woordbrokkies
Beter en slegter Christene
Sonde is deur en deur SLEG, dit veroorsaak smart in God se hart en bring die dood voort (Jak 1:14-15). Dis dinge soos hoogmoed, onreinheid, afgodery ens. (Gal 5:19-21). Daar is niks goed aan nie en dit het geen sinvolle plek in God se skepping waar dit inpas of waarde het nie. Dis nie deel van sy oorspronklike skepping nie, maar iets wat van buite indring om die mens en die skepping te vernietig.
Sonde het deur Adam in die wêreld ingekom, en ons, sy nageslag, is vandag nog die draers en doeners daarvan (Rom 5:12). Sommige van ons vaar beter, ander slegter. Die beteres onder ons het egter nie 'n beter kans om hemel toe te gaan nie. Selfs die beste mense skiet ver te kort aan God se vereistes om 'n kaartjie hemel toe te verdien. Goeie en slegte mense is in dieselfde bootjie (Ps 14:1-3).
Jesus het 'n wonderbaarlike ding kom doen: Hy het vir al die sonde in die wêreld ingestaan en die beste tot die slegste mense se skuld op Hom geneem (Rom 5:15-21). Hy nooi almal uit om dit aan te neem en van hul sondeskuld verlos te word. As jy jouself dus aan Hom oorgee is al jou sondes uitgewis en jy staan volkome regverdig voor God, ongeag hoe goed of sleg jy was. Alle gelowiges is dus presies ewe skoon, heilig en regverdig voor God. Alle Christene is goed omdat Christus hulle goed gemaak het. Dink aan die besetene van Gádara (Mar 5) en die moordenaar aan die kruis, wat baie slegte vorige lewens gehad het (Luk 23:42-43), en dan Josef van Arimathéa en die Fariseër Nikodemus - goeie mense! (Joh 19:38-39).
Wedergebore kinders van God (Christene) is nie meer in Adam nie, maar in Christus. Nie meer in die vlees nie maar in die Gees (Rom 8:10). Hulle is nuwe mense. Selfs al sondig hulle nog soms, bly hulle in Hom. Hulle het inderwaarheid nie meer sonde nie, want hulle saad bly in hulle en hulle kan nie uit hulself sondig nie want hulle is uit God gebore (Joh 3, 1Joh 3:9). Daar is nie so iets soos 'n slegte Christen nie!
Al sondig 'n Christen nog, druis sy sonde in teen sy nuwe wedergebore natuur – dit kom nie uit homself nie. Dit kom van buite, soos 'n parasiet wat in sy gestel indring en hom verlei en oorhaal om te sondig. Wanneer hy struikel ervaar hy konflik en spreek sy gewete hom aan. Dit dring hom terug na Jesus in 'n gees van berou en bekering (1Joh 1:8-2:2), maar ook dankbaarheid omdat hy weet dat al sy sondes lankal vergewe is (1Joh 1:12).
As jy ’n Christen is, moet nooit dink dat jy dalk 'n slegte kind van God is en Hy jou afskryf wanneer jy swak is en oor sonde struikel nie. Wees net eerlik en erkentlik teenoor Hom, sê vir Hom dat jy Hom liefhet (of wíl liefhê), vra Hom om jou teen die Bose te beskerm en vermy verdere versoekings. Spandeer baie tyd met sy Woord, al is dit moeilik aan die begin. Sluit aan by 'n gemeente (of by mede-gelowiges in jou gemeente) wat jou as 'n gelyke voor God sien en jou kan liefhê en kan ondersteun.