woordbrokkies
Hoe red Geloof jou?
Geloof is mos maar bloot ’n innerlike oortuiging, ’n ingesteldheid of houding, soos om te aanvaar dat God bestaan en alles gemaak het. Maar watter verskil maak dit aan my saligheid, of die saligheid van enige ander mens wat ook ’n goeie en wetsgehoorsame lewe lei? Jou gedagtes kan tog nie eendag vir of teen jou tel nie! Dis hoe mens geneig is om te dink. Maar die werklikheid is anders:
Deur die val van die eerste twee mense het vervreemding van God en natuurlike boosheid van hulle na hul ganse nageslag oorgegaan, tot vandag toe. Almal is gedoem tot vernietiging, tensy ons daarvan gered word (Rom 3:23, 5:12).
Die proses van redding begin by geloof, naamlik geloof in God se Seun. Sodra jy glo wat die Bybel oor Hom sê en jy besluit om aan Hom oor te gee, kom daar verandering. Al jou sondeskuld word afgeskryf, jy word weergebore (jou gemoed word vernuwe), God neem jou weer aan as sy kind en die Heilige Gees woon voortaan in jou. Dit alles net omdat jy glo! Sien Hand 2.
Intussen gebeur ander dinge ook: daar ontwikkel ’n verhouding tussen jou en Jesus en jou kennis van Hom neem daagliks toe. Jou liefde vir Hom word sterker, jy vertrou Hom al meer en raak al meer gehoorsaam aan Hom. Sien 2Pet 1:3-11.
Jou nuwe identiteit as Christen word verder gekenmerk deur jou getuienis, optrede en gedrag in die wêreld. Dit kom deeglik op rekord want mense sien dit raak en word deur jou beïnvloed. Jesus sien dit ook en dis vir Hom die bewys van wat in jou hart aangaan. Wanneer Hy terugkom gaan Hy jou uitken as iemand wat in Hom geglo en op Hom gewag het. Matt 25:31-40.
Aan die begin was jou geloof nog net ’n aksie van oorgawe aan Jesus, waardeur die proses van redding begin het. Daarna het geloof des te meer nodig geword want jou Christenskap bereik al groter hoogtes en verantwoordelikhede word meer. Geloof bly dwarsdeur jou lewe aan die werk.
Geloof is die enigste en beste manier van redding (Rom 10:9-11, 1Kor 1:18-31, Ef 1:13-14). Dit ontketen God se krag (Rom 1:16-17). Dit word ook sterk beklemtoon in die brief aan die Hebreërs, hoofst 10:38 en die hele hoofstuk 11.

God het jou lief. As jy Hom vertrou sal Hy sy beloftes gestand doen!