WOORDSTUDIE
HOMOSEKSUALITEIT
OORSIG EN INHOUD
Hierdie studiestuk gee ’n kort inleiding en agtergrond oor die onderwerp, met beklemtoning van die wêreldwye propaganda daarvoor in die laaste tyd, selfs uit kerkkringe en owerheidsweë. Die Bybelse inligting oor homoseksualiteit word dan ontleed, met die Ou en Nuwe Testamente wat elk binne eie konteks en toepassing vir vandag behandel word. Die Christelike standpunt en hantering van homoseksualiteit word dan laastens bespreek.
Die gevolgtrekking is dat beide testamente reguit en duidelik teen homoseksualiteit praat en geen ruimte vir alternatiewe vertolkings laat nie. Christene word gemaan om hulself en hul gemeentes teen homoseksualiteit en die aanvaarding van homoseksuele in hul gemeentes te beskerm, terwyl daar veilige en liefdevolle toevlug binne gemeentes moet wees vir dié wat hul daarvan bekeer het.

INHOUD
Vertical Divider
|
Inleiding
Wat is homoseksualiteit Die voorkoms van homoseksualiteit Die oorsake van homoseksualiteit Beskouinge oor homoseksualiteit Publiek Media en owerhede Die Christendom Die Bybel oor homoseksualiteit Ou Testament Nuwe Testament Christelike standpunt Slot |
Vertical Divider
|
INLEIDING
Leefwyses en sosiale praktyke kom en gaan nou al vir duisende jare in die wêreld, en in plaas van goedheid neem boosheid eerder algaande toe. Die mens slaag nie daarin om homself te verbeter of van die planeet aarde ’n veilige en aangename tuiste te maak nie. Ongeloof in God, moord, oorlog, verdrukking, haat, selfsug, verdraaide waardes en bedrog bly die norm. Gelukkig het God ’n groot lig van verlossing en hoop vir ons gegee, naamlik sy Seun Jesus Christus. Ons leef en werk onder sy genade en in die waarheid van sy woord tot Hy weer terugkom na ons.
Maar tot op daardie dag is ons gewikkel in die stryd tussen reg en verkeerd, lig en duisternis, terwyl allerlei lewensvraagstukke op ons neerreën. Die mens is onkundig en sit sonder antwoorde, terwyl die owerhede en heersers van die duisternis nou in die laaste tye hul greep op die mensdom verstewig. Volgelinge van Jesus Christus het egter toegang tot antwoorde vir elke probleem, want ons leef in Hom en Hy in ons, en ons word deur sy Woord en Gees in die waarheid gelei.
Hierdie studiestuk gaan oor homoseksualiteit, ‘n verskynsel so oud soos die mens, en wat vandag weer baie op die voorgrond is. Dit het ’n direkte invloed op ons geloof en ons verhouding met God. As getuies van Jesus moet ons weet waaroor dit gaan en moet ons hantering daarvan vas op sy Woord gegrond wees.

WAT IS HOMOSEKSUALITEIT
Verskeie woorde daarvoor het in die omgangstaal ontwikkel, soos ‘homo’, ‘gay’, ‘lesbies’ (by vrouens) en harder, spottende of kwetsende woorde soos ‘sodomie’, ‘moffie’, ‘skeef’, ens.
Homoseksualiteit gaan oor seksuele aantrekking tot mense van dieselfde geslag, nl. man-man of vrou-vrou. ’n Verhouding is seksueel wanneer dit vorms van liefkosing en/of erotiese, sinlike bevrediging behels. ‘n Homoseksuele verhouding mag vriendskap of liefde insluit, maar dit is die seksuele kant daarvan wat dit homoseksueel maak. ’n Normale verhouding tussen selfde-geslagpersone kan ook baie sterk vriendskap, liefde en hartlike geneentheid insluit (soos met Dawid en Jónatan) sonder om homoseksueel te wees.
Homoseksualiteit begin by seksuele oriëntasie. In baie gevalle bly dit net daarby, met ander woorde dit is onaktief. ‘Selibate’ homoseksuele word ten volle in sommige kerke en gemeenskappe aanvaar, solank hulle bereid is om ‘in die kas’ te bly. Omdat hulle dus nie prakties homoseksueel leef nie, word hulle eintlik nie gesien as skuldig aan homoseksualiteit nie. Ons gaan later kyk wat die Bybel daaroor sê.

DIE VOORKOMS VAN HOMOSEKSUALITEIT
Homoseksualiteit kom min of meer in alle lande, kulture, samelewings en op alle vlakke en ouderdomme voor. Dit kan ook gepaard gaan met ander seksuele oriëntasies en praktyke, soos heteroseksualiteit (tussen man en vrou), biseksualiteit (aangetrokkenheid tot beide geslagte), transvestisisme (drang om die kleredrag van die teenoorgestelde geslag te dra) ensovoorts.
Persentasiegewys is die voorkoms van homoseksualiteit laag (minder as 10% van meeste samelewings) maar dit blyk tans ’n stygende tendens te wees. Homoseksualiteit word ondersteun en bevorder deur ‘gay-aktivisme’ en verslapping in wetgewing, met homoseksuele gemeenskappe wat gevolglik ontwikkel en ’n plek in die samelewing inneem. Lede van hierdie gemeenskappe ondersteun mekaar sosiaal en maatskaplik, byvoorbeeld met sleutelposisies in die werksplek en veral die vermaaklikheidsindustrie. Sodoende ontwikkel ’n sterk operasionele basis vir die vestiging van, en versnelde toename in homoseksualiteit.

DIE OORSAKE VAN HOMOSEKSUALITEIT
Daar word baie gespandeer aan navorsing op hierdie gebied, met ’n hele verskeidenheid van teorieë wat die lig sien oor die oorsake van homoseksualiteit. Die sosiale en maatskaplike moontlike oorsake of aandrywers wat geïdentifiseer is, is die alombekende faktore wat tydens die kinder- en adolessente fases ’n rol speel, soos mishandeling of verwaarlosing deur ‘n pa of ma, seksuele misbruik deur familielede of vriende, en selfs ook beïnvloeding op heeltemal volwasse ouderdomme van mense se lewens. Moontlike sielkundige of genetiese oorsake is ook onder die vergrootglas, vanwaar sterk oortuigings kom dat mense homoseksueel gebore kan word of dat dit selfs oorerflik kan wees. Dusver is daar geen vaste antwoorde nie. Inteendeel, die wêreld sit met uiteenlopende opinies en oortuigings oor die oorsake van homoseksualiteit.
Dit is maklik om te sê dat homoseksualiteit ’n persoonlike keuse is, asof elkeen van ons bloot kan kies tot watter geslag ons aangetrokke wil voel. Of om te sê dat homoseksuele persone so gebore word of op ‘n stadium in hul lewens so gevorm word. Verkeerde aannames kan egter skade doen. Laat ons maar liewer net by die Bybel se onfeilbare riglyne bly met die hantering van hierdie saak.

BESKOUINGE OOR HOMOSEKSUALITEIT
ALGEMENE PUBLIEK
Mense staan oorwegend afwysend teenoor homoseksualiteit, soos nog altyd deur die geskiedenis. In liberale kringe is daar miskien ’n meer ongeërgde en tegemoetkomende houding, maar meeste mense het ’n natuurlike weersin daarteen en sal geneig wees om persoonlike, nabye verhoudings met homoseksuele te vermy. Homoseksualiteit word merendeels as ’n perverse afwyking van die normale en ingeskape heteroseksuele oriëntasie gesien.
MEDIA EN OWERHEDE
’n Teenoorgestelde beskouing oor homoseksualiteit word deesdae die wêreld ingestuur, deur middel van die media en ander beïnvloedingskanale soos skole, kerke, die vermaaklikheidsindustrie en owerheidsinstellings. Die gewone publiek is weerloos en word met verloop van tyd gebreinspoel om homoseksualiteit as deel van die samelewing te aanvaar.
Homoseksualiteit word al hoe meer as bloot ’n alternatiewe seksuele oriëntasie voorgehou sonder dat die oorsaak daarvan werklik van belang is. Dit gaan oor die bevordering van homoseksualiteit eerder as die oorsaak en genesing daarvan! Dit maak dus nie meer saak of iemand homoseksueel is deur oorsake buite sy/haar beheer of deur ’n persoonlike keuse nie.
Die gemeenskap word deur propaganda (vermaak en aktualiteit), indoktrinasie (skole en kerke) en uiteindelik wetgewing (owerheid) gedwing om ruimte daarvoor te gee. Wanneer iemand vandag ‘uit die kas klim’ ontsnap hy/sy vanuit ’n voorheen onderdrukte posisie na die vryheid van onbelemmerde uitlewing van sy of haar homoseksuele oriëntasie.
Die algemene publiek sien homoseksualiteit dus nie meer as ’n bedreiging vir hulself of vir die wêreld nie. Homoseksuele word oor die algemeen ervaar as intelligent, vriendelik, gasvry, bedagsaam en goeie geselskap - soms selfs meer as ander mense. Solank jy té nabye verhoudings met hulle vermy en jou kinders teen hulle waarsku is jy OK met hulle. Veral vroue is byvoorbeeld geneig om op hierdie manier goed met manlike homoseksuele te klaar te kom.
DIE CHRISTENDOM
Die Christendom is baie verdeeld oor homoseksualiteit as gevolg van uiteenlopende vertolkings van die Bybel daaroor, gepaard met die sterk invloed van die media en owerhede op kerkleiers. Die belangrike vraag vir gelowiges is wat God se wil met homoseksualiteit is. Wat is die norm vir Christene? Die antwoorde word natuurlik in die Bybel gevind, wat genoeg inligting oor die onderwerp gee. Dit is dan nou ’n groot uitdaging om die Bybel se gegewens oor homoseksualiteit reg te verstaan en ook in staat te wees om tussen waarheid en dwaling (eintlik misleiding) te onderskei.
Ons gaan al die betrokke teksgedeeltes ontleed om vas te stel wat die Bybel presies oor homoseksualiteit sê, en hoe ons daardie riglyne vandag moet toepas.

DIE BYBEL OOR HOMOSEKSUALITEIT
Ons gaan nou kyk wat beide die Ou en Nuwe Testamente oor die onderwerp sê. Faktore soos tydsgewrig en konteks word telkens in ag geneem met ontledings, om te sien wat die betekenis en toepaslikheid van elke skrifgedeelte vir vandag is. Die Bybel moet versigtig gebruik word, want elke teksvers is nie noodwendig vir alle tye en situasies bedoel nie.
OU TESTAMENT
Die onderwerp kom die eerste keer ter sprake met JAHWEH se besoek aan Abraham by die terpentynbome van Mamre (Gén. 18). Dit was omtrent 2000 jaar voor Christus, m.a.w. omtrent 2000 jaar na die skepping van Adam. Die stede Sodom en Gomorra was in die Jordaanstreek, in die omgewing van die Dooie See. Vuur en swael uit die hemel het die twee stede, saam met nog ander dorpe in die omgewing uitgewis. Tot vandag is daar kaal vlaktes en veraste vorms, wat moontlik boustrukture was.
JAHWEH se optrede teen hierdie stede staan in verband met die volgende kernvers:
Gén 19:5
En hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit, dat ons hulle kan beken.
Die verloop van die gebeure kan as volg saamgevat word:
In 18:20-22 sê JAHWEH vir Abraham dat daar ’n geroep was oor die ‘waarlik baie swaar’ sonde van Sodom en Gomorra, en dat Hy wou vasstel of dit so was. Daarop het die twee engele na Sodom weggedraai, met die doel om te gaan uitvind of die stede werklik besig was met die dinge waarvan JAHWEH kennis geneem het. Hul uiteindelike bevinding word in die volgende hoofstuk beskryf.
Na hul vertrek het Abraham in JAHWEH se teenwoordigheid gebly. Hy het geweet dat God van plan was om Sodom uit te wis, en het by Hom begin pleit om die stad te spaar, al was dit uiteindelik ter wille van selfs net tien regverdiges in die stad (Gén 18:23-32).
Toe die twee engele die stad binnekom het Lot hulle oorreed om na sy huis te kom in plaas daarvan om op die plein te vernag (19:1-3). Teen die aand het al die manne van Sodom voor Lot se huis saamgedrom, en wou die besoekers verkrag. Dat dit letterlik al die manne van die stad was word beklemtoon (v 4), wat betekenisvol is in die lig van JAHWEH se besluit om die stad te spaar as daar selfs net tien regverdiges was. Dalk het meeste van die manne net as toeskouers saamgekom, wat nogtans deurgaan as aktiewe ondersteuning van, en dus deelname aan die voorgenome verkragting. Dat hulle die besoekers wou ‘beken’ is die eerste aanduiding dat hulle homoseksuele was. Lot het die manne se voorneme as ‘kwaaddoen’ beskryf (v 7) en in ’n wanhopige poging om dit te voorkom selfs sy eie dogters aangebied (v 8), wat aantoon dat daar’n motief van seksuele wellus en verkragting was. Die manne wou egter die manlike besoekers hê (v 9), wat die homoseksuele vermoede verder versterk. Die uitwissing van die twee stede het gevolg op hierdie bevinding van die twee engele (vv 10-25).
Daar kan geredeneer word dat die voorgenome verkragting dalk bloot oor ’n probleem met gasvryheid gegaan het, en nie oor homoseksualiteit as sodanig nie. Die homoseksuele aspek van die gebeurtenis skuif dan na die agtergrond asof dit minder belangrik is. So word die aandag weggelei van die saak waaroor die verhaal blykbaar juis gaan, nl. homoseksualiteit. Hierdie redenasie het egter geen grond nie. Om man-tot-man verkragting op enige manier aan gasvryheid te koppel is vergesog en onrealisties.
Ons kyk na nog ’n soortgelyke geval:
Rigt 19:22
Terwyl hulle hul hart vrolik maak, omsingel die manne van die stad, slegte manne, meteens die huis en klop hard aan die deur; en hulle spreek met die ou man, die eienaar van die huis, en sê: Bring die man uit wat in jou huis ingekom het, dat ons hom kan beken.
Die verhaal gaan oor ’n Leviet wat met sy byvrou op reis was van Betlehem-Juda terug huis toe na die gebergte van Efraim. Teen sononder het hulle Gíbea bereik en wou op die plein van die stad oornag. Iemand het hulle daar aangetref en hom oor hulle ontferm deur hulle in sy huis in te neem. Tydens die aandete het slegte manne van die stad die huis omsingel en aangedring dat die gasheer sy besoeker uitbring sodat hulle hom kon beken. Die gasheer het volstrek geweier en selfs aangebied dat hulle liewers sy eie dogter en sy gas se byvrou kon kry om mee te doen wat hulle wou. Hy het hul voorneme om sy gas te beken as ‘kwaaddoen’ en ’n ‘skanddaad’ bestempel. Daarop het die slegte manne die byvrou verkrag en vermoor, waardeur hul oorspronklike voorneme om die gas te sodomiseer voorkom was.
Ooreenkomste in hierdie gebeurtenis met dié in Sodom kan nie misgekyk word nie. Die woorde ‘beken’ en ‘kwaaddoen’ in die grondteks is dieselfde in die twee gevalle. Wat veral opval is die klaarblyklike siening in albei gevalle dat dit ’n erger misdaad was om iemand van dieselfde geslag te ‘beken’ as om iemand van die teenoorgestelde geslag te verkrag. Verkragting van ‘n vrou was in elk geval ’n gruweldaad, soos die baie swaar straf wat daarop gevolg het aantoon (Rigt 20), maar dit blyk dat die verkragting van ‘n man as ’n uiterste soort boosheid gesien was.
Betekenis van ‘beken’
Dusver is die woord ‘beken’ op grond van teksontleding aan homoseksuele verkragting gelykgestel. Ons kan bietjie dieper kyk en vra waaroor die voorgenome verkragtings in die twee verhale werklik gegaan het. Was dit net homoseksuele wellus, of dalk iets anders ook? Ontleding van die woord ‘beken’ kan dalk verder help. Die Hebreeuse woord in die grondteks is:
דעי (Afr. jada). Dit het o.a. die volgende moontlike betekenisse:
om te ken, te leer ken
om waar te neem, te sien, uit te vind en te onderskei
om ervaring te hê
om te herken, te erken, te aanvaar, te bely
om te oorweeg, in ag te neem
om iets of iemand te ken
om iemand na die vlees te ken (te beken)
om vaardig, behendig te wees
om kennis, wysheid te hê
om openbaar te maak, bekend te word, te ontdek, jouself bekend te maak
om ’n opdrag te ontvang
om verwant te wees aan iemand
Dit kan alles miskien so saamgevat word: om met iets of iemand bekend te wees of te word.
Jada is ’n baie algemene woord, wat omtrent 930 keer in die Bybel voorkom. Die betekenis van jada word meestal bepaal deur die konteks waarin dit voorkom. Hier is enkele voorbeelde:
Gen 4:1
En die mens het sy vrou Eva beken (jada), en sy het swanger geword ….
Gen 18:19
Want Ek het hom verkies (jada), dat hy aan sy kinders en sy huis ná hom bevel sou gee dat hulle die weg van die HERE moet hou om geregtigheid en reg te doen; sodat die HERE oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het.
Spr 12:10
Die regverdige ken (jada) die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.
Jer 31:34
En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken (jada) die HERE; want hulle sal My almal ken (jada), klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.
Die presiese betekenis van jada in die konteks van die gebeurtenisse in Sodom en Gíbea kan bepaal word met inagneming van die omringende inligting. In beide gevalle was dit as volg: Die manne van die stad het daarop aangedring om besoeker(s) te ‘jada’. Hulle wou dus in een of ander opsig bekend word met die besoeker(s). Die aanloop daartoe word nie baie duidelik gegee nie, behalwe dat die besoeker(s) van voorneme was om op die stad se plein te oornag en dat iemand hulle uitgenooi het om liewers na sy huis te kom. Die manier waarop die jada sou plaasvind was ongetwyfeld sleg en verwerplik, aangesien dit as ‘kwaaddoen’ bestempel was en seksuele wellus behels het wat op die manlike besoeker(s) eerder as die beskikbare vroulike persone gemik was.
Dit is moontlik dat probleme in verband met gasvryheid ‘n rol gespeel het. Dit was ’n baie belangrike deel van die lewe in Bybelse tye. ’n Gebaar van gasvryheid kon die verskil tussen lewe en dood beteken vir ’n moeë, honger en blootgestelde vreemdeling. Dalk het die besoeker(s) of sy/hul gasheer ’n gasvryheid-reël oortree of iets gedoen wat aanleiding kon gee tot die aandrang om die besoeker(s) te beken. Maar dis moeilik om gasvryheid aan homoseksuele verkragting te koppel.
Dis ook moontlik dat die manne dominansie oor die besoeker(s) wou uitoefen deur homoseksuele verkragting. Dit was ’n bekende manier om ’n man te verneder, waar dit hom op dieselfde vlak as ’n vrou afgebring het. Maar die teksverband bied geen leidraad vir so ’n motief nie.
Seksuele wellus is duidelik die werklike motief, met die twee moontlike aanleidende motiewe hierbo as hoogstens bymotiewe of swak verskonings. Die Afrikaanse vertaling van jada as ‘beken’ in hierde teksverband behoort dan vertolk te word as wellus-gedrewe homoseksuele verkragting.
Nog ’n stukkie bykomende inligting verskyn in Judas 1:7, waar gesê word dat Sodom en Gomorra gehoereer het deur agter vreemde vlees aan te loop. Die uitdrukking ‘agter vreemde vlees aan loop’ is na alle waarskynlikheid ‘n beskrywing van ’n onnatuurlike of teen-natuurlike vorm van hoerery, wat weer ooreenstem met die homoseksuele beskrywing van Rom 1, waarna ons netnou gaan kyk.
As daar nog enige twyfel kan wees aan homoseksualiteit as die rede vir die verwoesting van Sodom en Gomorra, behoort die volgende skrifgedeeltes dit op te klaar:
Lev 18:22
Met ‘n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ‘n mens met ‘n vrou het nie. Dit is ‘n gruwel.
Lev 20:13
En as ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.
Hierdie wetsbepaling in die Ou Testament gaan duidelik oor homoseksuele gemeenskap, of homoseksuele ‘seks’, d.w.s. homoseksuele penetrasie, wat ook die finale beslag aan die definisie van homoseksualiteit gee. Die tekste stel dit duidelik dat homoseksuele gemeenskap ’n gruwel en met die dood strafbaar was.
Deut 22:5
’n Vrou mag geen mansklere dra nie, en ‘n man mag geen vrouensklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is vir die HERE jou God ‘n gruwel.
Mansklere en vroueklere was onderskeibaar van mekaar. As iemand klere van die teenoorgestelde geslag gedra het, was dit met bepaalde bedoelings. Iemand wat dit vandag doen, word ’n transvestiet genoem. Hulle put skynbaar seksuele en/of emosionele bevrediging daaruit. In die Ou Testament was dit ’n gruwel en onwettig.
Deut 23:17
Daar mag geen hoer uit die dogters van Israel wees nie; en daar mag geen skandseun uit die seuns van Israel wees nie.
’n Skandseun was ’n manlike tempelprostituut. Dis nie seker waarvoor skandseuns presies gebruik was nie, maar dat hulle onder andere by homoseksuele aktiwiteite betrokke was, hoef nie betwyfel te word nie. Skandseuns was verbode in die Ou Testament.
Die aanhalings hierbo uit die Ou Testament verklaar duidelik dat homoseksuele praktyke ’n gruwel was wat deur die Wet verbied en met die dood strafbaar was. As ons nou weer terugkyk na Sodom en Gomorra, maar dié keer in die lig van wat die Wet later daaroor bepaal het, kry ons sekerheid dat JAHWEH reeds voor die Wet nie alleen teen homoseksuele verkragting was nie, maar ook teen homoseksueel-wees.
Die vraag wat nou beantwoord moet word is of die Ou-Testamentiese uitsprake oor homoseksualiteit vandag steeds van toepassing is. ’n Gewilde argument wat uit sekere kringe voorgehou word, is dat as die wette oor homoseksualiteit vandag nog moet geld, al die ander wette ook steeds moet geld. Dit skep dadelik ’n dilemma met die konsekwente toepassing van die Wet. Neem byvoorbeeld die wet wat klere van gemengde stof verbied (Lev. 19:19, Deut. 22:11), of die verbod op sekere soorte vleis (Lev. 11): byna niemand pas daardie wette meer toe nie. Daar was selfs wette wat die doodstraf vir oortredings ingesluit het, wat vandag heeltemal onmoontlik is om toe te pas. Die doodstraf vir homoseksuele praktyke is juis ’n goeie voorbeeld. Die oplossing wat vir hierdie dilemma voorgehou word is dat die Wet nie letterlik gelees moet word nie, maar eerder op ’n ‘kritiese’ manier, wat toelaat vir verskille tussen daardie tye en die tyd waarin ons vandag leef. Dit maak skynbaar sin, en lei so tot die gevolgtrekking dat homoseksualiteit vandag nie meer veroordeel kan word nie, of minstens anders verstaan moet word. Daarmee gaan die deure oop vir verdraaiing van die Bybelse uitsprake oor homoseksualiteit, en die uiteindelike aanvaarding daarvan in ons kerke en in die samelewing.
Die werklike antwoord vir die genoemde dilemma lê nie in die ‘kritiese’ lees van die Bybel nie, maar in die regte verstaan van die Wet. Eerstens moet begryp word dat Israel die Wet ontvang het met ’n bepaalde doel. Daardie doel is bereik deur Jesus se menswording, kruisiging en opstanding. Daarna was die Ou Testament en die Wet uitgedien, afgesluit en vervang met die Nuwe Testament. Dit is nie meer nodig, of moontlik, om die Ou-Testamentiese Wet te hou nie. Dit het in elk geval geen nut meer vir verdienste of regverdigmaking nie. Ons is nou in die bedeling van die Nuwe Testament en leef volgens Jesus se opdragte, riglyne en gebooie.
Dit is baie belangrik om die finaliteit en betekenis van die oorgang van die Ou na die Nuwe Testament te verstaan. Die Ou-Testamentiese Wet bestáán nie meer nie en kan dus nie ‘krities’ ontleed word asof dit steeds van toepassing is nie.
Maar daarmee saam moet begryp word dat God hom steeds deur die Ou Testament aan ons openbaar, met ’n rykdom van belangrike geskiedenis en ander inligting uit sy liefdevolle en vrygewige hand. Paulus skryf in 2Tim 3:14-17 aan Timótheüs: Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid. Met ‘Skrif’ bedoel Paulus die boeke van die Ou Testament, wat natuurlik die Wet insluit.
(Volledige verduidelikings hieroor word gegee in LEWENSWOORD se Woordstudies: DIE WET, en JESUS SE GEBOOIE.)
Ons kan dus uit die Skrif (Ou Testament) meer te wete kom oor JAHWEH se geregtigheid (wat is reg en verkeerd) met betrekking tot homoseksualiteit. Maar dis belangrik om dit saam met die Nuwe Testament te lees (Joh 1:17). Ons gaan dan nou kyk na wat die Nuwe Testament oor homoseksualiteit sê en hoe dit ’n geheelbeeld met die Ou-Testamentiese uitsprake vorm.

NUWE TESTAMENT
Mat 19:4-6
En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie, en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.
Wat Jesus hier sê is dat God die mens van die begin af in twee geslagte, nl. man en vrou gemaak het, om so saam te leef (Gén 2:24). Een man en een vrou word een vlees deur seksuele omgang. Sien ook 1Kor 6:16. Jesus het nie in sy uitspraak voorsiening gemaak vir ander maniere om ‘een vlees’ te wees nie.
Die redes vir die mens om een vlees te wees word gegee in Gén 1:27-28 en 2:18. Om voort te plant is die vanselfsprekende rede; die ander is dat die mens ’n sosiale wese is. Vleeslike intimiteit is ’n ingeskape behoefte. God het dit deur die vleeslike ‘eenwording’ van man en vrou moontlik gemaak.
Homoseksuele het ook behoefte aan vleeslike intimiteit, maar verkies om dit op ’n onnatuurlike manier te bevredig. Ons het reeds gesien dat mense ’n natuurlike weersin daarin het en dat God dit in die Ou Testament verbied en baie swaar gestraf het.
Rom 1:24-27
Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer – hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.
Hier in sy brief aan die gemeente in Rome praat Paulus van die ongelowige wêreld (‘heidene’) wat, alhoewel hulle God geken het, of minstens van Hom geweet het, Hom nie erken het nie maar in afgodery verval het (vv 18-23). Gevolglik het God hulle oorgegee aan die skandelike hartstogte waarna Paulus in vv 24-27 verwys. Hy beskryf dit as ’n verandering van die natuurlike, na teen-natuurlike, of onnatuurlike verkeer. Die res van die beskrywing maak dit verder heeltemal duidelik dat hy van homoseksualiteit praat.
Uit die gewone geskiedenis van Rome weet ons dat homoseksualiteit ’n alledaagse verskynsel was in die tyd toe Paulus die brief geskryf het. Dit was ’n aanvaarde praktyk in die samelewing, en het die totale kultuur deursuur, insluitend die godsdienste. Die hele teksgedeelte vanaf vers 18 tot 32 stem daarmee ooreen, wat beskryf hoe die stad se leefstyl met allerhande booshede deurdrenk was.
Die argument word deesdae geopper dat die skandelikhede wat in die teksgedeelte beskryf word by aktiwiteite soos afgodery en godsdienstige seksorgies voorgekom het, en dat Paulus eintlik dáárvan gepraat het. Dit word gebaseer op die verwysings na afgode in vv 23 en 25. Die teksgedeelte praat dan glo nie van homoseksuele verhoudings nie, maar van perverse godsdienstige rituele. Hierdie soort argumente is onrealisties, onlogies en oneerlik. Die teks onder bespreking maak glad nie eers melding van godsdienstige seksorgies of byeenkomste waar die dinge plaasgevind het nie. Die teks praat veel eerder van ’n homoseksuele leefstyl wat al die fasette van homoseksuele se lewens, insluitende hul sosiale en gesinslewe, geraak het.
Allerhande verklarings word aangebied vir die ‘onnatuurlike’ of ‘teen-natuurlike’ verkeer waarna die teksgedeelte verwys, om iets anders as homo-seks te beteken. Dis bloot pogings om Paulus se verdoemende uitsprake oor homoseksualiteit te probeer omseil.
1Kor 6:9-10
Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
Paulus praat hier oor die gemeente se onregverdige behandeling van mekaar in regsake, en stel dat onregverdiges nie die koninkryk van God sal binnegaan nie (v 9). Dan noem hy ook nog ander onregverdiges, nl. hoereerders, afgodedienaars, ... en sodomiete (v 10). Vir sodomiete gebruik hy die Griekse woord arsenokoites, wat volgens verklaring homoseksuele is.
1Kor 7:2-4
Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê. Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man. Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.
Hierdie gedeelte spreek eintlik vanself, en dit is opvallend dat daar nie voorsiening gemaak word vir alternatiewe soos poligamie of selfde-geslagverbintenisse nie. As Paulus enigsins ruimte daarvoor wou skep sou hy dit hier kon gedoen het, maar hy doen dit natuurlik nie.
Ef 5:25-33
Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees. So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief; want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente. Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene. Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word. Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente. In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig.
In hierdie paar verse is dit nog meer so: dit gaan oor een man met een vrou, en niks anders nie. Hier was nogeens dié ideale plek en geleentheid vir Paulus om voorsiening te maak vir homoseksuele verbintenisse in die gemeente, as hy dit wou doen. Maar daar is nie eers die vaagste gedagte aan so iets nie (en ook nêrens in enige van sy ander sendbriewe nie)!
1Tim 1:8-11
Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars, hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is, volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.
In hierdie teksgedeelte praat Paulus eintlik teen die Judaïseerders wat die Wet op die gemeentes wou afdwing. Maar dis interessant dat Sodomiete (d.i. homoseksuele) hier ook verskyn op ’n lys van sondaars wie se leefstyl strydig was met die gesonde leer van die evangelie (vv 10-11).
Tit 1:5-6
Om hierdie rede het ek jou in Kreta agtergelaat, dat jy nog verder sou regmaak wat oorgebly het, en van stad tot stad ouderlinge sou aanstel soos ek jou beveel het – as iemand onberispelik is, die man van een vrou, gelowige kinders het wat nie beskuldig word van losbandigheid of tugteloos is nie.
’n Ouderling moet die man van een vrou wees. Vandag se mode in die kerkwêreld om homoseksuele in die ampte van gemeentes toe te laat, bots lynreg met hierdie voorskrif.
Dit dan wat die Nuwe-Testamentiese teksgedeeltes met betrekking tot homoseksualiteit betref. Ons sien dat die Nuwe Testament homoseksualiteit net so onomwonde veroordeel as wat die Ou Testament dit doen. Die toepaslikheid daarvan vir vandag kan dan soos volg gestel word. (Let op die parallel tussen die twee bedelings in hierdie verband.)
In die Ou Testament was homoseksualiteit verkeerd en teen JAHWEH se wil vir alle mense, soos blyk uit die verhale van Sodom en Gomorra, en Gíbea. Op ’n later stadium is die Wet vir Israel gegee, wat dit spesifiek vir die volk verbied het, want hulle was sy heilige en afgesonderde volk. Oortreders moes uit die volk verwyder word.
In die Nuwe Testament is homoseksualiteit ook verkeerd en teen God se wil vir alle mense, soos blyk uit Rom 1:18-32. Die gemeentes van gelowiges in besonder mag niks daarmee te doen hê nie, en moet lede wat hulle daaraan skuldig maak, uit hul geledere verwyder (1Kor 5). Die gemeentes is vandag sy heilige en afgesonderde volk (1Kor 6:11, 1Pet 2:9-10), soos wat nasionale Israel onder die Ou Verbond sy heilige en afgesonderde volk was.
Ons kom nou terug na die belangrikheid van die Ou Testament in die lig van die Nuwe Testament. Soos reeds genoem funksioneer die Wet vandag nie meer soos vir Israel in die Ou Verbond nie, maar dit is steeds nuttig vir onderwysing in Christenskap (2Tim 3:15-17). Die Ou Testament gee ons dus meer insig in die sonde van homoseksualiteit. Die twee testamente vul mekaar aan en ondersteun mekaar. Die hele Bybel vandag nodig, nuttig en leersaam solank dit in goeie en verantwoordelike hande is.
Nou kan daar gevra word: waar kry ons die bevoegdheid en gesag om te besluit oor die nut of toepaslikheid van die Bybel? Die antwoord: God se wette (die Nuwe Testament) is in ons verstand gegee en op ons hart geskrywe (Heb. 8:10). Omdat die Heilige Gees in ons woon weet ons alles wat nodig is (Joh 14:26, 1Joh 2:20,27). Ons het dus die bevoegdheid en gesag om die hele Bybel te gebruik vir weerlegging, teregwysing en onderwysing in die geregtigheid.
En wie is die ‘ons’ van wie hierbo gepraat word? Dit is hulle wat in Jesus glo (Joh. 7:38) en aan Hom gehoorsaam is (Joh. 15:14-15). Hy lewe in hulle, en hulle leef in Hom (Gal 2:20).

CHRISTELIKE STANDPUNT
Ons het gekyk na wat homoseksualiteit is, wat die wêreld daarvan maak en wat die Bybel daaroor sê. As Christene moet ons op hoogte wees en weet hoe om hierdie uitdagende probleem te benader. Die liberale wêreldmening vervals alles daaroor, daarom moet ons God se Woord oor die onderwerp ken en verstaan. Ons moet die Bybel se riglyne vir ons houding en gedrag in die wêreld ook getrou navolg.
Die Bybel noem ’n hele aantal sondes wat ’n gruwel vir God is. Spreuke 6:16-19 noem byvoorbeeld sewe van hulle, en mens kry werklik die indruk dat daardie sewe die ergste is van alle sondes wat uit ’n mens se hart kan kom. En dis ontnugterend dat ons almal soms aan daardie sewe sondes skuldig is! Die apostel Paulus skryf ook aan die gemeente in Korinthe dat sommige van hulle self sondaars was, waaronder sodomiete, maar dat hulle hul laat afwas het en heilig en regverdig geword het in die Naam van Jesus en deur die werking van die Gees van God (1Kor 6:11). As dit vir ons ook geld, waarom sal ons dan nie dankbaar wees en elke geleentheid aangryp om met die regte voorbeeld en gepaste woorde die waarheid te praat met díe wat nog in daardie sondes vasgevang is nie (Kol 4:5-6)? Dit is egter nie so eenvoudig nie.
Om die sout van die aarde en die lig van die wêreld te wees (Matt 5:13-16, Filip 2:15-16) is ’n opdrag wat met verantwoordelikheid en versigtigheid uitgevoer moet word. Die sout moet nie laf wees nie en ons lig moet só skyn dat die mense die woord van die lewe in ons kan sien. Vir ons vandag beteken dit om nie aan sondige praktyke deel te hê terwyl ons Jesus in die wêreld verkondig nie. Daarom moet elke gelowige en elke gemeente wegbly van die sonde, en van mense wat die sonde doen. Mense wat moedswillig en openlik volhard in sonde moenie binne gemeentes toegelaat word nie, en gemeentelede moet ook nie sosiaal met hulle omgaan nie. Daar is baie skrif wat dit duidelik stel, byvoorbeeld Ps. 1:1, 1Kor 5: 9-11, 2Kor 6:14-7:1.
Die probleem is dat daardie mense dan buite ons bereik bly. Hoe kan ons hulle help om uit daardie sondestrikke te kom as hulle nie deel van die gemeente kan wees nie? Die Woord verduidelik hoe:
As gelowiges hierdie dinge doen, trek die Heilige Gees mense nader, waar hulle dan toevlug binne-in die gemeente kan vind. Hoe werk dit? Wanneer mense die boodskap van redding hoor, werk die Gees mee met liefdevolle aandrang in hul hart en verstand om die genade-aanbod te verstaan. Wanneer iemand besluit om dit te aanvaar en aan Jesus oorgee, begin die wonderbaarlike proses van wedergeboorte, bekering en redding in die persoon se lewe. Hy bely sy sondes, ontvang verlossing, word in Jesus ingedoop en ontvang die Heilige Gees (Joh 3, Hand 2). Op daardie stadium is daar gelowiges en gemeentes wat hul arms oopmaak en die persoon in ’n beskermde omgewing inneem waar hy geestelik versorg word en kan groei.
Let op dat lidmaatskap van ’n gemeente van Jesus Christus beperk is tot wedergebore gelowiges wat in Hom gedoop is (Hand 2:38-41, 1Kor 12:13, Gal 3:27). Dit is ’n status wat nie deur ouderlinge of gemeentelede bepaal word nie, maar deur die werking van die Heilige Gees. Die ouderlinge moet net toesien dat ongelowiges buite bly en vals broeders uit die gemeente verwyder word.
Hoe moet gemeentes teenoor nuwe lidmate optree? In opregte en toegewyde liefde, soos rentmeesters van kosbare siele (Jak 5:19-20, Jud. v 23), maar ook in waaksaamheid teen swakhede waarteen pas-bekeerdes nog moet stry (Rom 15:1, 1Thess 5:14). Om ’n pas-bekeerde homoseksueel aan sy of haar eie lot oor te laat in die gemeente, of om ander gemeentelede bloot te stel aan iemand wat nog maklik aan versoeking kan toegee, is onverskillig en liefdeloos.
Laastens is daar die vraag of selibate homoseksuele in die gemeente aanvaar kan word. Mens is geneig om te dink dat daar nie ’n probleem is solank die persoon ‘in die kas bly’ nie, omdat hy/sy dan nie werklik skuldig is aan homoseksuele gedrag nie. Jesus het egter die volgende gesê: Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ’n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het (Matt 5:28). Wat jy in jou hart koester het jy net sowel gedoen, want uit jou hart is die oorspronge van die lewe (Spr. 4:23).
As ’n getroude broeder in die gemeente dan byvoorbeeld ’n ander vrou begeer, dan is hy/sy ’n egbreker, al gaan dit nooit tot die daad oor nie. Net so, as iemand intieme omgang met iemand anders van dieselfde geslag bedink, is hy ’n homoseksueel, al is hy selibaat. Egbrekers en homoseksuele sal die koninkryk van God nie ingaan nie, tensy hulle hul daarvan bekeer en gereinig word in die naam van Jesus Christus en deur die Gees van God.

- Wees die sout van die aarde en die lig van die wêreld, en verkondig Jesus se boodskap van redding vreesloos en met volle oortuiging by elke geleentheid (Matt. 5:13-16, Kol 4:5-6, 2Tim 4:1-5, 1Pet 2:9). So kan God dié wat ons hoor na geloof en bekering lei.
- Moenie kwaad vir kwaad vergeld nie, en bedink dit wat goed is voor alle mense (Rom 12:17).
- Leef sovêr moontlik in vrede met alle mense (Rom 12:18).
- Wees vriendelik teenoor almal (Filip 4:5).
- Bid vir alle mense (1Tim 2:1-4).
- Wees onderdanig aan gesag en vriendelik en sagmoedig teenoor alle mense (Tit. 3:1-7).
As gelowiges hierdie dinge doen, trek die Heilige Gees mense nader, waar hulle dan toevlug binne-in die gemeente kan vind. Hoe werk dit? Wanneer mense die boodskap van redding hoor, werk die Gees mee met liefdevolle aandrang in hul hart en verstand om die genade-aanbod te verstaan. Wanneer iemand besluit om dit te aanvaar en aan Jesus oorgee, begin die wonderbaarlike proses van wedergeboorte, bekering en redding in die persoon se lewe. Hy bely sy sondes, ontvang verlossing, word in Jesus ingedoop en ontvang die Heilige Gees (Joh 3, Hand 2). Op daardie stadium is daar gelowiges en gemeentes wat hul arms oopmaak en die persoon in ’n beskermde omgewing inneem waar hy geestelik versorg word en kan groei.
Let op dat lidmaatskap van ’n gemeente van Jesus Christus beperk is tot wedergebore gelowiges wat in Hom gedoop is (Hand 2:38-41, 1Kor 12:13, Gal 3:27). Dit is ’n status wat nie deur ouderlinge of gemeentelede bepaal word nie, maar deur die werking van die Heilige Gees. Die ouderlinge moet net toesien dat ongelowiges buite bly en vals broeders uit die gemeente verwyder word.
Hoe moet gemeentes teenoor nuwe lidmate optree? In opregte en toegewyde liefde, soos rentmeesters van kosbare siele (Jak 5:19-20, Jud. v 23), maar ook in waaksaamheid teen swakhede waarteen pas-bekeerdes nog moet stry (Rom 15:1, 1Thess 5:14). Om ’n pas-bekeerde homoseksueel aan sy of haar eie lot oor te laat in die gemeente, of om ander gemeentelede bloot te stel aan iemand wat nog maklik aan versoeking kan toegee, is onverskillig en liefdeloos.
Laastens is daar die vraag of selibate homoseksuele in die gemeente aanvaar kan word. Mens is geneig om te dink dat daar nie ’n probleem is solank die persoon ‘in die kas bly’ nie, omdat hy/sy dan nie werklik skuldig is aan homoseksuele gedrag nie. Jesus het egter die volgende gesê: Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ’n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het (Matt 5:28). Wat jy in jou hart koester het jy net sowel gedoen, want uit jou hart is die oorspronge van die lewe (Spr. 4:23).
As ’n getroude broeder in die gemeente dan byvoorbeeld ’n ander vrou begeer, dan is hy/sy ’n egbreker, al gaan dit nooit tot die daad oor nie. Net so, as iemand intieme omgang met iemand anders van dieselfde geslag bedink, is hy ’n homoseksueel, al is hy selibaat. Egbrekers en homoseksuele sal die koninkryk van God nie ingaan nie, tensy hulle hul daarvan bekeer en gereinig word in die naam van Jesus Christus en deur die Gees van God.
SLOT
Jesus se volgelinge en sy gemeentes kan nie in eie krag die Bose beveg, sonde uitwis of aan die wêreld voorskryf hoe om te lewe nie. Maar ons kan die sout van die aarde en die lig van die wêreld wees deur ons geloof, gehoorsaamheid aan die Woord en heilige en voorbeeldige lewens (Ef 4-6). Dis ons dure plig om nie gelykvormig aan die wêreld te word nie (Rom 12:2) en om onsself en ons gemeentes vlekkeloos te bewaar van vals leringe en praktyke waarteen die Bybel ons uitdruklik waarsku. Moenie dat enigiemand u mislei deur slim redenasies oor homoseksualiteit nie. Die Bybel wys dit reguit en duidelik uit as ’n skandelike sonde wat saamgaan met afgodery en opstand teen God. Pogings om iets anders te lees as homoseksualiteit, slaag nie die toetse van feitelikheid en realisme nie.
Praat en preek daarteen met krag en oortuiging, en wees altyd gereed en bereid om iemand wat hom of haar daarvan bekeer, in liefde en volle aanvaarding aan te neem as broer of suster in Jesus. Die liefde en aanvaarding wat daardie persoon in die gemeente kry moet meer en beter wees as wat die vorige lewe van sonde gebied het.
Mag die eenvoudige Bybelse waarheid oor hierdie baie belangrike lewensvraagstuk u vrymaak van alle twyfel, en u in staat stel om kragtig in te staan waar u dalk benodig mag word of ’n bydrae kan maak.
As u iemand is wat self vasgevang is in homoseksualiteit en bevryding daarvan begeer, kom na Jesus toe en gee oor aan Hom. Hy sal u aanneem en volkome genees. Hy sal vir u ’n nuwe lewe gee, wat duisend keer beter sal wees as wat dit nou is!