WOORDSTUDIE
DIE DRIE-EENHEID VAN GOD
(Lees ook OOR GOD)
|
OORSIG
In ons menslike begrip is God een Wese en terselfdertyd ook drie onderskeie Persone wat in volkome eenheid optree. Dit is naamlik die Vader, die Seun en die Heilige Gees. God openbaar homself so in die Bybel, en ons aanvaar dit sonder dat dit met die verstand ontleed kan word.
INLEIDING
Die drie-eenheid van God is 'n belangrike begrip in ons geloof aangesien dit in die kern lê van ons kennis van Hom. Ons verstaan van God se wese beïnvloed ons verhouding met Hom en dus ook ons verhouding met Jesus en die Heilige Gees. Uiteindelik bepaal dit ook ons verhouding met onsself en ons naaste. Ware liefde vir God word gebou op ware kennis van Hom.
Die drie-eenheid is 'n kontensieuse onderwerp in Christelike kringe, en die verskillende sienings daaroor veroorsaak verdeeldheid en swakheid in die Liggaam van Christus. Ongelowiges en ander gelowe gebruik hierdie swakheid ook as 'n sagte punt vir aanvegtinge. Kom ons ondersoek God se woord daaroor:

DIE BYBEL OOR DIE DRIE-EENHEID
Die Bybel openbaar aan ons:
Ons sien dus drie onderskeie Persone, naamlik
Dit blyk ook duidelik dat die Vader nie die Seun of die Heilige Gees is nie en dat die Seun nie die Heilige Gees is nie.
Terwyl hulle onderskeie Persone is, is elkeen self ook God (JAHWEH). Van die Vader is dit vanselfsprekend uit die skrifverwysings oor Hom hierbo. Van die Seun volg dit uit Jes 9:5 soos hierbo aangehaal en ook uit byv. Joh 1:1, 5:18, 10:33, Filip 2:6 en Kol 2:9, 1Tim 3:16. Van die Heilige Gees sien ons dit in die reeds aangehaalde Matt 28:19 en Hand 5:3-4 en verder in byv. Rom 1:4, 8:26-27, Jes 11:2, Luk 4:1, Joh 14:16-17, 16:7-14, 1Kor 2:10-11, 12:4-6, 2Kor 3:18, 13:13.
Die drie Persone is in volkome eenheid in hul onderskeie werk tot redding en herstel van die mens. In Deut 6:4 verklaar God dat Hy 'n enige JAHWEH is. Die woord enige beteken nie dat God net een Persoon is nie maar dat net Hy alleen Jahweh is, asook dat die drie Persone in eenheid is. Hierdie eenheid van God blyk ook duidelik uit talle ander gedeeltes in die Bybel wat beskryf dat die Vader, die Seun en die Gees in volkome eenheid optree, soos byv. in Luk 3:21-22, Joh 17:11, 21-23.
Die drie-eenheid van God is bokant die verstand en kan nie ontleed word nie. Dit moet so aanvaar word terwyl ons dit in verwondering mag bedink en Hom daarin as almagtige God verheerlik.
WOORDONTLEDING
Die woord drie-eenheid kom nou wel nie in die Bybel voor nie, maar dit is deel van die Bybelkunde- en teologiewoordeskat. Dis maar net ’n manier om die begrip van die saak met een woord te beskryf. Daar is egter enkele ander woorde in die Bybel wat in verband met die drie-eenheid gebruik word, wat dit baie mooi en duidelik verstaanbaar maak.
Ou Testament
In Gen 1:26 sê God: laat ons … Die woord ons in hierdie vers kan dalk reeds ’n vroeë aanduiding in die Bybel van die drie-eenheid van God wees. Dit kan egter nie as alleenstaande bewys daarvan gebruik word nie, aangesien die woord ons nie hier pertinent in verband gebring word met die drie Persone nie. Sommiges meen dat die woord ons eerder hier na God se majesteit en almag kan verwys, maar dit is ook nie noodwendig die geval nie.
Woorde waarna deeglik gekyk moet word is byvoorbeeld een, enige en enigste, omdat dit God se ‘eenheid’ of ‘enigheid’ in die Ou Testament aandui. Die Hebreeuse woord is 'echâd, ’n baie volop woord in die Bybel. Dit kom o.a. voor in Deut 6:4: Hoor, Israel, die HERE onse God is ‘n enige HERE. Die vraag is of die woord enige ('echâd) in hierdie vers beteken dat Jahweh slegs een persoon is? Ons gaan sien dat 'echâd byna nooit hierdie soort betekenis het nie. Inteendeel, dit bevestig die drie-eenheid. Die Vader, Seun en Heilige Gees werk altyd saam en in daardie sin is hulle een, soos in 'echâd'. Dis hoekom Jesus so dikwels beklemtoon het dat Hy niks doen sonder sy Vader nie. Die Heilige Gees is ook slegs besig met dit wat op Jesus betrekking het.
Die volgende gebruike van die woord 'echâd in die OT wys dat ʼn aantal dinge gesamentlik 'een' of in 'eenheid' kan wees:
Esra 2:64 Die hele vergadering saam was twee en veertig duisend drie honderd en sestig
Esra 3:9 En Jésua het opgetree, sy seuns en sy broers, Kádmiël met sy seuns, die seuns van Juda, soos een man …
Jes 65:25 Die wolf en die lam sal saam wei ….
In die volgende voorbeeld word 'echâd gebruik om op iemand spesifiek te wys:
1Kron 29:1 Verder het koning Dawid aan die hele vergadering gesê: My seun Salomo, die een wat God verkies het
In die volgende voorbeeld word 'echâd gebruik om op iemand as die enigste te wys:
1Kon 4:19 Geber, … en hy was die enigste bestuurder in die land
In die volgende voorbeeld beteken 'echâd saam:
Pred 11:6 Saai jou saad in die môre, en laat teen die aand jou hand nie rus nie; want jy weet nooit watter een sal geluk nie, hierdie of daardie, en of altwee saam goed sal wees nie
In die volgende voorbeeld beteken 'echâd almal saam:
Jer 10:8 Maar almal saam word hulle dom en dwaas, die tugtiging van die nietige afgode—dit is hout
In die volgende voorbeeld beteken 'echâd geeneen:
Psa 139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie
Nuwe Testament
In die Nuwe Testament word die Griekse woorde heis en mia gebruik om behalwe die gewone een (1) ook ander vorms van eenheid aan te dui:
Mat 19:5-6… sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.
Mar 2:7 Waarom praat hierdie man so godslasterlik? Wie kan sondes vergewe behalwe Een, naamlik God? (in hierdie vers beteken die woord Een dat slegs God - net Hy alleen - sondes kan vergewe.
Luk 14:18 En hulle het hul almal eenparig begin verontskuldig …
Joh 10:16 … en dit sal wees een kudde, een herder (let op: een kudde, maar bestaande uit baie skape, en een herder, wat enkele herder, of enigste herder kan beteken).
Joh 17:11 … bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons (let op: hulle is een, Ons is een !)
v 21 ... dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees …
vv 22-23 En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees ...
Hand 4:32 En die menigte van die wat gelowig geword het, was een van hart en siel, …
Ef 4:4 Dit is een liggaam en een Gees …
Filip 1:27 … dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie
Openb 17:17 Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer (om saam te stem), en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is.
Dis dus duidelik dat eenheid in die Bybel nie altyd na die syfer 1 verwys nie. Die eenheid van God moet op verskeie maniere verstaan word.
Ontleding van die volgende twee verse in die N.T. wys hoe die woord heis verskillende betekenisse kan hê, en dat mens versigtig moet wees met haastige vertalings en uitlegte. Ons kyk eers na Gal 3:28: ..want julle is almal een in Christus Jesus. Daar is twee woorde wat hier saamwerk: julle is almal een in Christus. Die Grieks is este en heis onderskeidelik. In hierdie vers is este in die tweede persoon meervoudsvorm, wat beteken 'you are'. Die Engels help ons hier uit want daar is nie ‘n Afrikaanse woord vir 'are' nie. Die woord heis word in sy manlike vorm (Grieks εἷς) gebruik om een man (one man) te beteken. ‘n Klomp mense kan dus saam soos een mens wees – die gemeente is soos 'een man' in Jesus. Hulle is nou wel nie een persoon nie, maar hulle glo en leef dieselfde dinge, in verbondenheid met mekaar, soos een man.
Kom ons kyk nou na Joh 10:30: Ek en die Vader is een. Hier is die Grieks esmen en heis onderskeidelik. Nou is esmen in eerste persoon meervoudsvorm, wat maar bloot beteken dat Jesus bedoel 'ons is' (ek en die Vader is) i.p.v. 'julle is' soos hierbo. Maar let op dat dit weereens 'we are' (meervoud) beteken, soos in Gal 3:28. Kom ons kyk nou weer na heis: in hierdie geval word die woord in sy onsydige vorm (neuter) gebruik, wat nie op een man (persoon) dui nie, maar op een iets of een ding of een saak. In die Griekse letters is dit εν (hen) en nie εἷς soos in Gal 3:28 nie. Jesus bedoel dus dat Hy en die Vader een is maar nie in die sin van een man of een persoon nie. Jesus bedoel dus: Hy en die Vader (twee persone) is (are) in eenheid met mekaar. Die manier waarin hulle een is kan gesien word in die omringende verse, nl. vv 25-29 en 33, waar dit dui op hul gemeenskaplike werk en krag en gesag.
- die Vader (Deut 32:6, Jes 64:8, Matt 5:16, 1Kor 8:6, Ef 4:6)
- die Seun (Jes 9:5, Jes 53, Joh 5:17, 17:3)
- die Heilige Gees (Ps 51:13, Jes 63:10-11, Matt 28:19, Hand 5:3-4, 13:2, Ef 4:30, Heb 10:15-17)
Ons sien dus drie onderskeie Persone, naamlik
- die Vader, wat in die hemel is, oor almal is, uit wie alles is en wat sy Seun na ons gestuur het (Joh 5:36),
- die Seun, wat die gestuurde is en onder ons gewoon het (Joh 1:14), gesterf het, opgestaan het uit die dood (Rom 5:10) en teruggegaan het na sy Vader (Joh 16:28),
- die Heilige Gees, wat in sy plek na ons gestuur is om in ons te woon (Joh 14:17), ons te troos (v 16) en ons te leer en te herinner aan die Seun se woorde (v 26).

'N LOGIESE VERSTAAN VAN DIE DRIE-EENHEID UIT DIE BYBEL EN UIT ONS OMGEWING
Dat God drie persone is raak heel duidelik uit die ontledings hierbo. God openbaar homself as Vader op baie plekke, en ook as die Heilige Gees (nie die Vader nie) op baie plekke, en dan word sy Seun (nie die Vader of die Heilige Gees nie) ook dikwels in die OT en aanhoudend in die NT bekend gemaak.
Dat Jesus nie die Vader in vleeslike gedaante is nie is duidelik omdat Hy en die Vader dit dikwels en spesifiek so laat verstaan, byvoorbeeld by Jesus se doop, sy verheerliking op die berg, in Jesus se gesprekke met die skrifgeleerdes, ens. As Hy self die Vader was sou Hy dit reguit gesê het. Al wat Hy ooit beklemtoon het, was dat Hy en die Vader een is, m.a.w. in absolute eenheid met mekaar – spesifiek met betrekking tot Jesus se sending as mens na ons. Hy het gereeld beklemtoon dat Hy God met ons is, dat Hy die perfekte afskynsel van Vader is, dat Hy sy Seun is (dus net soos Hy is) ens., maar nooit het Hy gesê dat Hy self sy Vader is nie! Hoe kan Hy sy eie Vader wees – hoe kan ʼn seun sy eie pa wees? Jahweh sal ons tog nie verwar met onverstaanbare beelde en vergelykings nie; buitendien is vaderskap en kindskap so fundamenteel tot die lewe (selfs in die diereryk) dat vir God om ʼn Vader te wees en ʼn Seun te hê volkome sin maak. Hy wil tog juis in familieverband met ons staan omdat dit die plek is waar liefde in sy uiterste heerlikheid en volmaaktheid verwesenlik word.
Hier is nog ʼn paar voorbeelde waar verskillende indiwidue in volkome eenheid met mekaar is:

- in een gesin is pa, ma en kinders elkeen ʼn ander persoon; elkeen behoort egter aan die gesin, het sy/haar eie rol daarin, maar is volkome een van sin, doel en strewe met die ander lede m.b.t. die gesin se belange.
- een rugbyspan het verskillende spelers met verskillende posisies en verantwoordelikhede maar hulle deel een stel spelreëls, span-identiteit, werkswyse, seisoendoelwitte ens. Daar is hegte vetrouensverhoudings, onderlinge ondersteuning, uitruiling van posisies soos nodig, ens.
- In die natuur is ʼn klomp leeus een trop, maar elke individu is ʼn broodnodige lid daarvan.
- Jesus het een liggaam (die gemeente) met verskillende lede, elkeen met sy eie gawes ens. Die liggaam is goed saamverbind deur wedersydse ondersteuning in een geloof, doop, Gees, hoop, Hoof, God en Vader wat oor almal, deur almal en in almal is. (Ef 4).
OUE VAN DAE
'n Verkeerde verstaan van die Oue van dae (Daniël 7) kan insig in die drie-eenheid belemmer. Daar word soms geredeneer dat die Oue van dae ʼn ander God bo Jahweh is (!), oor wie die Bybel nie verder iets sê nie, en dat ons die Oue van dae moet sien as die eintlike Vader van almal. Dan volg begrippe soos dat Jesus eintlik Jahweh self is en dat dit bewys dat Jahweh net een Persoon is, ens. Die regte verstaan van Daniël 7 in hierdie verband is as volg:
Die Oue van dae is niemand anders nie as God (Jahweh) soos Hy homself in die res van die Bybel openbaar. Jesus is ook hierdie beskrywing waardig op baie maniere. Kyk maar byvoorbeeld na vers 14, Joh 1, Openb 1 en 5, ens. As Jesus byv. deur Jesaja Ewige Vader genoem word (Jes 9:5), dan strook dit met die beskrywing van die Oue van dae. Jesus is dus ook die Naam Jahweh waardig. Maar mens kan nie daaruit sommer net aflei dat Jahweh eintlik Jesus is en dat God dus net een Persoon is nie.

VEELGODERY
ʼn Belangrike begrip van God se eenheid is dat die drie Persone Vader, Seun en Heilige Gees een God is en nie drie gode soos in veelgodery (politeïsme) nie. In veelgodery is die betrokke ‘gode’ byv. onafhanklik van mekaar (selfs in kompetisie teenoor mekaar) maar in strukture van relatiewe mag en gesag, samewerking of opposisie gewikkel. Dis doodgewone afgodery en het geen ooreenkoms met Jahweh se drie-enigheid nie.
SLOT
Ons het slegs een Vader en Hy het ʼn Seun (wat nie die Vader is nie), en daar is die Heilige Gees (nie die Vader of die Seun nie). Hulle drie is een God. Vader is Jahweh, die Seun is Jahweh, en die Heilige Gees is Jahweh; nogtans is elkeen ʼn onderskeie persoon. Jahweh is enig, Hy het geen gelyke nie, kan met niks of niemand vergelyk word nie en moet alleen aanbid word. Dat Hy ʼn Seun het en dat die Heilige Gees ook een van die persone in die drie-eenheid is, is ʼn misterie wat ons met die hart en verstand omarm, maar nie volkome kan verklaar of ontleed nie.