WOORDSTUDIE
JESUS
OORSIG
Na die sondeval het God ’n verlossingsplan vir die mens in werking gestel. God se Seun sou dit beliggaam en tot uitvoering bring. Die proses het begin met God se beloftes oor Hom, gevolg deur die vorming van die volk Israel van die Ou Testament, uit wie Hy gebore sou word. Sy koms was voorspel deur profete en versinnebeeld deur die Wet.
Uiteindelik het die drie groot wonders van Jesus se menswording, dood en opstanding plaasgevind. Hy het aan die vereistes van middelaar voldoen deur sy sondeloosheid en Goddelike vermoë om ’n plaasvervangende dood vir ons te sterf. Daarna het Hy die dood oorwin, opgestaan en weer teruggekeer na die hoogste posisie in sy skepping aan die regterhand van die troon van sy Vader.
Jesus het sy Woord en die Heilige Gees nagelaat om ons te bewaar tot by sy terugkoms, wanneer Hy sy vyande finaal kom vernietig en sy koninkryk op aarde gaan vestig. Terwyl ons daarop wag leef ons in geloof en gehoorsaamheid aan die opdragte en riglyne van die Nuwe Testament.

INHOUD
INLEIDING
GOD BEWERK VERLOSSING DIE GROOTSTE DRIE WONDERS JESUS DIE MENS JESUS SE DOOD JESUS SE OPSTANDING JESUS SE WOORD JESUS SE TERUGKOMS JESUS SE KONINKRYK TERWYL ONS WAG |
INLEIDING
Om oor Jesus te praat is om oor iemand te praat wat groter as jyself, groter as die wêreld, groter as die ganse heelal is! Hoe praat mens oor die Skepper van alles wat bestaan? Selfs ons diepste gedagtes oor Hom is beperk. Gelukkig het God die Vader ons van die vroegste tye af van Hom vertel en Hom uiteindelik ook na ons gestuur, sodat ons Hom persoonlik leer ken het.
Alles wat Jesus oor Homself en sy werk aan ons bekend gemaak het, is opgeskryf in die Bybel. Daar is geen ander bronne van inligting oor Hom nie. Ons is dus op die Bybel aangewese. Dit is dan ook so dat die hele Bybel een bestaansrede en doel het, naamlik om Jesus aan ons bekend te stel. Elke boek in die Bybel gaan oor Hom as daardie Gestuurde van die Vader.
Maar is die Bybel betroubaar – kan ons glo wat dit oor Jesus sê? Die antwoord is ongetwyfeld JA, soos maklik gesien kan word by nadere ondersoek na hierdie wonderbaarlike Boek. Kyk gerus na LEWENSWOORD se studie oor DIE BYBEL. Ons geloof in wat die Bybel oor Jesus sê berus ook op ’n persoonlike verhouding met Hom en op sy liefde wat in ons harte uitgestort is (Rom 5:5). As iemand sy liefde vir jou gee maak dit jou geloof in daardie persoon vas en seker!
Deur die eeue heen was daar ’n oorvloed van getuienisse van mense se geloof in Jesus en hul persoonlike belewenisse van sy teenwoordigheid en werk in hul lewens. Baie van daardie getuienisse is betroubaar – net so betroubaar as baie ander berigte of vertellings van wat met mense gebeur.
Persoonlike getuienisse oor Jesus is belangrik en waardevol deurdat dit krag verleen aan die verkondiging van sy boodskap. Die Skrifte, naamlik die Bybel, is egter die vaste fondament waarop alles berus. Bykomende inligting oor Jesus moet altyd ooreenstem of versoenbaar wees met wat die Bybel in die eerste plek oor Hom bekendmaak.
Die Bybel is volledig en genoegsaam as bron van kennis oor Jesus. Ons gaan daaruit put om alles uit te vind wat ons van Hom moet weet.

GOD BEWERK VERLOSSING
Die rede vir Jesus se lewe en werk op aarde is God se verlossingsplan vir die mens. Ons ken Jesus as die beliggaming en uitvoerder van daardie plan. Dit wat Hy in sy lewe gesê en gedoen het en wat verder deur sy apostels verkondig was, kan beskryf word in woorde soos liefde, genade, vergifnis, bekering, vrede. Wat het gebeur? Die hoofmomente kan soos volg opgesom word:
Die vermoë om volkome vrye keuse uit te oefen was seker die wonderlikste en mees uitstaande eienskap van die mens, want God het ons na sy beeld geskape. Hy het verwag dat ons Hom vrywillig sou liefhê en gehoorsaam. Die eerste mensepaar het egter die teenoorgestelde keuse gemaak en in ’n toestand van vervreemding en verwydering van God verval. (Hul nageslag het daardie verdorwenheid ook oorgeërf, sodat alle mense tot vandag toe in daardie toestand gebore word.) Die mens kon nie langer deel van God se volmaakte skepping bly nie en moes na regte gestraf en vernietig word. Vir meer daaroor, sien die studie oor DIE MENS.
Maar deur God se oneindige liefde en wysheid was daar ’n uitweg. Hy het ’n plan gereed gehad waarvolgens elke mens van sy sonde en die ewige dood gered kon word. Al moet die tydelike gevolge van die sondeval steeds deur die kort liggaamlike bestaan van elke mens verduur word, voorsien God se reddingsplan volkome herstel en ’n ewige lewe na die dood. Jesus sou die Een wees deur wie hierdie plan tot uitvoering sou kom.
Die Ou-Testamentiese skrifte is vol beloftes en voorspellings van Jesus se koms. Die eerste voorspelling kry ons in Gen 3:15, waar God aankondig dat ’n nakomeling van die vrou (haar saad) die slang se kop sou aanval. Daarna volg God se beloftes aan Abraham (Gen 12, 15), Isak (Gen 26) en Jakob (Gen 46), wat telkens op Jesus sinspeel.
Die boeke Exodus tot Deuteronomium voorspel en beloof Jesus se koms in terme van die simboliek en skadubeelde van die Ou Verbond en die Wet. Van daar af loop die goue draad van beloftes en voorspellings verder van die boek Joshua af, regdeur tot by Maleagi se profesieë. Selfs die boeke waarin dit die minste verwag word, sinspeel op Jesus. Rut het byvoorbeeld met haar ‘losser’ getrou, wat ’n direkte sinspeling (‘tipe’, skadubeeld) was van Jesus wat later sy volk van hulle sondes verlos het (Matt 1:21). Koningin Ester en Mordegai was ook tipes van Jesus tydens een van Israel se ballingskappe, deurdat hulle as ‘middelaars’ tussen die volk en die heersende koning opgetree het. In Salomo se Spreuke is daar sinspelings op Jesus, byv. 17:17, 18:24 (sien ook Joh 15:14-15).
Van die kragtigste en bekendste voorspellings deur die profete was die volgende:
Psalm 2. Vergelyk v 7 met Matt 3:17, Hand 13:33 en Heb 1:5. Vergelyk ook v 9 met Openb 2:27.
Psalm 22. Vergelyk vv 2 ,17 en 19 met hul kruisverwysings in die NT (gebruik ’n naslaan-Bybel).
Psalm 110. Hierdie psalm het volop verwysings in die NT. Sien enige naslaan-Bybel.
Jes 7:14 (Matt 1:23), Jes 9:1 (Luk 1:79), Jes 9:5 (Matt 1-2, Luk 1-2), Jes 42, 50, 53 (met baie NT verwysings).
Jer 23:5-6 (Matt 2:2), Jer 31:31-33 (Heb 8:8-12).
Eseg 34:23 (Joh 10:11).
Dan 7:13-14 (Joh 5:25-27), Dan 9:24-27 (dit gaan hier o.a. oor wanneer Jesus sou kom).
Miga 4-5 (vergelyk byv. Miga 5:1 met Matt 2:6).
Sag 9:9 (Matt 21:4-5).
’n Besondere vooruitsig na Jesus in die Ou Testament was die ‘Engel van God’ of ‘Engel van die HERE (JAHWEH)’. Ons lees ’n hele aantal keer van Hom in omtrent sewe verskillende boeke. In Gen 16:7-14 lees ons van Abraham se byvrou Hagar wat in die woestyn gestrand was nadat sy van Sara af weggeloop het. Die Engel van JAHWEH verskyn aan haar, troos haar en beveel haar om terug te gaan huis toe. Later, in Gen 21:17-18, roep die Engel van God uit die hemel na Hagar en belowe aan haar ’n groot nageslag deur haar kind Ismael.
Toe Abraham sy seun wou offer het die Engel van JAHWEH na hom geroep uit die hemel en gekeer dat hy Isak doodmaak. Daarna het Hy aan Abraham ’n groot nageslag en mag oor sy vyande belowe (Gen 22:10-18). Jare later het Abraham se kleinseun Jakob in die nag met ’n Man geworstel, waarna hy gesê het dat hy God van aangesig tot aangesig gesien het (Gen 32:24-32).
Die Engel van JAHWEH het ook aan Moses verskyn, in ’n brandende doringbos. Die Engel het Homself as JAHWEH (EK IS) bekendgemaak (Eks 3, 4). Toe Moses die volk uit Egipte gelei het, het die Engel van God voor hulle uitgetrek in die vorm van ’n wolkkolom in die dag en ’n vuurkolom in die nag (Eks 13:21-22, 14:19-20).
Tydens Israel se omswerwinge in die woestyn het Die Engel van JAHWEH aan die profeet Bileam verskyn nadat Balak, die koning van Moab, hom laat haal het om Israel te vervloek (Num 22-24). Die Engel het drie keer, met sy ontblote swaard in die hand, in die pad voor Bileam verskyn en was op die punt om hom dood te maak. Gelukkig het Bileam se donkie dit elke keer gesien en geweier om nader te gaan. Die Engel het Bileam se oë toe geopen en hom streng herinner om slegs die woord wat Hy (God) aan hom sou gee, te spreek. Die uiteinde van hierdie poging van Balak om Israel te laat vervloek, was dat Bileam hulle eerder geseën het en hulle vyande se ondergang aangekondig het. Die hoogtepunt van sy uitsprake was ’n voorspelling van Jesus se uiteindelike koms (Num 24:17-19).
Kort voordat Moses se opvolger Josua die stad Jerigo verower het, het die Engel van JAHWEH aan hom verskyn as die Bevelvoerder van die Leër van JAHWEH (Jos 5:13-6:5). Verdere verskynings van die Engel was sy verskyning aan Israel (Rigt 2:1-3), aan Gideon (Rigt 6:11-23), aan Manoag en sy vrou (Rigt 13:3-22) en aan Sagaria (Sag 1:11-12, 3:1-10).
Daardie tasbare verskynings van JAHWEH GOD aan mense in die Ou Testament het groot betekenis as vooruitskouings, of skadubeelde, van God se voorneme om Hom uiteindelik volkome met ons te vereenselwig deur die menswording van sy Seun. Hou in gedagte dat die Engel se verskynings telkens oor kragtige optredes of woordelikse mededelings gegaan het. Kyk dan waar die apostel Johannes in Joh 1 sê dat die Woord God was (v1), dat Hy die Seun van die Vader was en dat Hy as mens tussen ons kom woon het (v14). Hy sê ook dat niemand God ooit gesien het nie, maar die Seun het Hom aan ons bekend kom maak (v18). Al hierdie stukke inligting bring mens by die afleiding dat die Engel van JAHWEH (GOD) vooraf-verskynings van die Seun was.
Dis opmerklik dat die Engel van JAHWEH telkens as ’n bonatuurlike Wese aan mense verskyn het, maar hulle kon Hom fisies ervaar en dalk selfs aanraak. Dan sien ons dat die voorspellings van Jesus Hom as ’n mens beskryf het. Die volk het dit inderdaad ook so verstaan, want hulle het iemand soos ’n sterk koning of militêre leier verwag (byv. Ps 110, Jes 7:14, 9:5, Sag 9:9).
Jesus se koms was moontlik gemaak deurdat sy voorgeslag spesiaal uitverkies en bewaar was. Dit het begin by Adam en Eva se derde kind Set, vanwaar dit geloop het deur o.a. Noag, Sem, Abraham en Jakob, wie se twaalf seuns die stamhoofde van die volk Israel geword het. God het ’n verbond met daardie volk gesluit en hulle in stand gehou totdat Jesus uiteindelik uit hulle gebore was. Vir meer hieroor, sien die studies oor ISRAEL en DIE WET.

DIE GROOTSTE DRIE WONDERS
DIE GROOTSTE DRIE WONDERS
Die menswording, sterwe en opstanding van Jesus is so geweldig, wonderbaarlik en ingrypend, dat dit kwalik in woorde beskryf kan word. Dit is die kern van die Bybelse boodskap – dié deel van ons geloof waarvan ons heeltemal seker moet wees dat ons dit reg verstaan. Dit was die drie groot vereistes vir Jesus se middelaarskap tussen God en die mens (byv. Heb 10:5-10, Rom 6, 1Kor 15). Nadat Hy aan al drie vereistes voldoen het, het Hy na sy Vader in die hemel terugkeer om vir ons voorspraak by Hom te doen en die Heilige Gees te stuur om ons te bewaar tot by sy terugkoms (1Joh 2:1).
Hierdie grootste drie wonders word vandag al meer in die wêreld betwyfel. Selfs gelowiges word vanuit eie geledere mislei deur allerhande menslike verklarings oor wat kwansuis werklik gebeur het. Hier is ’n tipiese voorbeeld daarvan:
Die drie wonders wat so onder verdenking gebring word is
Hierdie soort aanslae kom oorspronklik van die Duiwel, wat altyd besig is met pogings om die mens te mislei en van sy geloof in Jesus te beroof. Hy maak veral gebruik van ons menslike neiging om alles verstandelik te wil ontleed en gevolgtrekkings te maak wat die sondige vlees tevrede stel maar uiteindelik tot ongeloof in God lei.
Gelowige kinders van God maak egter nie op eie wysheid staat nie, maar op die Woord van God. Die Bybel stel die drie wonders reguit en eenvoudig, sonder om baie menslike verduidelikings by te voeg asof ons deur die verstand daarvan oortuig moet word. Ware insig in God se koninkryk werk eerstens deur geloof, wat die Heilige Gees in jou bewerk.
Ons gaan nou kyk hoe die Bybel hierdie drie wonders beskryf en verklaar.

- Dit word erken dat Jesus werklik bestaan het (die sg. 'historiese' persoon) maar dan word beweer dat hy net 'n gewone mens was (nie ook God nie) wat op die gewone manier deur twee ouers verwek is en gebore is.
- Deur botsing met teenstanders en owerhede is hy die doodstraf opgelê en het (a) gesterf, of (b) 'n skyndood ondergaan.
- In geval (a) het hy nooit liggaamlik uit die dood opgestaan nie, maar sy nalatenskap is die wêreld ingedra deur sy volgelinge. In geval (b) het hy uit sy skyndood opgestaan en as gewone mens voortgegaan tot by sy uiteindelike dood.
Die drie wonders wat so onder verdenking gebring word is
- dat die Seun van God 'n volkome mens geword het,
- dat Hy werklik gesterf het,
- dat Hy in dieselfde liggaam weer lewend geword het.
Hierdie soort aanslae kom oorspronklik van die Duiwel, wat altyd besig is met pogings om die mens te mislei en van sy geloof in Jesus te beroof. Hy maak veral gebruik van ons menslike neiging om alles verstandelik te wil ontleed en gevolgtrekkings te maak wat die sondige vlees tevrede stel maar uiteindelik tot ongeloof in God lei.
Gelowige kinders van God maak egter nie op eie wysheid staat nie, maar op die Woord van God. Die Bybel stel die drie wonders reguit en eenvoudig, sonder om baie menslike verduidelikings by te voeg asof ons deur die verstand daarvan oortuig moet word. Ware insig in God se koninkryk werk eerstens deur geloof, wat die Heilige Gees in jou bewerk.
Ons gaan nou kyk hoe die Bybel hierdie drie wonders beskryf en verklaar.
JESUS DIE MENS
JESUS DIE MENS
Omtrent 4 000 jaar na die sondeval van die mens het die beloftes en voorspellings van ons Verlosser in vervulling gegaan. ’n Baba is in die wêreld gebring deur ’n jong meisie, ’n nakomeling van koning Dawid, uit die stam van Juda. Hy was volkome mens, uit ’n gewone vrou gebore. Maar sy moeder was nog ’n maagd toe sy hom verwag het! Maria was nog net verloof aan Josef, wat beteken dat hy nie Jesus se biologiese pa was nie. Die engel wat aan hulle verskyn het, het verduidelik dat sy deur die werking van die Heilige Gees swanger was. So het God self voorsien in daardie deel van Jesus se mensheid wat normaalweg van ’n kind se biologiese pa kom. Hy was volkome mens en volkome God! Die apostel Johannes beklemtoon dit sommer reg aan die begin van sy weergawe van die verhaal (Joh 1) en ook in sy eerste brief aan sy gemeentes (1Joh 1:1-2, 4:2-3). Paulus beklemtoon dit ook in sy briewe (Kol 2:9, 1Tim 3:16).
Josef en Maria het die opdrag ontvang om die kind Jesus te noem. Dit is die Afrikaanse weergawe van die Griekse woord Ἰησοῦς (uitgespreek Iesous). Die naam beteken: JAHWEH VERLOS. Vir meer daaroor, sien DIE NAME VAN GOD.
Jesus se naam sê dat God sy volk van hulle sondes verlos, en Hy doen dit as ’n mens (Matt 1:21). ’n Belangrike vraag is: waarom was dit so gedoen: deur God wat terselfdertyd mens is? Dis natuurlik onmoontlik vir die menslike verstand om die rede(s) daarvoor ten volle te begryp, want God het in sy oneindige wysheid bepaal dat dit op daardie manier sou gebeur. Maar die Bybel gee die volgende verduidelikings. Eerstens kyk ons na die redes waarom verlossing juis deur ’n mens moes kom:
Rom 5:12 … soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood ....... Rom 5:15 … veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword.
Die twee verse, op hierdie manier saamgevat, beklemtoon die voorwaarde vir regverdigmaking en vryspraak van mense, naamlik dat dit deur ’n ander mens bewerk moet word. In God se regstelsel kan net mense volkome vir ander mense instaan. In die Ou Testament was die lossingsreg ’n skadubeeld daarvan: iemand wat verarm het, sy grond moes verkoop of in slawerny verval het, se naaste bloedverwant het die reg gehad om hom/haar los te koop (Lev 25).
Heb 2:14 Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel— ...
Heb 10:5 Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ‘n liggaam berei.
Ef 1:7 In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade.
Sien ook Kol 2:13-14. Die straf vir die sonde is die dood (Gen 2:17, Rom 6:23). Jesus se dood in ons plek was dus ’n kernvereiste vir ons verlossing, want alleen daardeur kon Hy ons skuld by God vereffen en kon Hy die dood oorwin. God die Vader is onsterflik, maar sy Seun kon as mens wel sterf. Jesus het die noodsaaklikheid van sy dood dikwels beklemtoon in gesprekke met sy dissipels (Matt 16:21-23, 17:22-23, 20:17-19, Joh 12:7-8, 13:33).
Daar is ook nog ander redes waarom Jesus ’n mens is. Behalwe dat Hy as mens by sy Vader kon intree as ons middelaar (1Tim 2:5), kan Hy ook simpatie hê met ons swakhede (Heb 2:17-18, 4:15) en is Hy vir ons ’n voorbeeld van gehoorsaamheid (Heb 5:8).
Dat Jesus ’n mens moes wees en dat Hy moes sterf is nou heel duidelik, maar die vraag wat oorbly is waarom Hy ook God moes wees. Kon God nie net ’n ander mens, of miskien ’n groep ander mense, in ons plek laat sterf het nie?
Eerstens moes ons middelaar sonder sonde wees. Dit was in die Ou Testament versinnebeeld deur die pasgalam en ander offers wat sonder gebrek moes wees (Eks 12:5, Lev 22:17-25). Dit was ’n noodsaaklike vereiste, sodat die offers vir God aanneemlik kon wees. Net so sou ’n mens ook sonder sonde of gebreke moes wees om te kwalifiseer as ’n middelaar vir ander mense.
Alle mense was van nature met sonde besmet omdat hulle Adam se nakomelinge was. Hoe was dit dan dat Jesus, wat tog ook ’n mens was, sondeloos kon wees? Sy ma, Maria, was immers ’n gewone mens en vol sonde net soos al die ander. Die Bybel gee nie vir ons ’n spesifieke verduideliking daarvoor nie, behalwe dat Maria ’n maagd was en Jesus deur die Heilige Gees in haar verwek was. Die feit dat Jesus nie deur ’n man nie maar deur God verwek was, is die rede waarom Hy sonder sonde was. ’n Populêre menslike verklaring wat hierby kan aansluit is dat die erfsonde wat deur Adam kom, slegs deur pa’s na hul kinders oorgedra word, nie deur die ma’s nie. Rom 5:19 word o.a. op ’n manier ter ondersteuning vir die verklaring gebruik. Dis ’n verklaring wat op logiese en biologiese argumente berus en heeltemal aanneemlik kan wees, maar dis nie duidelik Bybels gegrond nie.
Tweedens moes Jesus in staat wees om alle sonde wat na die sondeval gekom het, weer uit die wêreld weg te neem (Rom 5:12-21). Dat dit moontlik was dat alle sonde deur een mens in die wêreld ingebring kon word, maak sin want die sondige natuur word eenvoudig oorgedra na alle nakomelinge, net soos genetiese eienskappe oorgaan van geslag tot geslag. Maar kan een mens al die sonde wat duisende jare lank deur alle mense gedoen is, weer wegneem? Ja, mits God daardie mens is! Jesus is die God-mens deur wie alles geskape is, wat beteken dat sy lewe (sy ‘bloed’) kosbaar genoeg was om te betaal vir alle sondes (1Pet 1:19).
Die aanslag op die waarheid van Jesus se mensheid is eintlik tweërlei. Aan die een kant word dit betwyfel dat God ’n mens kon word, want God is byvoorbeeld te groot om in so ’n klein liggaam te woon. Of daar word geredeneer dat die heilige God wat in die hemel woon tog nie so laag kan daal om tussen slegte mense te kom woon nie.
Aan die ander kant word die mens Jesus se Goddelike natuur betwyfel. Dit word wel wyd erken dat Hy werklik bestaan het (die sg. 'historiese' persoon) maar daar word beweer dat hy net 'n gewone mens was wat op die gewone manier deur twee ouers verwek en gebore was. Sy maagdelike geboorte en daarmee sy Goddelike natuur word betwyfel. Sovêr die Duiwel hierdie twyfel kan saai kom Jesus se werk en uiteindelik die hele woord van God onder verdenking. Die Duiwel teiken die menslike rede om die twyfel te saai. Hy het dit met Eva gedoen (Gen 3:5-6) en ons sien dit ook in 1Tim 6:20-21. In vandag se moderne wêreld vier die sogenaamde ‘kennis’, of wetenskap meer as ooit hoogty, wat baie mense in twyfel oor Jesus laat verval. Sy Godheid bly ’n bonatuurlike wonder wat nie verstandelik verklaar kan word nie en deur die geloof aanvaar moet word.

JESUS SE DOOD
Jesus se dood word ook dikwels betwyfel deur mense wat verkondig dat Hy nie werklik gesterf het nie. Baie alternatiewe stellings is al gemaak oor wat werklik gebeur het. Hier is voorbeelde daarvan:
So gaan dit aan. Mens kan sommer self nog idees uitdink en byvoeg. Enigiets word in die ongelowige wêreld aanvaar, solank dit net nie is dat Hy werklik gesterf het nie! As Hy nie werklik gesterf het nie, val die hele Bybel weereens plat aangesien dit op die waarheid van die profesieë oor Jesus se dood en die uiteindelike vervulling daarvan berus (Mark 9:12, Hand 3:18, 1Kor 15:3).
Die alternatiewe teorieë is meestal daarop gemik om Jesus se dood onder verdenking te bring. Dis eintlik maar verbeeldingsvlugte sonder werklike geskiedkundige of wetenskaplike gronde. Die Bybel daarenteen, wat al oor en oor as betroubaar bewys is, voorspel en beklemtoon Jesus se dood dikwels:
’n Ander vraag wat dikwels opkom is of Jesus net liggaamlik, of ook ‘geestelik’, gesterf het. Dit is ’n belangrike vraag want dit gaan oor sy dood as plaasvervanger vir die dood wat die mens sou sterf. Ons kyk eers na wat met die mens gebeur het: die straf vir die sondeval was die dood (Gen 2:17). Dit was beslis ’n liggaamlike dood (Gen 3:19) maar daar het ook ’n ‘geestelike’ dood, of doodsheid, ingetree (Ef 2:1,5, Kol 2:13). Dis om van God geskei te word, om sy teenwoordigheid te ontbeer, van Hom te vervreem en geestelik uit te teer (sien DIE MENS). Jesus het ook iets daarvan deurgemaak toe Hy aan die kruis uitgeroep het: My God, my God, waarom het u my verlaat? (Matt 27:46). Dit was wel van korte duur omdat Hy sonder sonde was en Hy sy gees dadelik aan God oorgegee het toe Hy sterf (Luk 23:46), maar Hy moes dit nogtans as mens ook verduur.
Daar moet gewaak word teen ekstreme idees soos byvoorbeeld dat Jesus gedurende sy dood in die hel was (volgens ’n vertolking van 1Pet 3:18-19), die tweede dood (Op 20:14) gesterf het of na ’n ander plek gegaan het as die doderyk (graf). Die korrekte vertolkings van die tekste ondersteun nie een van daardie idees nie.
Die doel van Jesus se dood was dat God as mens in ons plek gesterf het. Soos reeds gesien, was Jesus se dood dus daardie offer wat waardevol genoeg was om vir al die sonde in die wêreld te vergoed (1Joh 2:2). Dit is naamlik alle sonde van die verlede, hede en toekoms (Rom 6:10). Jesus se dood was dan ook net een keer nodig. Paulus verduidelik dit in Heb 9:24-10:18.
- Jesus het nooit gesterf nie maar was deur sy dissipels gered;
- Sy dissipels het Pontius Pilatus omgekoop om Hom betyds van die kruis te laat afhaal;
- Jesus het sy bewussyn aan die kruis verloor en weer bygekom in die graf;
- Jesus was nooit gekruisig nie, maar was uit die gemeenskap verban en onder huisarres geplaas;
- Hy was gedeporteer uit die land na ’n afgeleë tronk-eiland;
- Hy het na sy verhoor plekke omgeruil met ’n dissipel wat toe in sy plek gekruisig is.
So gaan dit aan. Mens kan sommer self nog idees uitdink en byvoeg. Enigiets word in die ongelowige wêreld aanvaar, solank dit net nie is dat Hy werklik gesterf het nie! As Hy nie werklik gesterf het nie, val die hele Bybel weereens plat aangesien dit op die waarheid van die profesieë oor Jesus se dood en die uiteindelike vervulling daarvan berus (Mark 9:12, Hand 3:18, 1Kor 15:3).
Die alternatiewe teorieë is meestal daarop gemik om Jesus se dood onder verdenking te bring. Dis eintlik maar verbeeldingsvlugte sonder werklike geskiedkundige of wetenskaplike gronde. Die Bybel daarenteen, wat al oor en oor as betroubaar bewys is, voorspel en beklemtoon Jesus se dood dikwels:
- Die profete het Jesus se dood baie spesifiek voorspel (byv. Ps 22 en Jes 53).
- Jesus het self voorspel dat Hy sy lewe sou aflê en het dit inderdaad ook afgelê (Matt 12:40, Joh 10:18, 19:30).
- Die Romeinse soldate het streng toesig gehou oor sy kruisiging en het seker gemaak dat Hy werklik dood was (Joh 19:33-34).
’n Ander vraag wat dikwels opkom is of Jesus net liggaamlik, of ook ‘geestelik’, gesterf het. Dit is ’n belangrike vraag want dit gaan oor sy dood as plaasvervanger vir die dood wat die mens sou sterf. Ons kyk eers na wat met die mens gebeur het: die straf vir die sondeval was die dood (Gen 2:17). Dit was beslis ’n liggaamlike dood (Gen 3:19) maar daar het ook ’n ‘geestelike’ dood, of doodsheid, ingetree (Ef 2:1,5, Kol 2:13). Dis om van God geskei te word, om sy teenwoordigheid te ontbeer, van Hom te vervreem en geestelik uit te teer (sien DIE MENS). Jesus het ook iets daarvan deurgemaak toe Hy aan die kruis uitgeroep het: My God, my God, waarom het u my verlaat? (Matt 27:46). Dit was wel van korte duur omdat Hy sonder sonde was en Hy sy gees dadelik aan God oorgegee het toe Hy sterf (Luk 23:46), maar Hy moes dit nogtans as mens ook verduur.
Daar moet gewaak word teen ekstreme idees soos byvoorbeeld dat Jesus gedurende sy dood in die hel was (volgens ’n vertolking van 1Pet 3:18-19), die tweede dood (Op 20:14) gesterf het of na ’n ander plek gegaan het as die doderyk (graf). Die korrekte vertolkings van die tekste ondersteun nie een van daardie idees nie.
Die doel van Jesus se dood was dat God as mens in ons plek gesterf het. Soos reeds gesien, was Jesus se dood dus daardie offer wat waardevol genoeg was om vir al die sonde in die wêreld te vergoed (1Joh 2:2). Dit is naamlik alle sonde van die verlede, hede en toekoms (Rom 6:10). Jesus se dood was dan ook net een keer nodig. Paulus verduidelik dit in Heb 9:24-10:18.
JESUS SE OPSTANDING
JESUS SE OPSTANDING
Jesus se opstanding uit die dood was die groot keerpunt in sy sending na die aarde. Na sy opstanding was Sy werk afgehandel – Hy het met die sonde en skuld van die mens afgereken en die dood oorwin. ’n Nuwe bedeling was nou ophande. Jesus was nie meer uitgelewer aan mense en bose wêreldse magte nie, maar was weer die voldonge Koning van sy skepping en gereed om sy wil ongehinderd uit te oefen.
Daardie wonderbaarlike en dramatiese gebeurtenis was voorspel deur koning Dawid in Ps 16:9-11, soos later aangehaal in Hand 2:25-28, 13:35-37. Ook Ps 22:26-32 sinspeel op Jesus se oorwinning oor die dood en sy ewige koningskap in heerlikheid. Die profeet Jesaja voorspel Jesus se dood in die eerste gedeelte van hfst 53, waarna hy in vv 10-12 praat van Jesus se opstanding. Die profeet Sagaria praat van Sag 12 af van die herstelde (nuwe) Israel in die verre toekoms, waar die inwoners van Jerusalem opsien na Hom vir wie hulle deurboor het (12:10). Die apostel Johannes verwys ook in Joh 19:37 na daardie woorde van Sagaria. Jesus self het ook dikwels beklemtoon dat Hy sou opstaan (Matt 12:40, 16:21, 17:9, 23, 20:19; 26:32).
Die waarheid van Jesus se opstanding is net so belangrik as die waarheid van sy menswording en dood. Die apostels het die gebeure met betrekking tot sy opstanding deeglik beskryf om enige twyfel daaroor uit te skakel. Al vier Evangelies beskryf hoe die vrouens en apostels die leë graf gesien het en hoe Jesus aan baie mense verskyn het na sy opstanding (Matt 28, Mark 16, Luk 24, Joh 20-21). Selfs die knoeiery van die owerpriesters om sy opstanding onder verdenking te bring, word ontbloot (Matt 27:62-66, 28:11-15). Die Bybel is ’n absoluut betroubare bron van inligting oor ons geskiedenis (sien DIE BYBEL), dus kan daar staat gemaak word op wat ons daar lees oor die waarheid van Jesus se opstandig.
Jesus se opstanding is belangrik in verskeie opsigte. Eerstens bevestig dit die krag van die kruis (sy dood) vir ons verlossing van sonde (Luk 24:46-47, Hand 2:32-38, 13:37-39, Rom 6, 8:34, 1Kor 15:17, 1Pet 3:21). Dit bewys ook God se mag oor die dood (Jes. 25:8, 1Kor 15:26,54, Joh 10:17-18, Hand 2:24, 2Tim 1:10, Op 1:18). Sy opstanding verklaar verder dat Jesus die seun van God is (Joh 20:31, Hand 17:31, 13:33-34, Rom 1:4) en dat Hy sondeloos en onskuldig gesterf het (Heb 4:14-15, 7:25-28).
Jesus se dood was aanvanklik ’n verlammende teleurstelling vir sy dissipels (Matt 26:31-35, Luk 24:21), maar sy opstanding het hulle met nuwe geesdrif en eendragtigheid vervul (Luk 24:32-49).
Jesus se opstanding was die oorgang na die resultate en vrug van ’n opofferende lewe (Matt 16:24-25, 20:25-28, 23:12, Rom 6:1-11, Filip 2:1-13). As Offerlam oordeel Hy uiteindelik die wêreld en bring die hele skepping tot volmaakte afronding (Op 20:11-15, Op 21-22).
Jesus se opstanding waarborg ook sy volgelinge se opstanding uit die dood om vir altyd saam met Hom te lewe (1Kor 15:20-23, 51-55). Dit gaan gebeur nadat Hy as die opgestane Koning weer teruggekom het om die Bose uit te roei en ’n ewige koninkryk van geregtigheid en vrede op die aarde in te stel (1Kor 15:24-26).
Sy mag oor die dood en oorwinning oor die dood was moontlik omdat Hy as God lewe in Homself gehad het net soos sy Vader (Joh 1:4, 5:26). Ons lees dat God Jesus opgewek het (byv. Hand 2:24, 32, 3:15). Ons lees ook dat die Heilige Gees Jesus opgewek het (byv. 1Pet 3:18) en dat Jesus homself opgewek het (Joh 2:19, 10:18). Dit is dus die drie-enige God wat dit gedoen het. Al drie Persone was volkome betrokke by Jesus se opstanding.
Na sy opstanding was Jesus steeds ’n mens. Hy het eenmaal 'n mens geword en bly vir altyd 'n mens (Joh 1:14, Kol 2:9, Openb 1:13-18). Hy was nie slegs vir 'n tyd lank in menslike vorm ter wille van sy sending na die aarde nie. Ons gaan self ook vir altyd as mense saam met Hom in die ewige lewe wees, in verheerlikte liggame (Rom 6:4, 1Kor 15, 1Thess 4:13-17). Jesus is nie geskape soos ons nie en was van die begin af by God (Joh 1:1-3), alhoewel Hy eers met sy geboorte 'n mens geword het. Die wonder van sy opstanding bevestig dan ook God se ewige doel om mense na sy Beeld te hê wat waarlik kinders en familie van Hom is (Gen 1:26, Mal 2:15, Hand 17:28).
Voor sy dood was Jesus ’n mens en het Hy soos ’n gewone mens gelyk en opgetree, sonder dat iemand noodwendig sou agterkom dat Hy terselfdertyd God was. By sekere geleenthede het dit tog wel deurgeskemer, byvoorbeeld tydens sy doop (Matt 3:13-17), sy genesingswonders en opwekkings uit die dood (Joh 11) en sy verheerliking op ’n berg (Matt 17). Ná sy opstanding was dit weer net so: kort na sy opstanding het van sy vroue-volgelinge Hom gesien en herken soos hulle Hom geken het (Matt 28), Hy het met ander mense gepraat sonder dat hulle enigiets besonders in sy voorkoms opgemerk het (Luk 24:13-35) en Hy het meer as een keer aan sy dissipels verskyn in dieselfde gedaante as waaraan hulle gewoond was (Luk 24:36-43, Joh 21). Tog het Hy dinge gedoen wat Hy nie voorheen gedoen het nie, soos om deur toe deure te verskyn (Joh 20:19), te verdwyn (Luk 24:30-31) en in sy liggaam op te vaar hemel toe (Hand 1:9-11). Hy was dus steeds ’n mens, maar in ’n verheerlikte staat. Hy gaan ook net so terugkom as wat Hy weggegaan het (Hand 1:11).
Na Jesus se opstanding het Hy 40 dae lank aan baie mense verskyn en gewys dat Hy lewe, terwyl Hy met hulle oor die sake van die koninkryk van God gepraat het (Hand 1:3). Hy het die apostels ook beveel om in Jerusalem te bly en te wag op hulle doping met die Heilige Gees (vv 4-5).
Sy hemelvaart was die begin van die vervulling van die profesieë en beloftes van sy verheerliking, byvoorbeeld dat Hy tot aan die regterhand van God (die hoogste posisie) verhoog was (Hand 2:33), dat sy vyande die voetbank van sy voete geword het (v 35), dat Hy ’n naam bo elke naam gekry het, elke knie voor Hom sal buig en elke tong sal erken dat Hy die Here (heerser oor die ganse skepping) tot eer van God die Vader is (Filip 2:9-11). Uiteindelik word Hy sonder ophou en tot die uiterste toe verheerlik en aanbid in die hemel (Openb 5).
Jesus was ook die Voorloper wat die pad na die hemel vir ons oopgemaak het (Miga 2:13, Heb 4:14, 6:20). Hy was die eerste mens wat in ’n verheerlikte liggaam die hemel ingegaan het en so gaan ons dit ook ná Hom doen!
Terwyl Jesus na sy terugkeer in die hemel so verheerlik en geëer word, het Hy nie van ons vergeet nie. Inteendeel, Hy is deurentyd besig om voor die Vader se troon vir ons in te tree (Heb. 7:25, Rom 8:34). Hy is ons Voorspraak, ons Pleitbesorger en ons Advokaat by die Vader (1Joh 2:1).
Omtrent 10 dae na Jesus se hemelvaart het die Vader die Heilige Gees na ons gestuur, soos belowe in Joh 14:26, 15:26 en Hand 1:4-5. Die Gees het die Nuwe Testament kragtig in werking gestel (Hand 2), waarna Hy in elke gelowige leef (1Kor 6:19), ons in Jesus bewaar (Joh 14:26), ons leer om volgens God se wil te leef (Gal 5:22-25) en ons die krag gee om as getuies van Jesus op te tree (Hand 1:8, 6:8-10).
Jesus het na die huis van sy Vader teruggegaan waar daar baie woonplek is, om vir ons plek daar gaan regmaak. En Hy het belowe dat Hy gaan terugkom om ons soontoe te neem, om by Hom te kan wees (Joh 14:2-3).
Laastens moet dit genoem word dat toe Jesus opgevaar het na die hemel, ons as gelowiges as’t ware reeds saam met Hom soontoe gegaan het (Ef 2:4-6) omdat ons deur die geloof en wedergeboorte saam met Hom gesterf en opgestaan het (Rom 6:4-6, Kol 2:12-13).

JESUS SE WOORD
JESUS SE WOORD
Met sy menswording, dood en opstanding het Jesus die belofte van die Verlosser van die mensdom vervul. Hy het vir alle sonde betaal, die Bose oorwin en almal wat in Hom glo vrygemaak van skuld, gevangeskap en veroordeling. Hy het selfs die laaste oorblywende vyand naamlik die dood oorwin vir sy vrygemaaktes, sodat hulle die ewige lewe beërwe.
In sy tyd op aarde het Jesus baie gedoen, baie gesê en baie openbare redes gevoer (Joh 21:25). Na sy hemelvaart het die apostels Hom orals begin verkondig. Hulle het alles wat Hy geleer het oorvertel en verder aangevul in hul korrespondensies met die gemeentes (1Kor 3:9-10, Ef 2:19-22). Hulle het ook baie na die Skrifte (Ou Testament) verwys en daaruit aangehaal om aan te toon dat dit in vervulling gegaan het (sien byv. Hand 28:23). Daardie skrifte, saam met die boeke en briewe van die Nuwe Testament, word beskryf as die Woord van God, die Blye Boodskap, die Evangelie, die Boek van die Lewe, die Bybel, of Jesus se Woord. Sy Woord kan net so gelees word, maar moet ook vertolk of verduidelik word om dit beter te verstaan.
LEWENSWOORD se vertolking van Jesus se Woord fokus op die volgende hooftrekke:
Die verdeling van hooftrekke soos hierbo is maar bloot deel van die manier om Jesus se woord oor te dra uit daardie een Boek, die Bybel, waarin alles saamgebind is. Hierdie wonderbaarlike boek, of bundel van boeke, het deur die eeue heen bewaar gebly en ontwikkel tot die verskeidenheid van Bybels wat ons vandag tot ons beskikking het. Hulle almal maak een en dieselfde Boodskap bekend, net in verskillende tale en style.
Die Bybel is daardie skriftelike bron wat Jesus se woord bevat. Dis uniek (daar is geen ander nie), dis betroubaar (meer as enige ander geskiedkundige bronne), dis gesaghebbend (die ganse volk van God, of die kerk, is daarop gebou), dit is volledig (dit bevat alles wat Jesus vir ons wil sê) en dit is voldoende (vir enige mens om Jesus te ken en in Hom te glo). Vir meer oor die Bybel, sien DIE BYBEL.
Totdat Jesus weer terugkom is sy Woord ons bron van geloof in Hom, die standaard vir ons gedrag in die wêreld en teenoor mekaar, ons rigsnoer vir gehoorsaamheid aan Hom en ons aansporing tot volharding in die hoop op sy terugkoms. Die Heilige Gees, wat in elke gelowige woon deur die wedergeboorte, help ons om sy Woord te verstaan en te gehoorsaam. Sien ook ’N NUWE LEWE.

- Jesus as mens, sy vervulling van die Ou Testament en instelling van die Nuwe Testament (JESUS, ISRAEL, DIE NUWE TESTAMENT).
- Die apostels se werk en hul briewe aan die gemeentes (JESUS SE GEBOOIE, DIE NUWE TESTAMENT).
- Eindtydgebeure (EINDTYDGEBEURE).
Die verdeling van hooftrekke soos hierbo is maar bloot deel van die manier om Jesus se woord oor te dra uit daardie een Boek, die Bybel, waarin alles saamgebind is. Hierdie wonderbaarlike boek, of bundel van boeke, het deur die eeue heen bewaar gebly en ontwikkel tot die verskeidenheid van Bybels wat ons vandag tot ons beskikking het. Hulle almal maak een en dieselfde Boodskap bekend, net in verskillende tale en style.
Die Bybel is daardie skriftelike bron wat Jesus se woord bevat. Dis uniek (daar is geen ander nie), dis betroubaar (meer as enige ander geskiedkundige bronne), dis gesaghebbend (die ganse volk van God, of die kerk, is daarop gebou), dit is volledig (dit bevat alles wat Jesus vir ons wil sê) en dit is voldoende (vir enige mens om Jesus te ken en in Hom te glo). Vir meer oor die Bybel, sien DIE BYBEL.
Totdat Jesus weer terugkom is sy Woord ons bron van geloof in Hom, die standaard vir ons gedrag in die wêreld en teenoor mekaar, ons rigsnoer vir gehoorsaamheid aan Hom en ons aansporing tot volharding in die hoop op sy terugkoms. Die Heilige Gees, wat in elke gelowige woon deur die wedergeboorte, help ons om sy Woord te verstaan en te gehoorsaam. Sien ook ’N NUWE LEWE.
JESUS SE TERUGKOMS
Jesus se terugkoms na ons toe (ook genoem sy wederkoms of tweede koms) is die volgende groot gebeurtenis na sy hemelvaart. Die engel het vir sy volgelinge wat Hom sien opvaar het gesê dat Hy net so sal terugkom soos wat hulle Hom sien opvaar het (Hand 1:11). Hy gaan dus as dieselfde mens (in die vlees) op die wolke terugkom. Soos Hy na sy Vader opgevaar het kom Hy van daar af weer terug. Dit gaan Hý in persoon wees, niemand anders nie.
Met sy hemelvaart was Hy deur engele vergesel en is in die hemel ontvang onder geweldige en luisterryke toejuigings, huldebetuigings en aanbidding (Ps 47:6-8), maar dit was nie sigbaar vir hulle wat agtergebly het nie. Sy wederkoms sal egter sigbaar gepaardgaan met groot krag en heerlikheid, trompetgeskal en engele wat sy uitverkorenes kom versamel (Matt 24:30-31). Die doel van sy tweede koms sal dan ook heeltemal anders wees as met die eerste koms, want dié keer kom Hy om sy vyande uit te roei en sy aardse Koninkryk te vestig (1Kor 15:25).
Jesus se wederkoms bring die einddoel van sy reddingswerk van die mensdom in vervulling. Dis is naamlik om ons daardie ewige erfenis te gee wat vir ons bewaar word tot by sy koms (1Pet 1:3-13, 5:4, Filip 3:20). Met sy wederkoms gaan die wat reeds in Hom gesterf het se liggame uit die dood opstaan en in onsterflikheid weer met hul siele verenig word. Dit sal dieselfde liggame wees wat hulle voor hul dood gehad het maar in verheerlikte vorm, net soos Jesus in dieselfde liggaam wat Hy voor sy kruisiging gehad het, uit die dood opgestaan het. Dié wat met sy wederkoms nog lewe gaan oombliklik verander word na dieselfde verheerlikte staat as die ander. Van daardie oomblik af sal ons vir altyd saam met Hom wees en as konings en priesters saam met Hom op aarde regeer (1Kor 15:35-54, 1Thess 4:13-17, 1Pet 2:9, Openb 1:6, 5:10, 20:6).
Jesus se terugkoms is ’n eindtydgebeurtenis wat nog nie vervul is nie. Die waarheid van sy terugkoms en ons geloof daarin, is gegrond op sy beloftes soos dit in die Bybel opgeteken staan. Dit is nou wel so dat ons al twee duisend jaar op die belofte wag terwyl die wêreld in ongeërgdheid voortsnel in ongeloof en selfs spottery daaroor. Maar elke geslag van gelowiges volhard steeds in die vaste oortuiging dat die tyd naby is en God gereed staan om sy beloftes waar te maak. Vir die wêreld sal dit skielik en onverwags wees, maar vir die wat getrou op Hom wag sal dit die blye vervulling van ’n eeue-lange hoop en versugting wees. Die apostel Petrus hanteer die hele saak treffend in sy tweede brief (2Pet 3) waar hy ons vermaan om perspektief te behou en geduldig en gereed te wees.
Nadat Jesus al sy vyande vernietig het gaan die Satan ’n duisend jaar lank toegesluit word, waarna hy ook vernietig word (Op 20). Dit dui op Jesus se voldonge oorwinning oor die Duiwel en sy bose magte.
Jesus gaan die Regter wees met die laaste oordeel (Matt 25:31-46, Joh 5:22,27, Hand 10:42, Op 20:11-15). Sy oordele is regverdig soos dié van sy Vader (Deut 32:4, Hos 14:10, Op 15:3, 16:5). Dié wat in Hom geglo het sal niks hoef vrees nie want as vrygekooptes sal hulle reeds die ewige lewe hê. Die ander gaan deur Hom veroordeel word omdat hulle nie in Hom wou glo nie.
Uiteindelik maak Jesus alles nuut, met die nuwe Jerusalem wat uit die hemel op die aarde neerdaal (Op 21-22). Die nuwe Jerusalem is sy bruid, naamlik almal wat in Hom geglo het (Gal 4:26, Heb 12:22). Hierdie stad met sy inwoners word as ’n heerlike, volmaakte plek beskryf – dit is waarlik die hemel op aarde!

JESUS SE KONINKRYK
JESUS SE KONINKRYK
Die groot doel van God met die mens is dat ons oor sy skepping sal heers. Dit is ’n baie sterk stelling om te maak! Dit mag gesien word as oormoedig, selfs vermetel, om te dink dat God ons ooit in so ’n hoë posisie wil plaas. Die vraag of God net ’n sekere deel van sy skepping (die aarde), of sy hele skepping daarmee in gedagte het, maak die stelling nog veel meer uitdagend. Dis per slot van sake maklik om net te aanvaar dat God self oor sy heelal regeer, waar die mens maar net vir ’n klein deeltjie daarvan verantwoordelik gemaak was.
Die Bybel openbaar egter verrassende en belangrike waarhede oor hierdie saak. Dit gaan oor God se koninkryk en oor wat besig is om daar te gebeur. Die Bybel verklaar dat God van ewigheid af op sy troon in die hemel is en oor alles regeer (byv. Ps 11:4, 93:1-2, 103:19, Jes 66:1-2) en dat die Seun (die Woord) van ewigheid af saam met Hom, as God, regeer (Joh 1:1-18). Sien ook DIE DRIE-EENHEID VAN GOD. God se koninkryk is dieselfde as Jesus se koninkryk. Jesus het dikwels gepraat van God se koninkryk (Matt 6:33), sy Vader se koninkryk (Matt 26:29), die koninkryk van die hemele (Matt 3:2) en sy eie (Jesus se) koninkryk (Luk 22:30), bedoelende dat dit een en dieselfde koninkryk is.
Met die Seun se menswording het groot gebeurtenisse in God se koninkryk begin. Die Seun se plek aan die regterhand van die Vader was skielik leeg. Hy was nou Jesus, ’n inwoner van die dorpie Nasaret op die aarde (Filip 2:6-7). Hy was besig om die koninkryk van God te verkondig (Matt 4:23, Luk 8:1). Aan die einde van sy werk het die Seun gesterf en daarmee sy eerste volslae oorwinning oor die koninkryk van Satan bereik. Daarna het Hy opgestaan en die dood oorwin. Daarna het hy weer op sy troon in die hemel gaan sit as Koning wat oor alles heers (byv. 1Kor 15:27, Ef 1:22, Filip 2:9-11).
Met Jesus terug op sy troon by sy Vader, het ’n volgende bedeling in God se koninkryk aangebreek: mense het burgerskap daarvan begin ontvang (Matt 25:34). Dit was die eerste keer dat so iets ooit gebeur het. Ons gaan sy koninkryk liggaamlik bewoon! Dat die Koning ’n mens is en dat sy onderdane ook mense is, het ontsaglike betekenis. Dit sê dat ons vir die koninkryk van God bestem is en dat sy koninkryk vir ons bedoel is, volgens sy ewige raadsplan (Rom 8:29-30, Ef 1:4-5, 11-12, 2Thess 2:13, 1Pet 1:1-5). God se koninkryk bestaan van ewigheid af, maar deur sy Seun het Hy nou in hierdie laaste dae vir ons ook die pad soontoe oopgemaak (Kol 1:13).
God se koninkryk is ‘nuut’ in die sin dat mense nou deur geloof daar kan ingaan. Tereg word dit dan ook Jesus se koninkryk genoem omdat Hy die bemiddelaar daarvan is. Dit was in die Ou Testament voorspel as ’n toekomstige koninkryk (Dan 2:44, 7:14, Mig 4:7, Jes 24:23). Deur die Nuwe Testament het dit ’n werklikheid geword wat vir ewig bestaan (Heb 9:15).
Die grondslag van Jesus se koninkryk is die Nuwe Testament, waarby sy onderdane ingelyf is deur hul geloof in, en gehoorsaamheid aan Hom. Hulle leef volgens die voorskrifte en riglyne wat in die boeke en briewe van die NT uitgespel is. (Sien verskeie artikels onder DIE NUWE TESTAMENT.)
Laastens moet ook verstaan word dat Jesus se koninkryk uiteindelik op die aarde sal wees. Dit is ’n baie groot en wonderlike waarheid. Die profete het dit dikwels voorspel (byv. Eks 32:13, Ps 37:11, Jer 23:5-8, Miga 4:7, Sag 8:3, 20-23, 14:9,16-17). ’n Engel het dit aan Jesus se ouers gesê (Luk 1:31-33) en Jesus het dit bevestig in sy prediking (Matt 5:5). Uiteindelik het Hy dit ook te kenne gegee tydens sy openbaringe aan die apostel Johannes (Op 5:9-10, Op 21).

TERWYL ONS WAG
Vandat Jesus sy werk op die aarde voltooi en teruggekeer het na sy Vader in die hemel, wag ons op sy beloofde terugkoms. Die apostels en die eerste gemeente in Jerusalem was oortuig dat sy wederkoms baie gou, in die volgende weke of hoogstens maande, sou plaasvind. Die verwagting was so aktueel dat hulle sommer so bymekaar gebly het en al hul besittings met mekaar gedeel het (Hand 2:44-45, 4:32-37). Dit moes ’n groot indruk gelaat het op die algemene publiek, by wie hulle in guns was (Hand 2:47).
Die gemeente het met verloop van tyd seker weer begin terugkeer na hul gewone leefstyl. Al die gelowiges het ook nie noodwendig daardie aanvanklike voorbeeld gevolg nie. Simon die leerlooier, Lidia die purperverkoopster en die evangelis Filippus het hul eie huise besit (Hand 10:6, 16:14-16, 21:8). Paulus moes werk vir ’n inkomste (Hand 18:1-3). Sien ook 2Tess 3:8-9. Uiteindelik moes die gelowiges aanvaar dat hulle moes aangaan met hul lewens. Dit was egter die nuwe lewe van weergebore kinders van God. Vervul met die Heilige Gees, was hulle in staat om geduldig te wag op die koms van hul Koning (2Pet 3).
Om te sorg dat ons gereed bly om Jesus te ontmoet wanneer Hy weer verskyn, is moeilik en dit verg volgehoue ywer en toewyding (2Pet 3:14). Ons kan nie volkome verstaan waarom Hy so lank uitstel om te kom nie, want ons weet nie wat alles nog eers in die hemel en op die aarde moet gebeur nie. Petrus noem klaar een belangrike rede vir Jesus se lankmoedigheid, naamlik dat Hy almal ’n kans wil gee om tot bekering te kom (2Pet 3:9).
Intussen het Jesus voorsiening gemaak vir alles wat ons benodig terwyl ons vir Hom wag. Eerstens het Hy sy volledige Woord vir sy dissipels gegee om aan die wêreld te verkondig. Daarna het die Heilige Gees gekom om gelowiges in Jesus te bewaar en hulle in staat te stel om ander met die goeie nuus te bereik. Gemeentes is orals gestig, wat beskerming, ondersteuning en geestelike groei vir gelowiges verseker het. Die Bybel het later in verskillende tale begin verskyn, waar dit vandag die mees bekende boek ooit is. Sien ook DIE BYBEL. Terwyl hierdie boek – die Woord van God – al die inligting het oor wat ons moet weet en hoe ons moet glo, gee dit ook die volgende belangrike aanmoedigings, gerusstellings en toerusting om ons op koers te hou tot Jesus terug is:
Jesus het sy onderrig aan sy dissipels afgesluit met die volgende inspirerende woorde:
Joh 16;33 … In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.
Die apostel Paulus het baie briewe aan al sy gemeentes geskryf waarin hy belangrike sake en leerstellige kwessies behandel. Hy fokus baie op die praktiese, alledaagse uitdagings waarmee die gemeentes te doen kry. Aan die gemeente in Rome gee hy byv. die volgende riglyne:
Vermy wêreldse dinge, soek God se wil, wees nederig in die gebruik van die gawes (Rom 12:1-8). Wees opreg in liefde teenoor mekaar, verafsku die kwaad, hou vas aan die goeie, behou geesdrif vir die Here se werk, volhard wanneer julle swaarkry, hou aan bid, wees gasvry, seën in plaas van vergeld, jaag vrede na (Rom 12:9-21). Bly gehoorsaam aan gesaghebbers en owerhede, betrag liefde teenoor die naaste, leef betaamlik en bly weg van versoekings (Rom 13). Verdra die wat swak is in die geloof sonder om mekaar te veroordeel of op mekaar neer te sien. Bou mekaar op en wees eensgesind (Rom 14 - 15:13).
Daar is nog baie soortgelyke padkos vir ons in die ander briewe en boeke van die Nuwe Testament. Aktiewe betrokkenheid by ’n gemeente is ook van uiterste belang (sien GEMEENTES). Ons komende Koning verwag nie van ons om die wêreld te verander nie, maar eerder om onsself en mekaar in Hom te bewaar sodat ons Hom in vrymoedigheid kan ontvang wanneer Hy weer verskyn.