WOORDSTUDIE
EINDTYDGEBEURE
DIE EINDTYDGEBEURE IS BELANGRIK
Gelowiges verwag Jesus se wederkoms waar Hy op aarde gaan regeer en die bose finaal gaan vernietig. Ons sien uit na die finale oordeel en die ewige lewe. As eindtydgebeure is dit klimaks-momente in JAHWEH se groot plan met sy skepping, waarin die mens sentraal staan. Dis ons hoop en die einddoel van ons geloof, en dit verseker blymoedige volharding.
Kleiner verskille oor eindtydgebeure is nie 'n probleem nie, maar sekere gebeure is belangrik, en verskille daaroor in kerkkringe beïnvloed ons geloof direk. Hier is LEWENSWOORD se oortuigings:

WAT IS DIE EINDTYD?
Dit is die periode wat met die aanbreek van die Nuwe Testament begin en kulmineer in die nuwe hemel en nuwe Jerusalem wat op die nuwe aarde neerdaal. Die eindtyd duur al omtrent 2 000 jaar, waartydens geweldig baie op die aarde gebeur het. Dit blyk duidelik dat ’n aantal belangrike gebeure al plaasgevind het en tot voor Jesus se wederkoms nog gaan plaasvind, veral volgens die getuienis van die profeet Daniël en die Openbaringe van die apostel Johannes. Dink maar byvoorbeeld aan die opkoms van die Roomse Kerk, die donker Middeleeue, die groot kerkhervorming van ’n paar honderd jaar gelede, die opkoms van Islam, die uitbreiding van die Westerse beskawing na ander vastelande, die verskriklike burger- en wêreldoorloë, die vorming van die Europese Unie ensovoorts. Maar dis baie moeilik om te sien waar en hoe die Bybel hierdie gebeure presies aanspreek. Die gebeure wat plaasvind kort vóór en ná Jesus se wederkoms, soos in die Openbaringe van Johannes gegee word, is weer duideliker uitgespel en in een boek saamgevat.
Ons kyk na net een belangrike eindtydproses vóór Jesus se wederkoms, naamlik die herstel van Israel, en dan kyk ons na sy wederkoms, die duisendjarige vrederyk en die laaste oordeel.

DIE HERSTEL VAN ISRAEL
Die nasionale twaalfstamme-Israel het aan die einde van die Ou Testament tot niet gegaan, waarna die Nuwe-Testamentiese volgelinge van Jesus die herstelde Israel geword het. Dit het begin met die eerste gemeente in Jerusalem, waarna gemeentes vermenigvuldig en groei totdat Jesus terugkeer. Hierdie nuwe Israel is ook sy bruid, wat algaande voorberei word vir haar huwelik met Hom.
Die sleutel tot die waarheid oor die herstel van Israel lê in kennis van die identiteit van die Bybelse ‘Jode’ en ‘heidene’ en die identiteit van die hedendaagse Jode en Christene:
Die herstel van Israel word volledig behandel in die Woordstudie: ISRAEL.

- Die eerste gemeentes van die Nuwe Testament was gelowiges uit Israel in Jerusalem en Judea. Die twee stamme Juda en Benjamin (‘Jode’) was prominent en in die meerderheid.
- Die ‘heidene’ aan wie die apostels die evangelie verkondig het was die verstrooide en verlore tien stamme-gedeelte van Israel, wat meestal buite Palestina woonagtig was.
- Die ‘heidene’ is later by die gemeentes ingesluit. Hierdie gemeentes, wat bestaan het uit gelowiges uit al 12 die stamme, was die ware, herstelde Israel. JAHWEH se beloftes van seën en rykdom aan Israel was uiteindelik vir die gemeentes bedoel.
- Hulle hedendaagse nakomelinge, naamlik die gemeentes van gelowiges uit die geslag van Adam wêreldwyd, is steeds daardie herstelde Israel, en hulle groei na hul volheid in afwagting op Jesus se wederkoms.
- Die aanspraak van die hedendaagse Jode dat hulle Israel is en dat die stigting van die staat Israel in 1948 die begin van die herstel van Israel was, is vals.
Die herstel van Israel word volledig behandel in die Woordstudie: ISRAEL.
DIE WEDERKOMS VAN CHRISTUS
Ons leef in die heerlike hoop op Jesus se terugkoms na ons, waar Hy gaan heers saam met dié wat getrou aan Hom bly. Hy kom liggaamlik, net soos Hy vertrek het na sy opstanding (Hand 1:11), en sy Koninkryk sal 'n wesentlike, aardse instelling wees (Openb 19:19-20:9).
Gelowiges se siele gaan na God in die hemel wanneer hulle sterf (Luk 16:22, 20:38, Openb 6:9-11). Dié wat reeds in Hom gesterf het se liggame sal uit die dood opstaan en in onsterflikheid weer met hul siele verenig word. Dit sal dieselfde liggame wees wat hulle voor hul dood gehad het maar dan in verheerlikte vorm, net soos Jesus in dieselfde liggaam uit die dood opgestaan het. Dié wat nog lewe op daardie stadium gaan oombliklik verander word na dieselfde verheerlikte staat. Van daardie oomblik af sal ons vir altyd saam met Hom wees en as konings en priesters saam met Hom op aarde regeer (1Kor 15:51-54, 1Thess 4:13-17, 1Pet 2:9, Openb 1:6, 5:10, 20:6)
Jesus gaan ons na Hom toe 'opraap' wanneer Hy verskyn, en ons in die lug ontmoet (1Thess 4:16-17). Hy betree dan die aarde saam met ons (Openb 5:10). Die idee dat Jesus ons 'n aantal jare voor sy wederkoms gaan 'wegraap' om die oordele te ontvlug wat oor die aarde uitgestort gaan word, word nie aanvaar nie weens gebrek aan ondersteuning daarvoor in die Bybel.

DIE DUISENDJARIGE VREDERYK
Met Jesus se wederkoms word die 'dier' (of 'diere') en die 'vals profeet' van Openb 13 en 16 in die vuurpoel gewerp en word die konings en leërs van die aarde wat teen Jesus in opstand was, vernietig (Openb 19:11-21). Die Satan (duiwel, draak) word toegesluit vir 'n 'duisend jaar', terwyl Jesus se getroue volgelinge saam met Hom op aarde regeer (Openb 20:1-6).
Aan die einde van hierdie tydperk word Satan uit sy gevangenis vrygelaat, gevolg deur sy laaste aanhitsing van die wêreld se koninkryke teen Jesus en sy heiliges. Hulle omsingel die geliefde stad maar word deur vuur uit die hemel verslind. Die Satan word dan finaal vernietig deurdat hy by die dier en valse profeet in die poel van vuur gewerp word (Openb 20:7-10).
Jesus se wederkoms sal die duisendjarige vrederyk (ook die millennium genoem) voorafgaan, volgens die eenvoudige verstaan van die betrokke skrifgedeeltes. Tans leef ons nog in die eindtye en moet ons in die geloofstryd volhard. Die Satan is nog nie gebind nie en bring nou sy koninkryk (die wêreld) in finale opstand teen ons komende Koning. Sien byvoorbeeld 1Pet 5:8-9.
Ander sieninge oor die millennium is byv. dat dit strek vanaf Jesus se eerste koms tot sy wederkoms, of dat daar glad nie 'n millennium is nie. Hierdie sieninge steun op Bybeltekste en redenasies wat kwalik aanneemlik is. Die toestande wat ons vandag beleef wys dat die Satan nog nie gebind is nie, daar geen vrede op aarde is nie en dus geen sprake van 'n huidige millennium kan wees nie.

DIE LAASTE OORDEEL EN EWIGE LEWE
Na sy wederkoms regeer Jesus op aarde totdat al sy vyande vernietig is (1Kor 15:25, Op 20:10). Die laaste vyand wat oorwin word is die dood (1Kor 15:26, Op 20:12-14, 21:4). Daarna is dit die laaste oordeel, met Hom op die groot wit troon (Matt 25:31-32, Openb 20:11-15). Dié wie se name nie in die boek van die lewe geskryf is nie gaan dan in die poel van vuur gewerp word (v 15).
Hiermee volvoer Jesus sy groot herstelplan vir die mens, waarna Hy die Koninkryk aan God die Vader oorgee en ook Homself aan Hom onderwerp (1Kor 15:24-28). Dan begin die ewige lewe in die nuwe hemel, nuwe aarde en nuwe Jerusalem, waarin God se volk toegang het en waar Hy vir altyd by hulle sal woon (Openb 21).