GELOOFSVERKLARING
LEWENSWOORD se geloofsverklaring is ‘n kort opsomming van ons geloof in God, ons verstaan van sy Woord en die belangrikste oortuigings en beginsels wat ons verkondig en uitleef.
Hierdie verklaring is ’n menslike werk onder leiding van die Heilige Gees. Namate Hy kennis en insig laat toeneem, kan die verklaring van tyd tot tyd aangepas en verbeter word.
By elke onderwerp is ’n skakel na die volledige behandeling daarvan onder WOORDSTUDIE.
As u die verklaring afgelaai het (.pdf formaat), kontroleer asb. van tyd tot tyd dat u steeds die nuutste weergawe daarvan in u besit het. Doen dit deur eenvoudig weer die 'LAAI PDF AF' knoppie te druk en die uitgawedatums te vergelyk.

Deel 1. Kernoortuigings
Dit is daardie essensiële stel oortuigings oor God en sy reddingsplan vir die mens. Dit word gerangskik volgens belangrikheid, ook met inagneming van logiese en tydsorde.
DIE BYBEL
Die grondslag van ons geloof is die Bybel, naamlik die ses-en-sestig kanonieke boeke van die Ou en Nuwe Testamente. Die Bybel is die volledige, genoegsame en enigste Woord van God wat nodig is om Hom te ken en in sy Seun te glo tot redding van sonde en beërwing van die ewige lewe.
Meer: DIE BYBEL
Meer: DIE BYBEL
OOR GOD
God openbaar Hom deur die natuur, waar elke mens moet erken dat net ’n almagtige en alwyse Wese dit kon skep en in stand kan hou. In besonder maak God Hom persoonlik bekend deur sy Woord, die Bybel. Daarin openbaar Hy sy Naam, sy wese en sy wil, asook sy ander menigvuldige eienskappe soos sy oneindige liefde vir die mens, sy geregtigheid en sy genade.
Meer: OOR GOD
Meer: OOR GOD
DIE NAME VAN GOD
Benewens baie titels soos God, Vader en die Almagtige, het God Hom in die Ou Testament ook bekend gemaak met ‘n eienaam, wat in die Afrikaanse vertaling gegee word as die HERE. Die alternatiewe Afrikaanse vertaling JAHWEH kan ook gebruik word.
Die Nuwe Testament gebruik die titels God, Here, Vader, Verlosser ens., terwyl die Seun ook die eienaam Jesus (of Jésua) het. Meer: DIE NAME VAN GOD |
DIE DRIE-EENHEID VAN GOD
God maak Hom ook bekend as die Vader, die Seun, en die Heilige Gees. Die drie Persone is in volkome eenheid in hul onderskeie werk tot redding en herstel van die mens.
Meer: DIE DRIE-EENHEID VAN GOD |
DIE MENS
God het die hemelliggame en die aarde gemaak, waarna Hy die mens geskape en op die aarde geplaas het om daaroor te heers. Die mens het oor ’n vrye wil beskik maar was ook aanspreeklik vir hul besluite. Die Satan het die mens verlei om teen God te oortree, waarna hulle verval het in natuurlike boosheid en verwydering van God, sonder die vermoë om hulself te red.
Na die sondeval het die mens genoegsame vermoë oorgehou om te hoor wanneer God met hulle praat of na hulle uitreik, en kon hulle steeds kies om te antwoord of nie.
Meer: DIE MENS
Na die sondeval het die mens genoegsame vermoë oorgehou om te hoor wanneer God met hulle praat of na hulle uitreik, en kon hulle steeds kies om te antwoord of nie.
Meer: DIE MENS
JESUS
God het die mens se oortreding van sy gebod veroordeel en hul straf aangekondig, maar ook vergifnis en herstel belowe. Dit sou moontlik gemaak word deur die vrou se nakomeling Jesus Christus, die Seun van God, wat as mens gebore sou word.
Deur sy dood en opstanding het Hy die mens van sy sondeskuld verlos en met God versoen. Elkeen wat in Jesus glo word deel van ’n nuwe, herstelde mensdom.
Die hele Bybel gaan oor Jesus. Dit voorspel Hom en getuig van sy volkome menswording, sy werklike dood en sy werklike opstanding uit die dood.
Meer: JESUS

ISRAEL
God het met Adam se nakomeling Abraham ’n verbond van genade gesluit en hom met ’n groot nageslag geseën. Die volk Israel was die uitverkore lyn, met wie God die verbond van die Ou Testament gesluit het. Israel het egter nie by die verbond gehou nie, waarna tien van die twaalf stamme en die meerderheid van die twee stamme onder die nasies van die wêreld verstrooid geraak het.
’n Oorblyfsel van Israel het egter in bewaring onder die verbond gebly totdat Jesus uit hulle gebore was. Hy het die verbond van die Ou Testament vervul, sy volk van hulle sondes verlos, vir hulle versoening met mekaar en met God bewerk en die Testament afgesluit.
Daarna het nasionale Israel finaal tot niet gegaan, terwyl Jesus deur die Nuwe Testament ’n nuwe Israel uit hulle voortgebring het. Gelowiges uit al twaalf stamme het gemeentes gevorm en as Christene bekend geraak. Hul moderne nasate word as Westerse volkere of kenbare groepe in die Westerse samelewings aangetref, waaruit die nuwe, herstelde Israel vandag steeds versamel word.
Meer: ISRAEL

DIE NUWE TESTAMENT
Kort na Jesus se hemelvaart was die Heilige Gees uitgestort, wat die Nuwe Testament in werking gebring het. Dit is gegrond op Jesus se dood en opstanding en op geloof en genade, anders as die Ou Testament wat gegrond was op die Wet van Moses. Die hele nageslag van Adam kan deel kry aan die nuwe Israel en die Nuwe Testament, deur geloof in Jesus.
Meer: DIE NUWE TESTAMENT
Die Nuwe Testament word vergestalt in die volgende:
Meer: DIE NUWE TESTAMENT
Die Nuwe Testament word vergestalt in die volgende:
'N NUWE LEWE
Elkeen wat in Jesus glo en aan Hom oorgee, word van sy sonde verlos en met God versoen. Hy word met die Heilige Gees vervul en word ’n nuwe mens deur die wedergeboorte. Sy nuwe lewe begin dan met sy doop en insluiting by ’n gemeente, gevolg deur voortdurende geestelike groei.
Meer: 'N NUWE LEWE |
GEMEENTES
Die gemeentes van Jesus wêreldwyd is die herstelde, nuwe Israel en die tuiste van gelowiges binne die Nuwe Verbond. Hulle is sy ‘liggaam’, waar eenheid in die Gees nagestreef word en die lede mekaar beskerm, ondersteun en gelyke sorg vir mekaar dra. Gemeentes dra God se beeld, leef volgens Jesus se gebooie en verkondig Hom in die omgewings waar die lidmate hul daagliks bevind.
Meer: GEMEENTES |
JESUS SE GEBOOIE
Jesus se gebooie is in die boeke van die Nuwe Testament beskryf. Sy volgelinge is in staat om sy gebooie te gehoorsaam deur die wedergeboorte en die werking van die Heilige Gees. Die uitlewing van Jesus se gebooie is die onderskeidende kenmerk van gelowiges in die wêreld.
Meer: JESUS SE GEBOOIE |
DIE DOOP EN DIE NAGMAAL
Die doop van volwassenes is die sigbare teken van geloof in Jesus en oorgawe aan Hom. Die doop is ’n gebod van Jesus aan sy volgelinge.
Die nagmaal is ’n instelling van Jesus waardeur die gemeentes sy dood verkondig en in herinnering hou. Kinders kan van kleins af onder toesig van hul ouers aan die nagmaal deelneem. Meer: DIE DOOP EN DIE NAGMAAL |
DIE GAWES VAN DIE GEES
Die gawes van die Gees is van groot belang vir gemeentes, en moet beoefen en aangemoedig word. Dit is bedoel om gemeentes op te bou in Jesus as hul Hoof. Hy gee sy gawes deur die Heilige Gees, wat dit uitdeel soos Hy wil. Sommige gawes word tans min of glad nie gegee nie, byv. die gawes van allerhande tale en uitleg van tale. Ongewone klanke in die vorm van ‘brabbel’ word wyd beoefen in sekere kringe, maar dit is nie die Bybelse gawes van allerhande tale en uitleg van tale nie.
Meer: DIE GAWES VAN DIE GEES |
EINDTYDGEBEURE
Met eindtyd word die periode bedoel wat met die aanbreek van die Nuwe Testament begin en wat kulmineer in die nuwe hemel en nuwe Jerusalem wat op die nuwe aarde neerdaal. Daar gebeur geweldig baie dinge gedurende die eindtyd, waarvan die volgende beklemtoon kan word:
DIE HERSTEL VAN ISRAEL
Die herstel van Israel is die vervulling van die profesieë oor die gemeentes van Jesus Christus. Dit het begin met die aanvang van die Nuwe Testament en die vorming van die eerste gemeente in Jerusalem, waarna gemeentes aanhou vermenigvuldig en groei totdat Jesus weer terugkeer. Die herstellende, nuwe Israel is ook sy bruid, wat algaande voorberei word vir haar huwelik met Hom.
DIE WEDERKOMS VAN JESUS
Met Jesus se terugkoms gaan Hy op die aarde heers saam met sy nuwe verheerlikte Israel. Hy gaan sy volgelinge na Hom toe 'opraap' wanneer Hy verskyn en hulle in die lug ontmoet, waarna Hy die aarde saam met hulle betree.
DIE DUISENDJARIGE VREDERYK (‘MILLENNIUM’)
Met Jesus se wederkoms vernietig Hy sy vyande en word die Satan toegesluit. Dit duur die volle duisend jaar van Jesus se regering van vrede op aarde, totdat die finale oordeel plaasvind.
FINALE VERNIETIGING VAN DIE BOSE, FINALE OORDEEL EN DIE EWIGE LEWE
Uiteindelik sal Satan finaal deur God vernietig en by alle ander bose magte in die helse vuur gewerp word. Dan word alle dode opgewek om voor God te verskyn, waar dié wat nie in die boek van die lewe opgeskryf is nie, veroordeel en in die poel van vuur gewerp sal word. God se volk vind dan toegang tot die Nuwe Jerusalem, waar Hy vir altyd by hulle woon.
Meer: EINDTYDGEBEURE

Deel 2. Sekondêre Oortuigings
Dit is oortuigings wat nie as kern-essensieël gesien word nie, maar belangrik is vir die regte verstaan van God se woord en vir geloofsuiwerheid. Onderwerpe in hierdie kategorie is dikwels aktueel, met volop verskillende sienswyses daaroor. Dit moet dus vroegtydig aangespreek word om harmonie en eenheid in die geloof te verseker.
DIE WET
Die Wet (van Moses) was die grondslag van die Ou Testament en het JAHWEH se opdragte en voorskrifte vir sy volk Israel beliggaam. Die Wet was ook ’n skadubeeld van hul beloofde Verlosser.
Jesus het die Ou Testament en die Wet vervul en afgesluit. Hy het niks uit die Ou Testament na die Nuwe Testament oorgedra nie, en ons mag dit ook nie vandag probeer doen nie. Dit geld o.a. vir die Tien Gebooie (en die Sabbat), wat deel van die Wet was. Pogings om die Wet in stand te hou is dooie werke en ’n miskenning van Jesus se volkome werk.
Meer: DIE WET

ENGELE
Engele staan in God se diens in verband met sy reddingsplan vir die mens. Hulle werk in onsienlike hoedanigheid in mense se lewens. Pogings om met engele kontak te hê of meerdere kennis van hulle te bekom is onnodig en gevaarlik. Gevalle engele (bose geeste, duiwels) is in Satan se diens om God se werk te belemmer en mense van Hom weg te rokkel. Gelowiges hoef niks van hulle te vrees nie want Jesus het hulle oorwin en bestem vir finale vernietiging.
Meer: ENGELE
Meer: ENGELE
BEVRYDINGSBEDIENING
Bevrydingsbediening of -berading (deliverance ministry/counselling) behels die hantering van duiwelbesetenheid, ‘bindings’ deur bose geeste, ‘vestings’ en vloeke. Bevrydingsbedienaars leer dat hierdie toestande veroorsaak word deur sonde en blootstelling aan verkeerde mense of dinge. Bevryding word dan aangebied deur uitdrywing en die ‘breek’ van bindings/vestings. Dit berus nie op Bybelse riglyne nie, maar op die persoonlike oortuigings en ervarings van bevrydingsbedienaars. Duiwelbesetenheid, bindings ens. is ’n werklikheid, maar Christene is vry daarvan al word hulle daardeur geraak in hul omgang met ongelowiges en deur struikelblokke en aanslae. Gelowiges hoef net aan Jesus gehoorsaam wees en by Hom te skuil, want Hy het die Bose oorwin.
Meer: BEVRYDINGSBEDIENING
Meer: BEVRYDINGSBEDIENING
Deel 3. Sosiale Vraagstukke
Sekere sosiale vraagstukke is tans van oorheersende belang in die wêreld, en die manier waarop dit hanteer word plaas groot druk op die Christendom. Gelowiges word gedwing om hul vertolkings van die Bybel en die praktiese uitlewing van hul geloof by wêreldneigings aan te pas, wat in stryd met God se woord is. Gelowiges moet dringend en deeglik toegerus word om hierdie vraagstukke reg te kan hanteer.
DIE ROL VAN VROUE IN DIE GEMEENTE
Gemeentes bring o.a. die vrug van die Gees voort, wat moontlik is deur die vroue wat bande van liefde smee en die regte klimaat skep. Die vrou se rol en funksie in die gemeente is in die eerste plek geestelik. Vroue moet dus vaardig wees in die Woord, en behoort lering en opleiding daarin te gee waar nodig binne die gemeente. Daar is egter drie posisies in die gemeente wat slegs deur mans beklee mag word, naamlik die ampte van diaken, ouderling en leraar/prediker/herder. Dit behels die uitoefening van gesag oor gemeentelede.
Meer: DIE ROL VAN VROUE IN DIE GEMEENTE
Meer: DIE ROL VAN VROUE IN DIE GEMEENTE
RASSEVERHOUDINGE
Afsonderlikheid van volke en rasse is God se wil. Dit gee ruimte vir elkeen om sy eie identiteit en eiesoortigheid ten volle te verwesenlik. Dit waarborg ook vreedsame naasbestaan en vooruitgang vir almal. Verskillende rasse respekteer en waardeer mekaar van nature, binne die beginsels, grense en reëls vir gesonde en volhoubare rasse-naasbestaan. Christene hoef nie rasvermenging te aanvaar en daaraan toe te gee nie. Elke ras mag (en behoort) te bly bestaan soos God hul van die begin af geskape het, en het die reg om hul eie suiwerheid te handhaaf en te beskerm.
Meer: RASSEVERHOUDINGE
Meer: RASSEVERHOUDINGE
HOMOSEKSUALITEIT
Die Bybel praat reguit en duidelik teen homoseksualiteit, en daar is nie ruimte vir alternatiewe vertolkings nie. Christene moet hul gemeentes beskerm teen homoseksualiteit of die aanvaarding daarvan, terwyl daar veilige en liefdevolle toevlug binne gemeentes moet wees vir dié wat hul daarvan bekeer.
Meer: HOMOSEKSUALITEIT
Meer: HOMOSEKSUALITEIT
GELOFTEDAG
Andries Pretorius en sy strafkommando het ’n gelofte aan God gedoen in aanloop tot die slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838. God het hulle verhoor en wonderbaarlike oorwinning oor Dingaan se Zoeloemagte gegee. ’n Bepaling van die Gelofte was dat die Voortrekkers en hul opkomende geslagte daardie dag elke jaar sal vier tot eer van God en erkenning vir die oorwinning aan Hom. Geloftedag behoort getrou gehandhaaf te word in nederigheid, dankbaarheid en afhanklikheid van God.
Meer: GELOFTEDAG
Meer: GELOFTEDAG