WOORDSTUDIE
DIE DOOP EN DIE NAGMAAL
Jesus het die doop en die nagmaal as sigbare tekens van die Nuwe Testament ingestel:

DIE DOOP
Die doop is ’n uiterlike teken en openbare betuiging van geloof in Jesus. Dit simboliseer ook die aflegging van die ou mens en opstanding van die nuwe in Jesus (Rom 6:3-4, Kol 2:12).
Dit is ’n opdrag van Jesus aan sy dissipels (Matt. 28:19, Mark 16:16) en aan gelowiges (Hand 2:38). Die apostels het dit nougeset uitgevoer, soos ons sien in byv. Hand 2:41, 8:12, 9:18 en 16:33.
Die doop is bedoel vir volwasse gelowiges wat hulself doelbewus en uit eie wil en oortuiging wend tot geloof in, en oorgawe aan Jesus. Dit verg persoonlike aanspreeklikheid en verantwoordelikheid, en dus geestelike mondigheid en volwassenheid. Die kinderdoop (babadoop) voldoen duidelik nie aan hierdie beskrywing nie. Gelowiges wat as babas gedoop was kan dus nie sê dat hulle reeds gedoop is nie, en behoort hulle nou te laat doop in gehoorsaamheid aan Jesus se uitdruklike opdrag.
Daar is geen spesifieke riglyne in die Nuwe Testament oor die manier van doop nie, dit wil sê of dit deur besprenkeling, onderdompeling of iets anders gedoen moet word nie. Wat ons wel sien is dat Johannes dit in die Jordaanrivier gedoen het en ook op ’n plek met die naam van Enon waar daar baie water was (Joh 3:23). Verder lees ons dat Jesus na sy doop ‘uit die water opgeklim’ het (Matt 3:16). So ook Filippus en die hofdienaar (Hand 8:39). En as ons ‘begrawe’ word deur die doop in die dood (Rom 6:4) dan maak onderdompeling heeltemal sin. Dit lyk dus asof onderdompeling in water wel die gebruik was, maar dit sê nie dat ander maniere noodwendig verkeerd is nie. Die belangrikste is dat die bedoeling en betekenis van die doop reg verstaan word.
Die doop word bedien op versoek, of met instemming, van die persoon wat gedoop word, en nadat die broeder wat die doop gaan bedien tevrede is dat die dopeling verstaan waaroor dit gaan en sy geloof in Jesus bevestig het. Dit beteken natuurlik nie dat die dopeling op daardie stadium reeds alles oor Jesus en sy Woord hoef te verstaan nie – dit gebeur tydens sy/haar geestelike groeiproses, wat die res van die persoon se lewe in beslag sal neem.
Die doop word normaalweg bedien deur ouderlinge of diakens wat vrymoedig voel om dit te doen, maar kan ook bedien word deur gelowige broeders binne of buite die gemeente, wat bevoeg is op grond van ervaring en geestelike volwassenheid.
Volgens Jesus se voorskrif in Matt 28:19 word die doop bedien in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Die idee dat dit net in die naam van Jesus gedoen moet word (volgens afleiding uit Hand 8:16, 10:48 en 19:5) is nie goed begrond nie, want die betrokke teksgedeeltes verwys bloot na die doop soos dit in Matt 28:19 voorgeskryf is.
Herhalings van die doop word nie in die Bybel voorgeskryf nie, en dit sou ook geen sin maak in die lig van die betekenis van die doop nie. Dit het nie ’n magiese 'krag' wat herhaaldelik ingespan kan word tot een of ander voordeel vir die dopeling nie.
Die doop is nie ’n instrument waardeur die wedergeboorte, of geloof, of bekering, of vervulling met die Heilige Gees teweeggebring word nie. Daardie dinge kom alleenlik deur die krag van God se woord en die werking van die Heilige Gees. (Sien LEWENSWOORD se studie oor 'N NUWE LEWE). Dit maak egter wel sin dat die doop jou geloof verder sal versterk en jou ook meer vrymoedigheid teenoor Jesus sal gee (1Pet 3:21), en dus ook ‘n groter ontvanklikheid vir die werking van die Gees. Maar dit beteken glad nie dat die doop ’n voorwaarde vir enigiets is nie.
Mens moet versigtig bly vir wanvertolkings van die skrif oor die doop. Kyk byv. na Hand 2:38, waar Petrus aan sy gehoor sê dat hulle hul moet bekeer en laat doop, en hulle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Het hy bedoel dat hulle die Gees sou ontvang deur middel van die doop, of dat die doop ’n voorvereiste daarvoor was? Nee, hulle het die Gees alreeds gehad deur hul geloof. Die ‘gawe van die Heilige Gees’ wat hulle sou ontvang was dus eerder ’n spesiale werking van die Gees vir spesifieke behoeftes (vv 44-47), of ’n besondere ontvang van die Gees na handoplegging deur die apostels (sien byv. Hand 8:14-17, 19:6). Ons sien ook in byv. 1Kor 12 dat die Gees spesiale gawes aan die gemeentes gee, wat meer is as net die inwoning van die Gees in elke gelowige. Sien LEWENSWOORD se studie oor DIE GAWES VAN DIE GEES.
Die doop wat deur Jesus ingestel is, is ’n ander doop as dié van Johannes. Johannes se doop was ’n bekeringsdoop, in die verwagting van die koninkryk van die hemele wat op hande was (Matt 3, Hand 19:4-5). Jesus se dissipels het ook dieselfde doop as Johannes bedien (Joh 3:22, 4:1-2). Maar dit het net tot by Jesus se kruisiging geduur, waarna dit uitgedien was.
Is die doop ’n voorvereiste vir redding? Nee, slegs geloof in Jesus is. Maar die doop bly steeds ’n belangrike opdrag. Dalk bedoel Mark 16:16 dat onverskilligheid teenoor die doop op ongeloof in Jesus neerkom, wat tot veroordeling kan lei.

DIE NAGMAAL
Die nagmaal is deur Jesus ingestel na die laaste Pasga saam met sy dissipels (Matt 26:17-30). Dit is vir ons 'n herinnering aan - en verkondiging van - sy dood. Dit is 'n teken wat eintlik met blymoedige en dankbare harte gebruik moet word, omdat ons weet dat Hy ook uit die dood opgestaan het as oorwinnaar oor die dood.
Daar is geen voorskrifte in die Bybel vir wanneer of hoe dikwels die nagmaal gebruik moet word nie. Sommige gemeentes doen dit elke keer as hulle bymekaar is, terwyl ander dit weer slegs eenmaal per jaar doen. Wat ookal die keuse is, behoort dit 'dikwels' genoeg te wees om die blye herinnering aan Jesus se dood en opstanding vars en lewendig te hou (1Kor 11:25-26).
Almal wat teenwoordig is by 'n nagmaalgeleentheid word gewoonlik uitgenooi om deel te hê aan die tekens van brood en wyn. Daarmee saam word almal vermaan om slegs deel te neem na selfondersoek en hernieude sekerheid van sy/haar geloof in Jesus en gehoorsaamheid aan Hom. Dit sluit in dat die persoon gedoop moet wees of gaan word, 'n skoon gewete moet hê teenoor alle ander mense, en steeds in 'n daaglikse bekering- en geestelike groeiproses is. Kinders wat deur gelowige ouers vergesel word mag ook die tekens saam met hul ouers gebruik. Alhoewel veral die kleiner kinders nog nie soos volwassenes die bekerings- en doophandeling deurloop het nie, is hulle saam met hul ouers ingesluit in die Nuwe Verbond en word hulle met die gebruik van hierdie tekens ingelei en onderrig in die betekenis van die nagmaal.
Soos wat die Pasga betekenis gehad het in terme van die Ou Testament en die Wet, het die nagmaal vandag sy betekenis in Jesus as die uiteindelike en ware offer wat deur Jahweh gegee is om ons van ons sondeskuld te verlos. Nadat Jesus die laaste Pasga saam met sy dissipels gevier het (Matt 26:17-30), het hy die Nagmaal ingestel as 'n blywende herdenking aan sy versoenende dood (vv26-29). Met sy dood is die Pasga finaal vervul en afgesluit. Daar bly niks van die Pasga oor wat vandag nog gedoen moet word of na die Nagmaal oorgedra moet word nie. Die feit dat die Pasga net eenmaal per jaar gehou was beteken byvoorbeeld nie dat ons die Nagmaal nou ook slegs eenmaal per jaar moet vier nie