woordbrokkies
Jou CV
Elkeen het 'n CV ('curriculum vitae'). Jy bied dit aan by 'n werkgewer, wat daarna kyk om te sien of hulle jou kan aanstel.
Dis jou gewone wêreldse CV, wat nodig is vir ’n werk en ’n inkomste. Jou CV is deel van jou aardse lewe, waar ons maar 'n kort rukkie vertoef. Die láng, gróót lewe lê voor. Daarvoor het jy ook 'n CV, wat sal bepaal waar jy gaan wees. Noem dit maar jou geestelike CV.
Jou geestelike CV sê hoe jou geestelike lewe op die oomblik lyk. Daar is twee moontlikhede:
As jy nog ’n ongelowige, natuurlike mens is lyk dit omtrent so:
Jou CV wys dat jy by die wêreld inpas, waar Satan regeer.
As jy in Jesus glo en aan Hom behoort is jy ’n wedergebore mens, en jou CV lyk so:
Met hierdie CV pas jy in by God se koninkryk, waarheen jy inderdaad op pad is.
Elke mens het één van die CV’s. As jy nog die eerste een het, kan jy dadelik die nuwe een kry, wat die oue heeltemal sal uitwis (Matt 6:24, Jes 1:18, 1Joh 1:9).

- Jy is uit die vervalle en bose geslag van Adam (Gén 6:5, Matt 15:19, Rom 5:12)
- Jou daaglikse lewe is bevlek met sonde (Rom 1:18-32)
- Jou gedagtes en woorde is ’n wêreld van ongeregtigheid (Jak 3:6)
- Jy het permanente burgerskap van die wêreld (2Kor 4:3-4, 1Tim 1:15)
- Die wêreld het jou opgelei in sy goddelose waardes en klatergoud (1Joh 2:15-17, 1Kor 3:18-20)
- Jou werksrekord lyk soos Gal 5:19-21
- Jy is 'n slaaf van die sonde (2Tim 3:2-5)
- Jou referente is die Duiwel en ander slawe van die sonde (1Joh 3:8-12, Luk 6:32-34)
- Jou belangstellings en stokperdjies is selfliefde en genot (2Tim 3:2-5)
Jou CV wys dat jy by die wêreld inpas, waar Satan regeer.
As jy in Jesus glo en aan Hom behoort is jy ’n wedergebore mens, en jou CV lyk so:
- Jy is uit God gebore en van sy geslag (1Joh 5)
- Al jou sondes is uitgewis en jy is elke dag ’n getuie van Jesus (Ps 103, 1Joh 1:7, 1Joh 2:3-6)
- Jou gedagtes en woorde weerspieël God se karakter (Jak 3:17-18)
- Jy het burgerskap van God se koninkryk (Filip 3:20) en is ’n bywoner in die wêreld (1Pet 2:11)
- Jy is opgelei in die Woord van God deur die Heilige Gees (Joh 14:26, 1Joh 2:20)
- jou werksrekord lyk uitstekend, want Jesus leef in jou (Gal 2:20, 5:22)
- Jy is vry van sonde (Rom 6)
- Jesus is jou 'referent'; Hy ken jou en beveel jou aan by God (Rom 8:34, 1Joh 2:1)
- Jou belangstellings is die dinge 'daarbo' in God se koninkryk (Kol 3:1-2)