WOORDSTUDIE
DIE BYBEL
OORSIG
Ter inleiding word die boeke in ons Bybel in tabelvorm gegee, met die outeurs en ontstaandatums van die boeke. Daar is ook ’n Woordelys met omskrywings van die vakkundige terme wat in hierdie studie gebruik word.
Die belangrikste manuskripte, d.i. kopieë van die oorspronklike Bybelboeke of gedeeltes daarvan wat bewaar gebly het en waaruit die hele Bybel opgebou is, word daarna kortliks aangetoon.
Die eerste Bybelkanon is in die vyfde eeu erken en amptelik vasgestel. Tydens die Kerkhervorming in die 16de eeu word verskillende kanons vasgestel of herbevestig, met duidelike identifisering en uitsluiting van geskrifte wat nie tot die kanon gereken was nie.
Die vakgebied van Tekskritiek word oorsigtelik bekendgestel en die voordele daarvan uitgelig. Die ontwikkeling van enkele bekende Hebreeuse en Griekse kritieke Bybels word as produkte van Tekskritiek beskryf.
Die geskiedenis van Bybelvertaling word dan kortliks gegee, met enkele opmerkings oor vertaalstyle en die polemiek rondom moderne Bybelvertalings.
Die betroubaarheid van die Bybel word ook bespreek, met tipiese kwelvrae wat beantwoord word, soos of die Bybel regtig van God kom. Die vraagstuk van ander evangelies naas die Bybelboodskap word ook behandel.
Laastens word God se doel met die Bybel asook ’n paar belangrike riglyne vir die regte gebruik van die Bybel behandel.

INHOUD
INLEIDING DIE BOEKE VAN DIE BYBEL WOORDELYS MANUSKRIPTE KANONVORMING TEKSKRITIEK BYBELVERTALING DIE BETROUBAARHEID VAN DIE BYBEL DIE DOEL EN GEBRUIK VAN DIE BYBEL |
INLEIDING
Ons Bybel is die ses-en-sestig kanonieke boeke van die Ou en Nuwe Testamente. Dit is volledig, genoegsaam en die enigste Woord van God wat ons in staat stel om Hom te ken en in sy Seun te glo tot verlossing van sonde en beërwing van die ewige lewe (Luk 4:4, 11:28, Spr 30:5-6, 2Tim 3:14-17, Op 22:18-19).
God gee sy boodskap van genade en redding net deur die Bybel. Die apostel Paulus stel dit so: Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. (2Tim 3:16-17). Die Skrif (Bybel) openbaar dus die geregtigheid wat Jesus vir ons verwerf het, en leer ons om sy opdragte uit te voer. Sien ook Rom 15:4, Tit. 2:11-15. Die Heilige Gees help ons om die Bybel te verstaan en te glo (Joh 14:16-17, 26, 16:13-14).
Die Bybel dra die hoogste gesag (2Pet 1:19-2:29). Alle ander inligting oor God en sy reddingsplan vir die mens is ondergeskik aan wat die Bybel daaroor bekend maak. Dit beteken dat:
• menslike oortuigings of persoonlike ervarings slegs aanvaar kan word sovêr dit ooreenstem met die Bybel;
• enige leringe of uitsprake wat iets byvoeg tot die Bybel, iets wegneem uit die Bybel of die inhoud van die Bybel verander, onaanvaarbaar is;
• 'nuwe' godsdienstige ontdekkings of strominge altyd deeglik teen die Woord getoets moet word.
Die Bybel kan ook nie na willekeur op elke of enige gebied van die lewe van toepassing gemaak word asof dit ’n algemene handboek is nie. Die Bybel gee baie waarheid en wysheid, maar die boodskap van die Bybel gaan hoofsaaklik oor Jesus wat van sonde verlos en die ewige lewe skenk.
Daar is baie soorte Bybels in die wêreld, in verskillende tale en skryfstyle en ook met verskillende inhoud. Bybelgenootskappe is wêreldwyd gedurig besig met vernuwings en verbeterings. Nuwe Bybels moet getoets word vir getrouheid aan die regte grondtekste, en mens moet bedag wees op vals leringe wat deur alternatiewe weergawes en vertalings ingebring kan word. Gelukkig gee verreweg die meeste Bybels al eeue lank een en dieselfde kernboodskap, waar foute en verskille eintlik maar nietig is en eerder verdere navorsing en opdatering aanmoedig as om enige skade te doen. Ons Afrikaanse 1933/53 Afrikaanse vertaling is byvoorbeeld betroubaar, maar ander vertalings kan ook gebruik word waar sekere teksgedeeltes beter of duideliker gestel word.
Baie mense ken en verstaan die inhoud van die Bybel, maar weet minder oor die Bybel. Kennis oor die ontstaan en ontwikkeling van die Bybel is nou wel nie noodsaaklik vir persoonlike geloof en redding nie, maar dit is tog baie waardevol. Dit versterk jou geloof in God, dit verdiep jou verhouding met Hom en verleen meer gesag aan jou getuienis as Christen in die wêreld.
Die ontwikkeling van die Bybel van sy oorspronklike handskrifte tot wat ons vandag het, is seker die mees omvangryke en komplekse proses wat die wêreld ooit beleef het. Die arbeid, tyd en hulpbronne wat al soveel duisende jare op die Bybel gespandeer is en die wetenskaplike kennis en vaardighede wat deesdae daarvoor ingespan word, is eintlik verstommend. Hieronder volg ’n baie oorsigtelike opsomming van die hoofmomente van hierdie groot, uitgerekte gebeurtenis. U word aangemoedig om dit self in meer diepte te bestudeer as u wil. Daar is talle goeie boeke daaroor beskikbaar en die internet loop oor van inligting oor die Bybel!

DIE BOEKE VAN DIE BYBEL
Die woord Bybel is afgelei van die Grieks ta biblia, wat ‘die boeke’ beteken. Die Bybel is ’n gebundelde versameling van boeke. Nou is die vraag: waar kom hierdie bundel vandaan en wat is die inhoud daarvan? Die inhoud self word in ander studies behandel; hier gaan dit oor die herkoms en ontwikkelingsgeskiedenis van die Bybel.
Wat ons vandag in ons hand het, was oorspronklik oor ’n tydperk van 1 600 jaar geskryf. Die meeste Bybels het die volgende boeke, met die name van die outeurs en die geskatte ontstaansdatums:

|
WOORDELYS
Die volgende Bybelkundige woorde en terme word gebruik:
oorspronklike handskrif
(Eng. autograph), die oorspronklike dokument wat deur die outeur geskryf of gedikteer was.
manuskrip
Tradisioneel was dit enige handgeskrewe dokument in die vorm van byv. ‘n inskripsie op ‘n kleitablet, of geskrewe teks op ‘n vel papirus of perkamentrol. Vandag het die woord manuskrip ’n heel uitgebreide betekenis: dit is enige inligting in enige vorm byv. skrif, klank of video, wat nog in die proses van vervaardiging is. In hierdie studie gaan dit net oor Bybelmanuskripte volgens die tradisionele betekenis van die woord.
kodeks
‘n handgeskrewe dokument in boekvorm met blaaie, soortgelyk aan hedendaagse boeke. Voor kodekse was dokumente in die vorm van los blaaie of boekrolle. In teenstelling met handgeskrewe boeke (kodekse) word gedrukte boeke gewoon boeke genoem.
bronteks/grondteks
In hierdie studie beteken grondteks die Hebreeuse/Aramese of Griekse teks wat die oorspronklike handskrif van ‘n gegewe Bybelteks verteenwoordig. Die woord bronteks beteken enige grondteks of ander teks waaruit ’n vertaling gedoen word of wat as bron vir teksontleding gebruik word.
teksgetuienis
Enige voorwerp wat Bybelteks bevat, byvoorbeeld manuskripte en kodekse. Minder algemene teksgetuienisse is byv. hangertjies, armbande, klippe, gedenkstene, grafstene ens. ’n Teksgetuienis is ’n vorm van addisionele bewys of ‘getuie’ van die bestaan van ’n Bybelteks in een of ander vorm.
papirus, perkament en papier
Vanaf omtrent 3000 v.C. was algemeen met pen en ink geskryf op papirusvelle, vervaardig van die papirusplant wat in die Nyldelta van Egipte gegroei het. Teen ongeveer 400 n.C. of dalk nog vroeër het perkament, wat van diervelle vervaardig word, as ‘n duursamer en goedkoper skryfmedium meer gewild begin raak. Teen omtrent 1200 n.C. het papier, wat toe al van verskeie plantsoorte vervaardig was, die algemene skryfmedium geword. Vanaf die 15de eeu, toe drukkerye oor die wêreld begin vermenigvuldig het, het papier so te sê die enigste skryf- en drukmedium geword.
paleografie
Die ontleding en datering van antieke geskrifte. Dis vandag ‘n hoogs ontwikkelde wetenskap wat ‘n groot rol in Bybelnavorsing vervul.
tekskritiek
Die wetenskap wat verskillende manuskripte vergelyk om die beste oorspronklike teks vas te stel. ’n Kritieke Bybel is ’n Bybel wat verskeie vertalings en/of grondtekste bevat, met ‘instrumente’ wat verskille tussen die tekste op ’n sistematiese wyse ontleed en verklaar. (Meer later oor tekskritiek).
tekstipes
Bybelmanuskripte word tradisioneel deur navorsers ingedeel in verskillende tekstipes, na gelang van die gebied van oorsprong van die manuskrip, die tyd wanneer dit geskep was, die skryfstyl, ensovoorts. Klassifisering in tekstipes kom merendeels by nuwe Nuwe-Testamentiese navorsing voor. Die bekendste drie is:
die Aleksandrynse tekstipe. Dit is ook bekend as die ‘minderheidsteks’ omdat die bestaande manuskripte van hierdie tipe relatief min in getal is. Dit word deesdae beskou as die oudste en mees betroubare tekstipe. Moderne Bybelvertalings word tans oorwegend daarop gebaseer.
die Bisantynse tekstipe. Ook bekend as die ‘meerderheidsteks’, omdat manuskripte daarvan baie volop is. Hulle dateer egter uit ’n heelwat later tydperk, vêrder weg van die oorspronklike handskrifte. Dit was nietemin die enigste beskikbare en ‘aanvaarde’ tekstipe (Textus Receptus) sedert die 15de eeu toe gedrukte Bybels begin verskyn het. Die afgelope vier eeue was die meeste Bybels op grondtekste van die Bisantynse tekstipe gebaseer, waar die Aleksandrynse tekstipe eers vanaf vroeg in die twintigste eeu begin veld wen het.
die Westerse tekstipe. Dit kom oorheersend in die ou Latynse en Siriese vertalings van die NT uit die Grieks, en in die geskrifte van sommige ou kerkvaders voor. Die hoofeienskap van hierdie tekstipe is parafrasering, waar woorde en sinne dikwels en vrylik verander is om die betekenisse daarvan duideliker te probeer maak.
kanon
Daardie bepaalde bundel boeke wat as die volledige geskrewe Woord van God beskou word. Verskeie geloofsgemeenskappe in die wêreld het verskillende kanons van die Bybel.
apokriewe en deuterokanonieke boeke
Die woord apokrief is aan die Grieks ontleen en beteken: verborge. Apokriewe boeke was van die vroegste eeue so geklassifiseer omdat hulle nie voldoen het aan vereistes van egtheid, waarheid en ooreenstemming met die kanonieke boeke nie. Hulle was eenkant, verborge, gehou. Die O.T. apokriewe word wel deur die Rooms-Katolieke kerk erken, maar as ’n ‘tweede’ kanon, wat aanleiding gegee het tot die benaming deuterokanoniek.
Hebreeus, Aramees, Grieks, Latyn
Die oorspronklike handskrifte en baie kopie-generasies van die OT boeke was geskryf in antieke, of oud-Hebreeus. Die alfabet van antieke Hebreeus het slegs uit konsonante (medeklinkers) bestaan, sodat die volledige betekenisse en uitspreekvorms van woorde deur tradisie, konteks en leeskennis bepaal was. Van daardie era tot vandag het die lettervorms en alfabet van Hebreeus baie verander. Tydens die Middeleeue het sekere Israelse skrifgeleerdes, bekend as die Masorete, vokale (klinkers) en leestekens vir Hebreeus ontwikkel, wat dit meer leesbaar en verstaanbaar vir almal gemaak het. Die belangrikste bestaande grondtekste van die Ou Testament is in die Masoretiese teksvorm.
Na die ballingskappe van Israel, wat omtrent 700 v.C. begin het, het Aramees al meer algemeen in gebruik geraak. Enkele klein stukkies van die latere boeke Jeremia, Daniël en Esra was byvoorbeeld in Aramees geskryf. Teen 100 v.C. was Hebreeus al tot so ’n mate as algemene spreektaal deur Aramees vervang dat vertalings van die Skrifte na Aramees nodig geword het. So het die sg. Targums ontwikkel (later meer daaroor). In Jesus se tyd het Israel Aramees as eerste taal gehad, terwyl Hebreeus nog net as opvoeding- en aanbiddingstaal in gebruik was.
Teen 300 v.C. was Grieks die nuwe wêreldtaal, veral die sg. Koine of algemene vorm daarvan. Die Septuagint was dan ook die baie bekende vertaling van die Hebreeuse Bybel na Grieks (later meer daaroor). Alhoewel Aramees Israel se eerste taal gebly het, was Grieks teen die eerste eeu n.C. al so wyd in gebruik dat die boeke en briewe van die Nuwe Testament ook in Grieks geskryf was.
Vanaf die eerste eeu v.C. tot in die Middeleeue het die Romeinse ryk daarvoor gesorg dat Latyn ’n wêreldtaal in die Weste van Europa geword het. Die Rooms-Katolieke kerk het Bybels uit die oorspronklike Hebreeus en Grieks na Latyns vertaal en selfs sovêr gegaan om die erkenning en gebruik van slegs daardie Bybels af te dwing. Die Vulgaat (sien later) is die beste voorbeeld van die Bybel in Latyn. Die Vulgaat oefen nou al meer as duisend jaar lank ’n ontsaglike invloed op die kultuur en Godsdiens van die wêreld uit, wat Latyn ’n belangrike Bybeltaal maak.

MANUSKRIPTE
Ons kyk nou na die brondokumente waaruit ons Bybels saamgestel is: daardie oudste of beste manuskripte wat deur die eeue vir ons bewaar gebly het. Dit moet sommer dadelik genoem word dat geeneen van die oorspronklike handskrifte van enige Bybelmanuskripte ooit gevind is nie. Hulle het lankal deur tyd en verwering vergaan, gelukkig nadat hulle eers talle male gekopieer (oorgeskryf) was. Alle manuskripte wat nou nog bestaan is kopieë van kopieë van … kopieë. Dis is nogtans voldoende om daaruit God se woord volledig, betroubaar en akkuraat vas te stel.
Wat hier volg is baie bondige oorsigte van die belangrikste manuskripte in die ontwikkeling van die grondtekste van die Bybel. Die bedoeling is nie soseer om feite geskiedkundig of tegnies foutloos en volledig oor te dra nie, eerder om ’n prentjie te skep van die eeue lange uitgerektheid, omvang en diepte van die prosesse waardeur Bybelse brontekste vir ons bewaar gebly het.
Omdat die geskiedenisse van die Ou en Nuwe Testamente so baie van mekaar verskil, word elkeen afsonderlik bespreek:
Ou Testament
Silver rolle
Die heel oudste bestaande handskrif van ’n paar woorde uit die boek Numeri is die twee sg. silver rolle. Dit is klein amulette (hangertjies). Hulle is in 670 v.C. vervaardig, in 1979 naby Jerusalem ontdek en is tans in besit van die Israel Museum. Die hangertjies dien as bykomende fisiese bevestiging van die (verlore) oorspronklike handskrifte en verskaf ook ander belangrike paleografiese inligting.
Nash papirusse
Dis ’n versameling van Hebreeuse papirusfragmente wat in 1902 by ’n antieke handelaar in Egipte gekoop was deur die sekretaris van die Engelse Vereniging van Bybelse Argeologie, W L Nash. Hy het dit aan die Cambridge Universiteit oorhandig, waar dit vandag in bewaring is. Die fragmente bevat die Tien Gebooie gekombineer met klein gedeeltes van Eksodus en Deuteronomium, asook die eerste stukkie van ’n ou Israelse gebed. Gedateer uit 200 – 100 v.C., is hierdie versameling ’n belangrike teksgetuienis van die Hebreeuse Bybel.
Hebreeuse Bybel
Die Hebreeuse Bybel (Tanak) is soortgelyk aan die O.T. van ons Protestantse Bybels. Dit het vanaf 800 v.C. tot 100 n.C. uit die oorspronklike handskrifte van die outeurs, of uit kopieë daarvan, ontwikkel. Vanaf ong. 700 n.C. tot 1000 n.C. het die Masorete die Tanak verder ontwikkel na ‘n meer leesbare vorm deur o.a. vokale en leestekens by die teks te voeg. Die oudste bestaande weergawes van die Tanak is die Aleppo Kodeks wat ong. 920 n.C. in die stad Tiberias, Israel, sy oorsprong het en die Leningrad Kodeks wat sy oorsprong ong. 1008 n.C. in Kairo, Egipte, het. Die twee kodekse was eeue lank – tot in die 19de en 20ste eeu – onontdek en onbeskikbaar en word tans in die Israel Museum en in die Nasionale Museum van Rusland onderskeidelik bewaar.
’n Volgende belangrike weergawe van die Tanak was die Mikraot Gedolot (Rabbynse Bybel), wat in 1516-17 in Venisië deur Daniël Bomberg gedruk en gepubliseer was. Dit bevat die teks van die Tanak plus o.a. ’n hele aantal Rabbynse kommentare. Bomberg het baie moeite gedoen om alle (toe beskikbare) brontekste vir die produksie van hierdie Bybel in die hande te kry. (Die Aleppo en Leningrad kodekse was nie deel daarvan nie want hulle was eers later ontdek.) Die Mikraot Gedolot is vandag in baie verskillende vorms beskikbaar. Dit het ’n belangrike rol gespeel in die ontwikkeling van ons Bybel. Die Ou Testament van die 1611 weergawe van die King James Bybel was byvoorbeeld daarop gebaseer.
In 1901 het die Duitser Rudolph Kittel begin met die ontwikkeling van die Biblia Hebraica, ’n kritiese uitgawe van die Hebreeuse Bybel gebaseer op die Mikraot Gedolot. Vir latere uitgawes van Biblia Hebraica is die Aleppo en Leningrad kodekse as brontekste gebruik. (Sien meer onder Tekskritiek.)
Na aanleiding van heelwat variasies tussen Hebreeuse tekste wat in die Dooie See rolle ontdek is, is daar deesdae ’n toenemende neiging onder Bybelnavorsers om nog tekskritieke uitgawes van die Tanak te produseer, wat die bywerking en ontleding van verskille verder stimuleer.
Septuagint
Die Septuagint is ’n Griekse vertaling van die Hebreeuse Bybelteks, met ’n aantal O.T. apokriewe boeke wat ook bygevoeg is. Dit was van 300 v.C. tot 100 v.C. in Alexandrië, Egipte geskryf op versoek van die heersende (Griekse) Farao aan ’n uitgesoekte groep van omtrent 70 Hebreeuse skrifgeleerdes. Grieks was in daardie tyd die wêreldtaal en min mense kon nog Hebreeus lees. Die Septuagint het wyd in gebruik geraak, selfs later deur Jesus en die apostels. Hulle aanhalings van die skrifte was meestal uit die Septuagint. Die Hebreeuse Bybel (Tanak) was toe nog nie in ’n afgeronde en baie bruikbare vorm nie.
Die oudste bestaande manuskripte van die Septuagint is die O.T. gedeeltes van twee kodekse wat in die vierde eeu n.C. geskryf is. Dit is die Kodeks Vaticanus (nou in die Vatikaanse biblioteek) en Kodeks Sinaiticus (met die grootste gedeelte daarvan tans in die Britse Biblioteek en die res in Leipzig, Rusland, en die Saint Catherine’s klooster, Egipte). Met die verspreiding van die vroeë Christendom was die Septuagint in verskeie vorms na Latyns vertaal, daarna na ’n hele aantal ander tale van daardie tyd. Daar is vandag honderde verskillende weergawes en kritieke uitgawes van die Septuagint in omloop in die wêreld.
Die Septuagint is ’n baie belangrike grondteks (bronteks) vir verskeie Bybelvertalings, soos byvoorbeeld Die OT gedeelte van die Engelse King James.
Samaritaanse Pentateug
Die Samaritaanse Pentateug is ’n weergawe van die eerste vyf boeke van die O.T., geskryf ongeveer 200 - 100 v.C. in Samaritaanse Hebreeus. Die oudste bekende manuskrip van hierdie Bybel dateer uit die elfde eeu n.C. en word gebruik in die Samaritaanse sinagoge van Nablus, Israel. Nog ’n manuskrip daarvan was in die sestiende eeu ontdek en is nou in besit van die Nasionale Biblioteek van Frankryk. Baie navorsing is al gedoen op die Samaritaanse Pentateug, wat vertalings en kritieke uitgawes daarvan insluit. Dit is ’n waardevolle dokument in Bybelnavorsing.
Dooie See rolle
Die Dooie See rolle was ongeveer 150 v.C. tot 70 n.C. geskryf. Die rolle is in 1946-56 ontdek. Besit van die rolle het gewissel van verskeie privaateienaars aan die begin, met byna al die rolle nou in besit van die Rockefeller Museum in Israel. Daar is ongeveer 800 rolle, in Hebreeus, Aramees en Grieks. Omtrent 200 van hulle het betrekking op die Ou Testament.
Die Dooie See rolle is van groot belang vir Bybelnavorsing. Die hele hantering van die rolle was van die begin af in uiterste erns en toewyding gehul, met die beplanning en bestuur van die navorsing, sekerheidsmaatreëls, werksplek en toegangsbeheer, tegnologie en inligtingsbeheer op die hoogste vlakke. Politieke en vertrouensprobleme was en is steeds ook ’n kopseer, waar slegs ’n uitgesoekte binnekring byv. toegang tot die rolle het. Die geweldige wêreldwye belangstelling in die inhoud van die rolle wat beskikbaar gemaak word, gaan gepaard met ontleding en kontrolering op ’n skaal wat gerustheid gee dat die inligting volledig is en nie vervals of aangetas is nie.
Die groot waarde van die Dooie See rolle lê in hul verdere bevestiging van die betroubaarheid en juistheid van ons Ou Testamentiese Bybelteks, en ook in die baie inligting wat dit gee oor die Ou Testamentiese kultuur en geskiedenis van Israel. Waar die oudste bestaande Hebreeuse manuskripte van die Ou Testament (byv. die Aleppo Kodeks) uit ongeveer die 9de eeu n.C. gedateer het, het die Dooie See rolle die datum nou met 1000 jaar teruggestoot na die 2de eeu v.C. Hierdie ou rolle vertoon merkwaardige ooreenkomste met die relatief veel jonger manuskripte. Die transmissie van die teks van die Ou Testament was dus akkuraat oor daardie periode van 1000 jaar. Daar is ook dramatiese verskille tussen sekere fragmente van die rolle, wat weer wys op die vloeibaarheid van die O.T. skrifte op daardie stadium.
Targums
Vertalings van die Hebreeuse Bybel (Tanak) na Aramees, bekend as Targums, het vanaf die eerste eeu v.C. begin, omdat Hebreeus algaande deur Aramees as omgangstaal vervang was. Die Targums was ook bedoel om die inhoud van die Tanak te interpreteer. Aanvanklik was die neerskryf van Targums verbode, maar in die eerste eeu n.C. het geskrewe Targums wel begin verskyn. Die belangrikste twee Targums is die Targum Onkelos, wat op die Tora (Wet) fokus, en die Targum Jonathan, wat op die profete fokus. Baie manuskripte en fragmente van die Targums is in verskeie biblioteke in die wêreld.
Koptiese Bybel
’n Hele verskeidenheid Koptiese Bybels het vanaf die tweede eeu n.C. begin ontstaan. Dit was vertalings na die verskillende Koptiese dialekte uit die Septuagint (vir die O.T.) en uit beskikbare N.T. manuskripte (vir die N.T.). Oorblyfsels en kopieë van vroeë Koptiese Bybels is in verskeie sinagoges en biblioteke beskikbaar, en is belangrik vir Bybelnavorsing.
Chester Beatty papirusse
Dit is ’n groep papirusmanuskripte in Grieks wat uit ongeveer 200 n.C. dateer. Sewe van die manuskripte bevat fragmente van gedeeltes van die teks van die Septuagint, byv. Genesis, Numeri, Deuteronomium, Jesaja, Jeremia, Prediker. Die res van die papirusse bevat fragmente van gedeeltes van die Nuwe Testament. Die manuskripte is in die 1930’s van ’n handelaar in Egipte gekoop deur ’n myningenieur, A. Chester Beatty. Vandag is hulle in die Chester Beatty biblioteek in Dublin, Ierland.
Peshitta
Die Peshitta is ’n vertaling van die Bybel na Aramees/Siries. In 200 n.C. was eers die OT uit Hebreeus, en in 500 n.C. die NT uit Grieks vertaal, waarna die Peshitta die Bybel van die Siriese Christendom geword het. Bestaande manuskripte van die Peshitta dateer tot so vroeg as 500 n.C. en is waardevol in Bybelnavorsing.
Vulgaat
Die Vulgaat is ’n 4de eeuse vertaling van die Bybel na Latyns, deur die Katolieke priester Sint Jerome (Hieronymus) saam met enkele medewerkers. Dit was in opdrag van pous Damasus, en die doel was om al die Bybelse geskrifte wat op daardie stadium in die kerk in gebruik was, te hersien en saam te vat in een amptelike Bybel. Hulle het ’n versameling van beskikbare bronne gebruik, o.a. die Septuagint, die Hebreeuse kanon van die OT en die beskikbare Griekse bronne vir die NT. Die oudste bestaande en volledige manuskrip van die Vulgaat is die Kodeks Amiatinus, wat in die 8ste eeu in Engeland vervaardig is. Tans is dit in die Laurentiaanse biblioteek in Florence, Italië.
Die Vulgaat het van sy begin af ’n belangrike plek in die Roomse kerk ingeneem. Dit het dan ook deur baie prosesse van hersiening en vervaardiging in verskillende vorms gegaan, te midde van eeuelange wêreldgebeure in die kerklike, politieke en maatskaplike arenas. Tydens die Konsilie van Trent (1545-1563) was die Vulgaat uiteindelik as die amptelike Bybel van die Rooms-Katolieke kerk verklaar. Dit was egter meer ’n walgooiery teen die Protestantisme as iets anders. In 1590-92 was ’n hersiening van die Vulgaat (eers die Sixtus-uitgawe gevolg deur die Klemens-uitgawe) as die amptelike Bybel gepromulgeer. In 1979 is die Nova Vulgata as die nuutste amptelike Latynse teks van die Rooms-Katolieke Bybel gepromulgeer.
Die Vulgaat het ’n ingewikkelde geskiedenis. As die Bybel van die magtige Roomse kerk oor ’n tydperk van reeds amper 2000 jaar, het dit wêreldwyd ontwikkel in menigvuldige weergawes en allerlei verwante literatuur.
Die Vulgaat oefen nie net gesag in die Roomse kerk uit nie, maar het ook oor ’n periode van meer as duisend jaar (400 - 1530) ’n baie groot invloed op die Westerse kultuur en Godsdiens gehad. Vir die meeste Middeleeuse Westerse Christene was dit die enigste weergawe van die Bybel wat hulle ooit sou sien. ’n Hele aantal Engelse Bybels is uit die Vulgaat vertaal, en moderne kritieke uitgawes van die Vulgaat is ook volop. In 1969 is byv. die Stuttgart-(Weber-Gryson)-Vulgaat die eerste keer gepubliseer. Dis skaars nodig om te noem dat die Vulgaat met al sy vorms en variasies ’n belangrike bronteks vir Bybelnavorsing en vir ons moderne Bybelvertalings is – vir beide die Ou en Nuwe Testamente.
Nuwe Testament
Daar bestaan meer Nuwe-Testamentiese manuskripte as van enige ander literêre werk ooit in die geskiedenis. Omtrent 5 800 volledige of gefragmenteerde Griekse manuskripte, 10 000 Latynse manuskripte en 9 300 manuskripte in ander antieke tale is geboekstaaf, waarvan die datums van 125 n.C. tot die tyd van die boekdrukkuns in die 15de eeu wissel. Enkele van die oudste manuskripte is groot fragmente van, of volledige boeke/briewe van die NT, maar die res is klein fragmente. Hoe jonger die manuskripte, hoe groter of meer volledig is hulle, wat natuurlik verstaanbaar is omdat die ouer manuskripte meer vervalle is. Die probleem met die jonger manuskripte is egter dat hulle deur baie geslagte van menslike kopiëring gekom het en dus meer aan korrupsie onderhewig was. Gelukkig vorm die genoemde totaal van minstens 25 000 manuskripte ’n magdom van getuienis wat dit moontlik maak om die juiste oorspronklike teks van die NT vas te stel. Meer hieroor in die gedeelte oor tekskritiek.
Volgende is kort oorsig van die belangrikste manuskripte in die ontwikkeling van die grondtekste van die Nuwe Testament:
Vulgaat en Dooie See rolle
Daar is baie manuskripte uit die antieke tyd wat nie as direkte bronmateriaal vir die NT gebruik word nie, maar nogtans belangrike teksgetuienis of agtergrondinligting vir die NT verskaf. Die Vulgaat en Dooie See rolle is twee belangrike voorbeelde hiervan. Die Vulgaat is ’n direkte brondokument vir die OT teks, maar dit word net gebruik as ’n sekondêre of indirekte getuienis (bevestiging) van die NT teks. Die redes is o.a. dat sommige NT bron-manuskripte van die Vulgaat verlore is, en dat daar genoeg ander manuskripte is wat beter geskik is as direkte bronmateriaal vir die NT. Die dooie See rolle is ’n ander voorbeeld. Hierdie rolle bevat geen NT teks as sodanig nie, maar gee dieper insig in die kultuur van Israel in die tyd van die NT.
John Rylands fragment
Hierdie klein papirusflentertjie is ons oudste geskiedkundige skakel met die Nuwe Testament. Dis ’n Griekse weergawe van Jesus se woorde tydens sy verhoor deur Pilatus, soos gegee in Joh 18:31-33 en 37-38. Die fragment dateer uit 130 n.C. en is eers in 1920 by ’n Egiptiese mark ontdek. Tans is die manuskrip in die John Rylands biblioteek in Manchester, Engeland. Die manuskrip is baie waardevol vir Bybelnavorsing, waar dit o.a. aandui dat Christene langs die Nylrivier reeds in 130 n.C. dieselfde woorde gelees het as wat ons vandag in ons Bybels het.
Bodmer papirusse
In 1952 het ’n handelaar in antiekhede ’n versameling papirusse in Egipte ontdek en dit na Switserland gesmokkel, waar dit deur Martin Bodmer gekoop is. ’n Gedeelte van die versameling het van die oudste Griekse weergawes (150-200 n.C.) van byna die hele Evangelie van Johannes, die sendbrief van Judas, die twee briewe van Petrus en die grootste gedeeltes van die Evangelies van Lukas en Johannes. Die versameling word in gedeeltes in die Bodmer biblioteek in Cologne (Switserland), die Chester Beatty biblioteek (Dublin), die Universiteit van Cologne (Duitsland) en die Vatikaanse biblioteek (Rome) bewaar. Hierdie manuskripte is belangrik in terme van hul ouderdom en hul waarde vir tekskritiek.
Diatessaron
Hierdie dokument se titel beteken samevoeging van die vier (evangelies). Dis in 170 n.C. geskep deur Tatian, ’n Assiriese Christen. Dit was seker die eerste poging van iemand om die vier Evangelies na een te verander. Dit was waarskynlik in Siries gedoen, maar dalk ook in Grieks. Die rede vir die onsekerheid is dat die oorspronklike handskrif nooit gevind is nie. Daar is egter baie oorblywende kopieë daarvan in verskeie vertalings. In 1881 het Theodor Zahn die Diatessaron herkonstueer uit vertalings daarvan en kommentare daaroor wat hy tot sy beskikking gehad het. Vandag is daar heelwat resensies, vertalings, kommentare en selfs revisies van hierdie manuskrip in omloop. Die Diatessaron was twee eeue lank in die Siriese Christendom in gebruik. Vandag is dit ’n waardevolle manuskrip vir Bybelnavorsing.
Chester Beatty papirusse
Saam met die genoemde Ou-Testamentiese fragmente in hierdie groep Griekse papirusse, bevat die versameling ook ’n gedeelte van die vier Evangelies en Handelinge, nege van Paulus se briewe en ’n gedeelte van die Openbaring aan Johannes.
Kodeks Alexandrinus
Die kodeks is ’n Griekse weergawe van die Ou en Nuwe Testamente (met ’n aantal gedeeltes wat vermis word) wat uit die 5de eeu dateer. Die oorsprong daarvan is onseker, maar in die 17de eeu het dit in Engeland beland, waar dit uiteindelik vandag in die Britse Museum bewaar word. Dit is een van die belangrikste brontekste van die Bybel.
Kodeks Bezae Cantabrigiensis
Dit is ’n tweetalige weergawe (Grieks en Latyns) van die vier Evangelies en Handelinge, met slegs die Evangelie van Lukas wat heeltemal volledig is. Die kodeks dateer uit ongeveer 450 n.C. Die teoloog Theodore Beza het dit in 1562 by ’n klooster in Lyon, Frankryk gekoop en dit toe aan die Cambridge Universiteit se biblioteek geskenk.
Kodeks Vaticanus
Dié kodeks is ’n Griekse weergawe van byna die hele Bybel. Dit dateer uit die 4de eeu, maar die oorsprong daarvan is onbekend. Vanaf die helfte van die 15de eeu was dit in die Vatikaanse biblioteek. In die 16de eeu het Bybelnavorsers daarvan bewus geraak nadat Desiderius Erasmus met die biblioteekprefekte gekorrespondeer het in sy soeke na bron-manuskripte vir sy werk aan die Textus Receptus (meer oor Erasmus onder Tekskritiek en Bybelvertaling). Van toe af was ’n aantal vergelykende studies van die Vaticanus met ander manuskripte (byv. die Vulgaat en Kodeks Alexandrinus) gedoen. Mettertyd het die Vaticanus al meer aandag gekry, maar ongelukkig het die Vatikaanse biblioteek dit onmoontlik of baie moeilik gemaak vir enige navorser om dit selfs net te lees, al was dit onder streng toesig van die biblioteekpersoneel. Eers van die helfte van die negentiende eeu af was begin met volledige publikasies daarvan. In 1999 het die Italiaanse staatsdrukkery ‘n beperkte uitgawe in volkleur en presiese grootte van die bladsy-groottes daarvan uitgegee. Van 2015 af is ’n digitale kopie daarvan aanlyn by die Vatikaanse biblioteek beskikbaar.
Kodeks Vaticanus word gesien as een van die belangrike getuienisse van die Ou Testament (Septuagint) en van die Nuwe Testament. Reeds in 1881 het Westcott en Hort dit saam met die Kodeks Sinaiticus (sien onder) en ander beskikbare manuskripte en fragmente van daardie tyd gebruik as basis vir hul kritieke uitgawe The New Testament in the Original Greek.
Kodeks Sinaiticus
Dit is ook ’n Griekse weergawe van die Bybel, met net die helfte van die Ou Testament (Septuagint) maar darem die hele Nuwe Testament. Dit dateer uit ongeveer 350 n.C., maar die oorsprong daarvan is onbekend. Die kodeks is in 1844 deur die Duitse teoloog Constantin von Tischendorf in die Saint Catherine’s klooster aan die voet van die berg Sinai in Egipte ontdek. Tans is die grootste gedeelte van die kodeks in die Britse Biblioteek en die res in Leipzig, Rusland, en die Saint Catherine’s klooster.
Vroeg in die 20ste eeu asook in 1975 en tot so onlangs as 2009 is nog bladsye en fragmente van die kodeks in die klooster ontdek. Intussen is (en word steeds) baie moeite gedoen om die kodeks intensief te bestudeer en te ontleed. Die hele dokument is ook reeds in digitale vorm beskikbaar (met verskillende beligtingsmetodes wat gebruik is om byv. selfs die tekstuur van die papier na vore te bring).
Die Kodeks Sinaiticus is een van die belangrikste Nuwe Testamentiese manuskripte. Tischendorf en ander navorsers het kritieke en ander uitgawes van die Nuwe Testament daarop gebaseer. Die Novum Testamentum Graece (Nuwe Testament in Grieks) van Nestle-Aland en The Greek New Testament van die United Bible Societies is tans wêreldwyd seker die gewildste kritieke Nuwe Testament wat op Sinaiticus gebaseer is. Meer daaroor onder Tekskritiek.
Die kerkvaders
Die eerste leidende figure van die Christelike kerk, wat as die kerkvaders bekendstaan, het as direkte opvolgers van die apostels voortgegaan met die vaslegging en verkondiging van Jesus se boodskap en die versorging van sy gemeentes. Uit die aard van hul posisie was hulle hoog in aansien by die gemeentes en het dus groot invloed en gesag uitgeoefen. Afgesien van die kulturele en politieke impak van hul werk op die Christendom en uiteindelik op die hele wêreld, is hul geskrifte tot vandag toe van besondere waarde vir Bybelnavorsing. Baie van wat hulle in hul lewens neergeskryf het, het behoue gebly en kry omtrent dieselfde erkenning as die boeke en manuskripte wat dusver bespreek is. In moderne boekvorm beslaan hul geskrifte ’n dosyn of wat lywige volumes.
Die vroeë kerkvaders het baie uit die Nuwe Testamentiese boeke en briewe aangehaal en ook baie na die inhoud daarvan verwys. Bykans die totale Nuwe-Testamentiese teks kan uit hul gesamentlike aanhalings en verwysings saamgestel word! Hulle het sterk klem gelê op wat die apostels geskryf het. Hul geskrifte word as ’n belangrike bronteks-versameling van die NT gesien.
Die volgende kerkvaders en hul geskrifte kan as prominente voorbeelde genoem word:
Clement van Rome
Volgens oorlewering was hy een van die eerste leiers van die gemeente in Rome. Sy Eerste sendbrief aan die gemeente in Korinthe (geskryf ongeveer die einde van die eerste eeu n.C.) is in die 17de eeu ontdek, en weer in die 19de eeu her-ontdek. Die oudste manuskripte van hierdie brief is in verskillende vorms in besit van verskeie biblioteke, as dele van ander dokumente soos byv. Kodeks Alexandrinus.
Ignatius van Antiochië
Hy was die derde opsiener van die gemeente in Antiochië en ’n student van die apostel Johannes. Terwyl hy op pad was na Rome waar hy sy martelaarskap tegemoet gegaan het, het hy ’n aantal briewe geskryf, naamlik aan die gemeentes in Efese, Magnesia, Trallië, Rome, Filadelfië en Smirna, en ook ’n brief aan Polikarpus. Die oorspronklike teks van ses van die briewe is in die Kodeks Mediceo Laurentianus in die Laurentiaanse biblioteek in Italië, terwyl die teks van die brief aan Rome in die Kodeks Colbertinus in die Nasionale Biblioteek van Frankryk is.
Polikarpus van Smirna
Hy was ’n gemeenteleier in Smirna, en volgens oorlewering ’n volgeling van ’n sekere Johannes, maar dis onseker watter Johannes dit was. ‘n Brief aan die Filippense word aan hom toegeskryf, wat sy enigste geskrif is wat vandag nog bestaan. Dit blyk dat die oorspronklike manuskripte daarvan in beide Grieks en Latyn bestaan, gefragmenteerd is en op verskeie plekke gehou word.
Papias van Hiërapolis
Papias was ’n gemeenteleier in Hiërapolis. Sy Uiteensetting van die Uitsprake van die Here (Exposition of the Sayings of the Lord) het vyf boeke beslaan, maar het verlore geraak, behalwe vir kort uittreksels daarvan in ander ou geskrifte.
Die opvolgende geslagte kerkvaders wat vanaf die tweede eeu na vore getree het, was mense soos byvoorbeeld Justin Martyr, Irenaeus van Lyon, Clement van Alexandrië, en nog ’n twintigtal of wat ander. Soos wat die eeue aangestap het, het hul geskrifte al hoe meer bewaar gebly vir vandag, maar is hulle natuurlik tydsgewys weer verder weg van die oorspronklike Nuwe Testamentiese teks. Tog is die totale versameling van kerkvadergeskrifte as geheel van onskatbare waarde, gedagtig aan die deeglikheid en omsigtigheid waarmee dit nou al ’n eeu of twee lank deur Bybelnavorsers bestudeer word.

KANONVORMING
Die woord kanon kom van die Griekse woord kane en die Hebreeuse woord qaneh, wat oorspronklik riet (iets wag reguit is) of maatstok beteken. In verband met die boeke van die Bybel beteken die woord kanon vandag maatstaf of rigsnoer, oftewel daardie bepaalde bundel boeke wat as die volledige geskrewe Woord van God beskou word.
Die vasstelling van ’n Bybelse kanon was van altyd af ’n aktuele en dringende saak. Die soeke na dit wat reg is teenoor dit wat verkeerd is, is ’n inherente neiging by ons, al is die menslike natuur verdorwe en onbetroubaar. God het die soeke na sy suiwer woord genadiglik deur die eeue gelei en altyd gesorg vir mense wat in gehoorsaamheid met die werk volhard het.
Die apostels aan die begin en kerkleiers in die eeue wat gevolg het, was permanent in die stryd gewikkel om hul gemeentes en kerke in die ware woord van God te bewaar. Vals evangelies was volop en allerhande geskrifte van twyfelagtige oorsprong was altyd in omloop. Een van die groot uitdagings was om Jesus se leringe te onderskei en te bewaar soos Hy en sy apostels dit self gegee het, en om alle ander evangelies en leringe uit te hou. Dit het dus gegaan oor die vasstelling en bundeling van die regte Bybel, naamlik God se eie, volledige Woord.
Daar is baie verskillende oortuigings oor wat die volledige geskrewe Woord van God is. Een waarvan dikwels gehoor word is dat die Bybel nie noodwendig God se volledige woord is nie, en dat ander of nuwe inligting oor God en sy woord ook in ag geneem behoort te word. Dis byvoorbeeld inligting in ander antieke manuskripte, of nuwe inligting wat van tyd tot tyd ontdek word. Dit gaan selfs tot op hoë kerklike vlak, waar sekere kerke ’n ‘oop’ kanon het, bedoelende dat die kerk steeds die inhoud van die Bybel kan aanpas soos en wanneer dit nodig geag word. Volgens ander oortuigings weer, byvoorbeeld die Protestantse of Calvinistiese leer, is ons kanon vas en onveranderlik, en mag dit nooit verander nie.
Daar is ook stemme wat opgaan téén die huidige kanons en beweer dat hulle alreeds verkeerd is. Dit gaan byv. oor sekere boeke of briewe soos die apostel Paulus se sendbriewe en die algemene brief van die apostel Jakobus. Paulus sou dan ’n valse apostel wees wat te liberaal is en die Wet afbreek, terwyl Jakobus weer te veel na die Wet sou verwys en die noodsaaklikheid van goeie werke oorbeklemtoon.
Dis ook belangrik om te weet dat die Protestantse kanon waaraan ons gewoond is, nl. die 39 boeke van die OT en 27 boeke van die NT, nie vandag die enigste Bybelse kanon is nie. Die Rooms-Katolieke kanon het byv. tans 73 boeke, die Oos-Ortodokse kerke tot 81 boeke en sommige Protestantse denominasies tot 80 boeke. Die verskille tussen die kanons lê egter net by die Ou Testament. Byna al die denominasies in die wêreld het presies dieselfde Nuwe-Testamentiese kanon, selfs wat die volgorde van die boeke en briewe betref.
Die feit dat die Christendom verskillende Bybel-kanons het en dat kanons deur sommige geloofsgroepe as ‘oop’ (veranderbaar) beskou word, hoef nie ’n groot probleem te wees nie, en ook geen rede vir wantroue in die Christelike geloof nie. Inteendeel, dis net nog ’n aanduiding van die egtheid daarvan. Die vormingsprosesse van al die kanons was so tipies menslik en beïnvloed deur kultuur, politiek en omstandighede van die tye, dat verskillende kanons glad nie verbasend is nie en eintlik te wagte is. Die verskille tussen die kanons tas nie die kern van God se woord aan nie en hoef ook nie aanleiding tot ernstige geloofsverskille te gee nie.
Maar Bybelkanons is tog belangrik. Die Christendom se soeke na die juiste kanon help om God se suiwer woord te bewaar en verseker dat veranderings aan ’n vasgestelde kanon deeglik nagevors en gemotiveer sal moet word. Dit stimuleer ook verantwoordbaarheid en deeglikheid op al die ander gebiede van Bybelnavorsing. Ons moet nooit vergeet dat God die Bybel deur mense aan ons gee nie. Mense is feilbaar en benodig effektiewe reëls en kontroles. Verdere ontdekkings oor die Bybel kan nog altyd plaasvind en dan moet daardie reëls en kontroles in plek wees om die nuwe inligting reg te hanteer.
Die uiteindelike vasstellings van die kanons van die Ou en Nuwe Testamente het in breë trekke soos volg ontwikkel:
Ons kyk eers na die Ou Testament
Die Hebreeuse brontekste van die OT was deur die eeue min of meer as ’n bundel gehanteer namate dit aangegroei het. Moses se Pentateug was die eerste bundel, Joshua se boek het omtrent honderd jaar later bygekom en so het dit aangegaan tot by die laaste boeke soos die Kronieke, Nehemia en die klein profete. Daar was egter eers ’n ‘amptelike’ of vasgestelde Hebreeuse kanon na die eerste doelbewuste vasstelling(s) daarvan tydens die Hasmoneaanse dinastie (100 v.C. tot 37 n.C.) of dalk met die sg. sinode van Jamnia (+- 90 n.C.). Die uiteindelike inhoud van die Hebreeuse Bybel (Tanak) is dieselfde as ons Protestantse Ou Testament, behalwe dat die indelings en volgorde van die boeke anders is.
Onderwyl die Tanak sy eie stadige pas van kanonvorming gevolg het, het die Griekse vertaling van die Hebreeuse boeke – die Septuagint – verskyn. Dit is teen 100 v.C. wyd in gebruik geneem. Die Septuagint was dus eintlik die eerste ‘volledige’ bundel van OT boeke wat as ’n formele kanon gesien kon word. Dit het al die boeke van die Tanak plus ’n aantal apokriewe (deuterokanonieke) boeke soos byvoorbeeld Tobias, Judit, Toevoegings tot Ester en Daniël, en Makkabeërs bevat. Teen die einde van die 2de eeu het die vroeë kerkvader Irenaeus die Ou Testament as Skrif bestempel, wat heel waarskynlik op die Septuagint betrekking gehad het.
Die Ou en Nuwe Testamente
Al die boeke en briewe van die NT was binne die kort bestek van die tweede helfte van die eerste eeu n.C. klaar geskryf en die wêreld ingestuur. Die Evangelie van Jesus Christus as verlosser van sy volk en van die hele wêreld het kragtig begin versprei en daar was geen gebrek aan geesdrif by die draers van die boodskap nie. Maar verskeie Christelike geloofstrome het ook vinnig ontwikkel en daarmee saam verskillende Bybelkanons. Dit het gepaard gegaan met baie manuskrip-korrupsie, wanvertolkings, dwaalleringe en aanvegtinge wat uit die staanspoor die hoof gebied moes word. Die korrektheid en betroubaarheid van die inhoud van die boodskap was dus toenemend belangrik, en gou was daar ’n dringende soeke na die ‘kanon’ van die Nuwe Testament.
Irenaeus het in sy bediening na 21 Nuwe-Testamentiese boeke verwys wat almal vandag deel van die NT kanon is. Vroeg in die 3de eeu het Origen van Alexandrië reeds al die boeke van vandag se NT kanon gebruik, alhoewel die kanonisiteit van Hebreërs, Jakobus, 2Petrus, 2Joh, 3Joh en Openbaringe nog in dispuut was. Die sg. Muratoriaanse fragment bevat ’n lys uit die 2de eeu van Christelike manuskripte wat min of meer met vandag se NT kanon ooreenstem. Daar was dus reeds in daardie tyd heelwat diskussies oor die kanon, terwyl die belangrikste boeke en briewe deur byna al die leidende figure aanvaar was.
In die jaar 367 stel Athanasius, die biskop van Alexandrië, ’n lys op wat redelik ooreenstem met die Septuagint en presies ooreenstem met vandag se NT kanon. In 382 word die Katolieke kanon (ons OT plus die Apokriewe, en met die NT soos ons dit vandag het) deur die algemene kerkvergadering (konsilie) van Rome aanvaar, en in 393 deur die konsilie van Hippo herbevestig. Tydens die twee konsilies van Karthage in 397 en 419 kom die Bybelse kanon tot finaliteit, en sou omtrent die volgende duisend jaar so bly.
Na die Reformasie (Hervorming) van die 16de eeu het die gereformeerde kerke begin om die apokriewe, of deuterokanonieke boeke, uit die OT kanon te haal. Daar is wel sekere protestantse Bybels wat steeds die deuterokanonieke boeke insluit, gewoonlik in ’n aparte gedeelte tussen die OT en NT, maar met die bedoeling dat dit bloot nuttigheidswaarde het en nie deel van die kanon is nie. Die Nuwe Testamentiese gedeelte van die kanon het onveranderd gebly. Die verskillende Bybelse kanons het tydens die Hervormingsproses weer finale beslag gekry, soos vasgestel in byvoorbeeld die Rooms-Katolieke kanon van Trent in 1546, die Calvinistiese Franse (Galliese) geloofsbelydenis van 1559, die Nederlandse Geloofsbelydenis van 1561, die Nege-en-dertig Artikels van die Kerk van Engeland in 1563, die Westminister Geloofsbelydenis van die Calvinisme in 1647, en die kanon van die Oos-Ortodokse kerke op die Sinode van Jerusalem in 1672.
Nuwe-Testamenties apokriewe
Afgesien van die NT kanon is daar ook talle vroeë skrywes wat handel oor Jesus en sy leer, oor God, oor die apostels en hul werk, en nog ’n verskeidenheid ander verwante onderwerpe. Aanvanklik was van hierdie skrywes ook as Skrif gesien, maar van die 5de eeu af het ’n algemene konsensus ontwikkel dat die NT kanon beperk is tot die bestaande 27 boeke. Vandag word die Nuwe-Testamentiese apokriewe oor die algemeen deur alle denominasies verwerp.
Die belangrikste gegewens oor die NT apokriewe is kortliks as volg:
Die meeste NT apokriewe se outeurskap is oneg, in die sin dat hul outeurs onder die name van bekende persone soos die apostels geskryf het. Die rede daarvoor was om gewig en gesag aan die dokumente te verleen.
Die NT apokriewe het die kanonieke boeke en briewe nageboots, en vertoon dus dieselfde literêre style as die kanonieke boeke, naamlik evangelies, handelinge, briewe en openbaringe. Die NT apokriewe word dan ook in dieselfde vier kategorië ingedeel, as volg:
Apokriewe evangelies
Dit is beweerde gebeurtenisse in Jesus se lewe en uitsprake wat Hy sou gemaak het. Sommige van hierdie evangelies poog om aanvullend te wees tot die kanonieke evangelies en ander was weer bedoel om die kanonieke evangelies te vervang.
Apokriewe handelinge van die apostels
Die bekendstes hiervan is die handelinge van Paulus, Petrus, Johannes, Andreas en Thomas.
Apokriewe briewe
Dit is briewe aan gemeentes en persone, asof komende van belangrike NT figure soos die apostels.
Apokriewe openbaringe
Dit gaan hier oor die voorspelling van toekomstige gebeurtenisse, in nabootsing van die kanonieke Openbaring van Johannes.
Die NT apokriewe is natuurlik nie waardeloos nie. Hulle gee agtergrondkennis in terme van byvoorbeeld kulturele, taalkundige, teologiese en geskiedkundige aspekte, wat nuttig is in Bybelnavorsing. Elke stukkie inligting wat betrekking kan hê op die ontwikkeling van die Bybel is altyd die moeite werd om te bestudeer.

TEKSKRITIEK
Ons het gesien dat ’n groot aantal Bybelse manuskripte oor duisende jare geskryf was, en dat baie daarvan vandag nog bestaan, hoewel dit dalk ’n klein persentasie van die totaal is. Geeneen van die oorspronklike handskrifte van die Bybel is dusver gevind nie en sal waarskynlik ook nooit gevind word nie. Hulle was seker altyd op maniere gebruik en bewaar om so lank as moontlik te hou, maar sou tog uiteindelik vergaan of verlore raak. Die oorspronklike manuskripte moes dus deurentyd vervang word met oorskrywings of nuwer weergawes wat die oorspronklike inligting so getrou as moontlik herhaal het. En dan was die nuwer weergawe dalk in ’n ander taal of dialek gedoen. Sodoende het generasies van variasies van die oorspronklike handskrifte ontwikkel. Dié proses van ouer manuskripte wat vergaan of verlore raak en vervang word met nuwe generasies wat algaande meer en meer van mekaar verskil, het duisende jare voortgeduur.
Vandag beskik ons oor ’n versameling van oorblyfsels van daardie Bybelse manuskripte, te danke aan gewone mense wat dit oor lang tye op verskillende plekke ontdek het. In meeste gevalle is hulle baie gefragmenteer en gehawend. As al daardie dokumente nou langs mekaar en bo-op mekaar neergesit sou word, sou dit ’n groot hoop deurmekaar en onvolledige inligting gewees het. Mens sou kon dink dat daar nie ’n goeie kans sou wees om ’n volledige en betroubare Bybel daaruit op te bou nie. Tog het ons vandag ’n Bybel wat so te sê volkome ooreenstem met wat die oorspronklike outeurs self neergeskryf het. Ons Bybel is ’n getroue weergawe van alles wat God vir ons wil sê!
Een rede vir hierdie wonderwerk is die proses van tekskritiek. Anders as wat dit mag klink, is tekskritiek ’n hulpmiddel vir die vasstelling van die juiste teks van die Bybel uit ’n warboel van duisende verskillende stukke inligting. Die volgende is ’n kort en oppervlakkige beskrywing daarvan, net ’n basiese bekendstelling van hierdie groot vakgebied, om die rol daarvan in die ontwikkeling van die Bybel te kan begryp:
Dis duidelik dat die Bybel nie as ’n afgeronde en klaar produk na die mens toe gekom het nie. Net die teenoorgestelde is waar. Dis ’n boek wat oor duisende jare uit ’n groot aantal verskillende bronne ontwikkel het. Dink maar aan wat gebeur het toe Moses met sy werk begin het: God het indirek en ook direk met hom gepraat. Toe hy die eerste vyf ‘boeke’ van die Ou Testament geskryf het, het hy miskien in die geval van die eerste ‘boek’ gebruik gemaak van inligting wat in die paleise van die Egiptiese Farao beskikbaar was, waarin hy van kindsbeen af deeglik onderlê was. Maar toe hy na die uittog uit Egipte op die berg in JAHWEH te direkte teenwoordigheid was het hy presiese, volledige instruksies aangaande die Wet ontvang. Die Tien Gebooie was deur JAHWEH op kliptafels geskryf. Moses het die res van die Wet later self verder volledig neergeskryf. Dit moet egter goed verstaan word dat hy deurentyd onder die persoonlike leiding en beskerming van Jahweh gewerk en geskryf het.
Moses het ’n versameling manuskripte agtergelaat. Wat het van hulle geword? Oor ’n tydperk van omtrent 1 200 jaar was hulle êrens, in die besit van priesters of konings, maar ons weet nie presies wie of waar nie. Die volgende wat ons weet is dat ’n weergawe van daardie manuskripte uiteindelik in 300 v.C. in Egipte deur ’n span Hebreeuse skrifgeleerdes na Grieks vertaal is, wat die begin van die Septuagint was. Die ander boeke van die Ou Testament is later ook versamel, na Grieks vertaal en by die Septuagint gevoeg. Grieks was op daardie stadium die wêreldtaal en min mense kon nog Hebreeus verstaan.
Voor die koms van die Septuagint het die grootste deel van Israel alreeds honderde jare lank sónder JAHWEH en sy Woord (die Wet) as vreemdelinge in ballingskap rondgeswerf. Ná die koms van die Septuagint sit hulle toe nog ‘n duisend jaar of langer met daardie Griekse Ou Testament! Eers omtrent die negende of tiende eeu ná Christus het ’n amptelike, leesbare Hebreeuse Ou Testament die lig gesien. Dit het die gewone mense egter nie meer veel gehelp nie want Hebreeus was toe lankal nie meer algemeen in gebruik nie. Opsommend kan maar net gesê word dat die ontwikkeling van die Ou-Testamentiese skrifte ’n lang, wasige en ingewikkelde proses was.
Die Nuwe-Testamentiese manuskripte het op ’n ander manier ontwikkel. Soos reeds genoem, was al die oorspronklike boeke en briewe van die NT binne die kort bestek van die tweede helfte van die eerste eeu – ’n skrale 50 jaar – klaar geskryf, die wêreld ingestuur en hul outeurs oorlede. Anders as met die OT, kan mens sê die NT manuskripte was in ’n kort tydjie geskryf en in gebruik gestel, binne een wêreldkultuur (die Grieks-Romeinse) met een wêreldtaal (Grieks). Kopiërings van die manuskripte het toe ook in alle ywer begin, want daar was baie gemeentes, evangeliste, gemeenteleiers en lesers wat gesmag het na soveel inligting as moontlik oor Jesus en wat Hy kom doen het. Die verhaal het soos ’n veldbrand versprei.
Teen die vierde eeu was kopiërings van die hele Bybel (Ou sowel as Nuwe Testamente) in volle gang en goed op dreef. Derduisende manuskripte is deur verskillende mense op verskillende tye in verskillende tale en dialekte geskep. Die onvermydelike het dan ook gebeur, naamlik dat die manuskripte algaande meer van mekaar begin verskil het. Selfs waar groot moeite en versigtigheid aan die dag gelê was om presiese kopieë te maak, het menslike foute maar ongesiens deurgegaan.
’n Ander groot probleem was dat eienaars van manuskripte ‘korreksies’ daarop aangebring het of kommentare en kantaantekeninge daarby gevoeg het. Baie van hierdie bedorwe produkte het dalk oorleef tot vandag, terwyl die oorspronklikes dalk intussen verdwyn of vergaan het. Manuskripte wat later van diervelle vervaardig was, was ook dikwels oor en oor gebruik nadat dit elke keer ‘gewas’ of skoongeskraap was. Die afgewaste inligting is dikwels meer van belang as die nuwe inligting wat bo-oor dit geskryf is, wat beteken dat spesiale prosesse vandag nodig is om die oorspronklike inligting weer sigbaar en leesbaar te kry.
Hierdie probleme met manuskripkorrupsie en gevolglike verskille tussen manuskripte, het voortgeduur totdat die boekdrukkuns in die 15de eeu ontdek is. Die manuskripte wat ons vandag nog het wys dit duidelik. Die groot vraag is nou: watter van die manuskripte tot ons beskikking is die korrekte – of dan minstens die naaste – aan die handskrifte van die oorspronklike outeurs? Verdere vrae is: hoe groot is die verskille (indien enige), tussen watter manuskripte is die verskille, waarom verskil hulle, ensovoorts. Daar is ook die moontlikheid dat sekere manuskripte merkwaardig met mekaar ooreenstem, en dan moet gevra word waarom hulle ooreenstem. Dit kan dalk wees omdat hulle almal uit dieselfde bron gekopieer was, en dat daardie bron inderwaarheid korrup was! So kan al hoe meer onsekerhede en vrae opkom, wat almal voldoende beantwoord moet word voordat daar gesê kan word watter teks die regte een is. Die probleem kan selfs nog verder gaan wanneer dit blyk dat nie een van die beskikbare manuskripte as korrek aanvaar kan word op ’n gegewe teks nie, en dat die juiste teks dan langs ’n ander weg gevind of afgelei moet word.
Die proses van tekskritiek is ‘n belangrike manier om uit te pluis wat die inhoud van die oorspronklike handskrifte was. Die vroegste gebruik daarvan was dalk met die werk aan die Septuagint, die vertaling van die Hebreeuse Ou Testament na Grieks. Dalk het die vertalers slegs een stel Hebreeuse manuskripte as bronteks gehad om mee te werk, of dalk meer as een stel. Wat ook al die geval was, hulle sou een betroubare weergawe van die oorspronklike Ou-Testamentiese teks moes vind om as bronteks te gebruik. Onthou, dit was omtrent 1 200 jaar na Moses. Dis baie onwaarskynlik dat hulle sy oorspronklike handskrifte voor hulle gehad het. Dit maak net sin om te dink dat hulle sou begin deur hul beskikbare weergawes met mekaar te vergelyk en notas van enige verskille te maak. Daarna sou hulle die verskille onder oë neem en saam besluit wat die korrekte lesing moes wees.
’n Volgende groot geskiedkundige voorbeeld van tekskritiek was ’n projek wat ongeveer 250 n.C. deur Origen Adamantius (van Alexandrië) geloods was om die mees betroubare weergawe van die Ou-Testamentiese teks te bepaal. In sy tyd was daar ’n groot behoefte daarvoor aangesien verskillende skrywers hul eie weergawes van die OT die wêreld ingestuur het. Origen en sy span medewerkers het oor ’n tydperk van 28 jaar (!) ’n kritiese vergelyking gedoen van die Septuagint, die Hebreeuse Bybel van sy tyd en nog vier ander Griekse weergawes van die OT. Hierdie massiewe werk, genoem die Hexapla, het uit ses kolomme bestaan waarin die Bybels met mekaar vergelyk was. Dit het ‘apparaat’, of metodes, bevat wat bedoel was om die vergelykings sistematies te doen en verklarings vir verskille te gee.
Nog ’n noemenswaardige voorbeeld van antieke tekskritiek is die manier waarop Sint Jerome te werk gegaan het met sy werk aan die Vulgaat in die 4de eeu. Hy het te doen gehad met verskeie bestaande brontekste uit verskillende tye en in verskillende tale, en die probleem was juis dat hulle van mekaar verskil het. Dit kan met sekerheid aanvaar word dat Jerome een of ander proses van vergelyking tussen die brontekste, dit wil sê ’n vorm van tekskritiek, moes inspan om te kon besluit wat werklik in die oorspronklike handskrifte gestaan het.
Meer as duisend jaar later, in 1516, het Desiderius Erasmus, ’n gesiene filosoof, teoloog, priester en monnik in die Nederlandse Rooms-Katolieke kerk, al die Griekse en Latynse brontekste wat hy kon kry versamel om daaruit ’n ‘vars’ Latynse Nuwe Testament te produseer. Teen Erasmus se tyd was die Vulgaat al omtrent ’n duisend jaar oud en was dit nie meer dieselfde as sint Jerome se oorspronklike nie. Die baie kopiëring van die Vulgaat deur die eeue was nie vry van gepaardgaande korruptering van die teks nie. Erasmus het boonop begin sien dat die oorspronklike Vulgaat in elk geval ook foute gehad het. Hy het geweet dat hy ‘krities’ moes kyk na al sy brontekste om so na as moontlik aan die inhoud van die oorspronklike Bybelskrywers se handskrifte te kon kom. Wat Erasmus geskep het, was ’n soort kritiese Griekse uitgawe van die NT. (Dit het sy ‘vars’ Latynse vertaling ingesluit, wat op elke bladsy parallel langs die Griekse teks verskyn het.) Ons gaan later onder Bybelvertaling sien dat Erasmus se werk die begin van die bekende Textus Receptus was.
Net ná Erasmus se werk het die Protestantse Reformasie (Hervorming) begin, wat Bybelnavorsing nog verder gestimuleer het. Baie kritieke uitgawes van die Bybel is van daardie tyd af gepubliseer, waarvan die volgende meer moderne uitgawes bekende voorbeelde is:
Ou Testament
Alfred Rahlfs se Septuaginta is ’n kritiese uitgawe van die Griekse Ou Testament, gebaseer op die kodekse Vaticanus, Sinaiticus en Alexandrinus. Dit was die eerste keer in 1935 gepubliseer en is steeds die mees algemeen gebruikte weergawe van die Septuagint. In 2006 het Robert Hanhart ’n hersiene uitgawe daarvan gepubliseer.
Rudolph Kittel se Biblia Hebraica is ’n kritiese uitgawe van die Hebreeuse Bybel (Tanak). Die eerste twee uitgawes (1906 en 1913) was op die Mikraot Gedolot gebaseer, waar dit o.a. met die Septuagint, Samaritaanse Pentateug, Latynse Vulgaat en Peshitta vergelyk word. In 1921 is die derde uitgawe, dié keer gebaseer op die Leningrad Kodeks, uitgereik. Dit bevat ook die ‘Masoretiese notas’ in die kantlyne. Die vierde uitgawe word vanaf 1968 tot 1976 (in stukke) deur die Duitse Bybelgenootskap gepubliseer. Dit staan bekend as die Biblia Hebraica Stuttgartensia, vernoem na die stad waar dit gedruk en uitgegee word. Dit is ’n uitbreiding en verbetering van die derde uitgawe en neem onder andere ook die Dooie See rolle in ag. In September 2014 is ’n ‘lesers’-uitgawe gepubliseer, wat meer op die betekenisse en Engelse vertalings van die Hebreeuse woorde fokus. Die vyfde uitgawe, genoem die Biblia Hebraica Quinta, word in 20 volumes uitgegee. Die eerste het reeds in 2004 verskyn, terwyl die finale voltooiing van al 20 volumes beplan was vir 2020. Die Biblia Hebraica was van sy begin af hoog aangeslaan as ’n betroubare weergawe van die Hebreeuse Bybel, en word wyd gebruik as hulpbron met Bybelnavorsing en Bybelvertalings.
Die Universiteit van Oxford se Hebrew Bible: A Critical Edition is ’n omvattende projek wat beoog om elke boek van die Ou Testament as ’n afsonderlike volume te hanteer. Die eerste volume gaan oor die Spreuke van Salomo, wat in 2015 gepubliseer is. Gedeeltes van ’n aantal van die ander boeke is ook al geproduseer, maar die uiteinde van die totale projek lê nog in die toekoms.
Nuwe Testament
Tishendorf se Editio Octava Critica Maior is ’n kritiese uitgawe van die Griekse Nuwe Testament wat in 11 gedeeltes van 1864 tot 1894 gepubliseer was. Sy brontekste was die Kodeks Sinaiticus en ’n hele klomp ander manuskripte wat in daardie tyd beskikbaar was.
Westcott & Hort se The New Testament in the Original Greek (1881) is op Kodeks Vaticanus, Kodeks Sinaiticus en ander manuskripte gebaseer.
Nestle-Aland se Novum Testamentum Graece se eerste uitgawe was in 1881 gepubliseer, gebaseer op o.a. Tischendorf en Westcott & Hort se twee uitgawes. Met verloop van tyd is nuwe insigte en inligting gereeld bygewerk en nuut-ontdekte manuskripte ingewerk. Die Novum Testamentum Graece trek nou al by die 28ste druk. Dit is seker die wêreld se bekendste en gewildste kritieke Nuwe Testament. Die Duitse Instituut vir Nuwe-Testamentiese Teksnavorsing, wat agter hierdie massiewe werk sit, is intussen ook saam met ander internasionale institute besig met die ontwikkeling van die Editio Critica Maior (ECM), ’n kritiese uitgawe van die Griekse Nuwe Testament wat fokus op die eerste duisend jaar van NT tekstransmissie. Dit maak gebruik van nuwe tegnieke en rekenaarprogramme om teksvariasies met mekaar te vergelyk. Die projek is beplan om teen 2030 voltooi te word.
Die United Bible Societies (UBS) se The Greek New Testament is reeds in sy 5de uitgawe, en gebruik dieselfde teks as dié van Nestle-Aland. Die kritiese apparaat verskil egter en is meer geskik vir Bybelvertalers.
Dis baie belangrik om die doel en waarde van tekskritiek reg te verstaan. Daar is soms misverstande en onkunde oor hierdie ingewikkelde vakgebied, wat mens se geloof kan bedreig inplaas daarvan om dit te versterk. Daar is byvoorbeeld Bybellesers wat tekskritiek beskou as ’n rookskerm vir konkelary met die oorspronklike Bybelteks. Dit blyk o.a. uit die polemiek rondom die ou vs nuwe Bybelvertalings en die kantkiesery tussen Bybels gebaseer op die Textus Receptus en die nuwer grondtekste. Eerstens moet begryp word dat die bestaan van die duisende variasies tussen Bybelmanuskripte ’n gewone feit is waaroor nie geredeneer hoef te word nie. Tweedens moet begryp word dat tekskritiek dit nie ten doel het om al daardie variasies bloot net uit te wys nie, maar om dit te verklaar. Sodra die verskille in plek val en verstaan word, kom die egtheid en soliedheid van die Bybel juis na vore! Deur die wonder van tekskritiek word dit juis al hoe duideliker dat teksvariasies 99% van die tyd geringe implikasies het, terwyl die kernboodskap van die Bybel geensins geraak word nie. Inteendeel, daar is ’n groeiende opstapeling van bewyse vir en bevestigings van die blye Boodskap!
Ten slotte kan gesê word dat die wetenskap van tekskritiek, wat self oor ’n tydperk van honderde jare ontwikkel het, daarvoor gesorg het dat die Christendom vandag toegang tot baie betroubare en akkurate Bybelse grondtekste/brontekste het. Dit moet gesien word as ’n onmisbare en wonderbare stuk Bybelgereedskap uit God se hand.

BYBELVERTALING
’n Wonderbaarlike en baie interessante gebeurtenis omtrent 10 geslagte na Adam (sowat 2000 jaar na die skepping) was die taalverwarring by die toring van Babel (Gen 11). Voor dit het al die mense een en dieselfde taal gepraat. Die taalverwarring het gelei tot die vorming van afsonderlike volke wat oor die aarde versprei het. Die belofte van die Verlosser wat God aan Adam en Eva gemaak het (Gen 3:15) het steeds vir al daardie mense gegeld, ongeag waar hulle sou woon of watter taal hulle sou praat. Hulle was almal Adam se nageslag, deur Noag. Die Verlosser is ook uiteindelik uit een van daardie volke gebore, en nadat Hy sy groot opdrag afgehandel het, is Hy aan alle mense, d.w.s. alle volke en tale, verkondig. Die geskrewe boodskap oor Hom was die groot middel tot daardie doel. Die Skrifte, en so ook later die volledige Bybel, het in vertaalde vorms saam met die draers van die boodskap uitbeweeg. Hier is ’n baie kort weergawe van die geskiedenis van Bybelvertalings:
Die oorspronklike manuskripte van die Ou Testament was in oud-Hebreeus geskryf, met stukkies in die boeke Daniël en Esra in wat in Aramees was. Eers omtrent die 10de eeu n.C. het die Masorete sover gekom om die Hebreeuse Bybel (Tanak) meer leesbaar en interpreteerbaar te maak, maar teen daardie tyd was Hebreeus in elk geval nie meer die hooftaal van Israel of ander volke nie. Daar was ’n behoefte aan vertalings van die Skrifte.
Daar was tye in hul geskiedenis wat Israel hul taal verloor het. Tydens die ballingskap in Babilonië byvoorbeeld was Aramees die wêreldtaal van die tyd, wat die sg. Targums vir die volk nodig gemaak het. Die Targums was Aramese vertalings en interpretasies van die Hebreeuse Tora.
Tydens die Hellenisme was Grieks weer die wêreldtaal, wat teen 300 v.C. gelei het tot die Septuagint, ’n vertaling van die Tora en ander manuskripte van die Ou Testament na Grieks.
Tydens die eerste twee of drie eeue van die Nuwe-Testamentiese era het nog vertalings van die Ou Testament verskyn, hoofsaaklik na Grieks (wat tot diep in die Middeleeue ’n wêreldtaal gebly het) en dalk ook na Siries (vir die OT deel van die Peshitta).
Die Nuwe Testament se manuskripte was uit die staanspoor in Grieks. Jesus, sy dissipels en almal wat as Israel gereken was het waarskynlik Aramees as huistaal gehad, maar Grieks was die algemene spreek- en skryftaal. Toe die outeurs van die NT hul boeke en briewe begin skryf het, het hulle ook al geweet dat Jesus se boodskap nie net vir Israel bedoel was nie, maar vir almal in die wêreld. Grieks was dus die vanselfsprekende taalkeuse vir hul skryfwerk.
Dit kan seker ook wees dat sommige van die eerste boeke/briewe van die NT baie gou gekopieer was in van die ander tale in die omgewing soos dié wat in Hand 2:9-11 genoem word, maar ons het nie inligting daaroor nie.
Na die bereiking van kanonstatus vir beide die Ou en Nuwe Testamente is die Bybel in die 4de en 5de eeue n.C. ook na Goties, Armeens, Siries, Kopties en nog ander tale van daardie tyd vertaal. Die belangrikste daarvan was Sint Jerome se Latynse Vulgaat. Deur die oorheersing van die Rooms-Katolieke kerk in Europa het die Vulgaat eeue lank die enigste aanvaarde of toegelate Bybel geword.
Deur die houding van die Roomse kerk was vertalings dus heelwat skaarser tydens die ‘donker’ Middeleeue, wat van die 5de of 6de eeu begin intree het en tot so 1200 tot 1400 geduur het. Die oorspronklike tale Hebreeus en Grieks was natuurlik daar, maar verder was Latyns die enigste vertaling van die Bybel wat toegelaat was. Hier en daar het manuskripte van gedeeltes van die Bybel tog wel deurgebreek in Engels, Duits, Slawies, Italiaans en ander volkstale van daardie tyd. Een van die ‘skuldige partye’ was die Waldense, ’n splintergroep van die Roomse kerk. Hulle het die Bybel op hul eie uit Hebreeus en Grieks vertaal en versprei, waarvoor hulle wreed deur die kerk vervolg en byna uitgewis was. Uiteindelik, in die laat 13de eeu is die volledige Bybel in Oud-Frans vertaal, en in 1383 doen Wycliffe sy bekende eerste Engelse vertaling van die hele Bybel uit die Latynse Vulgaat. Daarna het nog enkele Bybels in ander tale verskyn.
In 1450 was die ‘roerende tipe’ drukpers ontdek, sodat gedrukte dele van Bybels wyd begin versprei het. Die boekdrukkuns het ’n nuwe era vir Bybelvertaling en -verspreiding ingelui, saam met ander veranderings en ontwakings oral in die wêreld. het. Die spanning in die Westerse kerkwêreld (die Roomse kerk) was toe al op breekpunt en met die aanbreek van die Reformasie het die Bybel binne persoonlike bereik van gewone gelowiges gekom, wat seker die grootste enkele stukrag vir Bybelvertalings was. Maar die behoefte aan ’n vars nuwe Griekse grondteks vir vertalings van die Nuwe Testament het nou duidelik geraak. Dusvêr was die Vulgaat (wat self ’n vertaalde Bybel was) en ander onvolledige en minder betroubare Griekse manuskripte, al wat beskikbaar was.
Die heel eerste gedrukte weergawe van so ’n Griekse grondteks van die Nuwe Testament was dié van Desiderius Erasmus, wat in 1516 deur Froben drukkers uitgegee is. Erasmus het baie haastig gewerk en baie foute gemaak. Na vier verdere verbeterde uitgawes was sy werk uiteindelik wyd aanvaar en in hoë aanvraag. Dit was ’n soort kritiese weergawe van die Griekse NT, opgebou uit die beste manuskripte wat Erasmus in die hande kon kry.
Die belangrikheid van Erasmus se Griekse NT lê daarin dat dit die NT bronteks/grondteks geword het vir ’n hele verskeidenheid vertalings van die Bybel oor die volgende paar eeue:
In 1517 en 1519 verskyn ’n gedrukte vertaling van die Bybel in ’n oos-Slawiese dialek, waarvoor Erasmus se NT moontlik gebruik was. In 1522 verskyn Martin Luther se Duitse Bybel, waarvan die NT gebaseer is op Erasmus se Griekse teks, en in 1526 ’n Hollandse Bybel gebaseer op Luther se vertaling.
Die eerste gedrukte weergawes van die Griekse NT met kritiese apparaat is van 1550 af deur Robert Estienne (ook bekend as Stephanus) in Parys uitgegee. Hierdie teks is soortgelyk aan Erasmus se teks en waarskynlik daarop gebaseer. Stephanus het op ’n stadium sy Bybelteks in hoofstukke en verse ingedeel, wat vandag steeds in ons Bybels so gedoen word.
Van 1556 tot 1598 het die Franse teoloog Theodore Beza ook ’n aantal weergawes van die Griekse NT gepubliseer, gebaseer op dié van Erasmus en Estienne asook op ander antieke manuskripte.
Van 1624 tot 1641 het die drukkermaatskappy Elzevir ook ’n Griekse NT gepubliseer, wat eintlik ’n herdruk van Beza se teks was. Die voorwoord was in Latyns, waar die stelling gemaak is dat die teks uiteindelik deur almal aanvaar was, sonder enige foute. Die Latynse woorde textum en receptum is in die stelling gebruik, wat later tot die uitdrukking Textus Receptus gelei het, wat tot vandag toe na die teks verwys – en sommer ook terugwerkend tot by dié van Erasmus.
Textus Receptus is dan ook die geslag van Griekse teksweergawes waarop die NT van die Protestantse Bybelvertalings gevolg het. Dit sluit in Luther se Bybel (1522), Tyndale se Nuwe Testament (1526 – 1536), Die King James Bybel (ses opeenvolgende uitgawes van 1611 tot 1762) en nog baie ander in verskeie Europese tale. Die Hollandse Statebybel (1637), en later ook onse eie Ou Afrikaanse vertaling (1933 en 1953), se Nuwe Testamente is ook op die Textus Receptus gebaseer. (Hou in gedagte dat die Ou-Testamentiese gedeeltes van vertalings soos altyd op die Hebreeuse Bybel en/of Septuagint gebaseer was.)
Wat die Protestantisme en die Hervorming betref, is dit baie interessant dat Erasmus self nooit daarby betrokke was nie en ook nie kant gekies het nie. Inteendeel, hy het sy lewe lank getrou gebly aan die Roomse kerk. Hy was ontevrede met die morele agteruitgang van sy kerk en wou dit van binne af hervorm. Hoe sy werk later by God se groter plan ingepas het, sou Erasmus nie kon raai nie. Met die hervormers het hy ook nie ’n goeie verhouding gehad nie, waar hy en Martin Luther byvoorbeeld in hul korrespondensie baie harde uitlatings oor mekaar gemaak het. Die ontstaan van die Textus Receptus en die Reformasie is twee voorbeelde van nodige en tydige gebeurtenisse in God se reddingsplan vir die mens, waar Hy die rolspelers kies vir bepaalde doelwitte op bepaalde tye!
Die Bybel is vandag die mees-vertaalde boek in die wêreld. Dit is reeds in meer as 400 tale beskikbaar, en Bybelverenigings het groot planne om in die volgende paar dekades letterlik by alle tale uit te kom. Daar is omtrent 4000 tale wat nog wag vir vertaling, maar die mense wat daardie tale praat het in elk geval toegang tot die Bybel, omdat hulle Engels verstaan of omdat die Bybel reeds vertaal is na ander tale wat aan hulle bekend is.
Moderne vertalings
Die laaste dekades het baie ‘nuwe’ vertalings van die Bybel verskyn, en dit neem steeds toe. Daar is hoofsaaklik twee redes hiervoor. Eerstens is nuwe ontdekkings van antieke Bybelmanuskripte in die laaste eeu gedoen wat kennis van, en insig in die oorspronklike handskrifte laat toeneem het. Daarmee saam het Bybelnavorsers en uitgewers van die Hebreeuse en Griekse grondtekste al meer begin oorleun na moderne grondtekste wat meer betroubaar blyk te wees. Wat die Ou Testament betref, is die Septuagint en veral die Hebreeuse Bybel steeds die standaard brontekste, maar aanhoudende navorsing bring tog steeds nuwe insigte na vore, wat lei tot aanpassings en vertaalverbeterings. Die Nuwe Testament se grondtekste het van die Textus Receptus (wat op die Bizantynse of meerderheidstekstipe berus) weggeskuif na brontekste wat op die ouer en meer betroubare Aleksandrynse tekstipe berus. Die twee groot voorbeelde hier is Nestlé-Aland en die UBS se kritieke grondtekste.
Tweedens word Bybelvertalings volgens verskillende ‘style’ of mengsels van style vertaal, om die betekenis en bedoeling van die oorspronklike teks so getrou as moontlik oor te dra. Die probleem is meer kompleks as wat op die oog af mag voorkom, as mens eers besef dat ’n taal die produk is van ’n kultuur wat oor honderde of duisende jare gegroei het. Elke taal het sy eie spraak en elke klank het ’n bepaalde betekenis. ’n Woord (klank) in een taal kan dalk ’n totaal ander betekenis in ’n ander taal hê. Elke taal het ook skryfsimbole en ’n alfabet. Twee tale kan dieselfde alfabet hê (byv. Afrikaans en Engels) maar ’n woord met dieselfde spelling in albei tale het nie noodwendig dieselfde klank of betekenis nie. Dit kan ook gebeur dat ’n woord in een taal bestaan maar nie in ’n ander taal nie. Wanneer twee tale boonop verskillende alfabette het (byv. Hebreeus en Afrikaans), word die probleem nog veel groter.
Om ’n woord of sin uit een taal na ’n ander oor te sit moet die vertaler die betekenis en bedoeling van die woord of sin eers verstaan, en dan moet hy dit so in die ander taal skryf dat die betekenis en bedoeling behoue bly. Dit verg deeglike kennis van albei tale, maar ook deeglike kennis van die twee verskillende betrokke kulture asook die tydsgewrig van die kultuur waaruit die teks vertaal word. Dit verg weer kennis van die geskiedenis en omstandighede tydens die oorspronklike skryf van die teks, die konteks van die teks binne die manuskrip, ensovoorts. Bybelvertaling is ’n hoogs gespesialiseerde wetenskap in eie reg.
Die vertaalstyl wat gevolg word kan wissel van letterlik tot ’n parafrase. Die mees basiese vorm van letterlike vertaling is waar ’n woord letter vir letter van die een taal na ’n ander oorgesit word. Die resultaat is twee woorde wat elkeen in die letters van sy eie alfabet geskryf is. So kan aangegaan word om by hele sinne en paragrawe uit te kom. Hierdie ekstreme toepassing van die letterlike vertaalstyl werk natuurlik meeste van die tyd nie, maar dit is die een kant van die spektrum. Aan die ander kant kan ’n parafrase weer in sy ekstreme vorm beskryf word as ’n vrye vertolking van ’n enkele woord of ’n hele sin of paragraaf. Die vertaler besluit wat hy voel die oorspronklike outeur sê en kies dan sy eie woorde of sinne waarin hy sy vertolking uitdruk.
Tussen die letterlike en vrye pole ontstaan dan ’n hele spektrum, of verskillende grade, van benaderings. Die presiese styl wat die vertaler uiteindelik volg word bepaal deur die doel van die vertaling en wie die lesers daarvan gaan wees. ’n Letterlike vertaling is geneig om meer neutraal ten opsigte van die vertaler se persoonlike insigte en oortuigings te wees, met die leser wat dan meer op sy eie insig en kennis moet staatmaak om te verstaan wat hy lees. Aan die ander kant word ’n vrye vertaling deur die vertaler se persoonlike insigte en oortuigings beïnvloed terwyl die leser maklik verstaan en lekker lees.
Daar is vandag te kies en keur uit Bybels in baie tale en vertaalstyle, danksy die vordering oor die laaste eeu of wat met Bybelnavorsing en vertalings. Besorgdheid oor die verskille tussen Bybels is heeltemal menslik, want ons wil van nature waak teen vervalsing of afwatering van God se woord. Behalwe vir enkele uitsonderings waar aanslae teen die Bybel maklik en duidelik uitgewys kan word, gee die hoofstroom weergawes van die Bybel nog steeds presies dieselfde boodskap wat aan die begin neergeskryf was. Die groter rykdom aan verskeidenheid hoef nie verwarring en twyfel oor die waarheid van die Woord te veroorsaak nie, maar kan inteendeel net nog dieper insig in God se blye boodskap stimuleer.

DIE BETROUBAARHEID VAN DIE BYBEL
Die Christendom is vandag steeds aan hewige kritiek en aanslae blootgestel en ons sien hoe die ongelowige wêreld die Bybel by elke geleentheid en op allerlei maniere onder verdenking probeer bring. Dit gaan ten diepste om persoonlike vertroue in die Bybel. As daardie vertroue jou ontneem kan word, sal jou geloof sy basis verloor en God se stem in jou sal stil word. Om God se woord in sy gedrukte vorms en in ons verstand en hart te bewaar, is ’n stryd wat nie sal ophou voordat Jesus terugkom nie.
’n Belangrike wapen in hierdie bewaringstryd is die sg. apologetiek, of Christelike apologetiek. In sy eenvoudigste vorm kan apologetiek gedefinieer word as die verdediging van die Christelike geloof deur sistematiese en logiese argumentvoering. Die Bybel word dikwels op hierdie manier as egte weergawe van die geskrewe woord van God verdedig, met gebruikmaking van o.a. geskiedkundige, argeologiese en paleografiese feite oor die Bybel. Die inhoud van die Bybel, naamlik die boodskap wat dit verkondig, word ook dikwels met gebruikmaking van apologetiek verduidelik en verdedig.
Daar is begaafde en Geesvervulde gelowiges wat die gawe van apologetiek baie goed gebruik. In die Bybel self sien ons ’n mooi voorbeeld daarvan, waar Apollos met kragtige argumentvoering bewys dat Jesus die Christus is (Hand 18:24-28). Baie mense word deur apologetiek van die waarheid en betroubaarheid van die Bybel oortuig.
’n Ander baie belangrike en onmisbare skakel in die stryd om vertroue in die Bybel is die draers van die boodskap daarvan, naamlik die gelowiges. Hulle word toegerus met die geestelike gawes en wapens om op verskeie maniere van die betroubaarheid van die Bybel te getuig en om deur hul optrede en gedrag in die wêreld daarvoor in te staan (byv. 1Kor 12, Ef 6, Filip 2:13-15).
Laastens en ook baie belangrik in die stryd om vertroue in die Bybel is jou persoonlike aanvaarding en geloof dat die Bybel waar en betroubaar is. Maar dit moet ’n vaste geloof wees. Jy kan die Bybel bloot aanvaar en glo uit liggelowigheid (sonder ondersoek) of uit bygelowigheid (onder groepsdruk, vrees). So ’n geloof in die Bybel is oppervlakkig en wankelrig. Die regte manier is om die Bybel te aanvaar en te glo uit eie nadenke en vrye, innerlike oortuiging daaroor. Dit is ’n persoonlike wete dat die Bybel waar is. Daardie soort sekerheid kom nie alleen uit jouself nie, maar word deur die Heilige Gees in die hart en verstand gewek.
Die bewyse en getuienisse vir die betroubaarheid van die Bybel is kragtig en oorvloedig. Enige mens wat net bereid is om vrywillig en met ’n oop gemoed daarna te kyk sal sien dat dit oor duisende jare beproef is en op vaste gronde berus. Daar is al kamers vol boeke geskryf en ontelbare debatte oor die Bybel gevoer. Hier is maar enkele voorbeelde van tipiese kwelvrae wat altyd pla en verskillende reaksies ontlok. Die antwoorde wat hier aangebied word sal hopelik help om meer sekerheid en rustigheid te gee:
Kom die Bybel regtig van God?
Een rede vir hierdie vraag is dat die inhoud van die Bybel op baie plekke vaag, ingewikkeld en onduidelik voorkom. Daar is ook oënskynlike foute of teenstrydighede. Die Bybel word nie deur almal ervaar as ’n eenvoudige en duidelike boodskap van God aan die mens nie. Die vraag word gevra: as God die outeur van die Bybel is, waarom was die Bybel dan nie van die begin af ’n klaar en duidelike, afgeronde en foutlose boek nie?
Die antwoord is dat God deur gewone mense met die mens praat. Gewone, sondige mense het die Bybel geskryf, dit duisende jare lank duisende kere weer oorgeskryf (gekopieer) en dit aan hul nageslagte oorgedra. God probeer nie om mense tot geloof oor te haal deur ’n wonderboek wat Hy uit die hemel laat val het of deur engele by die mens laat aflewer het nie. Hoekom nie? Want God het bedoel dat die Bybel gewoonweg met mense praat sodat elkeen vrywillig kan besluit of hy dit wil glo. Die mens se vryheid van keuse is baie belangrik. As ons tot geloof oorreed moet word deur ’n uiterlik indrukwekkende boek of skouspelagtige aanbieding daarvan, is vrye keuse nie meer wat dit moet wees nie. Alhoewel dit mag voorkom of die Bybel vaag is en gebreke het, voldoen dit in elke opsig aan God se bedoeling en doel daarmee.
’n Ander rede vir twyfel of die Bybel van God kom is die uitwerking wat dit na sommige se oordeel op wêreldgebeure het. Daar word byvoorbeeld gesê dat geloof ’n oorsaak van konflik en oorloë is. Die Bybel kan dus nie van God wees nie, anders sou dit eerder vrede en voorspoed vir almal gebring het. Die fout in hierdie argument lê by die aanname dat die meeste sleutelposisies in die regerings en sosiale en maatskaplike sektore van die (Westerse) wêreld deur Christene beklee word. Daar word gedink dat as die Bybel van God kom, Hy sal sorg dat daardie leiers die Bybel se wette en riglyne in die samelewing sal toepas. Die waarheid is egter dat min sleutelposisies in die Weste deur ware Christene beklee word. Die wêreld is inteendeel onder die mag van die Bose (1Joh 5:19).
Wat verstaan moet word, is dat die Bybel nie vir die wêreld gegee is as handboek vir politieke, sosiale en maatskaplike gedrag nie, maar dis gegee vir gebroke mense wat deur hul geloof in Jesus hoop om uit die wêreld van sonde gered te word. Die Christendom het wel die verantwoordelikheid om Die Bybel se boodskap en voorskrifte in die wêreld te verkondig en uit te leef, maar die mate waartoe hulle daarin slaag kan nie as maatstaf vir die betroubaarheid van die Bybel gebruik word nie.
Is die Bybel die enigste medium waardeur God sy boodskap van genade en redding bekendmaak?
As ons praat van die evangelie van Jesus die Christus die Seun van God, wat as sondelose mens gebore is, gesterf het en uit die dood opgestaan het, dan is die Bybel die enigste medium waardeur God dit bekendmaak. Ongeag of die Bybel in skriftelike, oudio, video of ander bruikbare vorm is. Selfs mondelingse oorlewering van die boodskap van die Bybel kan hierby ingesluit word, solank die boodskap reg oorgedra word.
Mens moet ook nie die fout maak om te vêr te wil soek na die beste of mees akkurate of volledigste Bybel nie. Ons het reeds gesien dat daar heelwat verskillende Bybels in die wêreld is, maar in meeste gevalle bevat hulle presies dieselfde boodskap.
Dis ook nie te sê dat die Bybel die enigste manier is waarop God hoegenaamd met die mens kommunikeer nie. Ons weet dat Hy deur die geskiedenis op baie maniere en oor baie dinge met mense gepraat het. Maar wanneer dit spesifiek oor die verhaal van die beloftes en voorspellings van God se reddingsplan, die uitvoering daarvan deur die eeue, die aankoms van die beloofde Verlosser, sy dood en opstanding, sy hemelvaart en die verwagting van sy terugkoms gaan, is die Bybel ons enigste volledige bron van kennis daaroor. Enigiemand wat hierdie boodskap in ander bronne as die Bybel gaan soek, sal min of niks kry nie.
As daar ook ander maniere was waarop God sy boodskap van genade en redding aan ons bekendgemaak het, sou mens die betroubaarheid van die Bybel daarmee kon vergelyk. Maar ons weet dat daar nie sulke alternatiewe bronne bestaan nie. Die betroubaarheid van die Bybel staan op eie bene en kan nie deur vergelykings met ander bronne bevestig of ontken word nie.
Is daar ook ander ‘bybels’ in die wêreld?
Baie! En dis maklik om dadelik so te antwoord, siende dat daar duisende verskillende volke, kulture en godsdienste in die wêreld is. Vir Christene beteken die woord ‘Bybel’ die boodskap en leer van Jesus Christus. In ander godsdienste kan dit weer die boodskappe en leerstellinge van daardie godsdienste beteken. Sommige ‘bybels’ is soortgelyk, terwyl ander weer drasties van mekaar verskil.
Die oorhoofse patroon van geloofstrome in die wêreld kan beskryf word in terme van die sg. Westerse, Midde-Oosterse en Oosterse verdelings, waar hoofstroom-gelowe soos die Christendom, Judaïsme, Islam, Hindoeïsme en Boeddhisme hul onderskeie oorspronge het. Binne elke hoofstroom is daar weer verdere sub-verdelings: in die Christendom vind ons byv. die Rooms-Katolieke, Protestantse en Ortodokse denominasies, in Islam verskeie vertakkings en in Hindoeïsme en Boeddhisme nog baie meer vertakkings.
Elke geloof het dan ook sy eie ‘heilige skrifte’ of ‘evangelie’, gewoonlik in die vorm van ’n dokument of ‘bybel’, soos byvoorbeeld ons eie Bybel. Die belangrikste doel van heilige skrifte en bybels in enige godsdiens is natuurlik om die grondslag en wese van die betrokke godsdiens te beliggaam. Dit beteken dat die praktiese beoefening van die geloof, onderrig in die geloof en verdediging van die geloof op daardie skrifte en bybels staatmaak. Wanneer verskillende gelowe met mekaar vergelyk word, gebeur dit gewoonlik aan die hand van die inhoud van die betrokke heilige skrifte en bybels.
Wanneer die Christelike geloof bevraagteken of uitgedaag word, is die visier dan ook gewoonlik op die Bybel, in terme van sy herkoms en egtheid as God se woord en ook in terme van sy inhoud. Wat die inhoud betref, gaan dit veral oor die Bybel se weergawes van byvoorbeeld die skepping, die mens, die sondeval en die hoogs-omstrede menswording, dood en opstanding van Jesus as die Seun van God.
Die vraag waarmee baie mense nou worstel is: as net één waarheid moontlik is, hoe kan die Bybel alleen as betroubaar gesien word terwyl daar so baie heilige skrifte en bybels in die wêreld is? Die maklike antwoord sou wees dat al die ander heilige geskrifte en bybels vals is. Die eerste beswaar teen so ’n haastige antwoord sal wees dat die Christendom self verdeeld is en verskillende Bybels het. Te dikwels lei hierdie soort benadering tot eindelose en vrugtelose debatte. Die feit van die saak is dat die Bybel vir die Christendom betroubaar en waar is en dat ander gelowe se heilige geskrifte vir hulle weer betroubaar en waar is. Die vraag bly: watter ‘bybel’ is reg?
U mag dalk ook vra: wat moet ek kies, ons Bybel of dalk ’n ander een? Die antwoord is eenvoudig: aanvaar die evangelie wat jy en jou familie en jou volk van die begin af het. Die herkoms van die Bybel strek soomloos van Adam tot by die volkere waarvan ons vandag deel is. As jou wortels dan dieselfde as dié van die Bybel is, waarom twyfel oor wat jy moet kies?
Dis nog te verstane dat iemand wat sy herkoms uit ’n ander oord aflei oor die Bybel kan twyfel, maar as jy weet dat jy saam met die Bybel uit die boesem van jou voorgeslagte voortkom, moet dan nie twyfel nie. Jy kan jouself nie van jou wortels losmaak nie. Moet jou ook nie kwel oor die baie volke in die wêreld met ander wortels en kulture nie. Dit is God se saak. Ons moet maar net sy lig en liefde in alle rigtings uitstraal en vir almal wys hoe God se kinders lyk en optree (Fil 2:15-16).
Dat die God van ons Bybel die enigste ware God is en dat die Bybel sy enigste ware woord van redding vir die mens is, is al so deeglik aangetoon dat geen redelike mens daaroor hoef te twyfel nie. En dan het dié van ons wat reeds ’n persoonlike verhouding met Hom het ’n vaste sekerheid oor die Bybel, wat totale rustigheid en vrede in die gemoed gee.

DIE DOEL EN GEBRUIK VAN DIE BYBEL
Van die vroegste tye af was skrif ’n manier om inligting te genereer, te bewaar en oor te dra. Vandag is dit steeds so, al kan inligting ook in ander vorms hanteer word, byvoorbeeld in klank en beeld. Dis ook interessant dat boeke steeds die mees algemene en dikwels gewildste manier is om skriftelike inligting te bewaar en te versprei. Die Bybel is geen uitsondering nie. God het dan ook gesorg dat sy woord oor duisende jare op hierdie manier tot ons beskikking is.
Dat die Bybel God se woord op skrif is en dat Hy bedoel het om dit in hierdie vorm aan ons te gee, is heeltemal duidelik. Nou moet ons ook vra: wat is God se doel met die inhoud van die Bybel? Wat is sy woord – sy boodskap – aan die mens? Gelukkig hoef ons dit nie uit te pluis nie, want die Bybel gee self die antwoorde:

God openbaar die skepping van die mens, wat gebeur het met die sondeval en wat daarna vir hom en sy nageslag voorlê (Gen 1-3). Hy gee instruksies aan leiers soos Noag (Gen 6-9) en Abraham en sy nageslag (Gen 12-) en lei hulle deur tot by die vorming van die volk Israel, uit wie die Redder van die mensdom gebore sou word.
Die proses waardeur God sy volk gelei het tot by die aankoms van daardie Redder, word beskryf in die res van die boeke van die Ou Testament. Die volk was volledig versorg en toegerus met leiers soos Moses, deur wie Hy sy Wet gegee het, en ook deur rigters, profete en konings. Daarby was God self persoonlik teenwoordig by sy volk (Eks 25). Hy het deurentyd met hulle gekommunikeer en sy plan met hulle duidelik gemaak (byv. Deut 28 – 34, Jesaja 53, Dan 9, Sag 14). Die eerste vier boeke van die Nuwe Testament vertel die verhaal van Jesus se geboorte, sy sterwe, sy opstanding uit die dood en sy vertrek terug hemel toe. Hy belowe sy dissipels herhaaldelik dat Hy sal terugkom en ’n einde aan alle boosheid en lyding op die aarde sal maak (sien byv. Joh. 16). Daarna verkondig sy apostels Hom aan die hele wêreld en stig gemeentes van gelowiges (sien die boek Handelinge). Die apostels gee volledige instruksies aan die gemeentes oor wat hulle moet doen terwyl hulle op Jesus se terugkoms wag. Dit word alles uiteengesit in die res van die boeke van die Nuwe Testament. |
Die Bybel se boodskap begin reeds op die eerste bladsy van die eerste boek. Die boodskap word algaande duideliker totdat die laaste besonderhede daarvan op die laaste bladsy van die laaste boek gegee word. Die boodskap, in ’n neutedop saamgevat, is dat God die mens van sonde en die dood red. Die manier om gered te word is om in die beloofde Verlosser, sy Seun Jesus, te glo, sy opdragte te gehoorsaam en sy riglyne te volg tot Hy terugkom.
Met die doel en inhoud van die Bybel wat so duidelik uitstaan, kom die vraag na vore: hoe behoort dit gebruik te word? Wat is die beginsels, reëls en metodes waarvolgens die Bybel verstaan en toegepas moet word? Die antwoord kan ’n groot mond vol wees; die volgende is die belangrikste:

Die Bybel is vir die hele wêreld (Mark 16:15) maar in besonder vir die gemeentes (kerk) gegee (Hand 13:23,26, Ef 6:10-17). Die Bybel bevat die boodskap wat hulle verkondig en uitleef, en is die verwysingsbron en basis van hul geloof. Namate hulle die Bybel bestudeer en leer ken, vermeerder hul kennis en insig in dit wat hulle gehoor het toe hulle die geloof aangeneem het (2Pet 1:5-8).
Die Bybel kan deur enigiemand gelees word, maar dit kan net reg vertolk, geïnterpreteer en uitgelê word deur gelowiges wat al daartoe in staat is. Dit behels die gebruik van die gawes van die Gees, wat toeneem deur geestelike groei na volwassenheid. In hulle hande is die Bybel vrugbaar en word dit reg toegepas. Onervare gemeentelede moet geduldig wees en bereid om te leer terwyl hulle saam opgroei in die Hoof van die liggaam (1Kor 12, Ef. 4). Oefen jouself in gehoorsaamheid aan die inhoud van die Bybel. As jy self deur die woord gegroei het tot geestelike volwassenheid, sal jy in staat wees om ander langs dieselfde pad te lei (Luk. 6:39-42). Gereelde omgang met die Bybel laat jou ook al hoe vinniger groei, soos in die gelykenis van die talente (Matt. 25). Bestudeer die Bybel met die verstand, maar vertrou op God om die dieper, onsienlike aspekte van die boodskap aan jou te openbaar. Dit is daardie dinge wat nie met die verstand ontleed kan word nie omdat dit geestelik is. Dit is bokant die vleeslike begrip (verstand) en maak nie altyd sin volgens natuurlike redenasie en logika nie. Voorbeelde daarvan is God se liefde en die liefde van ’n gelowige vir ander mense, en vergifnis (Rom 5:5-10, 1Pet 1:22-23, 1Joh 4,5, Matt. 5:38-48, 18:21-35, Ef. 4:31-32). ’n Bybelteks moet altyd verstaan word in die lig van die oorhoofse boodskap van die Bybel, die boodskap van die betrokke boek, en dan ook die onmiddellike konteks. Mens moet dus wyer as die teks self kyk. ’n Bybelteks wat in isolasie hanteer word kan maklik sinneloos wees of selfs misbruik word om vals geloofsoortuigings te propageer (2Tim 2:15). Lees die Bybel met ’n ‘objektiewe’ oog. Persoonlike, vooropgesette idees kan die regte vertolking van die Bybel belemmer (soos byv. Israel wat die Evangelie nie kon snap nie: 2Kor 3:14-16). Mens is maar van nature geneig om nuwe inligting te probeer aannpas by gevestigde oortuigings. Aan die ander kant moet objektiwiteit ook nie oordryf word nie. Elke waarheid in die Bybel moet gesien kan word as deel van die groter patroon van die boodskap. Dis soos ’n legkaart met stukkies waarheid wat elkeen op sy plek inpas om die totale waarheid te gee. As jy té objektief is gaan jy nie die stukkies ingepas kry nie. Wees altyd nederig en bereid om te erken as jy iets verkeerd verstaan het. Die vermoë om van ’n ingeburgerde oortuiging te verander na wat die Bybel werklik sê (of nie sê nie) wanneer jy met ’n waarheid gekonfronteer word, is belangrik om te groei na volle waarheid (Hand 18:24-26, Gal 2:11-14, 2Pet 3:15-16). Omdat ons Bybels vertalings uit die Hebreeuse en Griekse brontekste is, moet versigtigheid aan die dag gelê word met afleidings oor die betekenisse van woorde en sinne. Bestudering van ’n woord se moontlike betekenisse in die brontaal, en ook die gebruik van die woord op ander plekke in die Bybel kan help om te begryp wat die skrywer bedoel het en hoe die vertaler dit probeer vertolk het. Gebruik betroubare hulpmiddels soos Bybelwoordeboeke en Bybelkommentare. Die meeste daarvan getuig van baie jare se noukeurige navorsing en toewyding deur hul outeurs. ’n Goeie voorbeeld is die alombekende e-Sword, wat gratis op jou rekenaar afgelaai kan word. Gaan na e-sword.net en volg bloot die instruksies om dit af te laai en te installeer. U sal verbaas wees om te sien hoe kragtig hierdie program is. Dit gee verklarings en leersame inligting oor elke woord, vers, hoofstuk en boek in die Bybel Dit is die moeite werd om mooi te kyk wat die woordeboeke en kommentare sê voordat jy jou eie opinie oor ’n saak wêreldkundig maak! Aanvanklik kan dit moeilik en frustrerend wees om die program te leer ken, maar u sal sommer gou agterkom hoe dit basies werk, waarna mens algaande meer handig raak en dit begin geniet om te gebruik |