woordbrokkies
Genade wen sonde
Sonde is 'n verpesting in mens se lewe. Dit kan 'n wig indruk tussen jou en God as dit jou skuldig laat voel, skaam maak, jou selfbeeld afbreek, jou moedeloos maak en laat dink God draai sy rug op jou. Hierdie las met sonde is 'n probleem waarmee baie Christene loop.
Maar nie alle Christene nie. Daar is dié wat elke dag worstel met sonde, maar ander steek die brug oor en leef elke dag in oorwinning. Hulle is baie ontspanne, gelukkig met hulself en in volle vrede met God. Om die waarheid te sê, hulle hét geen sonde nie, en hulle weet dit.
Hoe werk dit ??!
Die Bybel gee twee maniere om weg te kom van sonde. Een is deur gehoorsaamheid aan die Wet. As jy die hele Wet nakom kan jy die koninkryk van die hemele ingaan. Maar jy moet dit van harte doen, sodat jou geregtigheid oorvloediger as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs is (Matt 5:18-20). Reg?
Ja, dis wat Jesus gesê het! En dan het Hy ’n klompie voorbeelde gegee (verse 21-48). Vra jouself nou af: kry ek dit reg om nooit sonder rede vir iemand kwaad te wees nie, nooit ’n ander vrou te begeer nie, nooit te steel nie, altyd my vyande lief te hê, ens.? As jy eerlik is met jouself, sal jy erken dat dit onmoontlik is. Die Wet kan niks vir jou doen nie.
Goed, wat het Jesus dan werklik met die voorbeelde bedoel? Hy het bedoel dat net Hy alleen in staat was om die Wet na te kom. En in verse 17-19 sê Hy dat Hy gekom het om presies dit te doen. Elke jota en titteltjie daarvan!
Die tweede manier om van sonde weg te kom, is om te weet dat Jesus al jou sondes op Hom laat neerkom het en daarmee die kruisdood aanvaar het. Hy het in jou plek kom staan en die volle prys vir jou ongeregtigheid betaal. Hy maak jou weer regverdig voor God.
Hoekom het Hy dit gedoen? Omdat God Hom gegee het om die wêreld van sonde te red. Dit is suiwer genade en dis verniet, sonder dat ons enige teenprestasie hoef te lewer. (Joh 3:16, Op 22:17).
Jy hoef dit net te aanvaar en jou aan Jesus oor te gee. Die oomblik wat jy daardie stap neem, word jy deur die werking van sy Gees verander na ’n nuwe mens wat een word met Hom. Dan is 1Joh 3:9 en 5:18 op jou van toepassing, want al struikel jy dikwels nog, bly jy in Jesus en Hy in jou, en jou sonde word gedurig weggewas. Sy genade is altyd meer as jou sonde.
Gryp dit - dis die kans van 'n leeftyd! Erken dat jy jou sonde nie self kan afskud nie en dat Hy alleen jou kan help. Dis die enigste manier om weg te kom van sonde.
Wees dan ’n gelowige wat vry is van daardie knaende sonde-stryd, en elke dag met 'n glimlag van oorwinning en vryheid kan begin.