WOORDSTUDIE
'N NUWE LEWE
(Lees eers DIE NUWE TESTAMENT)
|
OORSIG
God se Woord verduidelik die boosheid en nietigheid van die natuurlike bestaan en gee die redes en antwoorde daarvoor. ’n Nuwe lewe kan gekies word, wat ’n vrywillige besluit is.
God het ’n reddingsplan in werking gestel wat deur Jesus volbring is deurdat Hy al die sonde van die wêreld op Homself geneem, die kruisdood aanvaar, uit die dood opgestaan en ‘n Nuwe Testament ingestel het. Daarmee was die weg gebaan vir die redding en herstel van die mensdom.
Die Bybel is die betroubare en gesagvolle weergawe van hierdie plan, waarin Jesus sentraal figureer. Sy uitnodiging aan elkeen is om:
- kennis van Hom te neem,
- in Hom te glo,
- ’n nuwe mens te word deur die wedergeboorte,
- in Hom gedoop te word,
- ’n lidmaat van ’n gemeente te wees,
- getrou en werkend te wag op sy heerlike wederkoms.

INHOUD
INLEIDING
BELOFTE VAN ‘N VERLOSSER DIE BYBEL NEEM KENNIS VAN JESUS GLO IN HOM WORD ’N NUWE MENS ___OU VS NUWE MENS ___DIE WEDERGEBOORTE _____VOORSPELLING VAN DIE WEDERGEBOORTE _____WOORDONTLEDING WAT ONS DUSVER OOR DIE WEDERGEBOORTE VERSTAAN_____ _____ENKELE VRAE OOR DIE WEDERGEBOORTE _______Wanneer word mens wedergebore? _______Kan ek my wedergeboorte self laat gebeur? LAAT JOU DOOP WORD DEEL VAN JESUS SE LIGGAAM WAG OP DIE KONING |
TER INLEIDING
Vroeër of later besef elke mens dat die wêreld vol boosheid en jou lewe op aarde nietig is. God se Woord verduidelik waarom dit so is, en gee ook die antwoorde. Enigiemand kan daarvan kennis neem en besluit om dit te aanvaar of nie. Dis ’n persoonlike en vrywillige besluit. As jy dit aanvaar kan jy met ’n nuwe lewe begin, of jy kan kies om dit te ignoreer en voort te gaan met jou gewone lewe. In elke geval is daar ’n prys om te betaal, en uiteindelik ontvang jy ook die beloning wat volg op jou besluit.
God se woord gee die ontsnaproete uit die hopeloosheid en tragiese verloop van die natuurlike bestaan. Hierdie wonderbaarlike Weg was duisende jare gelede reeds uitgelê, sorgvuldig gebaan en op die regte tyd tot volkome vervulling gebring. Dit kan kortliks soos volg beskryf word:

BELOFTE VAN 'N VERLOSSER
Na die sondeval het God die mens se straf aangekondig en hulle uit die tuin van Eden verwyder (Gén 3:22-24), maar ook met hul reddingsplan begin. Hy het hulle hoop op herstel gegee en hul naaktheid met klere bedek (3:21). Die oordeel wat Hy oor die slang uitgespreek het openbaar die belofte van die ‘saad van die vrou’ wat uiteindelik verlossing vir die mens sou bewerk (3:15). Dit was die begin van God se liefdevolle, toegewyde en onvermoeide werk om die aankoms van hierdie verre nakomeling van Adam te verseker. Dit sou ’n verbete stryd wees, te midde van die verdorwe toestand van die mense en aanhoudende aanslae van Satan:
Van Kain af tot in Noag se tyd het die mens se boosheid so toegeneem dat dit God berou het dat Hy die mens gemaak het. Hy het besluit om Adam se hele nageslag uit te wis behalwe Noag, wat opreg en regverdig was. Sodoende was daar na die sondvloed weer net agt mense oor op die aarde, naamlik Noag en sy vrou, sy drie seuns en hul vrouens. Uit hulle het Adam se geslag weer begin uitbrei (Gen 6-10). Uit Noag se seun Sem het ’n lyn ontwikkel waaruit Abraham ’n aantal geslagte later gebore is. Hy het na God geluister en Hom gehoorsaam, waarna God met hom ’n verbond gesluit het. Abraham was geseën met ’n groot nageslag en ’n uitverkore lyn deur sy seun Isak, sy kleinseun Jakob en dié se seuns, uit wie die twaalf stamme van Israel later ontwikkel het.
Ten gevolge van droogte en hongersnood het Jakob (Israel) en sy familie in slawerny in Egipte verval, maar God het hulle uitgelei en ’n Verbond met hulle gesluit. Uit hulle sou die Verlosser gebore word wat God aan Adam belowe het. Israel was onder veilige bewaring van die Ou Testament en die Wet, wat ook die wegbereider vir Jesus was (Kol 2:17, Heb 10:1). Die Wet en profete het aangetoon hoe Hy as hul Verlosser sou kom, wie Hy sou wees en wanneer Hy sou verskyn.
In opdrag van God het Israel hul beloofde land Kanaän ingeneem en beset. Na die rigters het die era van konings aangebreek, waartydens Saul, Dawid en ander troonopvolgers oor Israel regeer het. Die volk het deurentyd geworstel met ongehoorsaamheid aan God, oorloë, oorheersing deur vreemde volke en uiteindelik totale onderdrukking deur die Romeinse ryk.
Maar Jesus was presies op die bestemde en voorspelde tyd en plek gebore. Hy het opgegroei as ’n Israeliet onder die Wet en het sy lewensdoel in sondelose uitvoering van sy Vader se wil bereik. Dit was naamlik om vir al die sonde van die wêreld in te staan deur self die straf daarvoor te dra (Jes. 53). Hy het die reg van die Wet vervul (Rom 8:4) en daarmee die Ou Testament en die Wet volbring en afgesluit (Matt 5:17-18).
Drie dae na sy begrafnis het Hy in heerlikheid uit die dood opgestaan (Matt 28, Mark 16, Luk 24, Joh 20), aan sy dissipels en baie ander mense verskyn en na 40 dae opgevaar na sy Vader in die hemel (Hand 1). 10 dae daarna het Hy die Heilige Gees uitgestort op sy dissipels en hulle in staat gestel om sy boodskap van redding en ’n nuwe lewe kragtig te verkondig (Hand 2). Dit was die begin van die Nuwe Testament.
Hiermee was die weg na redding en herstel vir die mensdom gebaan. Dit het omtrent 4000 jaar geneem en was die vervulling van God se reddingsplan, waarby die mens deur soveel bloed en stryd betrokke was sedert die sondeval. Jesus se oorwinning was kragtig en vêrreikend genoeg om alle ongeregtigheid en skuld van die verlede, hede en toekoms uit te wis. Dit het vir elke mens moontlik geword om weer in ’n nabye verhouding met God te tree en saam met Hom in die oneindige rykdom en heerlikheid van sy ewige koninkryk te lewe.

DIE BYBEL
DIE BYBEL
God se herstelplan vir die mens word volledig deur die Bybel beskryf. Vir ons as Christene is die Bybel die betroubare weergawe van alles wat gebeur het. Dit gee die bewyse van Jesus se Godheid, sy oorwinning oor die Bose en die mens se volkome redding van sonde en vrywaring van veroordeling. Die Bybel gee ook al Jesus se opdragte aan sy volgelinge en al die riglyne vir gehoorsaamheid, hoe God aanbid moet word en hoe ons geloof prakties uitgeleef moet word.
Die Bybel praat ook met volkome gesag. Selfs ons godsdienstig neutrale of onaktiewe volksgenote wat ten minste mede-draers is van die Westerse volkskultuur waarin ons grootgeword het, sal die Bybel eerste raadpleeg as die bron oor God en oor geloof (2Tim 3:15-17). Ongelowiges en aanhangers van ander godsdienste kan nie die Bybel in twyfel trek nie en misluk gereeld in pogings om dit te doen.
Hierdie boek gaan oor Jesus die Christus. By nadere ondersoek ontdek mens dat die hele Bybel net oor Hom gaan. Die Naam Jesus is die hoofopskrif oor alles wat oor God se reddingsplan vir die mens gesê kan word. Daar is geen ander persoon of wese wat gedoen het wat Hy gedoen het nie. Daar is niemand anders na wie toe gegaan kan word nie. Hy is ons enigste antwoord vir redding en herstel (Hand 4:12).
As u begryp dat Jesus persoonlik die ‘inhoud’ van die Bybel is en u wil u hart vir Hom oopmaak, of as u net begeer om nog nader aan Hom te groei, dan het u die enkele doel en bestemming van hierdie aardse lewe in die oog. Dit is die moeite werd om dit met alle erns en inspanning na te streef, want dit is wat God van jou begeer. Die uiteindelike beloning is heerliker as wat in woorde beskryf kan word!
Die hoof-aanwysings op hierdie pad is as volg:

NEEM KENNIS VAN JESUS
’n Mens neem kennis van Jesus deurdat iemand jou van Hom vertel. Op watter manier dit ook al presies gebeur, dis gewoonlik gelowiges wat Hom verkondig aan mense wat nog nie met Hom bekend is nie (Rom 10:14,18). Die Bybel is die oorspronklike en primêre bron van inligting oor Jesus, geskryf deur profete, apostels en andere, tydens of aan die einde van hul loopbane. Opvolgende geslagte van boodskappers het altyd toegang tot daardie geskrewe Woord gehad (in meeste gevalle afskrifte daarvan) en kon die inhoud daarvan deur prediking verder in die wêreld versprei. Vandag word die Woord deur verskeie media en van talle platforms af die hele wêreld ingedra, soveel so dat min mense kan sê dat hulle nooit van Jesus gehoor het nie.
Daar is vandag letterlik duisende verskillende Christelike kerke en denominasies regoor die wêreld, en elkeen verkondig Jesus vanuit ’n bepaalde stel oortuigings oor Hom. Dit mag miskien vir die wêreld lyk of die Christendom in chaos gedompel is en mank gaan aan geloofwaardigheid, maar daar is ’n vaste stel kern-waarhede wat deur die meeste kerke bely en verkondig word. Dit is naamlik:
Elkeen van ons het ’n ‘oor’ binne-in ons wat hierdie woord van God vroeër of later duidelik genoeg hoor en verstaan (Ps 95:6-7). Die volgende skrifgedeelte spreek vanself:
Op 3:20
Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

- Die koms van die Verlosser van die wêreld was van die vroegste tye af deur profete voorspel;
- Hy was deur die Heilige Gees in ’n maagd verwek en is gebore as volkome God en gelyktydig ook volkome mens;
- Hy was sonder sonde en het die wil van sy Vader gedoen in gehoorsaamheid aan die Wet;
- Hy was deur die mense verwerp en gekruisig, en was drie dae dood in die graf. Sodoende het Hy al die sonde in die wêreld op Hom geneem en die straf daarvoor gedra.
- Na die drie dae het Hy in heerlikheid uit die dood opgestaan en aan baie mense verskyn;
- Na nog veertig dae het Hy opgevaar na die hemel;
- Tien dae daarna het die Nuwe Testament met die uitstorting van die Heilige Gees begin.
- Hy het belowe dat Hy weer sal terugkom na die wêreld en in geregtigheid sal regeer saam met almal wat in Hom geglo het.
- Uiteindelik sal Hy die Duiwel en alle bose magte en sonde vernietig en die hemel en aarde nuut maak, waar God en sy gereddes vir ewig in volmaaktheid sal wees.
Elkeen van ons het ’n ‘oor’ binne-in ons wat hierdie woord van God vroeër of later duidelik genoeg hoor en verstaan (Ps 95:6-7). Die volgende skrifgedeelte spreek vanself:
Op 3:20
Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
GLO IN HOM
Die paar woorde in Op 3:20 is gekonsentreerd en gelaai met betekenis. Om in Jesus te glo is om die deur vir Hom oop te maak. Jý moet dit oopmaak – van die binnekant af. Dis vrywillig, jy word nie gedwing nie (Op 22:17). Dit sal net gebeur as jy dit regtig wil doen, want Sy stem gaan jou óf afstoot óf aantrek (2Kor 2:15-16).
Om in Jesus te glo – om vir Hom oop te maak – is ’n ingrypende verandering in ’n mens se lewe. Dis ’n oorgawe wat diep uit die hart kom en jou wese aan Hom blootlê (Heb. 4:12). Jou ou selfbeeld van gewaande persoonlike goedheid en eie geregtigheid word uitgedaag deur ’n besef van jou skuld en onwaardigheid voor God en van jou magteloosheid en hopeloosheid as ’n gevangene van die sonde (Luk 18:9-14).
Geloof in Jesus maak Hom die nuwe liefde in jou lewe, waar jou fokus na God en jou naaste verskuif (Matt. 22:34-40). Dis egter ’n stryd, want die nuwe lewe is ’n bedreiging vir die natuurlike mens in sy vleesgerigte selfsugtige bestaan. Hy weerstaan Jesus want hy staar nou die dood in die oë (Rom 7).
Omdat die ou toestand van boosheid en natuurlike afkeer van God dit so moeilik kan maak om aan Jesus oor te gee, het ’n mens hulp nodig om sover te kom (Ef. 2:1-10). Eie wysheid en krag sal nie help nie. Jy kan met die verstand uitwerk dat dit voordelig is om in Jesus te glo en deur wilskrag probeer om om sy gebooie te doen, maar jy sal dit nie regkry nie (Jak 2:10). Dis God se aanvoorwerk en krag wat nodig is, nie jou eie nie. Dit werk so:
Eerstens klop God aan die deur van jou hart en Hy laat sy stem hoor, soos reeds hierbo genoem. Die inisiatief kom nie van jou af nie, maar van Hom af. Hy is besig om ’n liefdesverklaring aan jou te maak (Rom 5:8).
Tweedens werk die Heilige Gees in jou, op ’n verborge manier wat niemand kan voorspel of verklaar nie. Hy trek jou na Jesus toe (Joh 6:44), Hy werk deur die woord (Joh 14:26) en deur jou gewete (Rom 2:15). Hy dwing jou nie want jy moet self besluit, maar sy stem (Jesus se stem) bly hoorbaar in jou. Hier is enkele voorbeelde:
Tydens die eerste Pinksterfees na Jesus se hemelvaart, word die Heilige Gees uitgestort op die apostels, tot groot verbasing van almal. Petrus gebruik die geleentheid om Jesus aan hulle te verkondig, en net daarna gebeur die volgende: Hand 2:37 Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? Die Gees het dus kragtig in hulle harte gewerk om oop te maak.
Nog ’n voorbeeld: ’n hoë buitelandse amptenaar kom aanbid in Jerusalem, en op sy terugreis sit en lees hy die profeet Jesaja (Hand 8:26-40). ’n Engel stuur Filippus soontoe en hy kry die geleentheid om Jesus aan die amptenaar te verkondig. Die amptenaar kom tot geloof in Jesus en vra Filippus om hom te doop. Toe hulle uit die water opkom voer die Gees Filippus weg na ’n ander plek. Die Gees het deur Filippus ingetree en die persoon kragtig en vinnig gehelp om die deur vir Jesus oop te maak.
Kyk gerus ook na hoe dit met die tronkbewaarder van Filíppi (Hand 16:23-34) en die purperhandelaar Lídia (Hand 16:14-15) gebeur het. Alhoewel hierdie voorbeelde miskien uitsonderlik of dramaties was, werk God se helpende hand net so werklik en kragtig met elkeen van ons.
Daar moet gewaak word teen die veronderstelling dat die geloofstap noodwendig altyd die eerste keer volkome en finaal is. Die voorbeelde hierbo sê nie dat die deur altyd dadelik wyd oopgaan nie. Om in nog klein geloof jou deur effens, selfs net op ’n skrefie, oop te maak wanneer Jesus klop, is gewoon menslik. God praat deur daardie skrefie met jou en jy hoor wat Hy sê, want Hy is lankmoedig en betroubaar. Jy maak dan jou deur algaande groter oop, leer Hom al beter ken en ontwikkel al meer vertroue in Hom terwyl sy lig al hoe helderder in jou skyn. Uiteindelik gaan die deur heeltemal oop. Geloof en oorgawe aan Jesus is dus ’n proses wat vinnig kan gebeur of tydsaam kan wees. Die apostel Petrus se geloofspad, wat oor drie jaar gestrek het, is ’n goeie voorbeeld hiervan. Kyk gerus na die treffende woorde van Jesus in Luk 22:31-34.
Jesus waarsku egter ook teen onverskilligheid en louheid teenoor Hom. Afgesien van die ondankbaarheid wat dit sou toon, is dit roekeloos en dwaas om jou antwoord op sy toenadering op die lange baan te skuiwe (Heb 3,4). Daar is min of geen skrif wat vertel van mense wat Jesus afgewys het en later weer na Hom teruggekeer het.

WORD ’N NUWE MENS
OU VS NUWE MENS
Soos reeds gesien is ware geloof meer as net kennis van Jesus en die oortuiging dat alles oor Hom die waarheid is. Dis ’n persoonlike oorgawe aan Hom, naamlik bekering van die ou manier van lewe na ’n nuwe lewe volgens sy gebooie (Hand 2:38-40). Jy moet end-uit met die nuwe lewe kan volhou sonder om af te koel en uit te sak, of in verkeerde rigtings te verdwaal. Dit is ’n nou pad vol uitdagings en strikke! Sien dit as aanhoudende en moeilike opofferings of aanpassings. Maar dit is vir die natuurlike mens ’n onmoontlike uitdaging, as gevolg van sy gevalle en vervalle toestand. Die gelykenis van die saaier beskryf dit treffend (Matt 13).
Behalwe vir daardie permanente aanpassings moet jy ook by die nuwe lewe inpas en daar tuis en gemaklik voel. Die nuwe lewe is geestelike dinge, soos liefde vir God en ander mense, blydskap oor wat Jesus vermag het, vrede en vergewensgesindheid, ’n rustige en geduldige gemoed, selfbeheersing ens. (Gal 5:22). Hierdie dinge moet jou aantrek en aangenaam vir jou wees. Die natuurlike mens het ’n weersin daarin en sal nooit daarmee gemaklik wees nie (Rom 8, 1Kor 2:14).
Net soos met die aanvanklike geloofstap, is aanpassing by, en inpassing in die nuwe lewe dus nie in eie krag of wysheid moontlik nie. Hoe dan? Die antwoord is: ’n nuwe mens. Die ou mens sterf en ’n nuwe mens word gebore. Die ‘ou mens’, of die ‘natuurlike mens’, is die vorige vleeslike lewe van ongeloof, dwaasheid, eiegeregtigheid, liefdeloosheid en verknogtheid aan die wêreld. Die ‘nuwe mens’ is die geestelike lewe soos in die vorige paragraaf beskryf. Sien ook Ef 4:17 - 5:20.
DIE WEDERGEBOORTE
Die oorgang van die ou na die nuwe mens word deur Jesus as die wedergeboorte beskryf, soos ons dit sien in Joh 3:3-8. Die oorspronklike Griekse woorde is:
G509 anothen = van bo, weer ’n keer, van die begin af, van voor af, opnuut.
G1080 gennaho = gebore word, voortbring, verwek, herskep, herskape, hernuwe.
Die uitdrukking gennaho anothen in die Griekse grondteks sou na Afrikaans vertaal kon word as weer gebore, van bo gebore, nuut gebore, herskep, hernuwe ensovoorts. Met inagneming van die teksverband (die gesprek tussen Jesus en Nikodemus) is weer gebore die aanvaarde korrekte vertaling.
Die apostel Johannes lê in sy geskrifte baie klem op die wedergeboorte. Sommer uit die staanspoor sê hy in Joh 1:12-13 dat dié wat in Jesus glo uit God gebore is. In Joh 3 gee hy Jesus se hele gesprek oor die wedergeboorte, en in Joh 8:47 haal hy Jesus aan waar Hy sê dat die wat uit God is, na God se woorde luister. En in sy kort algemene sendbrief praat hy nie minder nie as ses keer van mense wat uit God gebore is. Dit blyk dat die wedergeboorte dieselfde is as om uit God – uit die Heilige Gees – gebore te wees.
Maar hoe werk die wedergeboorte? Hoe verander die ou mens na die nuwe? Wat presies gebeur met jou as jy wedergebore word? Dis wat Nikodemus ook wou weet. Kom ons kyk weer na die gesprek:
Nikodemus kom besoek Jesus en erken dat hy en sy mede-Fariseërs weet dat Hy ’n leraar van God is. Jesus antwoord met die stelling dat ’n mens weer gebore moet word om die koninkryk van God te kan sien. Nikodemus dink dat Jesus van ’n herhaling van die gewone natuurlike geboorte praat, iets wat immers onmoontlik is. Jesus verduidelik dan dat ’n mens wel aanvanklik op die natuurlike manier (uit water) gebore word, maar die tweede keer uit die Gees gebore moet word om God se koninkryk te kan ingaan. En Hy verduidelik verder: wat uit die vlees gebore is, is vlees, met ander woorde deur die natuurlike geboorte kom ’n natuurlike mens; en dit wat uit die Gees gebore is, is gees, met ander woorde deur die wedergeboorte kom ’n geestelike mens. Die natuurlike mens moet dus op ’n stadium in sy lewe weer ’n keer gebore word, maar dié keer uit die Gees.
Asof Nikodemus nog uit die veld geslaan is, verduidelik Jesus verder dat die proses van wedergeboorte onsigbaar, onvoorspelbaar en onverklaarbaar is, net soos (byvoorbeeld) die wind. Jy kan nie iemand wat uit die Gees gebore is ontleed of verklaar nie.
Uiteindelik vra Nikodemus vir Jesus: hoe kan hierdie dinge gebeur? Dis nie dat hy die wedergeboorte nog nie verstaan nie, want Jesus het dit klaar aan hom verduidelik. Dis meer waarskynlik dat Nikodemus wou weet wat daartoe aanleiding sou gee dat mense wedergebore word. Hoe sou dit aan die gang kom, of wat sou dit ‘veroorsaak’?
Dan verwyt Jesus hom dat hy as leraar van Israel niks verstaan nie, en voeg ook nog by dat as hy nie eers die aardse dinge (soos die wedergeboorte van ’n mens) verstaan of glo nie, hy die hemelse dinge nog minder sal verstaan. Nikodemus was veronderstel om te weet dat die wedergeboorte van Israel met die koms van hul Verlosser sou begin. Hý sou hierdie ‘dinge’ laat gebeur. In vv 13-21 gee Jesus dan vir hom ’n kort en kragtige omskrywing van sy koms na die wêreld.
VOORSPELLING VAN DIE WEDERGEBOORTE
Die wedergeboorte was reeds in die Ou Testament voorspel:
In Ps 51 erken Dawid sy natuurlike en vleeslike toestand, en vra God om hom te reining van sy ongeregtigheid en sonde, en om vir hom ’n rein hart te skep.
Jesaja voorspel in 44:3-5 en 59:21 dat die Heilige Gees op Israel (die gelowiges van die Nuwe Testament) uitgegiet sal word en hulle sal vernuwe.
Jeremia voorspel in 31:31-34 en 32:38-41 dat JAHWEH ’n nuwe verbond (die Nuwe Testament) met sy volk (gelowiges) sal sluit en sy wet in hulle harte sal gee.
Eségiël voorspel in 11:19-20 en 36:25-26 dat JAHWEH sy volk (gelowiges) se harte nuut sal maak sodat hulle aan Hom gehoorsaam sal wees.
As leraar van die volk was Nikodemus dus veronderstel om op grond van sy kennis van die profesieë te begryp wat Jesus met die wedergeboorte bedoel het.
Dit dan wat betref die gesprek tussen Jesus en Nikodemus. Die wonder van die wedergeboorte word verder belig deur die volgende skrifgedeeltes:
WOORDONTLEDING
In Titus 3:5 lees ons dat ons gered word deur die ‘bad van die wedergeboorte’ en die ‘vernuwing deur die Heilige Gees’. Die Afrikaanse woord wedergeboorte (Eng. regeneration) kom van die oorspronklike Griekse woord
G3824 paliggenesia = herskepping, herstel, vernuwing.
Die betekenis is dieselfde as gennaho anothen, soos in Jesus se gesprek met Nikodemus. In die uitdrukking ‘bad van die wedergeboorte’ (Eng. washing of regeneration) verwys ‘bad’ nie noodwendig na iets soos die doop nie, maar eerder na die effek van die wedergeboorte, naamlik om gewas te word van sonde en ongeregtigheid. Die oorspronklike Griekse woord is
G3067 loutron = bad, wassing.
Die enigste ander teks waar die woord loutron voorkom is Ef 5:26, waar dit vertaal word na ‘waterbad’ (Eng. washing of water), omdat die woord water daar in die Griekse teks verskyn. Hierdie teksvers bring verder ook ’n nuwe en belangrike insig aan die lig, naamlik dat die waterbad (van die wedergeboorte) deur die woord geskied. Met ‘woord’ word die hele boodskap van die Nuwe Testament bedoel. Ander tekste met dieselfde strekking is byv. Joh 15:3, waar Jesus vir die apostels sê dat hulle rein is deur sy woord, en Joh 17:17, waar Jesus bid dat die Vader hulle sal heilig in die waarheid, naamlik sy woord.
Ons sien ook in 1Pet 1:23 dat ons wedergebore is uit ‘onverganklike saad’, naamlik die lewende woord van God. Dis interessant dat hierdie vers (ook 1Pet 1:3) weer ’n ander Griekse woord vir wedergeboorte gebruik, nl.
G313 anagennaho = ‘weer’ + ‘gebore’ = weergebore.
WAT ONS DUSVER OOR DIE WEDERGEBOORTE VERSTAAN
ENKELE VRAE OOR DIE WEDERGEBOORTE
Wanneer word mens wedergebore?
Ons het reeds gesien dat dit deur die woord gebeur (1Pet 23). Sodra iemand die goeie boodskap van Jesus die eerste keer hoor of ernstig opneem, gebeur die wedergeboorte. Jak 1:18 stel dit so: die Vader ‘bring die persoon voort’ deur die woord. Wedergeboorte volg dus op die geloof of vind daarmee saam plaas. Die volgende skrifgedeeltes maak dit verder duidelik:
Reeds in die Ou Testament sien ons die beginsel van persoonlike verantwoordelikheid teenoor God. Volgens Eségiël 18 dra elkeen die gevolge van sy eie besluite. As iemand sondig sal hy sterwe, en as iemand reg doen, sal hy lewe en sy vorige sondes sal hom nie toegereken word nie. In vv 30-32 word die hele volk opgeroep om hul te bekeer en vir hulle ’n nuwe hart en nuwe gees te maak, dan sal hulle lewe. Geloof in die Wet en gehoorsaamheid daaraan het dus tot regverdiging en lewe gelei. Die eerste stap was die hoor van JAHWEH se oproep, gevolg deur geloof en bekering, gevolg deur ’n nuwe lewe.
Daardie ou beginsel van eers hoor, dán glo en dán lewe, is in die Nuwe Testament tot volkomenheid gebring deur Jesus:
In Joh 5:37-40 hoor die Judeërs Jesus se woorde, maar hulle luister nie en wil Hom nie glo en na Hom kom om dan die lewe te hê nie.
In Joh 6:53-58 stel Jesus dit uitdruklik aan die mense dat as hulle Hom glo en aanneem (‘sy vlees eet en sy bloed drink’) dan sal hulle lewe.
In Joh 20:31 skryf die apostel dat ’n mens deur in Jesus te glo die lewe kan hê.
Hand 15:9 sê dat ons harte deur die geloof gereinig is.
In Ef 1:13 sê Paulus aan die gemeente dat hulle met die Heilige Gees verseël was in Jesus nadat hulle sy woord gehoor en in Hom geglo het.
In gereformeerde geloofskringe met die Calvinisme as grondslag, is die oortuiging egter dat die wedergeboorte reeds vóór geloof en bekering plaasvind. Dit berus op die model van predestinasie, waarvolgens sommige mense reeds voor die skepping in God se genade uitverkies is om tot geloof te kom en gered te word. Hierdie ‘uitverkorenes’ word dan in ’n stadium van hul lewe weergebore, waarna geloof en bekering ’n onweerstaanbare sekerheid is. Dit is dus nie uit hulself nie, maar ’n gawe van God. Uitverkiesing (predestinasie) word dan beskou as die enigste manier om gered te word, aangesien die onwedergebore mens nie God se stem kan hoor of tot enige gehoorsaamheid of goeie besluite in staat is nie.
Predestinasie word op o.a. Joh. 6:25-71, Rom 9:6-24 en Ef. 1:1-11 gebaseer. Dit is een van die hoekstene van die gereformeerde leer, en is omvattend beskryf in belydenisskrifte wat as absoluut gesaghebbend, tydloos en onskendbaar beskou word.
Die Protestantisme en die Reformasie van die sestiende eeu was sekerlik ’n wonderbaarlike en genadige bevryding van die Rooms-Katolieke magsgreep op die Christendom. Die werk van Calvyn, Luther en ander geestelike leiers en martelare word met erkentlikheid en dank aan God waardeer. Maar die teologie wat daaruit ontwikkel het is tog immers nie in beton gegiet nie. Net die Bybel alleen kan aanvaar word as tydloos en onaantasbaar. Die predestinasie-model is bloot ’n menslike konstruksie uit daardie bepaalde tydsgewrig, en behoort vandag gewilliglik en ernstig hersien te word. Die uiteindelike konsekwensies van predestinasie kom neer op geforseerde, verkeerde vertolkings van sekere skrifgedeeltes, wat indruis teen die ware beeld wat die Bybel van God gee.
Kan ek my wedergeboorte self laat gebeur?
Omdat die wedergeboorte met die geloofstap gepaard gaan is ’n mens wel betrokke en in die posisie om jou wedergeboorte te laat plaasvind of om dit te verhoed. As jy in Jesus glo sal jy weer gebore word, soos ons reeds gesien het. As iemand nie wil glo nie, word hy nie weer gebore nie en bly hy in sy verlore en geestelik dooie toestand. Dit word bevestig in byv. Joh 3:18, 36 en Joh 8:24.
Oor die ‘proses’ of ‘werking’ van die wedergeboorte het ’n mens egter geen beheer nie, en is mens ook nie aktief daarby betrokke nie. Dit is God alleen wat dit doen. Iemand wat uit die Gees gebore is, is soos die wind wat onsigbaar, onvoorspelbaar en onverklaarbaar is (Joh 3:8).

- Dit was alreeds in die Ou Testament voorspel,
- Dis die voorwaarde om in God se koninkryk in te gaan,
- Dis ’n verandering van die ou, natuurlike toestand na ’n nuwe, geestelike gemoed,
- Dis ’n geestelike geboorte uit God, uit die Heilige Gees,
- Dit vind innerlik plaas en is onverklaarbaar,
- Dit word deur die Gees en die woord van God bewerk,
- Dit is ’n reiniging van sonde en ongeregtigheid, en ’n heiligmaking vir God.
ENKELE VRAE OOR DIE WEDERGEBOORTE
Wanneer word mens wedergebore?
Ons het reeds gesien dat dit deur die woord gebeur (1Pet 23). Sodra iemand die goeie boodskap van Jesus die eerste keer hoor of ernstig opneem, gebeur die wedergeboorte. Jak 1:18 stel dit so: die Vader ‘bring die persoon voort’ deur die woord. Wedergeboorte volg dus op die geloof of vind daarmee saam plaas. Die volgende skrifgedeeltes maak dit verder duidelik:
Reeds in die Ou Testament sien ons die beginsel van persoonlike verantwoordelikheid teenoor God. Volgens Eségiël 18 dra elkeen die gevolge van sy eie besluite. As iemand sondig sal hy sterwe, en as iemand reg doen, sal hy lewe en sy vorige sondes sal hom nie toegereken word nie. In vv 30-32 word die hele volk opgeroep om hul te bekeer en vir hulle ’n nuwe hart en nuwe gees te maak, dan sal hulle lewe. Geloof in die Wet en gehoorsaamheid daaraan het dus tot regverdiging en lewe gelei. Die eerste stap was die hoor van JAHWEH se oproep, gevolg deur geloof en bekering, gevolg deur ’n nuwe lewe.
Daardie ou beginsel van eers hoor, dán glo en dán lewe, is in die Nuwe Testament tot volkomenheid gebring deur Jesus:
In Joh 5:37-40 hoor die Judeërs Jesus se woorde, maar hulle luister nie en wil Hom nie glo en na Hom kom om dan die lewe te hê nie.
In Joh 6:53-58 stel Jesus dit uitdruklik aan die mense dat as hulle Hom glo en aanneem (‘sy vlees eet en sy bloed drink’) dan sal hulle lewe.
In Joh 20:31 skryf die apostel dat ’n mens deur in Jesus te glo die lewe kan hê.
Hand 15:9 sê dat ons harte deur die geloof gereinig is.
In Ef 1:13 sê Paulus aan die gemeente dat hulle met die Heilige Gees verseël was in Jesus nadat hulle sy woord gehoor en in Hom geglo het.
In gereformeerde geloofskringe met die Calvinisme as grondslag, is die oortuiging egter dat die wedergeboorte reeds vóór geloof en bekering plaasvind. Dit berus op die model van predestinasie, waarvolgens sommige mense reeds voor die skepping in God se genade uitverkies is om tot geloof te kom en gered te word. Hierdie ‘uitverkorenes’ word dan in ’n stadium van hul lewe weergebore, waarna geloof en bekering ’n onweerstaanbare sekerheid is. Dit is dus nie uit hulself nie, maar ’n gawe van God. Uitverkiesing (predestinasie) word dan beskou as die enigste manier om gered te word, aangesien die onwedergebore mens nie God se stem kan hoor of tot enige gehoorsaamheid of goeie besluite in staat is nie.
Predestinasie word op o.a. Joh. 6:25-71, Rom 9:6-24 en Ef. 1:1-11 gebaseer. Dit is een van die hoekstene van die gereformeerde leer, en is omvattend beskryf in belydenisskrifte wat as absoluut gesaghebbend, tydloos en onskendbaar beskou word.
Die Protestantisme en die Reformasie van die sestiende eeu was sekerlik ’n wonderbaarlike en genadige bevryding van die Rooms-Katolieke magsgreep op die Christendom. Die werk van Calvyn, Luther en ander geestelike leiers en martelare word met erkentlikheid en dank aan God waardeer. Maar die teologie wat daaruit ontwikkel het is tog immers nie in beton gegiet nie. Net die Bybel alleen kan aanvaar word as tydloos en onaantasbaar. Die predestinasie-model is bloot ’n menslike konstruksie uit daardie bepaalde tydsgewrig, en behoort vandag gewilliglik en ernstig hersien te word. Die uiteindelike konsekwensies van predestinasie kom neer op geforseerde, verkeerde vertolkings van sekere skrifgedeeltes, wat indruis teen die ware beeld wat die Bybel van God gee.
Kan ek my wedergeboorte self laat gebeur?
Omdat die wedergeboorte met die geloofstap gepaard gaan is ’n mens wel betrokke en in die posisie om jou wedergeboorte te laat plaasvind of om dit te verhoed. As jy in Jesus glo sal jy weer gebore word, soos ons reeds gesien het. As iemand nie wil glo nie, word hy nie weer gebore nie en bly hy in sy verlore en geestelik dooie toestand. Dit word bevestig in byv. Joh 3:18, 36 en Joh 8:24.
Oor die ‘proses’ of ‘werking’ van die wedergeboorte het ’n mens egter geen beheer nie, en is mens ook nie aktief daarby betrokke nie. Dit is God alleen wat dit doen. Iemand wat uit die Gees gebore is, is soos die wind wat onsigbaar, onvoorspelbaar en onverklaarbaar is (Joh 3:8).
LAAT JOU DOOP
Sodra jy in Jesus glo en Hom aanneem, moet jy jou laat doop. Dit is die doop van Jesus volgens sy opdrag in Matt 28:19 en Mark 16:16. Die apostels het dit nougeset uitgevoer, soos ons sien in byv. Hand 2:38, 8:12, 9:18 en 16:33.
Die doop is die uiterlike teken en openbare betuiging van jou persoonlike geloof in Jesus en oorgawe aan Hom (byv. 1Pet 3:21). Dit is ook ’n simbool van die aflegging van die ou mens en opstanding van die nuwe in Jesus (Rom 6:3-4, Kol 2:12).
As jy wonder of die doop werklik nodig is vir jou, kyk maar net weer na Jesus se opdrag in Matt 28:19 en Mark 16:16, en na die opgetekende gevalle in Handelinge waar mense tot die geloof gekom het. Ons sien geen aanduiding in die Nuwe Testament dat ’n gelowige ooit van die doop verskoon was of vir enige rede nie gedoop was nie.
Is die doop ’n voorvereiste vir redding? Nee, slegs geloof in Jesus is. Maar in die lig van Mark 16:16 kan ook gevra word waarom iemand wat regtig in Jesus glo sal weier om gedoop te word? So ’n houding sal sekerlik dui op óf gebrek aan insig oor die doop, óf blatante ongehoorsaamheid aan Jesus se opdrag.
Vir meer inligting oor die doop, sien LEWENSWOORD se studie oor DIE DOOP EN DIE NAGMAAL.

WORD DEEL VAN JESUS SE LIGGAAM
Sodra jy deur die wedergeboorte ’n nuwe mens geword het, lewe jy in Jesus en Hy in jou. Jy is nou gereed vir ’n vervulde, heerlike nuwe lewe van diensbaarheid aan God en aan jou naaste. Dit gaan ook moeilik wees en die uitdagings en opofferings groot, maar die uiteindelike beloning is die kroon van die lewe (Jak 1:12, Op 2:10) en ewige volmaaktheid saam met God in sy liefde (Op 21-22).
Op die pad van die nuwe lewe gaan jy liefde, beskerming en ondersteuning van ander gelowiges nodig hê sodat jy geestelik kan groei en jou geloof en kennis van Jesus kan toeneem. Dit is onmoontlik om dit op jou eie te doen want as jy alleen is, is jy ’n maklike teiken vir die Duiwel. Die beste is om deel van Jesus se ‘liggaam’ – ’n gemeente – te wees. As lid van ’n gemeente sal jy jou allerbeste nuwe mens-potensiaal kan bereik! Sien Heb 3:13, 10:25.
Daar is gelowiges wat dink dat hulle nie nodig het om deel van ’n spesifieke gemeente te wees nie, en woon dan na willekeur verskillende kerkdienste by wanneer hulle so voel. Verder ondersteun hulle miskien Christelike saamtrekke, kyk op TV na dienste, lees Christelike boeke ens. So ’n onverbonde uitoefening van jou geloof is ’n groot fout want een lid van die liggaam kan nie sonder die ander bestaan en groei nie. Vir meer, sien LEWENSWOORD se studie oor GEMEENTES.

WAG OP DIE KONING
Terwyl Jesus se gemeentes – sy liggaam – hul roeping uitvoer om Hom te verkondig en sy beeld uit te dra, beleef hulle ook die reikhalsende verlange na sy terugkoms. Hy het belowe dat Hy gaan terugkeer na ons sodra alles volbring en gereed is (Hand 1:6-11). Die ondertoon van dringende verwagting onder sy kinders word so mooi verwoord in die laaste vers van 1Kor 13: En nou bly geloof, hoop, liefde – hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde. Terwyl ons in die liefde arbei, doen ons dit in die vaste geloof en vurige hoop dat Hy die bose en die dood oorwin het en spoedig in sy volle heerlikheid weer aan ons gaan verskyn. Sien ook Rom 8:18-30.
Dit is so dat Hy nou al 2000 jaar lank talm om te kom, en daar is baie mense, veral nou in die laaste dae, wat spot en vra wat van sy beloofde wederkoms geword het. Maar God gee die gerusstellende antwoord in 2Pet 3. Dit laat mens opnuut besef hoe omvangryk God se skeppingswerk is, en hoe groot en diep sy genade vir die mens is. Terwyl die vlees swak is en ’n mens maklik geloof en belangstelling in God se herstelplan kan verloor, bly Hy onvermoeid en betroubaar besig om daardie plan volledig en op tyd tot uitvoering te bring.
Wat gaan gebeur by sy wederkoms? Insig in hierdie wonderlike eindtydgebeure vervul gelowiges met diepe gerustheid sowel as opwinding, want dit gaan oor die uiteindelike verwesenliking van God se ewige skeppingsdoel, en die wete dat ons ’n sentrale rol daarin vervul. Ons is vir God belangrik – dis vir óns wat Hy die hemel en aarde gemaak het om as mense van vlees en bloed daaroor te heers en Hom so te verheerlik (Gen 1:26-27). Hy gaan dit weer so laat wees want Hy het nie van sy plan afgesien nie, en sal ook sorg dat dit uitloop op dieselfde heerlikheid en volmaaktheid as aan die begin. Uiteindelik gaan ons weer van die boom van die lewe eet (Gen. 2:9, Op 2:7, 22:14). Alles gaan ‘nuut’ wees: ons liggame gaan nuutgemaak word en vir ewig lewe (1Kor 15:51-54), daar gaan ’n nuwe hemel en aarde wees (Op 21:1,5) en ’n nuwe Jerusalem (Op 21:9-27). Hierdie dinge kan in ons gebrekkige taal maar net beskryf word in terme soos ewige vreugde, volmaakte geluk, onbeskryflike heerlikheid, oorvloedige blydskap, blywende liefde, oneindige goedheid. Dit is God se doelwit, en Hy gaan Homself daarin verheerlik!
Ons name is opgeskryf in die boek van die lewe (Op 3:5) en die Heilige Gees in ons is die waarborg van ons erfdeel in die hemele (2Kor 1:22, Ef 1:13-14). Dit is die moeite werd om getrou op ons Koning te wag en onsself van die wêreld te bewaar. Daar is niks wat die wêreld ons kan bied in die plek van ons hemelse erfdeel nie – selfs nie eers tydelike genot nie, want dit het geen nut vir die nuwe mens nie. U word aangemoedig om elke las af te lê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop te loop wat voor ons lê, die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het (Heb 12:1-2).