WOORDSTUDIE
DIE NUWE TESTAMENT
Ons bevind ons vandag in die Nuwe Testament, of Nuwe Verbond. Ons geloof en lewenswyse is geskoei op die gebooie van Jesus en sy apostels, soos vervat in die Nuwe Testamentiese boeke en briewe (Matt 16:18, 1Kor 3:9-11, Ef 2:19-20, Heb 5:11-6:6). Die aanloop tot, en bestaansrede vir die Nuwe Testament is kortliks soos volg:
DIE VERVULLING EN AFSLUITING VAN DIE OU TESTAMENT
God se groot reddingsplan vir die mens wat in die Nuwe Testament verwesenlik word, het in die Ou Testament (Ou Verbond) begin. Die O.T. het Israel in 'n heilige verhouding met JAHWEH bewaar totdat die Seun Jesus uit hulle gebore was (Gal 3:23). Die testament was terselfdertyd 'n vooraf-skadubeeld van Hom (Kol 2:17, Heb 10:1). Deur Jesus se lewe en dood het Hy die Wet namens Israel vervul (Matt 5:17-19), die doel van die testament bereik en dit afgesluit. Dit het vir al twaalf stamme van Israel gegeld, sodat niemand meer kon reken op enige verdienste of voordele deur nakoming van die Wet nie. Daar het ’n nuwe, beter bedeling op hulle gewag.
'N NUWE VERBOND
Na sy opstanding uit die dood het Jesus ’n Nuwe Verbond, of Nuwe Testament, met sy volk ingelui (Hand 2). Die Nuwe Testament is gegrond op die voorwaardes van verlossing deur sy bloed, en op geloof en genade, anders as die Ou Testament wat gegrond was op die voorwaarde van die werke van die Wet (Jer 31:31-33, Matt 26:28, Ef 2:8-10, 2Tim 1:9, Heb 8:8-13, 9:15, 12:24).
Die weg tot redding – vir al twaalf stamme en vir elke mens – is nou die Nuwe Testament (Heb 8:8). Die voorwaardes en gebooie van die N.T. is volledig uitgespel in die boeke en briewe van die N.T.
Dit is van kritieke belang vir ons geloof om te verstaan dat die Ou Testament net die wegbereider vir Jesus en die Nuwe Testament was. Om die O.T. nou nog in stand te probeer hou, of om gedeeltes van die Wet te probeer oordra na die N.T., maak die N.T. kragteloos en verwater die geloof in Jesus as die volkome bewerker van ons redding (Heb 2, 5).
Dit moet goed begryp word dat geen Ou Testamentiese verbonde, wette, insettinge en verordeninge meer bestaan nie, want dit was deur Jesus vervul en afgesluit. Dit kan dus nie meer op enige mens (gelowige óf ongelowige) van toepassing wees nie. Pogings om enige vereistes uit die O.T. na te kom asof dit saam met die N.T. geld, is dooie werke (Matt 9:16-17, Gal 3, Heb 6:1, 9:14).
Mens wil dalk sê: maar die Wet geld tog nog, want dit stem ooreen met die gebooie van die N.T.! Ja, daar is ooreenkomste, want die O.T. met die Wet was die wegbereider en vooraf-skadubeeld van die N.T. Nege van die Tien Gebooie is byvoorbeeld duidelik herkenbaar in die N.T. Maar nie asof dit uit die Wet na die N.T. oorgedra is nie. Die Nuwe-Testamentiese gebooie is nuut, gegrond op die liefde (Joh 13:34, 1Joh 2:7-8). Jeremia het dit so voorspel (Jer 31:31-34), en die N.T. bevestig dit (Heb 8). Meer inligting word gegee in die studie oor DIE WET.
Die Nuwe Testament word vergestalt in die volgende basiese boustene, wat elkeen in 'n afsonderlike studie behandel word.
‘n NUWE LEWE
GEMEENTES
JESUS SE GEBOOIE
DIE DOOP EN DIE NAGMAAL
DIE GAWES VAN DIE GEES