woordbrokkies
Wat beteken 'Geestelik'?
Is dit ’n plek?
’n Toestand?
’n houding, of ’n gesindheid?
Of dalk ’n manier van dink oor dinge, soos abstrak in plaas van konkreet?
’n Toestand?
’n houding, of ’n gesindheid?
Of dalk ’n manier van dink oor dinge, soos abstrak in plaas van konkreet?
Die meeste mense weet nie regtig nie. Die wat wel weet, het insig in geestelike dinge omdat hulle geestelik is. Hulle ken byv. die verskil tussen ‘vleeslik’ en ‘geestelik’, nl. om dood te wees saam met Christus en terselfdertyd in ’n nuwe lewe saam met Hom te wees (Rom 6:1-11). Hulle is ‘wedergebore’.
’n Natuurlike mens kan dit nie verstaan nie (Rom 8:5-10). Geestelike mense verstaan dit want hulle snap die Bybel se boodskap:
So, wat sê die Bybel — wanneer is ’n mens geestelik?
Hier is ’n klompie voorbeelde.
Jy word ’n geestelike mens sodra jy Jesus se boodskap van sondevergifnis en redding begryp en aanvaar (Hand 2:37, 8:26-40, 1Pet 1:23).
Jou gedrag in die wêreld word gekenmerk deur die volgende (Gal 5:22):
’n Natuurlike mens kan dit nie verstaan nie (Rom 8:5-10). Geestelike mense verstaan dit want hulle snap die Bybel se boodskap:
- Die Bybel verklaar die Koninkryk van Jesus Christus. Dis ’n geestelike Koninkryk.
- Die Bybel verduidelik die hopeloosheid van jou natuurlike toestand, en hoe jy ’n nuwe mens in Christus kan word.
- Dan beskryf die Bybel hoe jy hierdie nuwe, geestelike lewe moet leef.
So, wat sê die Bybel — wanneer is ’n mens geestelik?
Hier is ’n klompie voorbeelde.
Jy word ’n geestelike mens sodra jy Jesus se boodskap van sondevergifnis en redding begryp en aanvaar (Hand 2:37, 8:26-40, 1Pet 1:23).
Jou gedrag in die wêreld word gekenmerk deur die volgende (Gal 5:22):
jy is liefdevol is teenoor ander
jy is bly en vrolik oor jou nuwe lewe jy leef in vrede met mense, soos jy self vrede met God het jy is geduldig is met almal, soos God met jou geduldig is jy is vriendelik, soos God met jou vriendelik is jy is goed is vir mense, soos God vir jou goed is jy is getrou aan ander, soos God aan jou getrou is jy is sagmoedig, soos God jy het selfbeheersing, soos Christus in sy eie lewe as mens (Heb 5:7-8) |
Nog eienskappe van ’n geestelike mense:-
hulle luister na die stem van die Heilige Gees (Heb 3:13, 4:6-7)
hulle bestudeer die Bybel om God beter te leer ken (Hand 17:11) bely hul sondes teenoor God en teenoor ander mense (Jak 5:16, 1Joh 1:9) hul is getrou in hul gemeentes as dienaars van Christus en van medegelowiges (Hand 2:42-47) |
Om geestelik te wees is ’n heel praktiese lewenswyse volgens Jesus se gebooie.