woordbrokkies
Glo eers, vra dan!
Die natuurlike mens in sy ongelowige toestand reik nie self na God uit nie, en stel nie eintlik belang in baie vrae en antwoorde oor God nie. Iemand wat nie in Jesus glo nie sal dalk nog saam gesels oor God, of oor geestelike dinge besin en soek na die sin van die lewe en wat na die dood met ’n mens gebeur, en so aan. Maar daar is geen kans om die regte antwoorde met die verstand uit te dink nie. Die vra eers – glo dan benadering werk nie. (1Kor 1:18-31)
Eers as God Homself bekendmaak en na ’n mens uitreik, is daar ’n kans om Hom te ken en die regte antwoorde te kry. God hét Homself deeglik bekendgemaak aan die wêreld deur sy Seun, en Hy reik uit na elkeen, want vroeër of later hoor jy sy stem in jou en kan jy besluit om te antwoord of nie (Op 3:20). As jy sy woord glo en Hom aanneem, gebeur die volgende:

Jy word weer gebore en jou denke word verander (1Pet 1:23).
Jy ontvang die Heilige Gees, wat voortaan in jou woon (1Kor 3:16). Jy ken Jesus persoonlik, en verstaan wat Hy van jou verwag (1Joh 2:3). Jy leer ken ander gelowiges wat jou liefhet, beskerm en ondersteun (1Pet 4:8). Jy groei saam met hulle na volle kennis van, en volwassenheid in Jesus (Ef 4). |
Langs hierdie pad kom jy by al die regte antwoorde oor die lewe en oor jouself uit. Dit is die ware LEWE, terug by God in sy volmaakte liefde.
(Joh 14:6).
Dis die glo eers – vra dan benadering. As gelowige kind van God het jy toegang tot sy lig en die waarheid en die ewige lewe (Joh 6:47).
Doen 'n vryval in sy arms in – dis waaroor geloof gaan (Heb 11). Wees deel van 'n gemeente waar jy saam met ander kan groei in Hom. Lééf die nuwe lewe daar!