die kringe waarin ons beweeg, met die vraag in onrustige gemoedere:
watter wette geld vandag, en hoe moet ons dit gehoorsaam?
Die antwoord bepaal ons verhouding met God. Ons begeer om in sy wil te wees omdat Hy ons liefhet en ons Hom graag in waarheid wil dien. Hierdie studie toon aan dat pogings om byvoorbeeld die Ou Testamentiese Wet te onderhou 'n diepgaande invloed het op 'n mens se verhouding met God.
Die studie gebruik net die Bybel as bron van inligting, en is nie op enige teologiese denkrigting of kerk-belydenis gebaseer nie.

VERBONDE EN WETTE IN DIE BYBEL
Vir agtergrond tot die onderwerp kyk ons eers kortliks na al die Bybelse verbonde en gepaardgaande wette:
In die Paradys
God het die heel eerste ‘wet’ aan die mens gegee net nadat Hy hulle geskape het. Hy het sekere opdragte aan hulle gegee, soos om die aarde te bewoon en oor alles te heers (Gén 1:28), maar daar was ook die verbod om van 'n sekere boom in die tuin te eet (Gén 2:17). Dit was vóór die sondeval, wat dit besonders gemaak het. Wat was God se doel met daardie ‘gebod’, terwyl daar nog geen sonde was nie? Dit word ook die proefgebod genoem, bedoelende dat God die eerste mensepaar daarmee wou toets, selfs onder aanslag van versoeking. Toe die mens misluk was daar 'n herstelplan gereed, wat heengewys het na die Verlosser wat uit die vrou sou voortkom (Gén 3).
Die gedagte van 'n proefgebod - dat God die mens daarmee wou toets - mag waarheid inhou, maar dis nie noodwendig die enigste verklaring nie. Die Bybel verduidelik nie waarom God daardie gebod gegee het nie; al wat ons lees is wat die gevolg van oortreding sou wees, naamlik dat hulle sou sterf. 'n Ander moontlike verklaring is dat dit nie 'n negatiewe toets was nie, maar eerder 'n positiewe geleentheid vir die mens om deur volhoubare, vrywillige gehoorsaamheid te groei na volkome getrouheid en liefde vir God. So 'n verklaring wys dan ook op die goeie doel van God se wette en gebooie in die algemeen, naamlik om te beskerm, te bewaar en tot volmaaktheid te bring, eerder as om te kortwiek en te veroordeel. Maar die Bybel gee ook nie daardie spesifieke verklaring nie – dis maar 'n menslike uitleg. Ons kan net wonder oor die werklike rede. Een ding weet ons darem verseker: dit was nie God se doel dat die mens voor die versoeking moes swig en oortree nie. Toe dit tog gebeur was Hy oneindig hartseer en het dit later berou dat Hy die mens gemaak het (Gén 6:6-7). Die herstelplan wat Hy ingestel het in plaas daarvan om die mens te verdelg is wonderbaarlike genade wat ons maar net in dankbare blydskap voor Hom kan laat buig.
Noag
Van die sondeval tot voor Noag verloop 'n tydperk van toenemende bederf, sonder besondere bemoeienis van God met die mens of die instelling van enige ander wette. Noag kry dan die opdrag om die ark te bou en 'n klomp ander dinge te doen (Gén 6-7). Na die vloed sluit God die 'reënboog-verbond’ met hom en gee daarmee saam verdere opdragte, wat dalk in 'n sekere sin ook as 'wette' gesien kan word (Gén 9).
Abraham
Na Noag gaan die lewe voort totdat God Abraham roep en 'n verbond met hom sluit (Gén 15). Dié verbond sluit 'n aantal beloftes in wat aan Abraham gemaak word, soos dat hy baie geseënd sal wees, 'n groot nageslag sal hê, ensovoorts. Saam met die verbond ontvang hy die besnydeniswet (Gén 17). So was dit ook met Isak en Jakob, deur wie God sy verbond met Abraham voortgesit het. 'n Betekenisvolle aspek van hierdie verbond was dat geloof alleen tot geregtigheid gelei het, sonder dat dit verdien moes word deur werke of nakoming van wette. Gehoorsaamheid aan die besnydenis-opdrag het in elk geval geen geregtigheid vir hulle verdien nie.
Moses
Naby die einde van Jakob se lewe beland sy twaalf seuns en hulle families in Egipte, waar hulle honderde jare lank in sware slawerny verval, en dit blyk dat God hulle totaal versaak het. Maar Hy bly getrou aan sy beloftes en lei hulle met 'n kragtige hand deur Moses uit na 'n beloofde land van voorspoed en geluk. Aan die begin van hierdie pad sluit Hy 'n baie hegte verbond met hulle – 'n huweliksverbond soos tussen 'n Man en vrou. Net soos 'n huwelik gebou word op 'n liefdesverbond met 'n kontrak en voorwaardes, het dit ook hier gebeur: die Man maak homself as JAHWEH bekend aan sy bruid Israel, tree in 'n permanente verbond met haar en bekragtig dit met ’n omvattende Wet, insettinge en verordeninge. Die ‘Ou Testament’ word in die eerste vyf boeke van die Bybel, Génesis tot Deuteronómium, beskryf.
Dawid
Sommige Bybelstudente dink dat Jahweh ook met Dawid 'n verbond gesluit het, volgens 2 Samuel 7:8-16. Daarvolgens was Dawid se nageslag vir altyd gewaarborg en sou sy koningskap, of troon, vir ewig vasstaan en bestendig wees. Dit kan egter ook gesien word as nie soseer 'n verbond nie, maar bloot 'n belofte wat aan Dawid gemaak is. Hierdie belofte is in elk geval van groot belang aangesien dit 'n duidelike verwysing was na sy verre nageslag in die persoon van Jesus Christus, wie se Koninkryk onoorwinlik en ewig is. Aangesien daardie belofte (of verbond) nie enige wette ingesluit het nie, is dit nie verder van spesifieke belang vir hierdie studie nie.
Jesus
Deur die Ou Verbond / Ou Testament het Jahweh Israel in bewaring gehou totdat die beloofde Verlosser van van die wêreld, Jesus Christus, 1500 jaar later uit hulle gebore is (Deut. 28-30).
Deur sy sondelose lewe volgens die Wet, gevolg deur sy dood en opstanding, het Hy die Ou Testament vervul en afgesluit, waarna Hy die Nuwe Testament ingestel het (Matt 5:17-18, 26:28, Hand 2).
Insluiting in die Nuwe Testament is op voorwaarde van geloof in Jesus, anders as met die Ou Testament, waar die voorwaarde die onderhouding van die Ou-Testamentiese Wet was (Rom 10:4-10, Ef 2:8-10, 2Tim 1:9).
Die Nuwe Testament het nuwe riglyne en reëls ('gebooie') gebaseer op die liefde (Joh 13:34 en 1Joh 2:7-8), wat in werking kom na oorgawe aan Jesus, en die wedergeboorte (Joh 3).
Die Nuwe Testament word beskryf in die vier Evangelies en die Handelinge van die apostels, en die briewe van die apostels aan die gemeentes.
Die oorgang van die Ou na die Nuwe Testament was dramaties en ingrypend vir die hele Israel – vir die wat Jesus verwerp het sowel as vir die wat Hom aangeneem het. Dit het hoofsaaklik oor die Wet gegaan. Die hedendaagse Christendom worstel steeds met dieselfde probleem. Ons kyk nou verder in meer besonderhede daarna:

VERSKILLENDE OORTUIGINGS OOR DIE WET
Die verskille in geloofskringe oor God se wette gaan nie soseer oor die 'wette' wat byvoorbeeld in die Paradys of op Noag van toepassing was nie, maar meer oor dié wat betrekking het op die verbond met Abraham, en veral op die Ou en Nuwe Testamente.
(Vir die doel van hierdie studie gebruik ons die term Wet (met hoofletter W) om spesifiek na die OT Wet, of die Wet van Moses, te verwys. Wat die NT betref praat ons van wette, gebooie, die wet van Jesus of die wet van die liefde.)
Daar is heelwat uiteenlopende oortuigings in Christen-geloofskringe oor die Wet. Sommiges is oortuig dat sekere dele van die Wet van krag bly tot in die NT, volgens tekste soos Matt 5:18-19, 7:12, 22:34-40 en Rom 3:31. Ander gelowiges gebruik hierdie einste tekste om net mooi die teenoorgestelde aan te toon, byvoorbeeld dat slegs die NT en die wet van die liefde vandag geld.
Die verskillende oortuigings kan miskien soos volg opgesom word:

1
2 3 4 |
Die OT is nog in werking (saam met die NT), dus bly die hele Wet steeds geldig. Ons moet dit sover moontlik gehoorsaam, en waar ons faal is daar genade en vergifnis deur Jesus.
Die OT is vervul, dus is sekere gedeeltes van die Wet, soos byv. die offerwette, nie meer in werking nie. Ander dele van die Wet geld egter steeds in die NT, tot by die wederkoms van Christus (byv. sekere feeste en die Sabbat) terwyl spesifieke dele van die Wet tot in ewigheid bly staan (byv. die Tien Gebooie). Die OT is vervul, afgehandel en nie meer in werking nie. Die Wet is nie meer verpligtend vir ons nie maar ons gehoorsaam steeds sekere dele daarvan, soos die Tien Gebooie, bloot uit dankbaarheid en liefde vir God. Die OT is vervul en afgehandel, en nie meer in werking nie. Die hele Wet is dus opgehef en tot niet. Niks uit die Wet word oorgedra na die NT nie. Nou geld slegs die NT en die wet van die liefde, soos Jesus dit ingestel en sy apostels dit verkondig het. Gelowiges weet deur die leiding van die Heilige Gees hoe om hierdie liefdeswet in enige gegewe situasie toe te pas. |
Die opsomming hierbo is maar een poging om die spektrum van sieninge te probeer verwoord. Al mag ons verskil oor die korrektheid of volledigheid daarvan gee dit nietemin 'n beskrywing van die probleem.
Elke ander siening oor die Wet sal natuurlik met sterk argumente ondersteun word. Maar tog is daar oor enige saak in God se woord net een waarheid. 'n Mens sukkel soms om by die gesonde leer te bly as jy met vreemde oortuigings gekonfronteer word sonder om die vangplekke te verstaan.
Die beste pad uit hierdie doolhof van verwarring oor die Wet is om eers te verstaan wat die Wet was, wat die doel daarvan was, hoe dit in praktyk gewerk het en wat uiteindelik daarmee gebeur het. Net so met die Nuwe Testament en 'die wet van Christus'. Daarna sal ons die verwantskap tussen die Ou en die Nuwe kan vasstel, wat sal help om die betekenis en geldigheid, al dan nie, van die Wet vir vandag te verstaan.

DIE OU TESTAMENTIESE WET
Wat was die Wet?
Dit word ook genoem die Wet van Moses, aangesien hy as middelaar tussen JAHWEH en Israel opgetree het. Hy het die Wet van JAHWEH ontvang en dit aan die volk oorgedra en ingestel. Hy was ook 'n OT skadubeeld, of tipe, van Jesus.
Namate JAHWEH die volk begin voorberei het vir hul uittog uit Egipte, het Moses die Paasfees, of Pasga, en die wet van die eersgeborenes ingestel (Exod 12, 13). Kort na die uittog lees ons die eerste keer van die Sabbat (Exod 16), wat toe alreeds in gebruik was, net soos die besnydenis.
Drie maande na die uittog kom die volk by die berg Sinai aan, waar Jahweh die verbond van die Ou Testament met haar sluit (Exod 19:5-20, 24:1-8). Dit was blywend, eksklusief en heilig, soos 'n huweliksverbond. As voorwaardes van die verbond ontvang hulle die Tien Gebooie, wat deur Jahweh op twee kliptafels geskryf was (Exod 20, 24). Daarna ontvang Moses nog baie ander wette, verordeninge en insettinge, wat byv. die groot Feeste (Lev 23) ingesluit het. Hy kry ook instruksies vir die voorbereiding en oprigting van die Tabernakel en die maak van 'n verskeidenheid uitrusting, toerusting, meubels, altare ens., waarvan die belangrikste die Ark met sy inhoud was (Exod 25 e.v.). En dan was die allerbelangrike Priesteramp ingestel vir die uitvoering van 'n verskeidenheid take (bedieninge) met betrekking tot die Wet en die Tabernakel (Exod 29 ens.).
Die doel van die Wet
Die Wet was die grondslag en inhoud van 'n volledige volkshuishouding vir Israel. Dit was uit Jahweh se genadige en liefdevolle hand en bedoel om sy volk te heilig, te beskerm en te bewaar teen sonde (byv. Lev 1-9), te versorg (byv. gesondheidswette soos in Lev 13-14) en om hulle voor te berei vir die koms van Jesus deur byv. die gereelde groot feeste (Lev 23). Die Wet was dus bedoel om die Verbond te beliggaam en in stand te hou.
Die Wet in praktyk
Die daaglikse lewe van Israel het bestaan uit die sosiale, werks-, en oorlewingsbedrywighede van die tyd, in 'n harde en uitdagende woestyn-omgewing. Hul bestaan was egter in besonder gekenmerk deur 'n kultuur en 'n missie wat heeltemal verskil het van al die ander volke. Eerstens was JAHWEH hulle God, en hulle God alleen. Tweedens was die Verbond en die Wet alleen op Israel van toepassing, wat van hulle ’n spesiale volk gemaak het. Derdens was hulle op 'n unieke missie, naamlik om hul beloofde land binne te gaan (Deut 6 en 7).
Die daaglikse, praktiese nakoming van die Wet het het o.a. die volgende behels:
Die uiteinde van die Wet
Jahweh het sy volk herhaaldelik beveel om die Wet te onderhou, met beloftes van seën vir gehoorsaamheid of bedreiginge van straf vir ongehoorsaamheid (byv. Lev 26, Deut 4, 6, 8, 28).
Van die boek Rigters af tot by die laaste profeet Maleági sien ons hoe Israel gefaal het in die onderhouding van die Wet, in weerwil van gedurige waarskuwings en vermaninge deur Moses, Joshua en die profete. Uiteindelik het dit vir tien van die twaalf stamme gelei tot die beëindiging van die Verbond (Jer 3, 2Kon 17) en wegvoering na Assirië, "weg van die aangesig van Jahweh" (2Kon 17:23). Die Verbond (OT) het dus vir hulle tot niet gegaan - ook ten opsigte van die Wet, aangesien letterlik alles wat die uitvoering daarvan moontlik gemaak het - die tempels, priesters, wetboeke, altare, ens. - finaal van hulle gestroop is. Dit moet ook in gedagte gehou word dat hulle Jahweh alreeds vroeër, met die skeuring van die ryk, versaak het, sodat hulle teen die tyd van hul wegvoering na Assirië klaar geestelik bankrot was.
Die Verbond was egter nie met die orige twee stamme (Juda en Benjamin) beëindig nie, alhoewel hulle ook later gestraf en weggevoer is, dié keer na Babilon. Klein groepies van hulle is kort daarna toegelaat om terug te keer na Jerusalem, waar hulle die stad se mure en die tempel herbou en die Wet in ere herstel het (Jer 3:8, 2Kon 24, 25, 2Kron 36, Esra-Nehemía). So was hierdie twee stamme in 'n heilige verhouding met Jahweh bewaar. Hulle het die hele Israel verder verteenwoordig. Dit moet gemeld word dat sommiges uit die tien stamme tydens of net voor hul eie ballingskap honderde jare tevore, na die twee stamme toe oorgevlug het. Daar was dus darem altyd 'n klompie van die tien stamme wat deel van Israel gebly het.
Hierdie oorblyfsel van nasionale Israel, wat hoofsaaklik uit die twee stamme Juda en Benjamin (en natuurlik ook die grootste deel van die stam van Levi) bestaan het, het gedurende die 'stil' periode tussen die Ou en Nuwe Testamente bly voortbestaan, en wel tot 70 jaar na Christus. Met die verwoesting van Jerusalem deur die Romeinse generaal Titus is die tempel vernietig, byna almal in die stad doodgemaak en die res in alle rigtings verstrooi. Dit het die finale einde beteken van Israel as nasionale entiteit en van die Ou Testament - die Ou Verbond tussen Jahweh en Israel.
Die vernietiging van die nasionale kultuursisteem waarbinne die Wet bestaan het, het die verdere funksionering van die Wet uiteraard onmoontlik gemaak. Jahweh het dit so toegelaat as deel van sy wil en reddingsplan vir sy volk, wat uiteindelik moes begryp dat die OT sy doel gedien het en dat Jesus 'n Nuwe Testament ingestel het. Matt 27:51 vertel dat toe Hy sterf die voorhangsel van die tempel in twee geskeur het. Dit was 'n ingrypende verandering in die hart van die tempel. Wie sou waag om die voorhangsel weer aanmekaar te werk, of dit met 'n nuwe een te vervang? Die tempel kon nooit weer herstel word om soos voorheen te werk nie!
Daar was baie pogings deur die geskiedenis om die Ou-Testamentiese Israel weer te herstel, met inbegrip van die ou Verbond en die Wet. Dit was natuurlik telkens met uitsluiting van Jesus, omdat die aanvoerders van daardie pogings Hom nie beskou het as die beloofde Verlosser van Israel nie. Die hedendaagse staat Israel is die mees onlangse poging, aangevoer deur die Sionisme, 'n beweging wat in die laat 1800's tot stand gekom het. Die herstel van 'Israel' in hulle oorspronklike land (Palestina) is een van hulle doelwitte. Dat dit vals is, word klaar bewys deur die feit dat die staat Israel 'n nie-Christelike opset is. Die studie oor ISRAEL, onder WOORDSTUDIE behandel dit in meer diepte.

- geloof in Jahweh, en volkome liefde vir Hom en vir mekaar (Deut 6:5, Lev 19:18);
- 'n groot aantal 'moets' en 'moenies' vir hul daaglikse aktiwiteite;
- 'n hele aantal feeste en sabbatte op hul jaarlikse kalender (o.a. Lev 23);
- 'n sisteem van offers en kompenserings vir oortredings teen die Wet, wat vir die oortreders versoening met Jahweh en vrede met mekaar bewerk het (byv. Lev 4, 5);
- die toepassing van allerhande strawwe (byv. Exod 21-22), insluitende die doodstraf vir sekere misstappe en sondes (byv. Lev 20).
Die uiteinde van die Wet
Jahweh het sy volk herhaaldelik beveel om die Wet te onderhou, met beloftes van seën vir gehoorsaamheid of bedreiginge van straf vir ongehoorsaamheid (byv. Lev 26, Deut 4, 6, 8, 28).
Van die boek Rigters af tot by die laaste profeet Maleági sien ons hoe Israel gefaal het in die onderhouding van die Wet, in weerwil van gedurige waarskuwings en vermaninge deur Moses, Joshua en die profete. Uiteindelik het dit vir tien van die twaalf stamme gelei tot die beëindiging van die Verbond (Jer 3, 2Kon 17) en wegvoering na Assirië, "weg van die aangesig van Jahweh" (2Kon 17:23). Die Verbond (OT) het dus vir hulle tot niet gegaan - ook ten opsigte van die Wet, aangesien letterlik alles wat die uitvoering daarvan moontlik gemaak het - die tempels, priesters, wetboeke, altare, ens. - finaal van hulle gestroop is. Dit moet ook in gedagte gehou word dat hulle Jahweh alreeds vroeër, met die skeuring van die ryk, versaak het, sodat hulle teen die tyd van hul wegvoering na Assirië klaar geestelik bankrot was.
Die Verbond was egter nie met die orige twee stamme (Juda en Benjamin) beëindig nie, alhoewel hulle ook later gestraf en weggevoer is, dié keer na Babilon. Klein groepies van hulle is kort daarna toegelaat om terug te keer na Jerusalem, waar hulle die stad se mure en die tempel herbou en die Wet in ere herstel het (Jer 3:8, 2Kon 24, 25, 2Kron 36, Esra-Nehemía). So was hierdie twee stamme in 'n heilige verhouding met Jahweh bewaar. Hulle het die hele Israel verder verteenwoordig. Dit moet gemeld word dat sommiges uit die tien stamme tydens of net voor hul eie ballingskap honderde jare tevore, na die twee stamme toe oorgevlug het. Daar was dus darem altyd 'n klompie van die tien stamme wat deel van Israel gebly het.
Hierdie oorblyfsel van nasionale Israel, wat hoofsaaklik uit die twee stamme Juda en Benjamin (en natuurlik ook die grootste deel van die stam van Levi) bestaan het, het gedurende die 'stil' periode tussen die Ou en Nuwe Testamente bly voortbestaan, en wel tot 70 jaar na Christus. Met die verwoesting van Jerusalem deur die Romeinse generaal Titus is die tempel vernietig, byna almal in die stad doodgemaak en die res in alle rigtings verstrooi. Dit het die finale einde beteken van Israel as nasionale entiteit en van die Ou Testament - die Ou Verbond tussen Jahweh en Israel.
Die vernietiging van die nasionale kultuursisteem waarbinne die Wet bestaan het, het die verdere funksionering van die Wet uiteraard onmoontlik gemaak. Jahweh het dit so toegelaat as deel van sy wil en reddingsplan vir sy volk, wat uiteindelik moes begryp dat die OT sy doel gedien het en dat Jesus 'n Nuwe Testament ingestel het. Matt 27:51 vertel dat toe Hy sterf die voorhangsel van die tempel in twee geskeur het. Dit was 'n ingrypende verandering in die hart van die tempel. Wie sou waag om die voorhangsel weer aanmekaar te werk, of dit met 'n nuwe een te vervang? Die tempel kon nooit weer herstel word om soos voorheen te werk nie!
Daar was baie pogings deur die geskiedenis om die Ou-Testamentiese Israel weer te herstel, met inbegrip van die ou Verbond en die Wet. Dit was natuurlik telkens met uitsluiting van Jesus, omdat die aanvoerders van daardie pogings Hom nie beskou het as die beloofde Verlosser van Israel nie. Die hedendaagse staat Israel is die mees onlangse poging, aangevoer deur die Sionisme, 'n beweging wat in die laat 1800's tot stand gekom het. Die herstel van 'Israel' in hulle oorspronklike land (Palestina) is een van hulle doelwitte. Dat dit vals is, word klaar bewys deur die feit dat die staat Israel 'n nie-Christelike opset is. Die studie oor ISRAEL, onder WOORDSTUDIE behandel dit in meer diepte.
DIE NUWE TESTAMENT
Terwyl die Ou Testament en die Wet sy klimaks van vervulling en afsluiting bereik het, het die Nuwe Testament begin wortel skiet in die hart en verstand van die volk. Dit het by Johannes die Doper begin (Matt 11:12-13, Luk 16:16), en is deur Jesus self verder gevoer (byv. Joh 8). Na sy hemelvaart het sy apostels en ander ligdraers soos Stefanus die Nuwe Testament in die volle krag van die Heilige Gees wêreldwyd geproklameer (Handelinge).
Voor ons verder gaan is dit dalk gepas om hier te noem dat die oorgang van die Ou na die Nuwe Testament nie sonder weerstand was nie. Die grootste stryd van die apostels en die gemeentes was dié teen die aanhangers van die OT Wet. Daar was 'n knaende en dikwels aggressiewe aandrang vanuit Jerusalem en die Judese kant van die gemeentes dat bo en behalwe die geloof in Christus, die Wet steeds onderhou moes word. Sien byv. Hand 15, 21:20-25 en die briewe aan die Romeine, Galasiërs en Hebreërs, waar die dringende erns van hierdie stryd as ’n hooftema uitstaan. In die ander NT briewe en boeke slaan die tema ook aanhoudend soos 'n goue draad deur. Die boodskap van die Nuwe Testament het nogtans kragtig bly groei in die waarheid van redding slegs deur geloof en genade. Die uiteindelike verwoesting van Jerusalem het seker ook baie daartoe bygedra om hierdie moeilike oorgang van die OT na die NT aan te help. Verdere gevolge van die traagheid en moeisaamheid van die oorgangsproses word later onder PROBLEEMTEKSTE bespreek.
Die stryd oor die Wet toon duidelik dat die NT in sekere kringe gesien was as in konflik met die Wet. En dis eintlik heeltemal verstaanbaar, as mens net kyk hoe baie die twee Testamente van mekaar verskil, soos nou duidelik gaan word:
Wat is die Nuwe Testament?
Die eerste leidraad kom uit Matt 1:21: " … dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos". In die NT verlos iemand anders jou van jou sonde. In die bedeling van die Wet was dit anders: verlossing van sonde was deur die aanhoudende doen van jou eie werke van die Wet en die bring van jou eie offers, soos byv. in Deut 28 en Lev.
Matt 26:28 gee 'n volgende leidraad: "… dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes." Die NT behels verlossing van sonde deur die dood van 'n mens, anders as met die Wet waar boetedoening en versoening deur die dood van 'n dier was.
Jesus het uit die dood opgestaan, waar ge-offerde diere in die OT dood gebly het. Jesus se opstanding was dus ook ongewoon en ongelooflik vir die volk. Sy volgelinge het boonop deel gekry in sy opstanding deur die afsterwe van die ou mens en die opstanding van 'n nuwe mens (Joh 3, 2Kor 4:14, Rom 6:4-5), naamlik die wedergeboorte. Dis 'n belangrike sleutel tot die NT, maar dit was vreemd aan die Wet en onbekend vir die Fariseërs en skrifgeleerdes (Joh 3:10).
In die NT word jy bloot deur geloof in Jesus regverdig gemaak en van jou sonde verlos, soos ons byv. sien in Joh 3:16, Mark 16:16, Rom 3-5, Filip 3:9 en baie ander plekke in die NT. Daar is geen regverdiging deur die doen van enige werke of wette nie. Maar In die OT was die doen van die werke van die Wet noodsaaklik vir regverdiging en verlossing van sonde (Lev 18:5, Rom 10:5, Gal 3:12).
Inlywing in die NT is 'n vrywillige besluit, wat met die teken van die doop van Jesus bevestig word (Matt 28:19, Mark 16:16, Hand 2:38), teenoor inlywing in die Ou Verbond wat deur die Wet verpligtend gemaak was en deur die teken van die besnydenis beseël was.
Israel van die NT is 'n 'geestelike huis', 'n oorblyfsel uit Israel, naamlik die gemeentes van Jesus (Rom 8, 9, 11:5, 1Pet 1:1-2, 2:5,9-10, Ef 1:22-23). Israel van die OT het uit die hele volk bestaan.
Laastens ontvang iemand wat in die NT ingelyf word die Heilige Gees, wat hom in die hele waarheid lei (Joh 16:13), terwyl iemand wat in die Ou Verbond ingelyf was die Wet ontvang het, wat uiterlik en volgens die letter uitgevoer moes word.
Dit is dus duidelik dat die NT waarlik nuut is in alle opsigte. Dit het sy eie inhoud en karakter, wat heeltemal verskil van dié van die OT. Dit was ’n geweldige stap vir ’n Israeliet om oor te beweeg van die oue na die nuwe. Ware sondebesef en geloof in Jesus as die Seun van God sou daarvoor nodig wees. Die grootste deel van die volk het nie belang gestel nie.
Die doel van die NT
Die doel van die NT is om elke mens wat in Jesus glo, van sonde te red en terug te bring na God. Rom 1:16 verklaar dat die evangelie van Christus 'n krag van God is tot redding is vir elkeen wat glo. Rom 10:10 sê ook: met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Joh 15 en 17 sê verder dat gelowiges in Jesus bly en Hy in hulle, en dat hulle een met mekaar, een met Jesus en saam met Hom een met die Vader word. In teenstelling daarmee het die OT en die Wet die volk bloot in bewaring gehou met die oog op die NT (Gal 3:23).
Die NT in praktyk
Die praktyk van die NT lewe word bepaal deur:-
Die NT lewe word gekenmerk deur die werking van die Heilige Gees in wedergebore gelowiges, waar die OT lewe gekenmerk was deur uitvoering van die vereistes van die Wet deur gehoorsame Israeliete.
Die uiteinde van die NT
Die NT het geen einde nie, wat maklik is om te sien in die feit dat Jesus uit die dood opgewek is en vir ewig lewe (Hand 13:30-37). Die NT is deur sy opstanding bekragtig, dus bly die NT in werking so lank as wat Hy lewe - dit wil sê vir altyd. Heb 6:20 en hfst 7 praat van sy 'ewige' priesterskap, en Heb 13:20 praat ook van 'n 'ewige testament' in verband met sy opstanding. Die Bybel gee geen aanduiding dat die NT ooit deur 'n ander bedeling vervang gaan word nie.

- 'n Nuwe, wedergebore mens (Rom 6:4, 2Kor 5:17, Gal 6:15, Ef 4:22-24). Die nuwe mens bedink die dinge van die Koninkryk en dra die vrug van die Gees (Kol 3).
- Die Heilige Gees wat in gelowiges woon en werk (Hand 2:38, Gal 5:22, 1Joh 2:20, 3:24).
- Die 'gebooie' en 'wet' van Christus (Joh 13:34, 15:12, Rom 13:9, Gal 6:2, 1Joh 3:23, 4:21).
- Die riglyne vir die Christelike lewe, wat die praktiese uitvoering van die liefdesgebod van Jesus uitspel (soos byv. 1Thess 4 en die brief aan Timótheüs).
Die NT lewe word gekenmerk deur die werking van die Heilige Gees in wedergebore gelowiges, waar die OT lewe gekenmerk was deur uitvoering van die vereistes van die Wet deur gehoorsame Israeliete.
Die uiteinde van die NT
Die NT het geen einde nie, wat maklik is om te sien in die feit dat Jesus uit die dood opgewek is en vir ewig lewe (Hand 13:30-37). Die NT is deur sy opstanding bekragtig, dus bly die NT in werking so lank as wat Hy lewe - dit wil sê vir altyd. Heb 6:20 en hfst 7 praat van sy 'ewige' priesterskap, en Heb 13:20 praat ook van 'n 'ewige testament' in verband met sy opstanding. Die Bybel gee geen aanduiding dat die NT ooit deur 'n ander bedeling vervang gaan word nie.
VERWANTSKAP TUSSEN DIE OU EN NUWE TESTAMENTE
Sover is die OT en NT elkeen kortliks beskryf, en is 'n aantal verskille tussen die twee bedelings uitgelig. Die OT het 'n bepaalde doel gehad, en toe daardie doel bereik is het die testament tot sy einde gekom terwyl die NT in werking getree het. Die NT het sy eie karakter, voorwaardes, 'wette' en praktiese werking, wat heeltemal anders is as dié van die OT.
Daar is egter ook ’n baie belangrike verwantskap tussen die twee testamente. Afgesien van die groot verskille, is hulle sterk op mekaar aangewese. Die nuwe het gevolg op die oue, hulle verwys na mekaar en hulle is onontbeerlik vir mekaar. Nou kan gevra word: is die OT dalk die fondament van die NT (of andersom)?; is daar dalk elemente van die OT wat oorvloei na die NT?; is daar dalk ’n kontinuïteit tussen die twee?; of is dit totaal afsonderlike bedelings?
Dieselfde saak
Seker die belangrikste en mees uitstaande waarheid in hierdie verband is dat die twee testamente oor dieselfde saak gaan. Dit is naamlik: die Verlosser na wie uitgesien is, en wat uiteindelik gekom het! Nie net sy geboorte, sterwe en opstanding nie, maak selfs ook sy wederkoms word in albei testamente voorspel. Die NT doen dit dikwels en duidelik, terwyl die OT dit meer subtiel doen, soos byv. in Gén 49:10, 1Kron 16:31,33, Ps 2:8-9, Ps 96:12-13, Jes 2, Jes 9:5-6, Jes 11.
Tipes en anti-tipes
Jesus word in al die boeke van die OT bekendgemaak in die vorm van voorspellings of ‘tipes’ (skadubeelde), wat in die NT as die ooreenkomstige anti-tipes (werklikhede) bekendgemaak word.
Hier is van die bekendste voorbeelde:
Die hele OT is propvol tipes, of simbole, van Jesus. Die belangrikste aspek van tipologie is natuurlik dat die anti-tipe (werklike) altyd Jesus self is, of iets is wat te doen het met sy verlossingswerk. Die hele Bybel gaan oor Hom.
Dis dan duidelik dat tipologie uiteraard ’n belangrike deel van die Bybel is, en dat die OT daarmee die wegbereider vir Jesus was. Sy tipering en voorspelling in die OT bewys onder andere sy egtheid. As die OT só oorloop van skadubeelde en voorspellings oor Hom en Hy dit so deeglik kom vervul het, wie kan nog twyfel dat Hy die ware Verlosser van die wêreld is?
Die tipes wat spesifiek in die Wet ingebou was, was natuurlik saam met die OT vervul. En hier is nou weer 'n baie belangrike insig: alhoewel baie van daardie tipes beskermende en praktiese voordele vir die volk gebied het, soos byvoorbeeld met die higiëniese, regs- en landbouwette, was die klem eintlik op die vooruitsig na die anti-tipes – die Nuwe-Testamentiese werklikhede.
Die Wet het byvoorbeeld onderskeid gemaak tussen rein en onrein diere (Lev 11), maar wat was die werklike doel daarvan? Die antwoord lê in die omringende leidrade en in die tiperende betekenis van die voedselwette. Wat die omringende leidrade betref kan mens byvoorbeeld kyk na die plek van varkvleis in die dieet van die volkere van daardie tyd. Dit was 'n algemene stapelvoedsel, dus was die mense bewus van die gevare wat varkvleis kon inhou (soos maar met alle vleissoorte), en hulle het geweet hoe om dit veilig voor te berei. Ons lees van ’n groot varkboerdery ook in Jesus se tyd (Matt 8). Die rein/onrein-voedselwette was nie soseer bedoel om die volk teen gevaarlike vleissoorte te beskerm nie. Die Bybel sê ook niks oor die liggaamlike gesondheids-implikasies van enige soort vleis of voedsel nie, en gee in elk geval nie praktiese redes waarom sekere diere as onrein geklassifiseer was nie. Dit was 'n wet wat Israel eenvoudig moes gehoorsaam, want Jahweh het gesê dat hulle heilig moes wees omdat Hy heilig is (Lev 11:44). Wat was die doel en betekenis van die voedselwette dan as dit nie noodwendig oor liggaamlike gesondheid gegaan het nie?
Die ware betekenis van die OT voedselwette word in die NT verklaar. In Hand 10 kry die apostel Petrus opdrag om diere te slag en te eet wat volgens die Wet onrein was. Petrus weier om dit te doen, maar God sê vir hom dat wat Hy rein gemaak het nie onheilig geag mag word nie. Later word dit toe vir Petrus duidelik dat die onrein diere in die laken tiperend was van mense. Cornelius en sy huisgenote, wat voorheen 'onrein' was, is nou deur God 'rein' gemaak; daarom moes Petrus hulle besoek, die evangelie van Jesus aan hulle bekendmaak en hulle in die Nuwe Verbond inbring.
’n Voorbeeld uit die OT landbouwette: volgens Deut 25:4 mag 'n os nie gemuilband word terwyl hy graan dors nie. In 1Kor 9:9-10 sê Paulus dat God Hom nie oor die osse bekommer nie! Daardie wet was ter wille van die apostels geskryf, wat deur die gemeente van hulle stoflike behoeftes voorsien moes word terwyl hulle besig was met die dors van siele vir Jesus, by wyse van spreke.
Die twee voorbeelde hierbo as tipes van werklikhede in die NT laat mens wonder of die hele Wet dalk so gewerk het. Met die 'seremoniële' wette, soos byv. die offerwette, was dit duidelik die geval: die offerdiere het Jesus gesimboliseer as die 'Lam' wat vir ons ge-offer is. Dan was daar byv. die priesterlike rituele, hul kleredrag en die tabernakel met sy inhoud, wat afbeeldinge was van die ooreenstemmende hemelse dinge (Heb 8:2, 9:2-12, 24,25, ens.).
Met verdere ondersoek word dit al hoe duideliker dat die hele OT en die Wet hierdie patroon wel volg – mens moet in baie gevalle maar net 'n bietjie moeite doen om dit raak te sien.
Die Ou Testament en die Wet was ongetwyfeld as die voorloper en wegbereider vir Jesus en die Nuwe Testament bedoel. Daarom is die boeke van die OT in die Bybel opgeneem. Dis belangrik om niks anders as presies dit in die OT of in die Wet te sien nie. Dit is 'n afgehandelde verbond, 'n vervulde testament en 'n Wet wat sy heerlike doel volkome bereik het.

- die boom van die Lewe (Gén 2:9, Spr 3:18, Op 22:2)
- die saad van die vrou (Gén 3:15, Gal 4:4, 1Joh 3:8-9)
- mense, soos Melgisédek (Heb 7), Moses (Joh 1;17, 1Kor 10:1-4), Joshua, priesters, konings, ens.
- die pasga (Exod 12, Lev 23, Num 9, Deut 16, Joh 1:29, 36, 1Kor 5:7, Op 5, 6, 7:9-17, ens. tot 22:3)
- die fees van die ongesuurde brood (Exod 12:15-20, 13:3-10, Lev 23, Num 28, 1 Kor 5:8)
- die manna (Exod 16, Joh 6)
- die tabernakel en priesters (Exod 25-30, Heb 9)
- die hoëpriester (Exod 28-29, Num 18, Lev 21-22, Heb byna elke hoofstuk)
- die huttefees (Lev 23:34-36, Joh 1:14, 7:37-38, 14:23)
- die jubeljaar (Lev 25:8-13, Luk 4:18-19)
- die fees van die eersteling-gerf (Exod 23:16, Lev 23:10-13, 1Kor 15:20, 23)
- die pinksterfees (Lev 23:15-21, Hand 2)
- die fees van basuine/trompette (Lev 23:23-25, Num 29:1-6, 1 Kor 15:52, 1Thess 4:16)
- die groot versoendag (Lev 16:1-34, 23:26-32, Num 29:7-11, Heb 9, 10:19-22)
- die sabbat (Exod 20, Deut 5:12-15, Matt 11:28-29, Heb 4:1-11)
- die besnydenis (Lev 12:3, Rom 2:29)
Die hele OT is propvol tipes, of simbole, van Jesus. Die belangrikste aspek van tipologie is natuurlik dat die anti-tipe (werklike) altyd Jesus self is, of iets is wat te doen het met sy verlossingswerk. Die hele Bybel gaan oor Hom.
Dis dan duidelik dat tipologie uiteraard ’n belangrike deel van die Bybel is, en dat die OT daarmee die wegbereider vir Jesus was. Sy tipering en voorspelling in die OT bewys onder andere sy egtheid. As die OT só oorloop van skadubeelde en voorspellings oor Hom en Hy dit so deeglik kom vervul het, wie kan nog twyfel dat Hy die ware Verlosser van die wêreld is?
Die tipes wat spesifiek in die Wet ingebou was, was natuurlik saam met die OT vervul. En hier is nou weer 'n baie belangrike insig: alhoewel baie van daardie tipes beskermende en praktiese voordele vir die volk gebied het, soos byvoorbeeld met die higiëniese, regs- en landbouwette, was die klem eintlik op die vooruitsig na die anti-tipes – die Nuwe-Testamentiese werklikhede.
Die Wet het byvoorbeeld onderskeid gemaak tussen rein en onrein diere (Lev 11), maar wat was die werklike doel daarvan? Die antwoord lê in die omringende leidrade en in die tiperende betekenis van die voedselwette. Wat die omringende leidrade betref kan mens byvoorbeeld kyk na die plek van varkvleis in die dieet van die volkere van daardie tyd. Dit was 'n algemene stapelvoedsel, dus was die mense bewus van die gevare wat varkvleis kon inhou (soos maar met alle vleissoorte), en hulle het geweet hoe om dit veilig voor te berei. Ons lees van ’n groot varkboerdery ook in Jesus se tyd (Matt 8). Die rein/onrein-voedselwette was nie soseer bedoel om die volk teen gevaarlike vleissoorte te beskerm nie. Die Bybel sê ook niks oor die liggaamlike gesondheids-implikasies van enige soort vleis of voedsel nie, en gee in elk geval nie praktiese redes waarom sekere diere as onrein geklassifiseer was nie. Dit was 'n wet wat Israel eenvoudig moes gehoorsaam, want Jahweh het gesê dat hulle heilig moes wees omdat Hy heilig is (Lev 11:44). Wat was die doel en betekenis van die voedselwette dan as dit nie noodwendig oor liggaamlike gesondheid gegaan het nie?
Die ware betekenis van die OT voedselwette word in die NT verklaar. In Hand 10 kry die apostel Petrus opdrag om diere te slag en te eet wat volgens die Wet onrein was. Petrus weier om dit te doen, maar God sê vir hom dat wat Hy rein gemaak het nie onheilig geag mag word nie. Later word dit toe vir Petrus duidelik dat die onrein diere in die laken tiperend was van mense. Cornelius en sy huisgenote, wat voorheen 'onrein' was, is nou deur God 'rein' gemaak; daarom moes Petrus hulle besoek, die evangelie van Jesus aan hulle bekendmaak en hulle in die Nuwe Verbond inbring.
’n Voorbeeld uit die OT landbouwette: volgens Deut 25:4 mag 'n os nie gemuilband word terwyl hy graan dors nie. In 1Kor 9:9-10 sê Paulus dat God Hom nie oor die osse bekommer nie! Daardie wet was ter wille van die apostels geskryf, wat deur die gemeente van hulle stoflike behoeftes voorsien moes word terwyl hulle besig was met die dors van siele vir Jesus, by wyse van spreke.
Die twee voorbeelde hierbo as tipes van werklikhede in die NT laat mens wonder of die hele Wet dalk so gewerk het. Met die 'seremoniële' wette, soos byv. die offerwette, was dit duidelik die geval: die offerdiere het Jesus gesimboliseer as die 'Lam' wat vir ons ge-offer is. Dan was daar byv. die priesterlike rituele, hul kleredrag en die tabernakel met sy inhoud, wat afbeeldinge was van die ooreenstemmende hemelse dinge (Heb 8:2, 9:2-12, 24,25, ens.).
Met verdere ondersoek word dit al hoe duideliker dat die hele OT en die Wet hierdie patroon wel volg – mens moet in baie gevalle maar net 'n bietjie moeite doen om dit raak te sien.
Die Ou Testament en die Wet was ongetwyfeld as die voorloper en wegbereider vir Jesus en die Nuwe Testament bedoel. Daarom is die boeke van die OT in die Bybel opgeneem. Dis belangrik om niks anders as presies dit in die OT of in die Wet te sien nie. Dit is 'n afgehandelde verbond, 'n vervulde testament en 'n Wet wat sy heerlike doel volkome bereik het.
TERUG NA DIE GROOT VRAAG
Teen die agtergrond dusvêr tot ons beskikking is ons is nou in 'n goeie posisie om die antwoord te vind op die vraag:
watter wette geld vandag, en hoe moet ons dit gehoorsaam?
Die vraag kom eintlik in twee dele. Eerstens:
Watter wette geld vandag?
Die antwoord moet op die regte plek in die Bybel gesoek word. ’n Kortsigtige raadpleging van die OT kan maklik tot die gevolgtrekking lei dat die Wet vir ewig geld en daarom vandag nog van toepassing is. Daar is baie OT teksgedeeltes wat buite konteks aangehaal kan word om dit te ondersteun, soos byvoorbeeld Exod 31:16-17 (dat die sabbat 'n ewige verbond is) en Mal 3:6 (dat Jahweh nie verander nie). Sodra die NT onder oë kom lyk dit egter heeltemal anders.
Maar dit beteken nie dat die NT in botsing met die OT is nie. Die OT was vir Israel van die OT bedoel, en dit was vervul en afgesluit. Wanneer die ou bedeling op die nuwe geforseer word, word al twee verwring en kragteloos gemaak.
Die NT is nou in werking vir vandag se Christene, en dis waar ons al ons antwoorde moet soek.
Aan die een kant waarsku die NT teen die handhawing van, of teruggryping na die Wet. Dit loop soos ’n goue draad deur byna al die boeke en briewe. Hier is enkele voorbeelde:
Hand 15:5 Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou.
Hand 15:19-21 Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie, maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en van wat verwurg is en van bloed. Want van die ou tyd af het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig, terwyl hy elke sabbat in die sinagoges gelees word.
Die aandrang deur gelowiges uit Judéa en uit die Fariseërs dat die gemeente in Antiochíë die Wet moes onderhou, was deur die apostels gestuit met die besluit om geen nakoming van enige wette op hulle te lê nie. Dit was slegs van hulle verwag om hulle van sekere dinge te onthou, ter wille van mede-gelowiges wat nog sensitief was oor die Wet (v 21).
Rom 3:21-22, 28 Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus ... Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.
God se geregtigheid is uiteindelik deur Jesus ge-openbaar sonder dat die Wet langer benodig word.
Rom 7:6 Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.
Ons het die Wet afgesterf deur die wedergeboorte. ’n Wedergebore mens lewe deur die Gees (geloof en die liefdesgebod) en nie deur die doen van die ou Wet nie.
Rom 10:4 Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.
Jesus het die Wet vervul en beëindig – jy kry nou geregtigheid slegs deur geloof in Jesus.
Gal 3:23-26 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie. Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus.
Nadat die Wet Israel bewaar het tot by Jesus, kom regverdiging voortaan uit die geloof in Hom.
Gal 5:1-6 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. .... as julle jul laat besny, sal Christus vir julle tot geen nut wees nie. En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou. Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus ...
Christus het ons vrygemaak van die Wet. Nakoming van die Wet vir regverdiging maak jou los van Christus en verplig jou om die hele Wet te hou. Dit het geen krag nie, net geloof en liefde het krag.
Ef 2:15-16 Hy het in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis ....
Die 'wet van gebooie wat in insettinge bestaan' was die OT Wet, wat vyandskap tussen Israel en God, asook tussen die 2 stamme en die verlore 10 stamme veroorsaak het. Jesus het vrede gebring deur die Wet tot niet te maak aan die kruis.
Kol 2:13-14 En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het, en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael.
Die skuldbrief (in die grondteks: handgeskrewe skulderkenning of kontrak) was die Wet, wat deur Jesus vervul en weggeruim is. Die vasnael daarvan aan die kruis is 'n metafoor van die gebruik in die ou tyd om vervulde (vereffende) kontrakte aan 'n paal of iets vas te spyker.
Heb 7:18-19 Want aan die een kant is daar die opheffing van die voorafgaande gebod weens die swakheid en nutteloosheid daarvan, ....
Die Wet was opgehef nadat dit die weg berei het vir Jesus, wat 'n beter bedeling gebring het (v 23).
Heb 8:6-8, 13 Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie. ... As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning.
Die brief aan die Hebreërs verklaar dat die OT verbond met 'n beter verbond, die NT, vervang is.
Vervolgens kyk ons na die ‘wette’ wat wel vir die NT geld, naamlik die riglyne en gebooie van Jesus. Hy het dit eers aan sy apostels gegee, waarna hulle dit in verskeie vorms aan die gemeentes voorgehou het. (Die verskil tussen die gebooie van Jesus en die Wet word meer volledig behandel in die studie JESUS SE GEBOOIE, onder WOORDSTUDIE.)
Joh 13:34 ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.
Jesus noem dit ’n ‘gebod’ soos ’n opdrag of voorskrif. Verder noem Hy dit ‘nuut’, wat duidelik sinspeel op die Nuwe Testament. Sien ook Luk 22:20.
Rom 12:1-21 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer – dit is julle redelike godsdiens ...
Word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie ...
Word verander deur die vernuwing van julle gemoed ...
Wees besadig ...
Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan; wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning; .....
As jou vyand honger het, gee hom iets om te eet; ....
Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.
In sy brief aan die gemeente in Rome begin Paulus hier met riglyne vir die uitlewing van die liefdesgebod. Dis gerig aan wedergebore en Geesvervulde gelowiges, wat in staat is om die gebod te verstaan en te doen.
Rom 13:8-10 Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul. Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.
Paulus verduidelik aan die gemeente in Rome dat die hele Wet omvat word deur die eenvoudige en kragtige wet van die liefde. Die liefde (agapé) van ’n wedergebore en Geesvervulde gelowige teenoor sy naaste het dieselfde resultaat as wat volkome nakoming van die Wet in die OT sou gehad het.
1Kor 12
Daar is verskeidenheid van genadegawes ...
en daar is verskeidenheid van bedieninge ...
en daar is verskeidenheid van werkinge ...
In hierdie gedeelte van die brief aan die Korinthiërs word die gemeente ingelig oor die bonatuurlike vermoëns (gawes) wat hulle ontvang vir die uitoefening van die liefdesgebod (hoofstuk 13).
Gal 5:22-23 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie.
Die gemeente in Galásië word hier aangemoedig om vrug te dra wat in harmonie met die oogmerk van die Wet is.
Dieselfde gebooie word in al die ander briewe ook gegee. Uiteindelik sê Jakobus en Johannes die volgende:
Jak 1:25 Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.
Die volmaakte wet van die vryheid is niks anders nie as die evangelie van Christus, naamlik vryheid van die Wet en die vloek daarvan, deur die geloof. 'n Dader van die werk is iemand wie se geloof deur die liefde werk (Gal 5:6).
2Joh 1:5-6 En nou bid ek u, uitverkore vrou, nie asof ek u ‘n nuwe gebod skryf nie, maar een wat ons van die begin af gehad het: dat ons mekaar moet liefhê. En dit is die liefde, dat ons wandel volgens sy gebooie. Dit is die gebod soos julle van die begin af gehoor het dat julle daarin moet wandel.
Die apostel Johannes sê hier dat daar maar een wet is, naamlik die wet van die liefde, en dat ons daarin moet bly.
Dit is dan nou duidelik is dat die groot ‘wet’, of gebod, van die Nuwe Testament die liefdesgebod is.
Dit bring ons by die tweede gedeelte van die groot vraag:
Hoe moet ons die wet van die liefde gehoorsaam?
Die antwoord skemer alreeds deur in sommige van die verse hierbo. Die vermoë om volgens hierdie wet te lewe is een van die diepste en grootste geheime van die lewe! Eeue lank het die profete dit ywerig nagevors en probeer voorspel hoe dit sou kon gebeur. Sien 1Pet 1:3-12. In sy groot genade het God die volgende twee dinge in plek gestel om die liefdeswet 'n praktiese werklikheid te maak:
Eerstens het Hy die nuwe, beter bedeling vir sy volk tot stand gebring, want die OT en die Wet kon hulle nie by die liefde uitbring nie. Die profeet Jeremia het voorspel dat JAHWEH 'n nuwe verbond met sy volk sou sluit:
Jer 31:31-34 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie – my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE. Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.
Jesus het daardie belofte vervul deur die Nuwe Testament. Al die boeke van die NT verkondig dit en juig daaroor. Heb 8 verwys spesifiek na hierdie selfde voorspelling van Jeremia.
Die wette wat in die volk se verstand en op hul harte geskryf is, was nie die skadu-agtige Wet van destyds wat op klippe en in boekrolle geskryf was nie, maar dit was Jesus se gebooie, waardeur sy volk Hom sou ken en sonder sonde voor Hom sou staan.
Die volk wat hier ter sprake is was nie die hele volk nie, maar net diegene wat in Jesus geglo het (Joh 1:11-12). Hulle was wedergebore (Joh 3), in Hom gedoop en vervul met die Heilige Gees (Hand 2:37-38). Hulle was die erfgename van die Nuwe Testament, 'n geestelike volk in die ware sin van die woord, ’n nuwe Israel uit Israel.
Tweedens is ’n spesiale leefruimte vir hierdie nuwe Israel gegee, vir hul beskerming en groei in die liefdeswet. Dit is naamlik die gemeente-struktuur, waarbinne gelowiges as sy liggaam kan groei na geestelike volwassenheid, heiligheid, eendragtigheid en liefde (Hand 2:44-47, 1Kor 12, Gal 5:16-26, Ef 4). Jesus se gemeentes het oor die wêreld versprei geraak en kan onafhanklik van mekaar wees, maar vorm gesamentlik een nuwe Israel van God onder een Hoof, Christus. Al die boeke en briewe van Handelinge tot Openbaring is aan die gemeentes gerig, of het betrekking op hulle.
Met die Nuwe Testament in werking binne gemeentes, floreer die liefdesgebod deur die werking van die Heilige Gees. Dit is hoe die wet van die liefde gehoorsaam word.
Ons kyk nou na enkele ander gedeeltes wat ook op die Wet betrekking het en as ‘probleemtekste’ behandel word omdat dit so verskillend vertolk word in die Christendom. Dit is eintlik verstommend dat soveel verskillende teologiese denkrigtings en kerkgroeperinge deur die eeue hieruit ontwikkel het. Tog moet mens die situasie met begrip en respek bejeën, want in baie gevalle is voorlopers van alternatiewe oortuigings diep gelowige en gerespekteerde volgelinge van Jesus.

PROBLEEMTEKSTE
Ander uitsprake deur Jesus en die apostels word ook dikwels verkeerdelik vertolk asof die Tien Gebooie, of die Wet, permanent geldig is vir alle tye. Ons kyk na enkeles daarvan:
Matt 5:17-18 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.
Jesus het hier van die hele Wet en die profete gepraat, en gesê dat Hy dit in elke besonderheid ('jota en titteltjie') sou vervul. Dit het Hy gedoen deur sy sondelose lewe en onskuldige sterwe aan die kruis. Die Wet moes dus tot by sy dood vas bly staan en kon nie voortydig vernietig of onbelangrik gemaak word nie. Eers aan die kruis het Hy uitgeroep dat alles volbring was (Joh 19:30). Daarna was die OT en die Wet vervul en uitgedien. As dit nie die geval was nie sou elke jota en tittel daarvan vandag steeds in werking gewees het, wat in stryd met die NT boodskap is.
Die woord vervul in die teksgedeelte is van groot betekenis, en moet reg verstaan word. Die Griekse woord is plēroō (G4137) = vervul. Dit het die volgende moontlike betekenisse:
- om (heeltemal) vol te maak, m.a.w. om oorvloedig te maak of oorvloed te hê, om iets op te vul tot die volle maat,
- om iets volkome te maak, te voltrek, te volvoer, uit te voer, te volbring, te voltooi, af te handel, te beëindig,
- om af te loop, te sterf, te verval, te verstryk,
- om uitsprake, profesieë en beloftes, te laat uitkom, te bekragtig of uit te voer,
- die vervulling van God se beloftes wat deur die profete gegee is.
Net mooi al hierdie betekenisse was van toepassing met Jesus se gebruik van die woord in sy bergrede. Dit kan nie beter gestel word as wat die woordeboek dit vir ons hier doen nie. Jesus het die Wet en profete tot by hul volle heerlike waarheid en bestemming gebring.
Mens kan maklik die fout maak om te dink dat vervulling van die Wet die voortsetting daarvan behels. Die krag agter hierdie dwaling is die idee dat nakoming van die Wet voortaan bloot op ’n nuwe manier, naamlik deur die liefde, moontlik gemaak word. Die liefde dring jou en help jou om die Wet makliker na te kom. Dit kom van ’n verkeerde verstaan van die woord vervul. Vervulling beteken alles behalwe voortsetting. Voortsetting van die Wet (en dit nogal deur die liefde!) sou in elk geval lynreg teen die hele boodskap van die NT ingedruis het (Gal 3:10-13).
Ons kyk na die res van die vers: met 'voordat die hemel en die aarde verbygaan' het Jesus bedoel dat die hemel en die aarde eerder sou verbygaan as dat die Wet voortydig sou verbygaan (sien ook Luk 16:17). Dalk was die sonsverduistering, aardbewing, opstanding van dooies uit hulle grafte en die skeur van die voorhangsel in die tempel tydens sy kruisiging, 'n soort vervulling daarvan.
Ongelukkig is die teenoorgestelde uitleg meer populêr, waarvolgens die Wet, of gedeeltes daarvan, vandag steeds geld. Jesus se woorde voordat die hemel en die aarde verbygaan en totdat alles gebeur het word vertolk asof Hy van die einde van die wêreld, of sy wederkoms, of ’n nog latere gebeurtenis, gepraat het. Daarvolgens sou Hy gekom het om die Wet en profete blywend te maak tot in die verre toekoms. Die woord vervul (v 17) sou dan sy openbaring van die ware betekenis van die Wet beteken, vir die regte nakoming daarvan. Maar soos reeds genoem, bots handhawing van die Wet in die NT juis met die boodskap van die NT. Kom ons kyk nou na Jesus se verdere uitsprake:
Matt 5:19-48 Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; .... Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie. Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur …..
…..
tot vers 48.
Die praktiese voorbeelde wat Jesus aangehaal het, was direk uit die Tien Gebooie of uit die res van die Wet. Hy het telkens aangetoon dat die tradisionele vertolkings en toepassings van die Wet uiterlik, oppervlakkig of huigelagtig was en nie reg laat geskied het aan die ware bedoelinge daarvan nie. Terwyl die Wet nog gegeld het (tot en met sy kruisiging), moes sy volk dit van harte sowel as na die letter gehoorsaam.
Die algemene opvatting oor hierdie gedeelte van Jesus se bergrede is dat vandag se gelowiges ook moet groei na die ware betekenis van die Wet, en die opregte en hartlike doen daarvan. Die implikasie is egter dat dit elke jota en titel van die hele Wet behels, en as jy dit nie regkry nie sal die gevolge drasties en skrikwekkend vir jou wees, soos wat die teks uitdruklik uitspel.
Die fout wat hier insluip is dat Jesus se teikengehoor tydens sy bergrede, misgekyk word. Hy het met die volk gepraat, wat op daardie stadium nog saam met Hom onder die Wet was. Dit was tydens die laaste, kritieke drie jaar van die Ou Testament. Ons is nou nie meer saam met Hom onder die Wet nie, maar saam met Hom in sy Nuwe Testament.
Hoe moet ons as gelowiges dan vandag na hierdie teksgedeelte kyk? Watter praktiese waarde het dit nou, terwyl ons nie meer onder die Wet is nie? Dit bring ons by die ander belangrike boodskap in hierdie deel van Jesus se bergrede. Hy het dit in sy rede laat deurskemer, alhoewel sy gehoor dit op daardie stadium nog nie gesnap het nie. Maar na sy opstanding uit die dood het alles sin gemaak, en vir ons is dit vandag kristalhelder!
Kom ons veronderstel dat Jesus se luisteraars dit wel sou kon regkry om die Wet uiterlik en innerlik, van harte, te doen, met ander woorde om byvoorbeeld selfs nooit sonder rede vir iemand kwaad te wees nie. Sou hulle geregtigheid dan oorvloedig genoeg wees om die koninkryk van die hemele in te gaan? Volgens ons verstaan van Jesus se woorde is die antwoord: Ja. Maar ons weet dat hulle dit nie kon regkry nie. Dis nog moontlik om nie moord te pleeg nie, maar om nooit sonder rede vir iemand kwaad te wees nie is menslik onmoontlik weens die swakheid van die vlees. Selfs die skrifgeleerdes en Fariseërs kon dit nie regkry nie, al was hulle uiters nougeset daarop ingestel. Net Jesus se geregtigheid was volkome.
Voor Jesus se kruisiging kon die volk die Wet nog tot ’n hoë mate gehoorsaam en dit van harte doen, soos Jesus van hulle verwag het. Die tempel en die sisteem van offers en priesterlike middelaarskap was ook nog in werking. Maar in die NT is dit heeltemal onmoontlik om die Wet so te doen, soos reeds vroeër aangetoon.
Dit gaan dus nie vandag meer oor ons eie geregtigheid wat oorvloedig moet wees nie, maar oor sy geregtigheid, wat inderdaad volkome en oorvloedig was. Deur die geloof in Hom word dit aan ons toegereken, sonder enige bydrae van ons eie kant (Filip 3:9). Hý het die Wet vervul (Matt 5:17) en kon in ons plek staan. Daarom het Jesus gewaarsku dat die hele Wet tot by sy kruisiging vas moes bly staan (v 18).
Die betekenis en waarde van Jesus se bergrede vir ons vandag lê in die boodskap van die Nuwe Testament wat Hy toe reeds laat deurskemer het, naamlik dat ons slegs gered kan word deur geloof en genade, sonder die werke van die Wet. Hier is enkele ander verse wat dit verder ondersteun: Rom 3:21, 27, 4:6-8, Gal 3:12, 5:4.
Matt 19:16-21 En daar kom een na Hom en sê vir Hom: Goeie Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê? En Hy sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie. Hy vra Hom: Watter? En Jesus sê – dit: Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die jongman sê vir Hom: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af. Wat kom ek nog kort? Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.
Al het die ryk jongman die hele Wet gehou, het hy in sy hart geweet dat iets kortkom. Hy het die antwoord by Jesus kom soek. Jesus hou die gebooie van die Wet aan hom voor, maar later in die gesprek kom die man tot die besef dat hy slegs deur Jesus werklik 'volmaak' kan wees. Die vraag wat ons wil beantwoord is of Jesus bedoel het dat die Wet vir alle tye gegee was. As die jongman dit moes hou, behoort ons dit ook vandag steeds te hou?
Die gesprek tussen Jesus en die jongman het plaasgevind terwyl die OT bedeling nog in plek was. Die onderhouding van die gebooie was dus op daardie stadium nog verpligtend vir almal. Jesus het dus sekerlik bedoel dat die jongman die gebooie moes hou, net soos Hy dit vroeër ook in sy bergrede vir die hele volk beklemtoon het (Matt 5:18).
Na sy opstanding het die NT begin, waarna niemand meer onder die Wet was nie omdat Hy dit vervul het (Matt 5:17, Joh 1:17, Rom 6:14).
Dis wonderlik om ook deur hierdie man se gesprek met Jesus te sien waarom Hy voor sy kruisiging (dus nog in die OT) soveel klem op die Wet en die Tien Gebooie gelê het!
DIE OORGANG VAN DIE OU NA DIE NUWE TESTAMENT
Vervolgens kyk ons na sekere optredes of uitsprake van die apostels Paulus en Jakobus. Die betrokke Bybeltekste kan ook as probleemtekste (ten opsigte van die Wet) beskou word. As agtergrond moet die trae en moeisame oorgang van die Ou na die Nuwe Testament nou weer baie goed in gedagte gehou word. Die eerste gelowiges, nl. die gemeente in Jerusalem, het voortgegaan met die Israel-tradisies en die onderhouding van die Wet (Hand 2:46-3:1). Hulle was volgelinge van Jesus, maar het steeds binne die kultuur van die Ou-Testament gelewe. Hulle kon Jesus relatief maklik aanvaar as die langverwagte Verlosser van Israel, en het Hom inderdaad so aanbid en verkondig. Maar hulle het nog nie die Nuwe Testament heeltemal verstaan nie, net die vervulde Ou Testament. En ‘vervulde’ het vir hulle beteken dat die oue (die bestaande) des te meer sou voortduur. Dat dit vervang moes word met ’n nuwe, was heeltemal ondenkbaar. Hulle het seker ook onthou hoe Jesus voor sy dood die belangrikheid van die Wet op die volk se harte gedruk het. Die apostels self, wat baie naby aan Jesus was, het dit inderdaad ook by Hom geleer. Sien byv. ook Hand 10:14, 11:8.
Al was die ou Verbond en die Wet na Jesus se dood vervul en afgesluit, was daar dus geen skielike veranderings of onderbrekings van die gemeente se gewone bedrywighede volgens die Wet nie. Die res van die volk het in elk geval soos altyd voortgegaan met die jaarlikse Israel-kalender (Hand 2:1), en die gelowiges het niks gedoen of gesê wat aanstoot kon gee nie (Hand 2:47).
Na Stéfanus se martelaarskap het daar ’n vervolging teen die gemeente in Jerusalem ontstaan, en het die gelowiges begin verstrooi oor die res van die land (Hand 8:1-4). Hulle het die woord van die evangelie orals verkondig, maar net aan mede-Israeliete (“Jode”) (Hand 8:4, 26-40, 11:19). Dit beteken dat die gemeentes, wat verder Noord en al om die Middellandse See ontwikkel het, die oortuigings en gewoontes van die moedergemeente in Jerusalem gehandhaaf het.
In Antiochië het die evangelie egter deurgedring na die heidene in die stad (Hand 11:20). Die 1953 Afrikaanse vertaling praat van ‘Griekssprekende Jode”, maar ’n meer korrekte vertaling is blykbaar net Grieke, oftewel heidene, met ander woorde nie-Israeliete. Hoe ook al, dit raak later duidelik dat die gemeente in Antiochië uiteindelik uit Israeliete sowel as nie-Israeliete (heidene) bestaan het.
’n Baie belangrike keerpunt in die geskiedenis van die Christendom is toe bereik. Sekere persone uit Judéa het hierdie heidene in die gemeente van Antiochië geleer dat hulle besny moes word om gered te kon word. Dit het gelei tot ’n krisisberaad met die leiers van die gemeente in Jerusalem, om uitsluitsel te kry oor wat hulle te doen gestaan het. In die vergadering het sommige uit die party van die Fariseërs verder gegaan en selfs die hele Wet voorgehou as ’n vereiste vir die heidene (Hand 15:5). Dit alleen dui daarop dat voortgesette onderhouding van die Wet die gebruik in die gemeentes was. Uiteindelik het ’n voorstel van Jakobus gelei tot die besluit om geen las op die heidene te lê nie, behalwe om hulle te onthou van enkele praktyke wat elke sabbat sterk veroordeel was tydens voorlesings van die Wet in die sinagoges. Dit was noodsaaklik om sovêr moontlik vrede te bewaar met Wetsgehoorsame Israeliete.
Uit hierdie gebeurtenis sien ons dat die gemeente in Jerusalem en die verstrooide gelowiges uit Israel op daardie stadium nog die Wet onderhou het, maar dat die nie-Israelgelowiges daarvan vrygestel was. Die tydstip van hierdie reëling was omtrent 50 n.C. Petrus se besoek aan die hoofman Cornelius het omtrent 10 of 15 jaar vroeër reeds plaasgevind. Die afleiding kan dus gemaak word dat die heidene vanaf omtrent 40 n.C. begin het om by die gemeentes aan te sluit. Baie van die gemeentes was dus uit Israeliete sowel as heidene saamgestel, wat natuurlik spanningsituasies oor die Wet tot gevolg gehad het. Dit kan duidelik gesien word uit al Paulus se briewe. Dit het ’n paar honderd jaar so aangehou, terwyl gemeentes algaande begryp het waaroor die Nuwe Testament werklik gaan. Daar was meer en meer van die Wet wegbeweeg terwyl die Judese (‘Joodse’) invloed begin verdwyn het. Die uiteindelike resultaat is heel duidelik herkenbaar in vandag se kerkwêreld, waar baie min Christelike kerke nog onderhouding van die hele Wet verkondig.
Teen hierdie agtergrond kan die oënskynlike teenstrydighede rondom die volgende teksgedeeltes onder oë geneem word:
Hand 18:21 maar van hulle afskeid geneem en gesê: Ek moet sekerlik die komende fees in Jerusalem vier, ....
Paulus het op daardie stadium van sy loopbaan as apostel ’n klompie goeie redes gehad om die fees in Jerusalem (waarskynlik ’n Pasga) by te woon. Dit was eerstens ’n gulde geleentheid om die evangelie te verkondig. Dalk wou hy ook van sy eertydse Fariseër-kollegas weer sien, mede-Christene ontmoet, misverstande oor sy houding teenoor die Wet opklaar, ensovoorts. Die moontlike idee dat hy die Pasga wou vier ter nakoming van die Wet, is onrealisties want dit sou lynreg indruis teen die boodskap wat hy verkondig het.
Hand 21:20-26 En toe hulle dit hoor, het hulle die Here verheerlik en vir hom gesê: U sien, broeder, hoeveel duisende Jode daar is wat gelowig geword het, en almal is yweraars vir die wet. En hulle is aangaande u vertel dat u al die Jode onder die heidene leer om van Moses afvallig te word deur te sê dat hulle die kinders nie moet besny nie en ook nie volgens die sedes moet wandel nie. Wat staan ons dan te doen? Dit is dringend nodig dat die menigte bymekaarkom, want hulle sal hoor dat u gekom het. Doen dan wat ons vir u sê. Ons het vier manne wat ‘n gelofte gedoen het; neem hulle en heilig u saam met hulle en betaal die koste vir hulle, sodat hulle hul hoofde kan skeer en almal kan weet dat daar niks is in wat van u vertel word nie, maar dat u self ook wandel as een wat die wet onderhou. Wat egter die gelowiges uit die heidene betref het ons geskrywe en besluit dat hulle niks van dié aard moet onderhou nie, maar hulle net moet onthou van afgodsoffers en bloed en van wat verwurg is, en van hoerery. Toe het Paulus die manne geneem en op die volgende dag hom saam met hulle geheilig en in die tempel gegaan om bekend te maak dat die dae van die heiliging sou voortduur totdat die offer vir elkeen van hulle gebring moes word.
Paulus was terug in Jerusalem, besig om terugvoer aan die ouderlinge van die gemeente te gee oor sy werk onder die heidene. Hulle was tevrede, maar daar was gerugte dat Paulus die Israel-gelowiges (Jode) van die Wet afvallig gemaak het. Dit was natuulik nie waar nie, want Paulus het voorheen saamgestem met die voorskrif uit Jerusalem aan die gemeente in Antiochië. Die heidene was van die Wet vrygestel, sonder enige opdragte aan die Israel-gelowiges in die gemeente. Paulus het dus geen probleem gehad met Israeliete wat nog volgens die voorskrifte van die Wet wou lewe nie, en was daarom nou ook heeltemal gewillig om mee te doen aan Jakobus-hulle se versoek. Sien ook 1Kor 9:19-22.
Dis nou ook belangrik om te verstaan dat Paulus nie gehoorsaamheid aan (ywer vir) die Wet onder sy volksgenote teengestaan het nie, behawe waar die motief regverdiging en redding deur die Wet was. Sy standpunt het vir Israel sowel as nie-Israel gegeld – sien byv. Rom 3,10, en Gal 2:15-16.
In sy brief aan die Romeine praat Paulus baie oor die Wet. Die gemeente het uit ‘Jode’ en Grieke bestaan, wat kwessies oor die Wet op die voorgrond gestoot het. Paulus moes baie versigtig wees om die waarheid deur te gee sonder om onnodig op tone te trap:
Rom 3:31 Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.
Hierdie vraag-en-antwoord van Paulus word soms gebruik om te bewys dat die Wet vandag nog staan en saam met die geloof werk. Maar verse 21 en 28 ontken daardie vertolking. Vers 31 moet dus iets anders beteken. Die antwoord lê in vers 21 wat sê die Wet en profete getuig van die geregtigheid van God wat nou sonder die Wet verkry word. Vers 31 bedoel dus dat die geloof nie die Wet afmaak (tot niet maak) as onbelangrik nie, maar dit as die wegbereider van die geloof erken (bevestig). Die vers sê nie dat jou geloof die Wet weer opnuut in werking stel nie.
Rom 7:7 Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.
Dit mag lyk of Paulus hier sê dat ons die Wet steeds nodig het om die sonde te kan ken. (Dis een rede hoekom die Wet so dikwels vandag aan ons voorgehou word in die kerk.) Dis egter nie hoe dit verstaan moet word nie. Van vers 1 tot 6 verduidelik Paulus vir die gemeente dat die sonde en die dood voorheen deur die Wet gekom het, maar dat hulle die Wet afgesterf het. En in v 7 waarsku hy: nie omdat die Wet sleg was nie! Inteendeel, dit het die sonde uitgewys.
Ons het nie die Wet nodig om die sonde te kan ken nie. Ons is immers ontslae van die Wet, want ons dien nou in die nuwigheid van die Gees en nie meer in die oudheid van die letter nie (v 6). ’n Wedergebore mens weet deur die Gees wat reg en wat verkeerd is. Sien ook hoofstuk 8:1-14 en 2Kor 3. Die hele hoofstuk 7 is eintlik net ’n poging om te verduidelik dat die natuurlike mens heeltemal onder die mag van die sonde bly tot hy die Wet afsterf. Maar tussenin maak hy seker dat die Wet nie self as sonde en as die oorsaak van sonde gesien word nie. Hou in gedagte dat die Judese gedeelte van die gemeente in Rome nog sensitief was oor die Wet.
1Tim 1:8-11 Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars, hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is, volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.
Timótheüs was verantwoordelik vir die gemeente in Efese in daardie moeilike oorgangsperiode van die Ou na die Nuwe Testament. Hulle het ook geworstel met die vraagstuk oor die Wet, en dit onder las van die Judaïseerders. Paulus wys hierdie persone uit as self-aangestelde leraars van die Wet, maar sonder kennis (v 7). Hulle wou die Wet afdwing op die gemeente as die middel tot regverdiging, sonder om te verstaan dat die gemeente reeds regverdig was deur hul geloof in Jesus. Paulus sê dan in verse 8-11 dat die Wet nie vir die regverdiges (die gemeente) bedoel was nie, maar eerder vir diegene wat hulself skuldig gemaak het aan die dinge waarteen die Wet was. Die ‘goedheid’ en ‘wettige gebruik’ van die Wet was om sondaars se sonde uit te wys, en nie om regverdiges meer regverdig te maak nie! Hierdie teksgedeelte kan dan duidelik nie gebruik word om te wys op die toepaslikheid van die Wet op gelowiges in die Nuwe Testament nie.
Jak 2:8-11 As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself—dan doen julle goed. Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf. Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword. Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ‘n oortreder van die wet geword.
Jakobus se brief was gerig aan die ‘twaalf stamme in verstrooiing’. Dit was naamlik die gelowiges uit Israel wat verspreid was in al die lande rondom Jerusalem en Judea. Die vervolging van die gemeente in Jerusalem na die moord op Stefanus, het baie tot die verstrooiing bygedra. Soos reeds genoem, was hierdie gelowiges nog vas aan die Ou Testament en die Wet, en Jakobus seker self ook, in sy posisie as hul leier in Jerusalem.
Die erkenning aan die Wet wat in sy brief deurslaan moet dan ook heeltemal te wagte wees. Die ‘volmaakte wet van die vryheid’ waarvan Jakobus in hoofstuk 1:24 praat, is die ‘wet’ van die Nuwe Testament, naamlik Jesus se boodskap van verlossing van sonde en vryheid van veroordeling. Maar in 2:8-11 praat hy weer van die ou Wet (soos gesien kan word in v 11), en net daarna praat hy weer van die (nuwe) wet van vryheid. En dis natuurlik nie verkeerd nie, want die ou Wet het oor presies dieselfde saak gegaan as waaroor die Nuwe wet van vryheid nou gaan, naamlik Jesus en sy verlossingswerk. Maar Jakobus volg die weg van begrip, simpatie, geduld en diplomasie te midde van die moeilike oorgang van die Ou na die Nuwe Testament. Vandag, 2000 jaar later, met ons baie helderder perspektief op daardie situasie, kan ons verstaan dat Jakobus se woorde nie beteken dat ons vandag op dieselfde manier met die Wet moet omgaan as hulle in daardie tyd nie.
1Joh 5:2-3 Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar. Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie.
Hier praat Johannes van God se gebooie. Dit is egter nie die ou Wet nie, maar Jesus se gebooie. Jesus is self ook die waaragtige God (1Joh 5:20), wat beteken dat God se gebooie en Jesus se gebooie dieselfde is. Die feit dat sy gebooie ‘nie swaar’ is nie, stem ook ooreen met Jesus se juk wat sag is en sy las wat lig is (Matt 11:30).
Op 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.
Dis weereens die gebooie van Jesus, al is dit God se gebooie. God die Vader gee die Nuwe Testamentiese gebooie deur sy Seun Jesus Christus. Wat Jesus vir ons kom sê het is wat Hy van die Vader gehoor het om te sê (Joh 5:16-47).
Dieselfde geld dan ook vir die laaste twee tekste in die Bybel wat die woord gebooie gebruik, nl. Op 14:12 en 22:14.

VERSKILLENDE OORTUIGINGS BEANTWOORD
Ons kyk nou hoe die verskillende oortuigings oor die Wet verstaan en beantwoord moet word. Hou maar in gedagte dat mense nie sommer net oorrompel kan word met sterk en oortuigende argumente nie, en dat waarheid soms baie lank kan neem om inslag te vind by mense. Dis hoe God ons gemaak het, en Hy verstaan dit die beste van almal. Wanneer ons in argumente betrokke raak oor die Bybel moet ons altyd Jesus se voorbeeld van liefde en begrip navolg en die ander persoon se posisie en behoeftes eerste stel. Paulus se raad aan Timótheüs was om die woord van die waarheid in sagmoedigheid te verdedig (2Tim 2:15, 23-26). Dit verg baie geduld en selfbeheersing, maar dis tog presies waaroor die vrug van die Gees gaan, nie waar nie (Gal 5)?
1
|
Die OT is nog in werking (saam met die NT), dus bly die hele Wet steeds geldig. Ons moet dit sover moontlik gehoorsaam, en waar ons faal is daar genade en vergifnis deur Jesus.
|
Antwoord:
Die OT kan nie saam met die NT in werking wees nie omdat dit twee verbonde met verskillende doelwitte is. Die OT is afgehandel en die NT is nou in plek. Jesus het gewaarsku dat nuwe wyn nie in ou sakke gegooi kan word of 'n nuwe lap op 'n ou kleed vasgewerk kan word nie (Matt 9). Om vir watter rede ook al die Wet te probeer gehoorsaam en dan op Jesus se genade terug te val waar jy faal, kom daarop neer dat jy Hom weer kruisig (Heb 6:6). |
2
|
Die OT is vervul, dus is sekere gedeeltes van die Wet, soos byv. die offerwette, nie meer in werking nie. Ander dele van die Wet geld egter steeds in die NT, tot by die wederkoms van Christus (byv. sekere feeste en die Sabbat) terwyl spesifieke dele van die Wet tot in ewigheid bly staan (byv. die Tien Gebooie).
|
Antwoord:
Die Wet kan nie opgedeel word in dele wat vervul is en dele wat nog in werking is nie. As die Wet nog staan dan staan die hele Wet, of as die Wet opgehef is dan is die hele Wet opgehef. Gal 3:10 en 5:3 sê dat as jy 'n deel van die Wet wil hou, jy verplig is om die hele Wet te onderhou. 'n Manier van dink wat algemeen in die Christelike geloof is, deel die Wet op in morele, seremoniële en juridiese wette. Die morele wette bly dan vir ewig staan terwyl die seremoniële wette (byv. die offerwette) opgehef is. Hierdie model is vreemd aan die Bybel en val plat wanneer besluit moet word watter wette in watter kategorie val. As 'n offerwet byv. in die OT 'n seremoniële wet was aangesien dit 'n tipe van Jesus se sterwe aan die kruis was, dan kan ook gevra word: was sy kruisiging 'n seremoniële of 'n morele gebeurtenis? Wat die feeste en die Sabbat betref: as daardie wette nou nog staan dan beteken dit dat Jesus hulle nie vervul het nie. As ek dus enige fees- of sabbatswet oortree dan is ek onder die vloek (Gal 3:10). Dit sal in skrille kontras met die NT evangelie wees. Die Tien Gebooie: hierdie twee tafels was die hart van die Wet, en was in volle werking saam met al die ander wette, verordeninge en insettinge, tot aan die einde van die OT. Die Bybel sê nêrens dat die Tien Gebooie geldig gebly het nadat die Wet opgehef was nie. |
3
|
Die OT is vervul, afgehandel en nie meer in werking nie. Die Wet is nie meer verpligtend vir ons nie maar ons gehoorsaam steeds sekere dele daarvan, soos die Tien Gebooie, bloot uit dankbaarheid en liefde vir God.
|
Antwoord:
Die Tien Gebooie was ook 'n tipe en skadubeeld van Jesus. Ons kan God nie behaag of beïndruk met ou skadubeelde en tipes terwyl die Een wat daardie skadubeelde gemaak het, nou hier is nie. Ons moet met Hom persoonlik besig wees, nie met sy skadu's nie (Kol 2:17). |
4
|
Die OT is vervul en afgehandel, en nie meer in werking nie. Die hele Wet is dus opgehef en tot niet. Niks uit die Wet word oorgedra na die NT nie. Nou geld slegs die NT en die wet van die liefde, soos Jesus dit ingestel en sy apostels dit verkondig het. Gelowiges weet deur die leiding van die Heilige Gees hoe om hierdie liefdeswet in enige gegewe situasie toe te pas.
|
Antwoord:
Hierdie begrip oor die Wet is in ooreenstemming met die hele Bybel en met die kernboodskap van die NT. Ons het vroeër gesien dat die wette, of voorwaardes, van ’n verbond verval wanneer die verbond vervul en beëindig word. Dit was die geval met die OT. Geen wette, insettinge of verordeninge kan uit die OT na die NT toe oorgedra word nie, omdat die OT en die Wet verouder en verdwyn het terwyl 'n nuwe, beter verbond ingevoer is (Heb 7:18-19,22, 8:6,13). Mens kan nie iets wat swak en nutteloos was in 'n nuwe bedeling gebruik nie (Gal 4:9). En let wel, ons praat hier van swak en nutteloos vir geregtigheid. Die Wet was baie goed, volmaak en effektief vir die doel daarvan, naamlik om Israel in bewaring te hou met die oog op Jesus (Ps 19:8, Rom 7:12). Maar die ongeloof van Israel het die Wet swak en nutteloos gemaak om enige geregtigheid vir hulle te bewerk. |
GEHOORSAAM ONS IN ELK GEVAL DIE TIEN GEBOOIE?
Daar is 'n redenasie wat mens kan laat voel dat die Tien Gebooie vandag nog geld omdat ons dit in elk geval gehoorsaam. Met ander woorde: as ek byv. nie steel of moor nie omdat ek in Jesus glo en al die voorskrifte van die NT uitvoer, dan doen ek mos wat die Tien Gebooie voorskryf!
Die probleem met hierdie benadering is dat dit twee afsonderlike wette, maar met gedeeltelik-ooreenstemmende inhoud, aan mekaar gelykstel. Aan die een kant is dit die Tien Gebooie – die kern van die Ou-Testamentiese Wet, en aan die ander kant die wet van die liefde – die kern van die Nuwe-Testamentiese riglyne en opdragte. Die vorige Wet het diefstal, moord ens. verbied, en die nuwe wet maak dit onmoontlik om te doen.
Ek steel en moor nie, want die wet van die liefde heers in my as wedergebore en Geesvervulde nuwe mens (Gal 6:15). Die feit dat ek dieselfde doen as wat die Tien Gebooie in die ou bedeling vereis het, beteken nie dat ek die Tien Gebooie nou gehoorsaam nie. Ek kan in elk geval nie 'n Wet gehoorsaam wat opgehef is en nie meer bestaan nie.
Die argument dat die Tien Gebooie vandag as 'n riglyn vir ordelike samelewing moet dien, of dat landswette daarop gebaseer moet wees, is ook nie ’n Bybelse voorskrif nie. In die NT vind ons slegs opdragte aan die gemeentes om die wet van die liefde teenoor mekaar uit te leef en om voorbeeldig en gehoorsaam in die wêreld te wees. Die Bybel is nie 'n handboek vir wêreldse regerings nie.

SLOT
Ons hoop is op die ewige lewe wat deur Jesus gegee word (1Joh 1:2, 2:25) en daarom is ons aan Hom gehoorsaam terwyl ons wag op sy terugkoms na die aarde. Ons doen sy gebooie deur die krag van die Gees. Dit beteken:
Ons moet ons nie laat wegsleep na 'n Ou Testament en Wet wat nie meer bestaan nie, maar wat deur dwaalleraars voorgehou word asof dit vandag steeds op volgelinge van Jesus van toepassing is. Ons dien ons komende Koning in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie (Rom 7:6, 2Kor 3:6).
Laat ons nie toegee aan bose vorms van skuldgevoel wat die Duiwel aan ons voorhou, en aan die idee dat ons dit kan regstel deur wettiese gestrengheid en selfkastyding nie. Jahweh word nie daardeur beïndruk nie, maar dit bedroef Hom omdat dit Jesus se werk minag (Jes 1).
Teruggryping na die Wet baat niks nie maar lei tot hoogmoed, 'n vals gevoel van sekuriteit, en tot spanning en verwarring by medegelowiges. Dit loop uiteindelik uit op geveinsdheid, geestelike blindheid en wanverhoudings met mense, want dit smoor die naasteliefde en broederliefde.
Pogings om die Wet te laat herleef en te onderhou is vyandskap teen God want dit mis die hele Nuwe Testament, minag Jesus en kruisig Hom van voor af (Heb 6:6). Verder bring dit die vloek van ewige straf oor jou (Gal 3:10).
Liewe leser, as skrywer van hierdie studiestuk hoop en vertrou ek dat jy die heerlike en volmaakte rol wat die Ou Testament en die Wet vervul het, in die regte lig sal verstaan. Dat jy met volle insig en waardering vanaf hierdie hoë berg van die Nuwe Testament waarop jy staan, sal terugkyk na die pad waarlangs God jou gelei het, sonder om soontoe te wil terugdraai. Jou bestemming is die Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde (die eerste gaan verby), waar alles volmaak is en God elke oomblik by ons sal wees.
Mag die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, jou hart en sinne bewaar in Hom wat die Wet vir jou vervul het (Filip 4:7).
- ons is wedergebore, ons ken God se wil (die Nuwe Testament) wat in ons hart en verstand ingeplant is, en ons weet alles wat nodig is (1Joh 2:20, 27).
- ons het God en ons naaste lief, ons bewaar onsself van die wêreld en is diensbaar aan mekaar.
- ons sondes is vergewe en ons is vrygemaak van die Wet. Daar is geen vrees vir straf by ons aanwesig nie en ons is vrymoedig teenoor God en teenoor mekaar (1Joh 4:17-21).
- ons word deur die Heilige Gees in Jesus bewaar tot Hy terugkom (Joh 14-16).