WOORDSTUDIE
GELOFTEDAG
OORSIG
Die ontstaansgeskiedenis van die Afrikanervolk en die aanloop tot die Groot Trek word eers baie kortliks geskets, waarna die gebeure in Natal, die aflegging van die Gelofte en die oorwinning van Pretorius se strafkommando oor Dingaan beskryf word. Dan word die vraagstukke met betrekking tot die nakoming van die gelofte behandel.
Eerstens word gekyk na wat die Bybel sê oor geloftes en die verbondenheid van die nageslagte aan geloftes. Dit word gevolg deur enkele aanmerkings oor die rol van politiek by die herdenking van die Gelofte. Dan word Christenskap en Geloftedag, die geldigheid van Geloftedag en die manier waarop die dag gehou behoort te word, behandel. Laastens word gewys op die sendingwerk en geestelike opbouing onder die Zoeloes van Natal deur Afrikaners na Dingaan se mag gebreek was.
Ten slotte word klem geplaas op die keuse wat ons vandag moet maak vir die handhawing van die jaarlikse herdenking van die Gelofte.

INHOUD
Vertical Divider
|
ONTSTAAN VAN DIE AFRIKANERVOLK
DIE GROOT TREK EN DIE GEBEURE IN NATAL DIE GELOFTE NAKOMING VAN DIE GELOFTE DIE BYBEL OOR GELOFTES VERBONDENHEID VAN DIE NAGESLAG POLITIEK EN DIE GELOFTE CHRISTENSKAP EN GELOFTEDAG DIE GELDIGHEID VAN GELOFTEDAG HOE DIE GELOFTE HERDENK BEHOORT TE WORD TEN SLOTTE |
ONTSTAAN VAN DIE AFRIKANERVOLK
Die eerste Europeërs het die suidpunt van Afrika aan wal gestap toe Jan van Riebeeck in 1652 ’n nedersetting aan die Kaap begin ontwikkel het vir die VOC. Sommige van die VOC se werknemers het later onafhanklike ‘Vryburgers’ geword om te boer en die maatskappy se skepe van vars voedsel te voorsien tydens handelsvaarte om Afrika na die Ooste. In daardie eerste honderd jaar of wat het ’n aantal Franse Hugenote hul toevlug na die Kaap geneem. Ook ’n hele aantal Duitsers het hulle daar kom vestig en op daardie stadium dalk selfs enkele Britte en ander setlaars uit Europa. Meeste van hulle was mettertyd deur die meerderheid Nederlandse vryburgers/Vlaminge geassimileer.
So het ’n gemeenskap ontwikkel wat ’n nuwe ekonomiese era aan die Kaap ingelui het. Hulle was ook die draers en vestigers van die Gereformeerde Christelike geloof in hul nuwe vaderland. Hulle het hulself al meer as ’n eie volk begin sien namate ’n soort ‘Afrikaner’-identiteit by hulle ontwikkel het.
Aanvanklik was verhoudinge met die inheemse Khoikhoi (‘Hottentotte’) goed, maar vyandigheid het mettertyd ontwikkel oor slawerny, grondbesit, diefstal ens. Rasseverhoudinge het onder die loep gekom, waarop owerhede en sendelinge bepaal het dat gelykheid van alle mense voor God ook ras-gelykheid moes beteken. Dit het sosiale en politieke hervormings tot gevolg gehad, maar sonder kompensasie of ondersteuning van owerheidsweë met die handhawing van ordelike samelewing. Dit het tot agteruitgang en ontevredenheid onder vryburgers en boere gelei, van wie sommiges toe weggetrek het na die Oos-Kaap. Daar het hulle weereens in ’n soortgelyke situasie beland deur konflik met die Xhosa, terwyl die owerhede geen ondersteuning gebied het nie en hulle selfs verbied het om hulself en hul eiendom effektief te beskerm. Dit het aanleiding gegee tot die Groot Trek na die noorde.
Intussen het nog ander Europeërs, alhoewel in kleiner getalle, ook begin bydra tot die genepoel van hierdie Oos-Kaapse boere, uit lande soos Skandinawië, Portugal, Italië, Pole, Skotland, Engeland, Ierland en Wallis. Teen die tyd van hul vertrek na die noorde het van hierdie bloedlyne dalk ook al in hul are begin klop. Hulle was van eg-Europese afkoms, met eienskappe wat van hulle geharde, idealistiese en verbete pioniers gemaak het. Met die Groot Trek na die noorde het hulle as ‘Voortrekkers’, ‘Boere’ en ‘Afrikaners’ bekend geraak.
Die Kaapse setlaars was Calviniste. Die Voortrekkers, as hul nakomelinge, was dus gereformeerd. Hul besondere verstaan en uitlewing van hul geloof het die sosiale, maatskaplike en politieke leefwyse bepaal wat hulle wou handhaaf. Deel daarvan was hul geneigdheid tot afsondering en aanspraak op vryheid.
Die Voortrekkers het hul gedistansieer van die politieke en Godsdienstige veranderings en gevolglike sosiale praktyke in die Kaap, wat in die eerste plek veroorsaak het dat hulle na die Oos-Kaap uitgewyk het. Daaruit kan afgelei word dat hulle waarskynlik ook nie betrokke was by die ontstaan van die Kaap se kleurlingbevolking nie. Hulle wou juis hul eie identiteit en suiwerheid bewaar en het geglo dat dit inderdaad hul reg en plig was om dit te doen.
Die Oos-Kaapse Voortrekkers was in grootste mate die beginners en draers van die kultuur waarmee ons vandag identifiseer. As vrome Christene uit die Gereformeerde tradisie was hulle die ware Boere en Afrikaners in ons volk se geskiedenis.

DIE GROOT TREK EN DIE GEBEURE IN NATAL
Verskeie groepe het aan die Groot Trek deelgeneem. Een daarvan het uit die gebied van die Winterberge vertrek onder leiding van ’n gesiene Afrikaner, Piet Retief. Die beoogde bestemming van meeste van die trekke was aanvanklik Natal, waar Retief voor die tyd al begin het om die geskiktheid en moontlikhede vir volksplanting daar te ondersoek.
Dit moet genoem word dat Retief sy trek na die noorde op ’n vredevolle manier aangepak het. Hy het eerstens ’n manifes opgestel en laat publiseer, waarin hy die redes vir die trek uiteengesit het. Uit die bewoording kan gesien word dat die motiewe vir die trek suiwer en goed-bedoel was. Hy het beklemtoon dat vreedsame verhoudinge met alle inheemse groepe nagestreef sou word en onderhandelinge altyd regverdig en billik sou wees. Dis ook bekend dat Retief ’n saggeaarde en vriendelike mens was.
Reeds voor die trekkers se aankoms in Natal was Dingaan al gevestig as nuwe Zoeloe-heerser in die omgewing. Retief het vroegtydig met hom begin onderhandel oor grondgebied. ’n Traktaat is onderteken waarvolgens ’n deel van Natal aan die trekkers afgestaan sou word in ruil vir die herwinning van vee wat vroeër deur ’n ander swart stam by die Zoeloes gesteel was.
Nadat Retief sy kant van die ooreenkoms nagekom het, het Dingaan hom uitgenooi na ’n afskeidsbyeenkoms in sy stat. Retief en sy 70 man het dit ongewapen bygewoon, waar hulle in opdrag van Dingaan oorval en vermoor is. Daarna het Dingaan duisende Zoeloe-krygers uitgestuur om die verspreide trekgroepe op die Natalse vlaktes uit te wis. Sowat 300 trekkers (mans, vroue en veral kinders) en 200 werkers is in die proses vermoor.
Die gebeure het gelei tot enkele pogings van ander Trekkerleiers om Dingaan te straf en sy mag te breek. In die slag van Italeni is Piet Uys en Andries Potgieter in ’n lokval gelei, waar 10 man in die slag gebly het, insluitende Uys en sy seun Dirkie.
Later in daardie jaar het Andries Pretorius, ’n boer in die omgewing van Graaff-Reinet, ook besluit om Natal toe te trek, en het hy met 60 man aangesluit by ’n strafkommando wat op die punt gestaan het om teen die Zoeloes uit te trek. Pretorius, reeds bekend onder die trekkers as ’n betroubare leier en gedugte militêre strateeg, is binne enkele dae verkies as hoofkommandant van die kommando. Dit het nuwe hoop vir die Trekkers gebring.
Hierdie kommando, later bekend as die Strafkommando en Wenkommando, het bestaan uit 464 blanke mans, 'n onbekende aantal swartes en Kleurlinge, 57 waens en 3 kanonne. Elke blanke man het 3 tot 4 voorlaaiers gehad. ’n Voorlaaier het omtrent 2 minute geneem om te herlaai en kon net 6 tot 8 skote skiet, waarna dit eers toegelaat moes word om af te koel.
Die strafkommando sou te staan kom teen ’n oormag Zoeloe-krygers. Uit ’n militêre oogpunt gesien, was dit vir die kommando ’n uiters gevaarlike situasie, met eintlik geen kans op oorwinning nie. Pretorius en sy mede-leiers het dit begin besef en met mekaar beraadslaag om ’n antwoord te vind. Uiteraard was die beste strategie, beplanning en voorbereiding reeds deeglik en onder goeie leiding deurgevoer. Die manne was sielkundig en geestelik ook in gereedheid gebring deur aanhoudende inskerping tot eenheid van doel en plig, opbouing van onderlinge vertroue ensovoorts. Maar dit was nie genoeg nie. ’n Spesiale ingryping van God was dringend nodig.

DIE GELOFTE
Op pad na die kommando se bestemming by Bloedrivier het Pretorius aan ’n gelofte begin dink. Hy het dit bespreek met Sarel Cilliers, mede-leier en die geestelike leier van die kommando, waarna Cilliers uiteindelik besluit het om almal se instemming daarvoor te kry en dan voort te gaan met die opstel en aflegging van ’n gelofte. Elke oggend en aand vanaf 9 tot 15 Desember het die laer hul verootmoedig, Godsdiens gehou en die gelofte herbevestig. Die bewoording, soos vertaal na Afrikaans, was min of meer as volg:
Hier staan ons voor die heilige GOD van hemel en aarde om ’n gelofte aan Hom te doen
dat as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons dié dag en datum elke jaar as ’n dankdag soos ’n sabbat sal deurbring, en dat ons ’n huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte, want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan hom te gee. |
Uit die bewoording blyk dit dat die doen van die gelofte ’n gewigtige besluit was. Dit was in baie ernstige lig beskou deur Pretorius en Cilliers. Cilliers het bedenkinge oor ’n gelofte gehad en gesê hy vrees dat die dag vergeet en verwaarloos kon word en God se toorn so teen hulle sou ontbrand. Hulle het die implikasies van ’n gelofte goed verstaan en terdeë besef dat hulle daardeur nie net hul kinders en latere opkomende geslagte nie, maar ook hul mede-trekkers daarby betrek het. Die wete dat daar in die komende konflik met Dingaan se krygers geen hoop op oorwinning of oorlewing sonder God was nie, het die deurslag tot die besluit gegee.
Die gelofte het op drie dinge neergekom, naamlik dat (i) God se beskerming en hulp gevra was, (ii) die dag en datum (16 Desember) jaarliks herdenk sou word deur hulle en hul opkomende geslagte, en (iii) die roem en eer vir die oorwinning aan God gegee sou word.
Die besluit om ’n gelofte aan God te doen was nie vreemd vir die trekkers nie, aangesien hul geloof in Hom die kern van hul bestaan was. Hulle het hulself inderdaad met Israel van ouds geïdentifiseer en geglo dat Israel se geskiedenis ook húlle geskiedenis was – net in ’n ander tyd en in ander omstandighede. “Soos Israel moes hulle stry teen die aanslae van die omringende heidense volke. Soos Israel op die Here vertrou het, moes ook hulle op die Here vertrou.”
Oor die noodsaak vir die gelofte kan daar geen twyfel wees nie: sonder ingryping deur God sou hulle nie lewendig daaruit gekom het nie. Die regmatigheid daarvan (dat dit vir God aanneemlik was) blyk duidelik uit die gebeure tydens die nag van 15 Desember en die volgende dag. Om net enkele voorbeelde te noem: die vyand het besluit om nie in die nag aan te val nie maar tot die oggend te wag, die oggendmis het betyds gelig vir die voorlaaiers se kruit om droog te word, die vyand se verkeerde slagorde het gemaak dat die voorste onervare linies met terugvalle hul teen die aankomende linies agter hulle vasgeloop het, die beeste en perde binne die laer het kalm gebly te midde van die veldslag, ensovoorts. God se ingrypings was wonderbaarlik, betyds en veelvuldig. Aan die einde van die dag het die vyand op vlug geslaan, terwyl omtrent 3 000 gesneuwel het. Van die kommando was almal ongedeerd, behalwe vir 3 ligte beserings.

NAKOMING VAN DIE GELOFTE
Ons voorouers het nou eenmaal die gelofte van 16 Desember 1838 aan God gedoen en het ons, hul nageslag, aan daardie gelofte gebind. Ons kan niks daaraan verander nie – nie aan die inhoud daarvan nie en ook nie aan hul oorspronklike bedoeling daarmee nie. God het hul harte geken en het geantwoord deur ’n ingryping wat niks anders was nie as ’n wonderwerk. Dit kan selfs vergelyk word met direkte ingrypings van God tydens konflikte van Bybelse Israel met hul vyande.
Die basiese geskiedkundige feite van die Gelofte kan nie in twyfel getrek word nie – dit staan vas. Maar nou word daar geworstel met die vraag of die Gelofte steeds herdenk moet word, deur wie, en op watter manier. Ons kyk eers na wat die Bybel sê oor geloftes:

DIE BYBEL OOR GELOFTES
Die eerste gelofte waarvan ons in die Bybel lees is deur Jakob aan God gedoen oppad na sy oom Laban (Gen 28:20-22). Hy het belowe dat as God hom tydens sy reis sou beskerm en versorg, Jakob opnuut en met alle ywer aan God sou behoort. Dit was dus ’n belofte aan God onder sekere bepalings, of ‘voorwaardes’. God het toe aan die bepalings en voorwaardes van die belofte voldoen en Jakob het daarna ook sý aandeel van sy gelofte gestand gedoen.
Voorskrifte in verband met die offers wat met geloftes gepaard gegaan het, word op verskeie plekke van Lev tot Deut gegee. Die laaste een was ’n waarskuwing dat geloftes sonder versuim betaal moes word. (Deut 23:21-23).
In Num 21:2 kry ons ’n voorbeeld van ’n gelofte wat nie deur ’n individu nie, maar deur die hele volk gemaak was.
Een van Israel se helde, Jefta, het ’n gelofte aan God gedoen, wat tragies geëindig het toe sy dogter uitgekom het as die brandoffer wat hy volgens die bepaling in sy gelofte aan God moes wy (Rigt 11:29-40).
Hanna, die vrou van Elkana, het in nakoming van ’n gelofte wat sy in haar nood gedoen het, haar seun Samuel aan God geskenk. Samuel het toe by die hoëpriester Eli in die tempel in Silo grootgeword en later begin optree as rigter, profeet en priester (1Sam 1-7).
Koning Dawid het dikwels in sy psalms na geloftes verwys as ernstige en bindende beloftes aan God.
In Pred 5:3-4 sien ons nog ’n ernstige vermaning om geloftes wat gemaak was te betaal.
In die Nuwe Testament sien ons slegs op drie plekke die Griekse woord euche, wat vertaal word as ’n gelofte of ’n gebed (Hand 18:18, 21:23, Jak 5:15). In nie een van die gevalle gaan dit oor die betrokke geloftes as sodanig nie, maar eintlik oor ander dinge. Verder word die maak of uitvoering van geloftes aan God nie spesifiek in die NT aangespreek nie.
Die belangrikheid om geloftes wat gemaak is nougeset te hou, word nietemin duidelik genoeg in die geskiedenis van die OT aangedui, terwyl die Gees vandag in ons bevestig dat daardie ou beginsel ook in die NT sin maak: ’n gelofte aan God is iets waaraan mens jouself verbind met die uitdruklike bedoeling om dit na te kom.

VERBONDENHEID VAN DIE NAGESLAG
Kan iemand ’n gelofte doen en sy nageslag ook daaraan bind? Het mens die reg, of die gesag, om dit te doen?
Die eerste leidraad kom sommer vroeg uit die eerste boek in die Bybel, Genesis. Ons sien daar dat niemand hom persoonlik kan distansieer van wat ons eerste voorouer Adam gedoen het nie. Elkeen het inderwaarheid saam met hom gesondig deurdat ons tydens die sondeval in hom teenwoordig was. Hierdie wonderbaarlike band tussen voorgeslag en nageslag blyk uit die beskrywing van hoe die hoëpriester Levi deur Abraham tiendes aan Melgisédek gegee het (Heb 7:9-10). Dit klop ook met Paulus se uitspraak dat die sonde deur een mens in die wêreld ingekom het en tot almal deurgedring het (Rom 5:12). Ons is betrokke by die sondeval omdat ons Adam se nageslag is.
Die volgende teksgedeeltes dui verder op die patroon van nageslagte se aanspreeklikheid:
Noag se seun Gam het iets verkeerd gedoen, waarvan die gevolge na sy seun Kanaän oorgegaan het (Gen. 9). Gam se nageslag moes die gevolge van sy oortreding dra.
Die Ou-Testamentiese Wet het vir Israel en hulle nageslagte gegeld. Byvoorbeeld onderhouding van die Pasga (Exod 12) en gehoorsaamheid aan die hele Wet (Deut 4:9-10, 40, Deut. 6:7, 12:25,28).
Jefta se dogter het die gevolge van haar pa se gelofte gewilliglik aanvaar (Rigt 11:29-40). Ook die profeet Samuel het gewilliglik meegedoen aan die nakoming van sy ma se gelofte (1Sam 1-7).
Die profeet Hosea waarsku die volk dat hul God hul kinders sal vergeet omdat hulle sy Wet vergeet het (Hos 4:6).
Pilatus het geweet dat Jesus onskuldig was en het probeer om Hom vry te laat. Daarop het die volk geskreeu dat sy bloed maar op hulle en hul kinders kon kom (Matt. 27:25). Dit het ook inderdaad gebeur met die finale verwoesting van Jerusalem in 70 n.C.
Andries Pretorius en Sarel Cilliers het hul kommando se nakomelinge aan die gelofte by Bloedrivier gebind. Iemand mag dalk nou redeneer dat hy nie sy afkoms van enige lede van die kommando aflei nie en dus nie aan die gelofte gebonde is nie. Dit sal egter ’n kortsigtige argument wees. Eerstens maak die kommandolede se direkte bloed-afstammelinge vandag ’n baie groot deel van die Afrikanervolk uit. Verder het hul bloedlyne ook al tot ’n groot mate deur die res van die volk versprei met assimilasie deur huwelike.
Daar was ook ander Voortrekkerlaers in Natal wat deur die oorwinning by Bloedrivier van verdere Zoeloe-aanvalle gered is. Hulle sou beslis aan dieselfde gelofte meegedoen het as hulle kon.
Buiten die bloed-nageslag van die Voortrekkers is daar is ook ander mense wat in ’n sekere sin ‘nakomelinge’ van die Gelofte is. Dit is hulle wat vandag deel het aan die goeie gevolge van die Gelofte. Alle Suid-Afrikaanse burgers het deel daaraan en is sodoende indirek verbonde. Hulle is daarom verantwoordelik om die Gelofte minstens te erken en te respekteer. Hierby kan selfs besoekers en partye met sakebelange in Suid-Afrika ingesluit word.
Dan is daar natuurlik ook baie eks-Suid-Afrikaners wat inderwaarheid steeds direk of indirek aan die Gelofte gebonde is op grond van die genoemde goeie gevolge waarin hulle (of hul ouers) ook gedeel het voordat hulle van burgerskap verander het.

POLITIEK EN DIE GELOFTE
Die gelofte van 1838 gaan oor die slag by Bloedrivier, waar ’n Voortrekker-strafkommando in konflik was met Dingaan se Zoeloemag in Natal. Uit ’n politieke oogpunt word dit ingekleur as ’n botsing tussen wit en swart, met groot lewensverlies alleenlik aan die swart kant, gevolg deur die uiteindelike vernietiging van swart heerskappy in Natal.
Van owerheidsweë word daardie geskiedenis vandag dan ook so vertolk en as hefboom vir politieke doeleindes gebruik. Die gelofte van die strafkommando word afgemaak asof dit onverantwoordelik, verkeerd en misplaas was. Met die hulp van kerkleiers word bepaal dat die gelofte nie inpas by wat die Bybel werklik sê en wat van die Christendom verwag word nie.
Die dag is gestigmatiseer as ’n simbool van onverdraagsaamheid en rassepolarisasie, wat as ’n vorm van haat teen die mensdom bestempel word. Blankes wat Geloftedag hou word beskuldig van minagting van die groot beginsel van gelykheid van alle mense.
Die benaming ‘Geloftedag’ is al met ‘Versoeningsdag’ vervang, terwyl die gelofte self vervang is met allerlei belofte-formules en plegtige ondernemings wat elke jaar op 16 Desember deur wittes aan swartes gemaak moet word. Dit gaan gepaard met gemengde (wit saam met swart) byeenkomste wat moet demonstreer dat polarisasie of afsonderlikheid tussen wit en swart iets van die verlede behoort te wees.
Wat belangrik is om hier te verstaan is dat die politieke arena in elk geval nie plek het vir die suiwer woord van God nie. Godsdiens word slegs in ag geneem en benut om maghebbers se doelwitte te dien, waar vertolkings van die Bybel by daardie doelwitte aangepas word soos nodig. Hierdie patroon is oor alle eeue in elke land van die wêreld te bespeur. In Suid-Afrika is die huidige hantering van die Bloedrivier-gelofte nog ’n goeie voorbeeld daarvan.
Politieke leiers is nie in ’n posisie om die Gelofte te erken en die herdenking daarvan te bevorder nie, of om te bepaal wat God se wil daaromtrent is nie. Ons moet dit self doen. Gelukkig is dit nog moontlik, en as ons die Bybel se beginsels en riglyne met betrekking tot Geloftedag reg toepas hoef ons nie negatiewe reaksie van owerheidsweë of die res van die land se samelewing te vrees nie.

CHRISTENSKAP EN GELOFTEDAG
Dis belangrik om te verstaan watter soort mense werklik by die Gelofte betrokke is. Is dit almal, of net ’n bepaalde klas mense in die land? Die antwoord wat sommer dadelik uitstaan is dat slegs Christene betrokke kan wees. Andries Pretorius en sy laer was Christene. Wanneer Christene vandag die Gelofte herdenk vereer hulle God as die Een aan wie die Gelofte gedoen was en wat redding gegee het.
Daarteenoor is enige nakoming óf nie-nakoming van die Gelofte deur ongelowiges betekenisloos want hulle ken God nie. Enige poging van ongelowiges om die Gelofte te herdenk sal vir God verwerplik wees.
Geloftedag is direk en eksklusief aan Christenskap gekoppel. Ons is betrokke by die Gelofte juis omdat ons Christene in Suid-Afrika is. Ons is dan ook verantwoordelik om die Bybelse beginsels en riglyne oor die Gelofte reg te vertolk en die voorbeeld te stel met die hantering daarvan. Ons is God se boodskappers – die lig van die wêreld en die sout van die aarde (Matt 5, Filip 2:15).
Die groot vraag wat dan nou deur die Christene van Suid-Afrika beantwoord moet word gaan oor die geldigheid van Geloftedag in vandag se politieke klimaat. Vrae wat in die gemoed skommel is byv. of Geloftedag steeds God se wil is en die vraag of dit hoegenaamd afgeskaf of verander mag word.

DIE GELDIGHEID VAN GELOFTEDAG
Die vraag na die geldigheid, of gesagdraendheid, van die herdenking van die Gelofte moet eintlik van twee kante af beantwoord word. Aan die een kant het ons te doen met die verlede – die feit dat die Gelofte al minstens 150 keer herdenk is. Dis geskiedenis, wat nie verander kan word nie. Maar daardie herdenkings word vandag bestempel as liefdelose uitdrukkings van wit oorheersing en deel van die Afrikaner se sondes van apartheid en onderdrukking van swartes in die verlede.
Dit moet toegegee word dat Afrikanerkerke se verweefdheid met die staat baie met die probleem te doen gehad het. In Suid-Afrika was kerk en staat tot voor die oorgang na swart regering sterk op mekaar aangewese. Toe Geloftedag in 1952 as nasionale vakansiedag die wetlike status van ’n Sondag gekry het, het die Kerk vanselfsprekend die uitvoering daarvan behartig. Die staat het Geloftedag polities goedgepraat en die Kerk het saamgestem, met Bybelse bewyse en al. Vandag is die kerke los van die staat en kan self vasstel hoe Bybelse beginsels en riglyne op elke gebied toegepas en uitgeleef behoort te word. Tog, in 1994 het die staat Geloftedag afgeskaf en daardie einste Afrikanerkerke het ook daarmee saamgestem, met heel nuwe Bybelse bewyse en al!
Spanning tussen staat en kerk is so oud soos die berge, waar konings en regerings hul septers ook oor die godsdiens swaai. Die ware Kerk van Christus staan altyd voor die uitdaging om sovêr moontlik aan wêreldse owerhede onderdanig te wees maar om eerstens aan hul Koning Jesus getrou te bly. Wat die Gelofte van 1838 betref is ons nou weer in daardie situasie. Ons wil saamwerk om vrede tussen alle mense in die land te bevorder, maar moet ook gehoorsaam bly aan die Bybelse beginsels en riglyne met betrekking tot die Gelofte.
As Kerk van Christus moet ons nou na die toekoms kyk – na die vraag of die Gelofte steeds herdenk behoort te word.
In beginsel is die antwoord JA, want dit was die hele bedoeling van die Gelofte. Ons – die opkomende geslagte wat aan die Gelofte gebind was – is vandag hier, en ons weet wat van ons verwag word. In praktyk het die nakoming van die Gelofte egter baie problematies geraak. Politieke veranderings in die wêreld veroorsaak toenemende onsekerheid by Christene oor Geloftedag.
Daar is ’n soeke na ’n balanspunt tussen die fundamentele JA en die praktiese NEE vir Geloftedag. In werklikheid is dit ’n soeke na die vraag of ons die beloftes wat aan God gedoen was kan verander ter wille van wêreldse eise. Dit is eintlik waaroor die verskillende sienings onder Christene oor Geloftedag ten diepste gaan. Daar is dié wat onwrikbaar staan by die presiese oorspronklike bedoeling en betekenis van Geloftedag sonder om enige vorm van afwatering daarvan toe te laat, en daar is ander wat bereid is om pragmatiese oplossings te aanvaar, al kom dit neer op veranderinge aan die inhoud van die dag of selfs totale afskaffing daarvan.
Besluite oor die geldigheid van Geloftedag lê nou by indiwiduele gelowiges. Gemeente- of kerkleiers is meestal nie meer aktief daarby betrokke nie. Dit veroorsaak dat Geloftedag verder in onbelangrikheid verval en al meer verwaarloos word. Ons voorouers het geen skuld aan hierdie toestand nie. Ons – hul nakomelinge – is verantwoordelik.
Ongeag alle besware teen Geloftedag en ongeag die huidige verwaarlosing daarvan, bly dit ’n geldige en dure verpligting teenoor God. Dit moet net op die regte manier gedoen word.

HOE DIE GELOFTE HERDENK BEHOORT TE WORD
Dit is nog moontlik om voort te gaan met die jaarlikse herdenking van die Gelofte. Die regte manier om dit te doen is baie eenvoudig, naamlik om elke jaar in aanbidding voor God bymekaar te kom en die roem en eer vir die oorwinning by Bloedrivier op 16 Desember 1838 aan Hom te gee. Dit behels verootmoediging, erkenning aan Hom en dankbetuiging teenoor Hom. Daar behoort geen plek te wees vir grootpratery of politieke retoriek nie. Daar hoef nie oor rasse of rasseverhoudinge gepraat te word nie. Die nodigheid van ’n strafkommando of die regmatigheid van die kommando se optrede hoef selfs ook nie bespreek te word tydens Geloftedagbyeenkomste nie. Die dag is bedoel vir erkenning aan God vir die oorwinning en vir dankbetuiging aan Hom. Sodoende word Geloftedag volkome gehandhaaf terwyl harte gesuiwer bly in nederigheid en afhanklikheid van God.
Geloftedag is nie ’n morele las nie, maar ’n voorreg. Dis ’n Afrikanerkultuurskat en ’n geloofskat van groot waarde, waardeur ons God eer en verheerlik. Die dag kan met blymoedigheid gevier word terwyl ons as Volk ons besondere verhouding met Hom waardeer en geniet. Ons is bevoorreg om ’n geloftevolk te wees.
Daar is steeds elke jaar Geloftebyeenkomste, en dis maklik om uit te vind waar dit gehou word. Dit is meesal op gemeentevlak, met enkele byeenkomste wat deur spesifieke kultuurorganisasies gereël word, byvoorbeeld by die Voortrekkermonument in Pretoria en die Bloedrivier-erfenisterrein in Natal. Waar u ookal bywoon sal daar geleentheid wees om ’n voorbeeldige en opbouende invloed uit te oefen.
Ons moet ons kinders leer om Geloftedag te hou en te handhaaf, wat ’n uitdruklike bepaling in die Gelofte was. Wanneer ons die Gelofte vergeet, moet ons verwag dat God ons kinders ook sal vergeet (Hos 4:6). Dit is God se manier om in sy liefde met ons te werk, en Hy is altyd gereed om te vergewe en te herstel sodra daar bekering en verootmoediging kom (Eseg 18).

TEN SLOTTE
As u na alles wat tot hiertoe oor die Gelofte van 1838 genoem is nog twyfel oor die belangrikheid van die herdenking daarvan, besin dan ook oor hierdie gevolge van die Voortrekkers se oorwinning oor Dingaan en sy Zoeloemag:
Ten spyte van die geestelike arbeid van die Britse en Amerikaanse sendelinge sedert 1820, was die houvas wat bygeloof op hulle gehad het asook die invloed van die Zoeloekonings en die vrees vir toordokters só groot dat nie een enkele Zoeloe op die prediking van die Evangelie gereageer het voor die nederlaag van Dingaan se impi’s by Bloedrivier nie. Om nog steeds Geloftedag te vier, is geensins anti-Zoeloe nie. Inteendeel, God se antwoord op die Gelofte was die begin van geestelike vryheid vir die Zoeloes.
Eers nadat Dingaan se mag gebreek was het honderde, en later duisende, Zoeloes Jesus aanvaar. Dit was moontlik gemaak deur die doelbewuste en volgehoue uitreiking van Afrikaner-Christene na hierdie volk. Hulle het ’n sendingstasie en kerk by Mgundgundlovu (Dingaanstat) gebou, binne sig van die plek waar Piet Retief en 100 van sy volgelinge gemartel en vermoor was. Afrikaner-sendelinge het ’n skool vir blindes en ’n opleidingskollege vir evangeliste gebou. Sendingaksies is deur die Hervormde Kerk in Zoeloeland van stapel gestuur. Skole, hospitale, kerke en weeshuise is opgerig. Afrikaners het vele sisteme en middele vir die geestelike ontwikkeling van hul voormalige vyande daargestel.
Dit was ten spyte van die verraad teen die trekkers en die moorde op so baie vroue en kinders op die oewer van die Bloukransrivier. Daar was geen dade van vergelding nie. In die een en ’n halfeeu sedert die slag van Bloedrivier het miljoene Zoeloes Christus aanvaar en is Zoeloeland geseën met herlewings. Dit alles het begin met die Gelofte wat deur Sarel Cilliers en sy Voortrekkerlaer afgelê was.
Suid-Afrika is vandag baie anders, die hele wêreld is baie anders en daar is talle redes wat voorgehou kan word vir die kansellering van die Gelofte en die verwydering daarvan uit ons geskiedenis. Maar God het nog nooit verander nie en die redes vir sy beantwoording van die Gelofte is vandag nog dieselfde. Nie een van ons kan sy besluite bevraagteken of kritiseer nie. Ons kan slegs die beloftes wat aan Hom gemaak was nakom, en ons behoort dit in dankbaarheid en met blydskap en oorgawe te doen.
As ons dit doen, wat sal die gevolge uiteindelik vir ons en ons kinders wees, mag u dalk vra. Meer politieke onstabiliteit, polarisasie, aanklagte van haatspraak, vervolging? Moet ons nie liewers die verlede vergeet en help bou aan ’n nuwe bedeling vir vreedsame naasbestaan in ons land nie?
Dalk is die vraag eerder: sal ons vervolging ontvlug as ons bereid is om te vergeet dat God op 16 Desember 1838 vir die Voortrekkers oorwinning oor Dingaan se magte gegee het?
Elke redelike Christen ken die antwoord op die vraag. Vervolging kan nie verhoed word deur verraad teen Hom aan wie dank en erkenning verskuldig is nie. Wat nodig is, is geloof in God en optrede in waarheid. As draers van God se lig in die wêreld is ons weer in dieselfde situasie as wat die Voortrekkerkommando van Bloedrivier was, met ’n oormag van druk op ons om ons plig te versaak.
Mag ons komende Koning Jesus gee dat ons altyd aan Hom getrou sal bly!