WOORDSTUDIE
DIE MENS
OORSIG
God het eers ’n tuiste geskep in die vorm van die hemelliggame en die aarde, waarna Hy die mens gemaak en op die aarde geplaas het om daaroor te heers. Die Satan was ook teenwoordig en het die mens verlei om God se gebod te oortree. ’n Unieke eienskap van die mens vóór die sondeval was dié van keusevryheid en aanspreeklikheid vir sy besluite. Deur ongehoorsaamheid het hy verval in boosheid en verwydering van God, sonder die vermoë om homself te red. Ná sy sondeval kon die mens egter steeds hoor wanneer God met hom praat, en kon hy nog kies om te luister of nie. Die natuurlike mens is verdorwe en bestem tot vernietiging saam met sy werke, maar God het ’n reddingsplan vir hom in werking gestel deur sy Seun.
INHOUD
VOORWOORD
DIE SKEPPING VAN DIE NATUUR GOD OPENBAAR HOMSELF DIE SKEPPING VAN DIE MENS DIE DUIWEL DIE SONDEVAL NÁ DIE SONDEVAL ERFSONDE DIE NATUURLIKE MENS REDDING |
TER INLEIDING
Ons moet kennis oor onsself hê om die Bybel se boodskap reg te kan begryp. Dit gaan oor die skepping van die mens, sy eienskappe, die omgewing waarin hy hom bevind en sy posisie teenoor God voor en na die sondeval. As ’n mens jouself ken en verstaan, kan jy God ken en sy woord verstaan.
DIE SKEPPING VAN DIE NATUUR
God het die heelal, die planete en die aarde met al sy lewensvorms volmaak geskape (Gén 1:31-2:3), net soos wat sy geestelike realm en die engele volmaak is. In Ps 89:3-9 vertel Dawid dat die hemele God loof vir alles wat Hy doen. Daar was geen swak plekke in sy skepping wat die oorsaak kon wees vir die gebrokenheid wat later ingetree het nie. Ps 147:5 sê dat sy verstand oneindig is, en daarom het Hy nie nodig gehad om na die tyd nog foute in sy skepping te ontdek en reg te maak nie. Ons gaan later sien dat die sondeval van die mens nie die gevolg van enige gebreke in God se skepping was nie.
Die aarde is daardie hemelliggaam wat die mens se tuiste sou wees. Dit was ’n wonderlike plek, waar God ook ’n groot verskeidenheid van ander lewensvorms gemaak het. Hy het die ander hemelliggame, naamlik die son, maan en sterre, gemaak as deel van die aarde se werking en roetine (Gén 1:14-18).

GOD OPENBAAR HOMSELF
God laat hom in die skeppingsverhaal ken as die Een wat alles gemaak het. Hy beklemtoon dat Hy persoonlik en alleen die Skepper is. Daar is geen ruimte vir bespiegelings dat enigiets vanself of uit ’n ander bron ontstaan het nie. Hy het alles voortgebring deur sy woorde: “laat daar …wees”. En toe Hy die mens maak, was Hy selfs meer spesiaal en persoonlik betrokke (Gén 1:26-29, 2:7, 20-24).
Na die sondeval het God homself nooit openlik aan alle mense vertoon nie, maar Hy het dikwels profete opgewek en hulle gestuur om sy woord te verkondig. Uiteindelik het Hy persoonlik en direk deur sy Seun Jesus aan sy volk verskyn (Joh 1:14, Joh 14).

DIE SKEPPING VAN DIE MENS
God het een mens, Adam, uit die stof van die aarde gemaak en uit hom sy vrou Eva. Hierdie eerste mensepaar het God se beeld gedra en Hy het hulle aangestel om oor die aarde te heers (Gén 1,2). Hulle woonplek was die tuin van Eden (Gén 2:8-15). Hulle was uit die staanspoor superieur in intelligensie, fisieke vermoëns en kreatiwiteit, want hulle was na God se gelykenis geskape (Gén 1:26-27 en 2:19-20).
Uit die verdere beskrywings van Kain, Noag, Abraham en andere, blyk dit dat die mens na die sondeval baie soos ons was, behalwe dat hulle nog baie sterk en intelligent was, want dit was maar kort nadat die gebrokenheid en verslyting van die natuur begin het. Hul enigste ‘agterstand’, as mens dit so kan stel, was hul primitiewe wetenskap en tegnologie, wat duisende jare nodig sou hê om te ontwikkel tot wat dit vandag is.
’n Uitstaande eienskap van die mens is sy vermoë om vrye keuses te maak. Dit was aan die begin reeds so, want God het die mens beveel om hom te gehoorsaam (Gén 2:16-17), en gehoorsaamheid is ’n keuse. In vv 19-20 sien ons verder hoe die mens sy Skepper met daardie wonderlike vermoë van keusevryheid verheerlik het.
Die mens se Goddelike karakter, sy selfbewussyn (Gén 2:23), sy vermoë om lief te hê (v 24) en om dit in keusevryheid te kan doen, is eienskappe wat hom van die res van die skepping onderskei. Aan die begin het Adam en Eva die posisie waarin hulle aangestel was met waardigheid beklee en was hulle bestem om daagliks toe te neem in gehoorsaamheid en liefde vir hul Skepper en die uitbeelding van sy wysheid en almag.

DIE DUIWEL
Die bestaan van Satan word deur baie mense, selfs teoloë, ontken. Dis is wel so dat Satan nie persoonlik bekend gemaak word in die Ou Testament nie. Die wese wat Eva in die paradys verlei het word as ’n gewone slang voorgestel, en in die res van die Ou Testament word die uitdrukking ‘die Satan’ gebruik om na teenstanders, opponente of aanklaers te verwys, sonder dat die gevalle engel Satan spesifiek ter sprake kom. Maar hy bestaan! In die Nuwe Testament word hy onmiskenbaar en dikwels genoem onder name soos Satan, die Bose, die Duiwel of die Groot Draak.
Op 12:7-9 gee die verband tussen die slang wat Eva verlei het en Satan. Hy verlei die hele wêreld, en daaruit kan afgelei word dat hy die mens van die begin af tot boosheid aangehits het. Sy hoofdoel is om die mens, en daarmee God se skepping, te vernietig. Sonder om in te gaan op die oorsprong van Satan of die rede(s) waarom hy God se vyand is, kan ons vir hierdie studie net aanvaar dat hy ’n werklikheid is, en ’n wraaksugtige en uiters gevaarlike hater van die mens.

DIE SONDEVAL
God het opdrag aan die mens gegee om die aarde te bewoon en oor alles te heers (Gén 1:28), maar Hy het hulle verbied om van die ‘boom van kennis van goed en kwaad’ te eet (Gén 2:17). Dit was vóór die sondeval, wat dit besonders gemaak het. Dit word ook die ‘proefgebod’ genoem, bedoelende dat God die eerste mensepaar daarmee wou toets, selfs onder aanslag van versoeking.
Die gedagte van 'n proefgebod as ʼn toets vir die mens mag waarheid inhou, maar dis nie noodwendig die enigste verklaring nie. Die Bybel verduidelik nie waarom God daardie gebod gegee het nie; al wat ons lees is wat die gevolg van oortreding sou wees, naamlik dat hulle sou sterf. 'n Ander moontlike verklaring is dat dit nie 'n negatiewe toets was nie, maar eerder 'n positiewe geleentheid vir die mens om deur volhoubare, vrywillige gehoorsaamheid te groei in volkome getrouheid en liefde vir God. So 'n verklaring wys dan ook op die goeie doel van God se wette en gebooie in die algemeen, naamlik om te beskerm, te bewaar en te laat groei in volmaaktheid, eerder as om te kortwiek en te veroordeel. Maar die Bybel gee ook nie hierdie spesifieke verklaring nie – dis maar 'n menslike uitleg. Ons kan net wonder oor die werklike rede. Een ding weet ons darem verseker: dit was nie God se doel dat die mens voor die versoeking moes swig en oortree nie. Toe dit tog gebeur was Hy oneindig hartseer en het dit later berou dat Hy die mens gemaak het (Gén 6:6-7). Die herstelplan wat Hy ingestel het in plaas daarvan om die mens heeltemal te verdelg is wonderbaarlike genade wat ons maar net in dankbare blydskap voor Hom kan laat buig.
Die beskrywing van die slang se werkswyse in Gén 3:1-5 en van Eva en haar man se reaksie, wys nogmaals op die mens se vrye wil. Die slang het listig met haar te werk gegaan en haar verlei om in haar vryheid die verkeerde keuse te maak. Haar man het ook nie sommer net geëet omdat sy vir hom ook van die vrugte gegee het nie; hy het besluit om te eet, al moes sy hom dalk eers oorhaal deur dieselfde argumente en leuens waarmee die slang haar bedrieg het (v 17).
Adam se verskoning (sy vrou) en Eva se verskoning (die slang wat haar bedrieg het) in vv 12-13 wys verder dat vrye wil ’n grondliggende rol in die sondeval gespeel het. Blaamverskuiwing verklap keusevryheid! Die mens het ook nie gesondig deur enige vorm van dwang of swakheid nie. Dit kon nie dwang wees nie, want die mens het oor alles geheers, ook oor die slang (Gén 1:26-28). Dit kon ook nie swakheid wees nie, want hulle was na God se beeld en gelykenis geskape (v 26).
Die eerste mensepaar het ook nie enige inherente of latente geneigdheid tot ongehoorsaamheid gehad nie, anders sou hulle onskuldig teenoor God kon pleit. Hulle was foutloos en volmaak, en heeltemal in staat om gehoorsaam aan God te bly. Die slang het bloot ʼn versoeking om die gebod te oortree by hulle wakker gemaak, waarna hulle in eie, vrye keuse oortree het. God kon hulle dus ten volle daarvoor aanspreeklik hou.

NÁ DIE SONDEVAL
’n Belangrike vraag om na te kyk is hoe Adam en Eva deur die sondeval verander het. Wat het hulle verloor, en waartoe was hulle na die tyd nog in staat? Eerstens het hulle die lewe verloor, soos God gewaarsku het (Gén 2:17). Hy het dit in 3:19, 22 herbevestig, en die dood is tot vandag toe die grootste werklikheid en bron van vrees vir elke mens. Sien ook Ps 90. Dit is ook ’n geestelike dood, soos blyk uit die natuurlike boosheid en sondegeneigdheid van elke mens. Die Bybel sê dit op omtrent elke bladsy; sien byv. Gén 6:5-6, Jes 53:6, Matt 15:8-9, Rom 3:10-18, 7:18 en Ef 2:1,5. Die mens het ook hul oop verhouding met God, hul woonplek, die paradys, en nog baie ander voorregte en vermoëns verloor.
Maar dit beteken nie dat die mens geheel en al van God vervreem en totaal onvatbaar geraak het vir sy uitreiking nie. Daar is volop voorbeelde van mense wat geluister het toe God met hulle gepraat het en besluit het om Hom te gehoorsaam, soos Henog (Gén 5:24), Noag (Gén 6), Abraham (Gén 12), Dawid (1Kon 9:4), ens. In die Nuwe Testament kry ons nog mooi voorbeelde, soos Saggéüs die tollenaar (Luk 19:1-10), Maria wat Jesus se voete gesalf het (Joh 12), die eerste bekeerdes na die uitstorting van die Heilige Gees (Hand 2:37), die hofdienaar van Ethiópië (Hand 8:26-40) en die heidene in Antiochië (Hand 13:42,48).
Na die sondeval was die mens nie meer in staat om in eie vermoë na God te soek en Hom te vind nie, maar God reik in genade na ons uit. Wanneer Hy aan die deur van jou hart klop en jy sy stem hoor, kan jy besluit of jy gaan oopmaak (Op 3:20). Jy het nog ʼn vrye wil en vryheid van keuse, al is dit in swakheid en onder allerlei invloede.

ERFSONDE
Seker een van die oudste vraagstukke waarmee die mens steeds worstel gaan oor die aandeel, indien enige, wat Adam se nageslag in die sondeval het. Daar word in alle rigtings bespiegel. Aan die een kant is daar byvoorbeeld die oortuiging dat elke mens sondeloos gebore word maar later in sonde begin verval, soos wat met Adam en Eva gebeur het. Aan die ander kant is weer die oortuiging dat elkeen reeds met ʼn verdorwe natuur gebore word. Dan is daar ook die vraag of ons Adam se verdorwe natuur sowel as sy skuld erf, en of elkeen sy eie skuld vir sy eie sonde dra, ens.
Die bekende term ‘erfsonde’ (Eng. original sin) wys op die oortuiging dat alle mense deur geboorte die verdorwe natuur van Adam oorerf. Die vraag is dan of daar regtig so iets soos erfsonde is.
Die volgende kan as ontwyfelbare waarheid aanvaar word:
Elke mens het twee biologiese ouers, van wie hy sy persoonlike eienskappe oorerf. Dit behels byvoorbeeld voorkoms, geaardheid, fisiese en verstandelike vermoëns, en ook swakhede of stremming soos genetiese afwykings en oorerflike siektes. Niemand kan homself ‘afsny’ van sy voorgeslagte en ‘voor begin’ met ʼn nuwe stel eienskappe nie. Jou ouers en húlle ouers leef voort in jou. So is ons almal ‘Adamiete’ deur afstamming van daardie een enkele persoon.
Dit beteken dat elkeen by konsepsie, en dus deur geboorte, Adam se eienskappe oorerf. Dit sluit sy verdorwe en sondige natuur in, aangesien hy sy nageslag eers ná die sondeval verwek het (Gén 4, 5:3). Niemand kan hom dus persoonlik distansieer van wat met Adam gebeur het nie. Ons elkeen het inderwaarheid saam met hom gesondig deurdat ons tydens die sondeval reeds in hom teenwoordig was. Hierdie wonderbaarlike band tussen voorgeslag en nageslag blyk uit die beskrywing van hoe die hoëpriester Levi deur Abraham tiendes aan Melgisédek gegee het (Heb 7:9-10). Dit klop ook met Paulus se uitspraak dat die sonde deur een mens in die wêreld ingekom het en tot almal deurgedring het (Rom 5:12).
Dat alle mense vasgevang is in die sondige natuur blyk duidelik uit die geskiedenis en uit elkeen se persoonlike ervaring. Dawid maak in byv. Ps 51-53 geen geheim daarvan nie, en Paulus bevestig dit in byv. Rom 1 en 3:23. Daar is talle Skrifuitsprake wat dit verder bevestig.
Erfsonde is ʼn voldonge feit, maar dit moet reg verstaan word. Dit beteken byv. nie dat Adam se sonde aan ons toegereken word, asof ons vir sy oortreding aanspreeklik is nie. Adam het oortree, en ons het self ook oortree. Elkeen se sondeskuld is vir sy eie sonde. Daar is geen aanduiding dat Adam aan ons sonde, ons aan sy sonde, of ons aan mekaar se sondes skuldig is nie. Die teendeel word duidelik in Eség 18 gestel.

DIE NATUURLIKE MENS
Die uitdrukking natuurlike mens wys op die toestand waarin die mens homself tans bevind. Hy kan God se stem hoor, tot ʼn mate tussen reg en verkeerd onderskei en het nog ʼn vrye wil, maar het nie die vermoë om self terug te draai na sondeloosheid en regverdigheid nie. Dis ’n tragiese, verlore en hopelose toestand.
Die natuurlike mens se vermoë om die regte keuses te maak word uit verskeie oorde beïnvloed. In die eerste plek praat God met elke mens deur die natuur (sien die studie OOR GOD) en deur sy woord (sien DIE BYBEL). Hy vra geloof in Hom, gehoorsaamheid, goeie werke en naasteliefde. Mense word ook deur hulself, ander mense, die wêreld en die Duiwel beïnvloed, en aangespoor tot allerlei vorms van boosheid (sien ook ENGELE en BEVRYDINGSBEDIENING).
Die onmag van die natuurlike mens om altyd die regte keuses uit te oefen loop soos ʼn goue draad deur die geskiedenis. Die volgende voorbeelde in die Bybel is algemeen bekend:
Uit die gewone geskiedenis sien ons dieselfde patroon in ononderbroke reëlmaat: Die Babiloniese, Persiese, Griekse en Romeinse ryke het met geweld, boosheid en bloed gekom en gegaan, daarna het o.a. die Roomse Kerk met haar valsheid en wreedhede op die toneel verskyn, en heelwat later was daar byv. die twee groot wêreldoorloë waarvan die dryfvere vervleg was met grootskaalse bedrog, selfverryking van die moderne geldmag en ongekende verwoesting van menselewens. Die mees onlangse bewyse van die verdorwenheid van die natuurlike mens is die wêreldwye opkoms van sosiale vraagstukke waarvoor daar geen antwoorde blyk te wees nie. Op die voorgrond is nou aktivisme vir geslagsgelykheid en rasgelykheid, en vir die aanvaarding van homoseksualiteit en verwante vorms van seksuele afwykings (‘LGBTQ’). Dit gaan nie oor enige meriete in hierdie sake nie (daar is geen meriete nie), maar oor die agenda van die nuwe wêreldorde. Sien die betrokke besprekings onder SOSIALE VRAAGSTUKKE.
Die eindbestemming van die natuurlike mens is vernietiging en verbranding van sy werke (2Pet 3). Alles wat die mens die afgelope ses duisend jaar tot stand gebring het is besmet met selfsug en ydelheid en skiet vêr tekort aan God se standaard.

- God stel Adam se eerste kind Kain voor die keuse om oor die sonde te heers, maar hy besluit om God te weerstaan (Gén 4:6-8)..
- Noag was gehoorsaam aan God, maar het ook foute gemaak (Gén 6:9, 22, 9;21).
- Mense het sonder God vir hulself ’n naam probeer maak met die toring van Babel (Gén 11).
- Abraham was ongelowig en ongehoorsaam toe hy ’n kind by Hagar verwek het (Gén 16).
- Esau het sy eersgeboortereg verag en in vyandskap met Jakob verval (Gén 25-33).
- Selfs koning Dawid het hom aan ontug en moord skuldig gemaak (2Sam 11,12).
- Die volk Israel was aanvanklik gehoorsaam aan JAHWEH en die Wet, maar het uiteindelik in ongehoorsaamheid verval en tot niet gegaan (sien ISRAEL).
Uit die gewone geskiedenis sien ons dieselfde patroon in ononderbroke reëlmaat: Die Babiloniese, Persiese, Griekse en Romeinse ryke het met geweld, boosheid en bloed gekom en gegaan, daarna het o.a. die Roomse Kerk met haar valsheid en wreedhede op die toneel verskyn, en heelwat later was daar byv. die twee groot wêreldoorloë waarvan die dryfvere vervleg was met grootskaalse bedrog, selfverryking van die moderne geldmag en ongekende verwoesting van menselewens. Die mees onlangse bewyse van die verdorwenheid van die natuurlike mens is die wêreldwye opkoms van sosiale vraagstukke waarvoor daar geen antwoorde blyk te wees nie. Op die voorgrond is nou aktivisme vir geslagsgelykheid en rasgelykheid, en vir die aanvaarding van homoseksualiteit en verwante vorms van seksuele afwykings (‘LGBTQ’). Dit gaan nie oor enige meriete in hierdie sake nie (daar is geen meriete nie), maar oor die agenda van die nuwe wêreldorde. Sien die betrokke besprekings onder SOSIALE VRAAGSTUKKE.
Die eindbestemming van die natuurlike mens is vernietiging en verbranding van sy werke (2Pet 3). Alles wat die mens die afgelope ses duisend jaar tot stand gebring het is besmet met selfsug en ydelheid en skiet vêr tekort aan God se standaard.
REDDING
Vir hierdie natuurlike mensdom het God ’n reddings- en herstelplan in werking gestel. Dis vir húlle wat Hy die Bose totaal gaan vernietig en ’n nuwe hemel en aarde gaan maak (Openb 17-22). Elkeen wat in Jesus glo as die een deur wie God dit doen, word gered van vernietiging en word herstel tot ’n nuwe mens wat die ewige lewe beërwe. Sien ’N NUWE LEWE.