WOORDSTUDIE
DIE GAWES VAN DIE GEES
OORSIG
Die gawes van die Gees is Jesus se geskenk aan sy gemeentes.
Dit is steeds van groot belang en behoort nagestreef en gebruik te word.
Dit word uitgedeel deur die Heilige Gees vir die opbouing van die Liggaam en vir dienswerk.
Dit is bonatuurlike vermoëns wat nie noodwendig uit natuurlike talent voortspruit nie.
Daar is baie gawes (meer as net 7 of 9), waarvan sommiges vandag min of glad nie meer gegee word nie, terwyl ander steeds baie kragtig uitgedeel en beoefen word.
Die gawes van allerhande tale en uitleg van tale is steeds besonder kontensieus. Dis is die bonatuurlike vermoëns om in menslike tale, wat voorheen onbekend was vir die spreker te praat, of vir iemand om dit te verstaan en uit te lê. Dit kom vandag baie min of glad nie meer voor nie. Ongewone klanke in die vorm van ‘brabbel’ word wel wyd beoefen, hoofsaaklik in charismatiese en pinkstergemeenskappe. Dit is egter nie die Bybelse gawes van allerhande tale en uitleg van tale nie.

INLEIDING
Die gawes van die Gees is van onskatbare waarde vir gemeentes en moet beoefen en aangemoedig word. Dit is bedoel om gemeentes op te bou tot volkomenheid in Jesus as hul Hoof. Hy gee sy gawes deur die Heilige Gees, wat dit uitdeel soos Hy wil.
Die gawes van die Gees word in sekere kringe heeltemal onderskat en verwaarloos, wat noodwendig lei tot kragteloosheid, doodsheid en gebrekkige insig in God se woord. Aan die ander kant is daar baie gevalle van misbruik van die gawes – of dalk eerder verwringing en selfs vervalsing daarvan – ter wille van sensasie en ‘bemarking’ van kerke en geloofstrominge.
Die waarheid oor hierdie wonderlike en waardevolle deel van die gemeentelike lewe is belangrik, veral in die lig daarvan dat dit deur die Heilige Gees kom en dus met die grootste respek en verantwoordelikheid hanteer moet word.
In hierdie studie word slegs die Bybel as bron gebruik, sonder enige insette vanuit enigiemand se persoonlike ervarings of oortuigings, of die beleid van enige bepaalde denominasie oor die gawes van die Gees.

WAT IS DIE GAWES VAN DIE GEES
Dit is besondere, bonatuurlike vermoëns wat Jesus as 'geskenke' aan sy gemeentes begin uitdeel het na sy oorwinnings oor die Bose deur sy dood en opstanding, gevolg deur sy triomfantelike hemelvaart (Ef 4:8). Dit is voorspel in die Ou Testament (Ps 68:19, Jer 3:15), het begin met die uitstorting van die Heilige Gees (Hand 2), en het voortgeduur terwyl die apostels Hom orals begin verkondig en gemeentes gestig het (Handelinge).
GAWES WAT IN DIE BYBEL GENOEM WORD
In Rom 12:7-8 noem die apostel die volgende gawes in sy brief aan die gemeente in Rome:
Profesie: om Jahweh se Woord te kan predik, uit te lê en te verduidelik, en/of om toekomstige gebeure te voorspel. Luk 1:76, Joh 11:51, Hand 11:28, 15:32, 21:10-11, 1Kor 14:3, 24-25
Bediening: om materiële, administratiewe en bestuursfunksies in die gemeente te kan behartig. Hand 6:1-3.
Lering: om te kan onderrig en te ondersteun tot opbouing in kennis van die Woord. Hand 18:24-28.
Vermaning: vermoë om aan te spoor tot toegewyde, praktiese uitlewing van die geloof deur voorbeeld, inspirasie, vermaning, teregwysing en ondersteuning. Hand 11:23, 14:22, 15:32.
Uitdeling: ondersteuning met persoonlike vermoë en besittings uit ‘n blye, onselfsugtige hart. Hand 2:44-47, 4:34-37, 2Kor 8:2, 9:6-14.
Voorgangerskap: om die gemeente te kan lei en te kan bestuur met die doel om te beskerm, te versorg en op te bou in Jesus. 1Thess 5:12-13, Heb 13:7, 17.
Barmhartigheid: ondersteuning en opbeuring in nood (siekte, armoede, probleme), met ‘n gees van begrip, blydskap en vrolikheid oor die hoop in Jesus. Matt 18:33, Hand 9:36, Jud1:22.
In 1Kor 12:8-10 volg nog voorbeelde van gawes, soos dit aan die gemeente in Korinthe verduidelik word:
Wysheid: insig in die misterie en verborgenheid van ons verlossing deur Jesus, en die vermoë om dit te verkondig en te verduidelik. Matt 23:34, 1Kor 1:23-24, 2:7,10, Ef 3:7-10, Kol 2:2-3, 2Pet 3:15.
Kennis: Bybelkennis, veral van Jesus se werk en leer. Rom 11:33, 15:14, 1Kor 1:5, 2Kor 4:6, 11:6, Ef 4:13, Kol 1:9-10, 2:3, 2Pet 3:18.
Geloof: ‘n uitsonderlike vertroue in Jahweh dat Hy die gemeente sal bewaar en versorg. Dit is meer as net die geloof wat nodig is vir persoonlike redding, en stel die persoon wat dit ontvang in staat om buitengewone dinge te vermag in belang van die gemeente. Matt 21:21-22, Hand 6:8, Ef 1:19-20, Heb 11, Jak 5:15.
Gesondmaking: genesing van siektes en ongesteldhede deur gebed, handoplegging, behandeling (met medisyne), ens. Mark 16;18, Hand 5:15-16, 19:12, 28:8, 1Tim 5:23, Jak 5:14-15.
Kragte: die werkinge (uitvoering) van wonders bokant die normale menslike vermoë, vir die kragtige verkondiging van Jesus en vir beskerming van die gemeente. Mark 16:17-18, Hand 3:6, 5:1-12, 13:11, 19:11.
Onderskeiding van die geeste: die vermoë om te weet of dit die Heilige Gees is wat deur 'n persoon werk of spreek. Dit kan ‘n ander gees wees of bloot die persoon wat uit homself praat. Dit beskerm die gemeente teen misleiding en veinsery van gawes. Hand 5:1-10, 8:20-23, 13:8-11, 1Kor 14:29, 1Tim 4:1, 1Joh 4:1.
Allerhande tale: die vermoë om verskillende tale, wat voorheen onbekend was vir die spreker, te kan praat. Mark 16:15,17, Hand 2:1-17, 10:44-46, 19:6, 1Kor 14.
Uitleg van tale: die vermoë om 'n vreemde taal te vertolk of te vertaal Hand 14.
In 1Kor 12:28-30 word die gawe van apostelskap ook genoem. Dit was gegee aan die twaalf dissipels wat spesiaal deur Jesus uitgekies, opgelei, toegerus en uitgestuur is om Hom bekend te maak en gemeentes te stig. Jesus het hom ook aan Paulus openbaar en hom as 'n apostel aangestel, toegerus en uitgestuur soos die ander twaalf. Matt 4:18-22, Matt 10, Matt 17, 28:16-20, Joh 20:19-31, Joh 21, Hand 1-2, 9:1-31.
In Ef 4:11 word nog enkele ander gawes genoem:
Evangelis: predikers (boodskappers) wat saam met, of onder toesig van, die apostels rondgereis het en behulpsaam was met die verkondiging van Jesus. Hand 8:40, 21:8, 2Tim 4:5.
Herder: dieselfde as die reeds genoemde voorganger of leraar, maar meer ingestel op die leiding, versorging en beskerming van die herder se eie gemeente. Hand 20:28-31, 1Pet 5:2.
Nog verskeie gawes kan in die Bybel gesien word, soos byvoorbeeld:
Selibaatheid: om ongetroud te kan bly vir die werk van Jesus. Paulus was 'n goeie voorbeeld. 1Kor 7:7.
Gasvryheid: in onselfsugtigheid en opregte liefde vir ander 1Pet 4:9-10.
Martelaarskap: dit is 'n belangrike groeikrag van die Geloof. Hand 7, 12, 1Kor 13:3, 2Kor 12:10, Heb 11:37.

DIE DOEL VAN DIE GAWES
Jesus gee die gawes om die lede van gemeentes toe te rus vir dienswerk tot opbouing van sy liggaam, tot volkomenheid in Hom as Hoof van die gemeente en tot sy lof, heerlikheid en volheid. Ef 1:12, 23, 4:11-16.
DIE WERKING VAN DIE GAWES
Jesus gee sy gawes aan gemeentes deur die Heilige Gees, wat dit uitdeel soos Hy wil. 1Kor 12:3-11.
Verskillende gawes word toegedeel aan gemeentelede, volgens wat nuttig is vir 'n gemeente. 1Kor 12:7.
Gawes word ook toebedeel volgens ‘n lid se bevoegdheid en die genade wat hy ontvang. Rom 12:1-6.
Daar is ‘n verskeidenheid van gawes wat saam werk om gemeentes op te bou, net soos ‘n mens se liggaam uit verskillende ledemate bestaan wat saam werk en mekaar ondersteun om een liggaam te vorm. Rom 12:4-6, 1Kor 12:12-30, Ef 4:16.
Elke gawe is belangrik - die lede wat dit ontvang moet daarmee gelyke sorg vir mekaar dra. 1Kor 12:12-30.
'n Gemeente moenie verdeeld wees oor die relatiewe belangrikheid van verskillende gawes nie. 1Kor 12:15-27, Ef 4:1-7, 16.

DIE HEDENDAAGSE WERKING VAN DIE GAWES
Die gawes van die Gees was van belang in minstens drie gemeentes, volgens die briewe aan die Romeine, Korinthiërs en Efesiërs. In 1Kor 13 word egter uitgewys dat die gawes onvolmaak (‘ten dele’) was en mettertyd tot niet sou gaan, terwyl die meer uitnemende geloof, hoop en liefde sou bly voortbestaan. Die Nuwe Testament fokus dan ook hoofsaaklik op hierdie drie dinge.
Baie gawes is nogtans vandag steeds kragtig werkend in gemeentes, byvoorbeeld profesie (prediking), bediening, lering, wysheid, kennis, ens. Sommige ander gawes is weer kennelik minder aktief of selfs nie meer werkend nie, soos byv. toekomsvoorspelling, gesondmaking (byv. dooies wat lewend word, totale blindheid wat heeltemal herstel word), allerhande tale en uitleg van tale, apostelskap, evangelis en martelaarskap. As die Heilige Gees dit tans minder of selfs glad nie meer uitdeel nie, is dit vir redes wat ons nie nou volkome verstaan nie, maar eendag ten volle sal begryp (1Kor 13:12).
In die lig van bogenoemde is nie elke gawe vanselfsprekend vir 'n gemeente nie, maar daar moet vertrou word dat die Heilige Gees altyd sal gee soos Hy wil, wanneer Hy wil en aan wie Hy wil.

DIE GAWES VAN ALLERHANDE TALE EN UITLEG VAN TALE
Hierdie twee gawes kom spesifiek ter sprake waar sekere kerkgemeenskappe, byv. pinkster/ charismatiese kerke, daarop aanspraak maak as 'n deel van hul aanbiddingswyse. Gelowiges wat daarmee in aanraking kom soek dan na sekerheid oor wat reg of verkeerd is. Die regte verstaan van hierdie twee gawes is as volg:
Die gawe van allerhande tale
Jesus het die apostels beveel om die evangelie aan die ganse mensdom te verkondig (Mark 16:15-17). Hulle het buitengewone vermoëns ontvang, onder andere om met nuwe tale te spreek. Met 'nuwe tale' is bedoel tale wat vir die sprekers voorheen onbekend was. Dit het ook so gebeur met die uitstorting van die Heilige Gees tydens die volgende pinksterfees. Feesgangers uit elke nasie onder die hemel het elkeen in hul eie taal die apostels oor die groot dade van God hoor spreek (Hand 2:1-12). Die apostels het in daardie tale gepraat sonder dat hulle die tale geken het.
'n Tyd daarna het Petrus besoek afgelê by Cornelius en sy huis, en Jesus aan hulle verkondig. Tydens sy toespraak het die Heilige Gees op die luisteraars geval, waarna hulle in tale gespreek en God grootgemaak het (Hand 10:44-46). Dit was soortgelyk aan die gebeure in Handelinge 2, volgens Petrus se opmerking in Hand 10:47 en 11:15,17, nl. dat hulle die Heilige Gees ontvang het net soos Petrus-hulle in die begin.
Die gawe van allerhande tale in 1Kor 12 en 1Kor 14 is dieselfde gawe as hierbo. Dit kan gesien word in onder andere hfst. 14:9-11 waar Paulus opmerk dat daar 'wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld is', en in vv 21-22 waar die gawe van tale as ‘n teken vir die ongelowiges uitgewys word. Dit stem ooreen met die gebeure van Hand 2:
Dit kan nogal tereg gevra word hoe dit dan was met die tale wat deur die pas-bekeerdes in Cornelius se huis gepraat is – wie was die ongelowiges vir wie die tale bedoel was? 'n Moontlike antwoord is dat dit in daardie geval Petrus self was, veral die gelowiges uit die besnydenis wat hom vergesel het! (Hand 10:46). Ons lees juis in Hand 10 en 11 hoe moeilik dit vir Petrus was om sy 'ongeloof' oor die heidene te oorkom.
Die gawe van uitleg van tale
Dit is ‘n gawe in eie reg, waar iemand ‘n taal vertolk, uitlê, of vertaal. Dit was vir die gemeente in Korinthe uiteraard 'n belangrike gawe omdat die stad ‘n groot handelsentrum met ‘n gemengde bevolking was. Die gemeente was uit die bevolking saamgestel en het gereeld met vreemde besoekers te doen gehad. Die gawe van uitleg van tale was dus van groot nut vir goeie kommunikasie in die gemeente.
Uitleg van tale was nie altyd nodig nie, byvoorbeeld tydens die pinksterbyeenkoms in Jerusalem (Hand 2). In hierdie geval het elke feesganger die apostels in sy eie taal gehoor, dus het niemand uitleg nodig gehad nie. Ook in Cornelius se huis was dit nie nodig nie want die doel in daardie geval was net om Petrus-hulle te oortuig dat die sprekers die Heilige Gees ontvang het (Hand 10:47).
Woordbetekenisse
Ter wille van duidelikheid oor die Griekse woorde in die grondteks van die Nuwe Testament wat in ons Bybel as taal of tale vertaal is, word die volgende omskrywings kortliks gegee:
Die 'spreek in tale' as ongewone klanke
In kerkgemeenskappe waar 'spreek in tale' aktueel is, word dit meestal in die vorm van 'ongewone klanke' ('brabbel') beoefen. Dit is klanke wat onverwant is aan enige spreektaal. Brabbeling is 'n relatief nuwe aanbiddingselement wat berus op oortuigings wat ontwikkel het uit die praktiese beoefening daarvan deur die betrokke kerke. Die oortuigings word ondersteun deur alternatiewe vertolkings van die betrokke Bybeltekste.
Die gawes van allerhande tale en uitleg van tale in die Bybel het egter nie op ongewone klanke nie, maar op menslike spreektale betrekking gehad, naamlik die verskillende tale en dialekte van die nasies, volke en gemeenskappe in die apostels se sendingveld.
LEWENSWOORD se standpunt
Die gawes van allerhande tale en uitleg van tale gaan oor die bonatuurlike vermoë om God groot te maak en Jesus te verkondig in menslike tale wat voorheen onbekend was vir die sprekers.
Hoewel dit blyk dat hierdie twee gawes opgehou het en vandag min of glad nie meer in werking is nie, kan die Heilige Gees dit steeds in gemeentes uitdeel as Hy wil. Gemeentes moet daarna streef om waardig en bevoeg te wees om dit te ontvang indien Hy dit dit sal gee.
Ongewone klanke (brabbel) is nie die Bybelse gawe van allerhande tale nie. Dit het egter deur baie jare 'n plek onder gelowiges in ons volk ingeneem en sentimente daarvoor is diep gewortel. Verskille oor die gawes van allerhande tale en die uitleg van tale het al groot konflik, verdeeldheid, kerkskeuring en hartseer in die geledere van gelowiges gebring – nie net in ons land alleen nie, maar wêreldwyd.
Dis hier waar ander gawes soos wysheid, herderskap en bediening, en die vrugte van die Gees, soos byv. liefde en lankmoedigheid, nodig word. Eerstens is dit belangrik vir elke gemeente om sy standpunt oor die gawe van allerhande tale en uitleg van tale duidelik en ondubbelsinnig te formuleer en bekend te maak. Daar moenie onsekerheid by enige lidmaat wees oor wat aanvaar of nie aanvaar word nie. Tweedens moet gemeentelede geleer en aangemoedig word om met mekaar in gesprek te bly oor verskille, in broederlike liefde en met beoefening van die ander gawes en vrugte soos hierbo genoem. Solank as wat gelowiges in staat is om openlik te praat oor verskille en bereid is om oortuig te word van waarheid, kan gemeentes groei in hul hoof Jesus Christus en in die eenheid van sy liggaam. Indien dit byvoorbeeld gebeur dat 'n besoeker in 'n erediens opstaan en brabbel, dan moet die situasie hanteer word volgens die uitnemende weg van die liefde. Dit moet elke gemeente se hoogste strewe wees.

- die apostels het waarlik in 'wie weet hoeveel soorte tale' gepraat (vv 8-11);
- die ongelowiges is in hul eie tale aangespreek en het daarna gelowig geword (vv 37-47).
Dit kan nogal tereg gevra word hoe dit dan was met die tale wat deur die pas-bekeerdes in Cornelius se huis gepraat is – wie was die ongelowiges vir wie die tale bedoel was? 'n Moontlike antwoord is dat dit in daardie geval Petrus self was, veral die gelowiges uit die besnydenis wat hom vergesel het! (Hand 10:46). Ons lees juis in Hand 10 en 11 hoe moeilik dit vir Petrus was om sy 'ongeloof' oor die heidene te oorkom.
Die gawe van uitleg van tale
Dit is ‘n gawe in eie reg, waar iemand ‘n taal vertolk, uitlê, of vertaal. Dit was vir die gemeente in Korinthe uiteraard 'n belangrike gawe omdat die stad ‘n groot handelsentrum met ‘n gemengde bevolking was. Die gemeente was uit die bevolking saamgestel en het gereeld met vreemde besoekers te doen gehad. Die gawe van uitleg van tale was dus van groot nut vir goeie kommunikasie in die gemeente.
Uitleg van tale was nie altyd nodig nie, byvoorbeeld tydens die pinksterbyeenkoms in Jerusalem (Hand 2). In hierdie geval het elke feesganger die apostels in sy eie taal gehoor, dus het niemand uitleg nodig gehad nie. Ook in Cornelius se huis was dit nie nodig nie want die doel in daardie geval was net om Petrus-hulle te oortuig dat die sprekers die Heilige Gees ontvang het (Hand 10:47).
Woordbetekenisse
Ter wille van duidelikheid oor die Griekse woorde in die grondteks van die Nuwe Testament wat in ons Bybel as taal of tale vertaal is, word die volgende omskrywings kortliks gegee:
- Die Griekse woorde glossa ('taal'), en laleo ('spreek, praat'), word meeste in die Bybel gebruik waar dit gaan oor die gawe van allerhande tale. Die uitdrukkings glossa laleo, of laleo glossa, beteken: om iets te sê (te praat) in een of ander spreektaal.
- In Mark 16:17 beteken 'nuwe tale' (glossa kainos) ander, vreemde (uitlandse) tale wat nuut is vir die sprekers.
- In Hand 2:6 en 2:8 beteken die Griekse woord dialektos dialek, taal of spreektaal.
- In 1Kor 14:10 word die Griekse woord phōnē (fo-nay') vir tale gebruik. Dit beteken ook 'klank' soos van 'n instrument, of om iets te sê, of 'n vorm van taal te gebruik. Die woord phōnē staan op baie plekke in die NT vir 'stem', soos in Hand 2:14 waar Petrus sy 'stem verhef' en met sy toespraak begin.