WOORDSTUDIE
JESUS SE GEBOOIE
(Lees eers DIE NUWE TESTAMENT)
|
OORSIG
Jesus se uitsprake en opdragte aan sy dissipels en die volk, asook dié wat later deur die apostels aan die gemeentes oorgedra was, staan ook as ‘Jesus se gebooie’ bekend. Sy gebooie word verskillend verstaan in die Christendom na gelang van bepaalde oortuigings oor die Ou Testament en die Wet. Die vraag is watter gebooie vandag op gelowiges van toepassing is.
Die antwoord lê in die verwantskap tussen die Ou en Nuwe-Testamentiese bedelings, en die oorgangsproses van die Oue na die Nuwe.
Die gebooie wat Jesus vóór sy kruisiging gegee het, word ten eerste ontleed vanuit die Ou-Testamentiese perspektief, waarna sy ‘nuwe’ gebooie, wat Hy ná sy opstanding gegee het, in die perspektief van die Nuwe Testament gestel word.

INHOUD
INLEIDING
TWEE BEDELINGS WOORDONTLEDING JESUS EN DIE WET JESUS SE NUWE GEBOOIE SLOTSOM |
INLEIDING
Jesus het met absolute gesag onder sy volk Israel gepraat en gewerk, want Hy was die Seun van God. Elke uitspraak, elke opdrag uit sy mond was waarheid, wat soos lig geskyn het in almal wat na Hom geluister het. Hy was die Woord van God wat vlees geword het (Joh 1).
Jesus se boodskap en leer is elke gelowige se daaglikse brood, die beginsels en reëls vir die nuwe lewe in Hom. Maar wat is dit presies? Jesus het baie gedoen en gesê, meer as wat die wêreld se boeke sou kon bevat (Joh 21:25). Hy het uitsprake gemaak, kommentare gelewer, aankondigings gedoen, waarskuwings gerig, voorspellings gemaak, verduidelikings gegee en opdragte uitgedeel. Sy gehore het uit verskillende mense en groepe bestaan. En Hy het in ’n baie spesifieke tydsgewrig in die bestaan van sy volk opgetree.
As mens wil weet wat Jesus werklik kom doen het, moet jy sy optredes en uitsprake, en later dié van die apostels, reg verstaan. Jy moet die doel van sy koms as mens, die bedeling waarin Hy gelewe het, met wie Hy gewerk en gepraat het, en wat alles ná sy opstanding gebeur het, verstaan.
Die fokuspunt van ons soeke is Jesus se 'gebooie'. Die apostel Johannes vertel hoe Hy in sy laaste ure 'n 'nuwe gebod' aan sy dissipels gee, en oor sy 'gebooie' praat. Die ander boeke en briewe van die Nuwe Testament gee nog honderde ‘gebooie’ wat uit Jesus se eerste gebod voortvloei.
Die probleem is dat sy gebooie verskillend verstaan word na gelang van bepaalde oortuigings oor die Ou Testament en die Wet. Sommiges dink dat sy gebooie 'n nuwe manier is om die Wet en/of Tien Gebooie te gehoorsaam, wat volgens hulle vandag nog in volle werking is, of behoort te wees. Ander sien dit weer as totaal nuwe gebooie, asof slegs die Nuwe Testament van enige belang vir die geloof is. (Die Wet as sodanig word meer volledig behandel in die studie oor DIE WET.)
Helderheid oor Jesus se gebooie is belangrik omdat dit gelowiges se benadering tot die Ou Testament en die Wet beïnvloed, wat weer die geloof in Jesus direk beïnvloed.

TWEE BEDELINGS
Jesus se gebooie moet in die lig van die verwantskap tussen die Ou en Nuwe Testamente verstaan word. Die Ou Testament was die verbond wat JAHWEH omtrent 1500 jaar v.C. met Israel gesluit het, met Moses as middelaar. Dit was ’n voorafskaduwing en wegbereider vir die uiteindelike koms van die Verlosser, en het die volk ook daarvoor in bewaring gehou (Gal 3:23, Kol 2:17, Heb 8:5, 10:1). Die Wet was die grondslag en inhoud van die verbond. (Ons spel Wet met ’n hoofletter om die Wet van die Ou Testament te bedoel.)
Na afloop van die Ou Testament het Jesus die verbond van die Nuwe Testament ingestel, wat nou al sowat 2000 jaar in werking is. Die grondslag en inhoud daarvan en die manier waarop dit ingestel was, is baie anders (Joh 1:17). Die twee verbonde is wel sterk op mekaar aangewese, maar verskil wesenlik van mekaar. (Sien hieroor ook die studie oor DIE WET).
Die boeke van die Nuwe Testament kan in vier groepe gesien word:

1
|
Die Evangelies van Matthéüs, Markus, Lukas en Johannes is vier weergawes van Jesus se lewe en leer tot by sy dood, opstanding en hemelvaart. Daarna was alles gereed vir die begin van die Nuwe Testament, met sy apostels wat nog net moes wag vir die uitstorting van die Heilige Gees.
|
2
|
Die Handelinge van die apostels vertel van Jesus se afskeid van sy apostels en sy hemelvaart, die uitstorting van die Heilige Gees met die begin van die Nuwe Testament, gevolg deur die kragtige uitbreiding van die Evangelie en die vestiging van gemeentes.
|
3
|
Die Briewe van die apostels aan hul gemeentes en mede-arbeiders praat oor Jesus, bemoedig hulle in hul geloof en gee allerlei gebooie oor die liefde, geestelike vrug, heiligmaking ens.
|
4
|
Die Openbaring van Johannes gaan oor Jesus se oorwinning oor die bose magte en die dood, en sy wederkoms as Koning op die aarde. Hy gee boodskappe van bemoediging en waarskuwing aan sewe van die gemeentes, en maak die eindtydgebeure bekend.
|
Gesamentlik bevat die boeke en briewe van die Nuwe Testament al Jesus se opdragte en riglyne, of gebooie. Ons gaan sien dat vóór sy kruisiging byna al sy gebooie nog op die Ou Testament betrekking gehad het, want Hy het saam met sy volk in die Ou Testament en onder die Wet gelewe (Luk 2:21-24,27, Gal 4:4-5).
Ná sy hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees het die apostels namens Jesus opgetree en sy gebooie verder aan die gelowiges oorgedra. Dit het op die Nuwe Testament betrekking gehad.
Die baie verwysings in die vier Evangelies na die Ou Testament en die Wet word in baie kringe misverstaan, met gevolglike teruggryping na die Wet en pogings om dele daarvan na die Nuwe Testament oor te dra. In ekstreme kringe word selfs geglo dat die hele Ou Testament en die Wet nog in werking behoort te wees, asof Jesus dit so bedoel het. So bly gelowiges maar altyd op soek na die regte stel lewensreëls, te midde van botsende oortuigings wat konflik en skeuring in die Christendom veroorsaak.
Jesus se gebooie moet dus met groot omsigtigheid bestudeer word om seker te maak op watter bedeling dit van toepassing is, anders word die Ou en Nuwe bedelings met mekaar verstrengel, wat albei verdraai en kragteloos maak.

WOORDONTLEDING
Dis soms moeilik met vertalings uit die oorspronklike grondtekste van die Bybel om die betekenisse van woorde korrek oor te sit. ’n Woord kan in sy oorspronklike taal verskeie betekenisse hê, dus moet die regte betekenis daarvan in ’n gegewe skrifgedeelte eers bepaal word voor dit vertaal kan word. Die volgende Griekse woorde is byv. verwant aan gebod / gebooie:
nomos (G3551)
- enige wet, bevel, voorskrif of regulasie, of - enige gewoonte, tradisie of instelling deur God goedgekeur, of - die Wet (van Moses), of die eerste vyf boeke van Moses, of die hele OT, of - die vereistes van die Christelike geloof nl. geloof en broederliefde, of - voorskrifte van Christus byv. die doop, nagmaal, vergewensgesindheid Die Afrikaanse Bybel vertaal nomos byna orals na wet. Die woord kom 197 keer in die NT voor, hoofsaaklik om na die Ou-Testamentiese Wet te verwys. Op net 7 plekke verwys dit na Jesus se Nuwe Testament-gebooie (Rom 3:27, Gal 6:2, Jak 1:25, 2:8-12, 4:11, Heb 8:10, 10:16). dogma (G1378) - siviele, seremoniële of geestelike/kerklike dekreet, ordinansie of wet, of - reëls, vereistes van die Wet van Moses (gedagtig aan strengheid, bedreiging, oordeel), of - sekere besluite (verordeninge) van die apostels oor hoe Christene moet lewe. Hierdie woord kom 6 keer voor. Dit is op drie plekke na insettinge vertaal (Ef 2:15, Kol 2:14, 2:20) om die insettinge van die Wet te bedoel. Dan is daar twee plekke (Luk 2:1, Hand 17:7) waar dit na bevel (van die keiser) vertaal is en een plek (Hand 16:4) waar dit na verordeninge (van die apostels aan die gemeentes) vertaal is. dikaiōma (G1345) - iets wat as reg beskou word en deur 'n wet as ordonnansie bekragtig is, of - 'n beslissing/vonnis deur God wat iemand regverdig verklaar/veroordeel, of - 'n regverdige handeling of daad. Die woord kom 10 keer voor. Op 4 plekke is dit na verordening vertaal (Rom 1:32, 2:26, Heb 9:1,10) om die verordeninge van die Wet, of God se algemene verordeninge te bedoel. Op vyf plekke is dit na geregtigheid, reg, regte of regverdig vertaal (Luk 1:6, Rom 5:18, 8:4, Op 15:4, 19:8), en op een plek na vryspraak (Rom 5:16). Dit word nêrens vir Jesus se gebooie gebruik nie. entole (G1785) - gesaghebbende bevel, voorskrif, lering, reël in die algemeen, of - die gebooie van die Wet of van Israel se volkstradisie Hierdie woord kom 71 keer in die NT voor, waar dit omtrent 50 keer na die Ou-Testamentiese Wet verwys, en omtrent 20 keer na Jesus se Nuwe-Testament gebooie (Joh 13:34, 14:15,21, 15:10,12, 1Kor 7:19, 14:37, 1Tim 6:14, 2Pet 2:21, 3:2, 1Joh 2:3-4, 7-8, 3:22-24, 4:21, 5:2-3, 2Joh 1:4-6, Op 12:17, 14:12, 22:14). Die Afrikaanse Bybel vertaal dit byna altyd na gebod of gebooie, met hier en daar 'n uitsondering soos in byv. Joh 11:57 waar dit na bevel vertaal word. entellomai (G1781) - om te beveel, ’n opdrag te gee, te gelas, voor te skryf, op die hart te druk, in te skerp. Hierdie werkwoord verskyn 18 keer, waar dit 5 keer na die Wet verwys, en 5 keer na ’n Nuwe-Testamentiese gebod van Jesus aan sy dissipels (Matt 28:19, Joh 15:14,17, Hand 1:2, 13:47). Dit word 16 keer vertaal na beveel of bevel/bevele gee, 1 keer na gebied en 1 keer na verorden. |
Soos gesien kan word, het die vyf Griekse woorde hierbo nogal breë spektrums van moontlike betekenisse. Die konteks waarin hulle elke keer gebruik word bepaal hulle presiese betekenis en bedoeling. Mens moet versigtig wees met die koppeling van 'n enkele betekenis, of net sekere betekenisse, aan enige van hierdie woorde. Dit bly maar nodig om woorde deeglik te ontleed saam met die verse waarin hulle voorkom, voordat afleidings gemaak kan word.
JESUS EN DIE WET
As die beloofde Verlosser van sy volk en ook van die hele nageslag van Adam (Gén 3:15, Deut 18:15, Jes 7:14 ens.) het Jesus op die bestemde tyd gekom. Sy eerste groot werk was om sy volk tot bekering op te roep, die Wet en die profete opnuut op hulle hart te druk en hulle tot nougesette uitvoering daarvan aan te moedig. Hy was onder die Wet gebore in die klimaks van die Ou Testament, en sy doel was om elke bepaling en verwagting daarvan tot elke besonderheid te vervul. Ons kyk nou na enkele voorbeelde van hoe Jesus dit gedoen het, en watter gebooie Hy met die oog daarop aan die volk gegee het:
Mat 4:17 Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
Die koninkryk van die hemele was natuurlik die Nuwe Testament wat ophande was. Jesus het sy volk vermaan (die gebod aan hulle gegee) om daarvoor gereed te maak. Hulle moes dit doen deur hernieude bekering na die Wet, wat die volkome standaard vir ’n lewe volgens God se wil was.
Matt 5:16 Laat julle lig só skyn ....
Jesus gee as’t ware ’n gebod aan sy volk om hul lig in die wêreld te laat skyn, want dit was deur húlle wat verlossing na die wêreld gekom het.
Matt 5:17-48 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; .... Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie. Julle het gehoor .... maar Ek sê vir julle …..….. tot vers 48.
In hierdie baie belangrike teks vroeg in die evangelie van Matthéüs, beklemtoon Jesus die belangrikheid van die Ou-Testamentiese Wet (nomos), en dat dit met elke jota en tittel moes bly staan totdat Hý dit sou vervul deur sy sondelose lewe en onskuldige dood aan die kruis. Hy het van sy volk verwag om dan ook met alle ywer aan die Wet gehoorsaam te wees, maar van harte, en nie net uiterlik soos die skrifgeleerdes en Fariseërs nie. Dit word in meer besonderhede bespreek in die studie oor DIE WET. Jesus gaan voort met sy bergrede tot aan die einde van hoofstuk 7, waar Hy die ware bedoeling en die regte uitvoering van die Wet en die profete verduidelik.
U mag nou voel dat Jesus se bergrede tog ook vir die Nuwe Testament bedoel was, as mens kyk na die dieper beginsels wat Hy telkens uitgelig het, soos oor jou gesindheid teenoor ander (5:22), begeerte (5:27-28), vergifnis (5:38-39), nederigheid (hfst 6), opregtheid (hfst 7). Ja, daardie beginsels geld vir alle tye en bedelings, maar Jesus se bergrede het gegaan oor hoe Israel dit nog deur die Wet moes uitleef. Sy bergrede het op die Ou Testament betrekking gehad.
Mens kan dalk ook vra waarom die vier Evangelies dan in die Nuwe-Testamentiese deel van die Bybel geplaas is. Die antwoord is eenvoudig dat hulle baie goed daar inpas, want hulle beskryf Jesus se vervulling en afsluiting van die Ou Testament asook die begin van die Nuwe Testament.
Matt 19:16-21 En daar kom een na Hom en sê vir Hom: Goeie Meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê? En Hy sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie. Hy vra Hom: Watter? En Jesus sê – dit: Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die jongman sê vir Hom: Al hierdie dinge het ek onderhou van my jeug af. Wat kom ek nog kort? Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.
Net soos met Jesus se bergrede, het dit hier steeds gegaan oor die Ou Testament en die Wet (nomos), wat op daardie stadium nog ten volle in werking was. Die gebooie (entole) wat Hy aan die ryk jongman voorgehou het, was die gebooie van die Wet, en onderhouding daarvan was nog nodig om die ewige lewe te verkry. Vir ’n meer in-diepte bespreking hiervan, sien die studie oor DIE WET.
Luk 10:25-28 En daar het ‘n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe? En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy? En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself. Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.
Hier is ’n ander voorbeeld waar Jesus bevestig het dat gehoorsaamheid aan die Wet nog nodig was vir die ewige lewe. Let op dat liefde vir God en vir die naaste die samevatting van die Wet was. Die feit dat dit later ook die groot gebod van die Nuwe Testament geword het, wys dat die Wet die skadubeeld en voorloper van die Nuwe Testament was.
Daar is nog ’n paar gevalle opgeteken waar Jesus mense spesifiek aangemoedig het om die Wet te gehoorsaam, byvoorbeeld waar Hy melaatses genees het en hulle dan gestuur het om Moses se voorskrifte te gaan uitvoer (Matt 8:4, Luk 17:14), en waar Hy die Fariseërs betig het omdat hulle sekere gebooie verwaarloos het (Matt 15:3-6, 23:23, Luk 11:42).
Tot net voor sy kruisiging het Jesus oor die Wet gepraat, en volle erkenning aan Moses en die profete gegee. Hy het dit nooit sy Wet of sy gebooie genoem nie, en ook nie enige ander wette of gebooie daarby gevoeg of iets daarvan weggeneem nie. Hy was self onder die Wet!
Maar Hy was groter as Moses (Heb 3:3), en het die bevoegdheid en mag gehad om die Wet tot volkome verwesenliking en afsluiting te bring (Matt 5:17 Joh 19:30). Dis presies waarmee Hy sy lewe lank besig was. Hy het die vervulling van die Wet as ’n gebod (entole) van sy Vader ontvang en dit presies so uitgevoer (Joh 6:38, 10:18, 14:31). Daarmee was die Ou Testament en die Wet afgehandel, afgesluit en uitgedien (Joh 17:4, 19:30, Ef. 2:15, Kol 2:14, Heb. 8:13).

JESUS SE NUWE GEBOOIE
Eers aan die einde van sy loopbaan, met die laaste pasga en sy laaste onderwys aan sy dissipels, het Jesus sy nuwe gebooie vir sy dissipels begin gee, met die oog op die Nuwe Testament:
Matt 26:26-28 En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam. Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.
Die instelling van die nagmaal was inderwaarheid ’n gebod, en ook die eerste nuwe gebod van Jesus aan sy dissipels. Hy het pertinent na die Nuwe Testament verwys, wat moontlik gemaak sou word deur sy bloed, met ander woorde sy dood, waarvan die wyn simbolies was. Die apostels het die gebod om sy dood deur die nagmaal te herdenk, later aan die gemeentes oorgedra (1Kor 11:23-26).
Joh 13:34-35 ‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
Na die instelling van die nagmaal (Joh 13:31) het Jesus hierdie gebod (entole) aan sy dissipels gegee. Die vraag kan nou gevra word: wat was so anders en 'nuut' aan hierdie gebod? Was liefde vir mekaar iets nuuts? Nee, dit was reeds die tweede groot gebod in die Wet (Lev 19:18). Daar is egter 'n verskil: in die tyd van die OT was liefde teenoor volksgenote volgens die letter van die Wet beoefen. Die tweede tafel van die Tien Gebooie het enkele fundamentele voorskrifte vir naasteliefde gegee, waar die res van die Wet verder daarop uitgebrei het met ’n groot aantal meer spesifieke voorskrifte. Maar in die NT is naasteliefde die agapē-liefde. Dis ’n onselfsugtige liefde wat deur ’n wedergebore mens in die krag van die Heilige Gees beoefen word (Rom 13:8-10, Gal 5:22, Fil 1:9-10, Kol 3:14, 1Thess 4:9, 1Pet 1:22 en byna die hele 1Joh en 2Joh).
Die nuwe manier van liefhê is vrywillig en in vryheid van uitdrukking. Dit strek oneindig verder as wat die Wet kon doen. Die Wet het elke moontlike voorskrif en oortreding beskryf, en spesifieke maniere van regstelling bepaal. Ons gaan netnou sien dat Jesus se nuwe liefdesgebod so omvattend en verreikend is dat dit die Wet heeltemal oorskadu en vervang.
Joh 14:15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie.
Hier praat Jesus van sy gebooie (entole), dié keer in meervoud, sonder om dit weer 'nuut' te noem. Hy doen dit ook in v 21 en 15:10. In 14:23 sê Hy ook: as iemand my liefhet, sal hy my woord bewaar, en op 'n hele paar ander plekke lê Hy klem op die belangrikheid van sy woord/woorde. Dit blyk dat sy woord en sy nuwe gebod/gebooie van hier af verder op die komende Nuwe Testament betrekking gehad het.
Matt 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Mar 16:15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.
Luk 24:48 En julle is getuies van hierdie dinge.
Joh. 21:15-17 Laat my lammers wei ... Pas my skape op ... Laat my skape wei.
In hierdie laaste hoofstukke van die vier Evangelies gee Jesus net voor sy hemelvaart gebooie aan die apostels, vir die Nuwe Testament wat ophande was.
Ons kyk nou in die res van die boeke en briewe van die Nuwe Testament na voorbeelde van Jesus se nuwe gebooie wat Hy deur die apostels aan sy volgelinge gegee het.
Hand 2:38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep. En met baie ander woorde het hy hulle besweer en vermaan en gesê: Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag.
Hier lees ons die eerste keer van ’n apostel wat opdragte, of gebooie, aan gelowiges gee. Dit was met absolute gesag wat Petrus hier gepraat het, want hy was met die Heilige Gees vervul. Hierdie gebod gaan oor geloof in Jesus, die doop en die bekering van sonde – wat duidelik die eerste en belangrikste opdrag aan elke Christen is.
Hand 3:19 Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom, en Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus, Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete. Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle ‘n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek.
Dis steeds Petrus aan die woord waar hy die volk tot bekering vermaan, met verwysing na die gebod wat Moses lank tevore by voorbaat aan Israel gegee het (Deut 18:15-19).
Hand 10:15 ... Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
Deur ’n stem uit die hemel het Jesus hierdie gebod aan Petrus gegee met die oog op ’n besoek aan die Romeinse hoofman Cornelius. Die gebod het beteken dat die sogenaamde ‘heidene’ by die gemeentes ingesluit moes word. Sodoende het die hele Israel toegang tot redding gekry (Rom 11) en het die Evangelie oor die hele wêreld versprei. Die studie oor ISRAEL gee meer inligting hieroor.
Hand 13:47 Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U ‘n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde.
Hier praat Paulus met die Judaïete (‘Jode’) van Pisidië, waar hy noem dat Jesus hom beveel het (entellomai) om Hom te verkondig as die lig van die nasies tot redding van almal. Dié gebod geld natuurlik ook vir al sy volgelinge, tot vandag toe.
Hand 15:29 Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge: dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!
Die apostels het hierdie gebod aan die gemeente in Antiochië gegee as antwoord op die vraag of die gemeente die Wet moes onderhou, soos sommige gelowiges uit die Fariseërs hulle wou wysmaak.
Hand 16:31 Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
Dit was Paulus-hulle se antwoord aan die tronkbewaarder in Fillíppi, na sy vraag wat hy moes doen om gered te word. Dit is een van Jesus se eerste en belangrikste gebooie.
Rom 1:24 Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer –.....
Hier praat Paulus onder andere oor homoseksualiteit. Alles wat hy sê kom neer op ’n onomwonde afwysing van, en by implikasie verbod op hierdie praktyk. Sien die studie oor HOMOSEKSUALITEIT, wat die onderwerp in diepte behandel.
Rom 6:11-13 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
Paulus vermaan die gemeente in Rome teen ’n moontlike vals aanname dat sonde maar kon voortgaan omdat hulle nie meer onder die Wet was nie, maar onder die genade.
Rom 12 Ek vermaan julle dan, broeders, ........
Hoofstuk 12 is propvol gebooie, wat gaan oor toegewydheid in die gemeente, besadigdheid, broederliefde, blydskap, gasvryheid, onderlinge ondersteuning, ens.
Rom 13:1-7 Laat elke mens hom onderwerp....
Hier gaan dit weer oor gesag vir die owerhede in die samelewing, welvoeglikheid ens.
Rom 13:8-10 Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul. Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet.
Hier beklemtoon Paulus nogmaals dat die Wet in die Nuwe Testament sy vervulling vind bloot deur die praktiese uitlewing van die liefde. Dit werk so: in die ou tyd was naasteliefde beoefen deur gehoorsaamheid aan die uitdruklike gebooie van die Wet (jy mag nie jou naaste kwaad aandoen nie). Vandag het ons die onselfsugtige agapé-liefde deur die wedergeboorte, wat die naaste se beste belange vanself voorop stel. Dit kan die naaste geen kwaad doen nie, en vervul só die Wet.
Rom 14 - 15:13 En neem hom aan wat swak is ....
Hier leer Paulus die gemeente om die swakker gelowiges aan te neem sonder om te veroordeel.
Rom 16:17-18 En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak ......
Laastens waarsku Paulus die gemeente teen geslepe dwaalleraars.
As mens letterlik elke gebod in die Nuwe Testament wil aanstip, gaan jy omtrent ’n duisend daarvan kry! Baie van hulle oorvleuel natuurlik, sodat daar baie maniere is waarop mens al Jesus se gebooie kan groepeer en beskryf. Ons gaan nou verder sommer met lang treë deur die res van die briewe spring, en net by enkele moeilike gedeeltes stilstaan om te sien wat werklik daarmee bedoel word:
Die twee briewe aan die Korinthiërs
In die eerste vier hoofstukke van die eerste brief vermaan Paulus die gemeente met baie woorde tot eenstemmigheid, Goddelike wysheid, geestelike ingesteldheid, nederigheid ens.
In Hoofstuk 5 waarsku hy teen sedeloosheid, in hoofstuk 6 teen die verkeerde hantering van onderlinge geskille, ook teen hoerery, in hoorstuk 7 praat hy oor die huwelik, in hoofstuk 8 oor vleis aan afgode geoffer, en in hoofstukke 9 en 10 gee hy ’n verskeidenheid van verdere gebooie.
Die volgende vers in die sewende hoofstuk kan problematies wees:
1Kor 7:19 Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God
Terwyl Paulus vrae oor die huwelik beantwoord, slaan hy in v 17 oor na die vraag of gelowiges nodig het om die roepings of toestande waarin hulle verkeer, te verander ter wille van hulle geloof. Moet 'n getroude vrou byv. skei as haar man ongelowig is (of andersom), moet 'n man wat besny is dit laat terug verander na 'onbesnedenheid'? ens.. Betreffende die besnydenis maak hy in v 19 die opvallende stelling dat besnedenheid of onbesnedenheid onbelangrik is terwyl die onderhouding van God se gebooie (entole) belangrik is. Watter gebooie bedoel hy in hierdie geval? Daar is twee ander soortgelyke stellings van Paulus wat die antwoord gee, nl. Gal 5:6: Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk, en Gal 6:15: Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar ʼn nuwe skepsel. Daar is drie dinge in hierdie twee verse wat krag het (waar besnedenheid of onbesnedenheid geen krag het nie), nl. geloof, liefde en 'n nuwe skepsel. Dit is kennelik drie van Jesus se gebooie. Die gebooie (entole) ‘van God’ waarvan Paulus hier in 1Kor 7:19 praat, is dus nie die gebooie van die Wet nie, maar Jesus se nuwe gebooie.
'n Ander stukkie logika in die ontleding van 1Kor 7:19 verdien aandag: as Paulus met die gebooie van God die gebooie van die Wet bedoel het, sou hy homself weerspreek, aangesien die besnydenis deel van die Wet was. Maar nou sê Paulus dat besnydenis onbelangrik is!
Ons gaan voort met die briewe aan die Korinthiërs:
Hoofstuk 11 gaan oor die gedrag van die vrou in die gemeente. Sien die studie DIE ROL VAN DIE VROU IN DIE GEMEENTE.
Hoofstuk 12 is die bekende gedeelte oor die gawes van die Heilige Gees. Sien die studie DIE GAWES VAN DIE GEES.
Hoofstuk 13 is daardie juweel-gebod oor die liefde, wat saam met geloof en hoop vir altyd bly.
Hoofstuk 14 brei verder uit oor die gawes van profesie en tale.
Hoofstuk 15 gaan oor die opstanding. Sien ook ons studie oor EINDTYDGEBEURE.
In die tweede brief, hoofstuk 6 waarsku Paulus die gemeente om weg te bly van afgodery. In Hoofstukke 8 en 9 gaan dit oor vrygewigheid en hulpbetoning, in hoofstuk 13 sluit hy af met aanmoediging tot blydskap, vrede ens.
Die brief aan die gemeente in Galásië gee gebooie oor onderhouding van die Wet teenoor geloof en genade. Sien studie oor DIE WET. Hoofstuk 5 gee die gebod om te wandel deur die Gees (v 22).
Die brief aan die Efésiërs gee gebooie oor die roeping van die heidene, eenheid van die geloof, heiligheid, huislike pligte en die alombekende wapenrusting teen die Bose. Die volgende teksvers kan moeilik wees om reg te verstaan:
Ef 6:1-3
Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg. Eer jou vader en jou moeder—dit is die eerste gebod met ’n belofte—sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde
Hier haal Paulus een van die Tien Gebooie aan as deel van 'n stel huislike pligte vir die gemeente in Efese. Die vraag wat opkom is: waarom – is hy dan nou nog nie klaar met die Wet nie? Kom ons plaas verse 2 en 3 net eers bietjie in perspektief met die groter teksverband. Van Ef 4:17 tot 6:9 vind ons 'n hele aantal riglyne vir die Christelike lewe, maar met geen verwysings na die Wet nie. Dis net hier hier in 6:2-3 waar hy die Wet inbring. As hy die Wet of die Tien Gebooie as standaard vir die Christelike lewe wou voorhou kon hy maklik al tien gebooie in daardie groter gedeelte van die brief ingeweef het. Maar hy het nie, want die Wet was reeds tot niet, soos hy reeds in Ef 2:15 genoem het. 'n Argument vir die handhawing van die Wet kan nie gebou word op 'n enkele vers of twee waar Paulus na die Wet verwys nie.
Daar is in elk geval niks mee verkeerd om die Wet aan te haal nie. Die Wet was heilig en regverdig en goed (Rom 7:12) en dit was die volmaakte vooraf-bedeling vir die NT. Die feit dat die Wet nie meer in werking is nie, is geen rede om daaroor te swyg nie. Ons sien ook in 2Tim 3:16 dat die hele Skrif nuttig en relevant is. Dalk wou Paulus maar net vir die kinders sê: "Dit was nog altyd die regte ding om jou ouers te eer, en daar was 'n belofte by. Dis vandag nog steeds die regte ding, en die belofte is steeds waar!" Hy sou egter nooit bedoel dat hulle steeds aan die Wet gebonde was nie.
Wat ook opval is dat Paulus die kinders beveel om hul ouers gehoorsaam te wees in die Here. Dit kan net een ding beteken, naamlik om hul ouers lief te hê, want dit is waaroor gehoorsaamheid ten diepste gaan. Liefde is ‘reg’ (om Paulus se eie woord hier te gebruik).
Die volgende klompie briewe is ook propvol gebooie vir die gemeentes en medewerkers van die apostel Paulus. Dit is meesal herbevestigings van wat ons tot dusver gesien het. Ons spring nou oor na die Die brief aan die Hebreërs:
Heb 3:1 Daarom ... let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus ...
Hier begin die skrywer om die gelowiges te vermaan om op Jesus te fokus as die Een wat groter is as Moses en ’n meer uitnemende bedeling vir ons bewerk het, naamlik die Nuwe Testament. Die hele brief gaan eintlik oor die beter, Nuwe Verbond, en dat dit in die geloof aangegryp moet word. Hoofstuk 12 begin sluit met die aanmoediging om in die geloof te volhard.
Die algemene brief van die apostel Jakobus
In hierdie brief ontvang gelowiges raad en advies vir die hantering van beproewinge, versoekinge en hartstogte. Daar word ook gewaarsku teen partydigheid, die nutteloosheid van geloof sonder werke, ’n los tong, en vertroue op rykdom. Hy sluit dan af met nog verskeie gebooie, soos hoe om vir iemand te bid wat siek is.
Jakobus se brief is ook baie kontroversieel deurdat dit enkele uitsprake bevat wat die indruk kan laat dat die Wet in die Nuwe Testament steeds gehoorsaam moet word. Jakobus haal die Wet aan ter ondersteuning van Jesus se nuwe gebooie oor partydigheid (2:8-11), en kwaadsprekery (4:11-12). By nadere bestudering van die brief raak dit egter duidelik dat Jakobus nêrens vir of teen die Wet as sodanig gepraat het nie, maar dit bloot aangehaal het omdat dit op daardie stadium nog die belangrike maatstaf was vir diegene aan wie hy sy brief gerig het. Dit was naamlik die verstrooide gelowiges onder die twaalf stamme (Jak 1:1). Die moeilike en stadige oorgang van die Ou na die Nuwe Testament word in meer besonderhede bespreek in die studie oor DIE WET.
Die twee algemene briewe van die apostel Petrus
Petrus lê in hierdie twee briewe baie klem op die broederliefde, en op eerbare, gehoorsame gedrag in die wêreld. Hy waarsku teen valse leraars, en vermaan Jesus se volgelinge om geduldig en waaksaam te wees met die oog op sy langverwagte wederkoms.
Die drie briewe van die apostel Johannes
Johannes praat baie van die liefde tot God en tot mekaar, en bring dit sterk na vore as die groot gebod vir gelowiges. Hy waarsku ook teen die antichriste en valse leraars. Hy gebruik die woord gebod/gebooie (entole) dikwels en spesifiek, waarna mooi gekyk moet word om misverstande te voorkom:
1Joh 2:3-4 En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ʼn leuenaar en in hom is die waarheid nie.
Johannes gebruik die woord gebod/gebooie sowat dertien keer in sy eerste twee sendbriewe. Die gebod van die liefde is sy hooftema. In sy evangelie bedoel hy met wet altyd die OT Wet, en met gebod/gebooie bedoel hy Jesus se gebooie*. Maar hier in sy sendbriewe praat hy glad nie meer oor die Wet nie – slegs van Jesus se gebooie.
*Daar is een moontlike uitsondering, nl. Joh 15:10: As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly. Moontlik verwys Hy met die gebooie van sy Vader na die Wet of 'n gedeelte van die Wet. Sien ook byv. Matt 5:18-19.
1Joh 2:7-8 Broeders, dit is geen nuwe gebod wat ek aan julle skryf nie, maar ʼn ou gebod wat julle van die begin af gehad het. Die ou gebod is die woord wat julle van die begin af gehoor het. En tog skryf ek aan julle ʼn nuwe gebod wat waar is in Hom en in julle, want die duisternis gaan verby en die waaragtige lig skyn alreeds.
Die apostel sê die ou gebod (entole) is die een wat sy gemeentes van die begin af gehad het. Hy praat van die ‘ou’ gebod van die liefde, wat Jesus vyftig jaar vroeër as ’n nuwe gebod vir sy dissipels gegee het (Joh 13:34). Hy verwys ook daarna in 1Joh 3:11 en 2Joh 1:5-6.
Johannes gee dus weer daardie ou, nuwe gebod van Jesus aan sy gemeentes, en verduidelik in verse 9-11 dat die duisternis wat verby gaan en die waaragtige lig wat alreeds skyn, alles met die broederliefde te doen het.
1Joh 5:2-3 Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie bewaar. Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie.
Hier praat Johannes van God se gebooie (entole). Daar is twee aanduidings dat daarmee Jesus se gebooie bedoel word: Eerstens is Jesus self ook die waaragtige God (1Joh 5:20), wat beteken dat God se gebooie en Jesus se gebooie dieselfde is, en tweedens sê die vers dat sy gebooie nie swaar is nie, wat ooreenstem met Jesus se juk wat sag is en sy las wat lig is (Matt 11:30).
Die Openbaring van Johannes
Hierdie laaste boek in die Bybel bevat ’n aantal ernstige waarskuwings, vermanings en beloftes aan sewe van die gemeentes in Asië. Elke gemeente kan hulself vandag nog aan daardie dinge toets. Die volgende verse, wat van die ‘gebooie van God’ praat, kom laastens onder ons vergrootglas:
Op 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.
Ons het reeds gesien dat Johannes met die woord gebod/gebooie (entole) byna altyd die gebooie van Jesus bedoel, selfs wanneer hy van God se gebooie praat. God die Vader gee die Nuwe Testamentiese gebooie deur sy Seun Jesus Christus. Wat Jesus vir ons kom sê het is wat Hy van die Vader gehoor het om te sê (Joh 5:16-47).
Dieselfde geld dan ook vir die laaste twee tekste in die Bybel wat die woord gebooie gebruik, nl. Op 14:12 en 22:14.
Die Wet aan die een kant, en Jesus se nuwe gebooie aan die ander kant, is twee stelle gebooie vir twee onderskeie bedelings uit verskillende tydperke, met verskillende doelwitte. Daar is natuurlik sterk ooreenkomste tussen die Wet en Jesus se nuwe gebooie, wat heeltemal te wagte is want want die Wet was die skadubeeld van sy gebooie. Die skadubeeld van ’n liggaam toon immers altyd ’n ooreenkoms met die liggaam (Kol 2:17). Die aandag is egter nou nie meer op die skaduwee nie, maar op die Liggaam, wat Christus self is.

SLOTSOM
In die OT het Jahweh se gebooie betrekking op die Wet gehad. Die gebooie was in volle werking en moes getrou en nougeset uitgevoer word. Die boeke van die NT verwys dikwels na daardie gebooie, veral in die vier evangelies, waar Jesus die geldigheid en belangrikheid daarvan tot by sy kruisiging, benadruk het.
Na Jesus se opstanding het Hy die Nuwe Testament, met sy nuwe gebooie, ingestel. Die woord gebod/gebooie verwys nou nie meer na die Wet nie, maar na Jesus se riglyne vir die Christelike lewe. Hierdie gebooie is nie in die vorm van 'n vaste stel reëls of wette nie. Hulle word volop en in verskeie vorms en verbande in die NT geskrifte aangehaal, en word daagliks opnuut in die hart en verstand van elke gelowige ingegee deur die Heilige Gees (Jer 31:31-34, Heb 8:8-13).
Die essensie van die NT gebooie kan byvoorbeeld as volg opgesom word:

- Glo in Jesus die Christus as die ware beliggaming van die Wet (Joh 3:13-18, 5:46, Kol 2:16-17, die hele Heb, veral hst. 9-10)
- Bekeer jou en laat jou doop (Hand 2:37-38)
- Voer sy liefdesgebod uit (Joh 13:34-35, 1Joh 4:7-21)
- Gedenk sy dood deur die instelling van die nagmaal (Matt 26:26-29, 1Kor 11:23-26)
- Wees sy getuie in jou omgewing (1Kor 11:25-26)