WOORDSTUDIE
DIE ROL VAN VROUE IN DIE GEMEENTE
OORSIG
Die hedendaagse posisie van vroue in die samelewing word bepaal deur die nuwe wêreldorde-sisteem. Kerke swig toenemend voor die invloed daarvan, waar posisies en rolle wat vir mans bedoel is toenemend deur vroue ingeneem word, teenstrydig met uitdruklike Bybelse voorskrifte. Die ware rol van die vroue in die kerk word terselfdertyd misverstaan en verwaarloos.
Ter inleiding word die kerkwêreld se worsteling daarmee aangeraak, gevolg deur ’n kort beskrywing van die geskiedkundige en huidige situasie in die lig van beskawingsontwikkeling en politieke invloed. Die Bybelse riglyne word dan ontleed om te bepaal wat die posisie en rol van vroue in Jesus Christus se gemeentes moet wees. Die skeppingsverhaal en die Ou Testament dien as basis en agtergrond, met die fokus wat val op die opdragte en riglyne vir gemeentes in die Nuwe Testament.

INHOUD
Vertical Divider
|
Inleiding
Die posisie van vroue deur die geskiedenis Die huidige posisie van vroue Die wêreldpolitieke agenda Riglyne in die Bybel Die skepping en sondeval Die Ou Testament Die Nuwe Testament Vroue as apostels? Profetesse Die posisie van vroue in die gemeentes Die ampte van leraar, ouderling en diaken Die ware rol van ons vroue in die gemeente Slotsom |
INLEIDING
Die huidige debat oor vroue se posisie is een van die groot kwessies in die kerkwêreld. Dit sal seker nooit tot ’n einde kom nie aangesien die Bybel se uitsprake daaroor verskillend vertolk word, en oortuigings drasties uiteenloop. Soos met baie ander instellings in die Christendom, word die tradisionele posisie van vroue in die kerk nou ook uitgedaag deur hervormings wat voorgehou word as modern, regverdig en in pas met die Bybel. Vroulike predikante, pastore, dominees ens. is nou ’n algemene verskynsel en niemand vind dit skynbaar meer vreemd of verkeerd nie.
Debatvoering en motiverings vir verandering word teologies so ingewikkeld gemaak en op sulke hoë besluitnemingsvlakke deurgevoer, dat die gewone gelowige agtergelaat en geforseer word om maar saam te stem, of te swyg en die uitslag te aanvaar.
Meeste terreine in die breër samelewing is reeds aangepas ten opsigte van vroue se posisies (ook ten goede), en dit kan nie teëgegaan word nie. Gevolglik is daar groot druk op die Kerk om ook in te val by hierdie wêreldwye tendens. Die Kerk se beginsels en waardes is egter op die Bybel gegrond, wat nie noodwendig ooreenstem met dié van die wêreld nie. Dit is dus belangrik om die regte antwoorde te soek. Hopelik sal hierdie studie duidelikheid en sekerheid help gee.

DIE POSISIE VAN VROUE DEUR DIE GESKIEDENIS
Die posisie en rol van die vrou in die samelewing was nog altyd deur haar besondere uiterlike en innerlike eienskappe bepaal. Liggaamlik besit sy die vermoë om kinders in die wêreld te bring en te versorg, terwyl haar verstandelike, emosionele, huishoudelike en sosiale talente haar in staat stel om die man so te ondersteun en te beïnvloed dat die hoogste prestasies gesamentlik bereik word.
Mans is gebou vir voorsiening van dinge soos behuising, voedsel en fisieke verdediging. Daarmee saam kom die nodige intellektuele, analitiese en skeppende vermoëns wat in die algemeen as die tipiese ‘man-dinge’ bekend is. Dit behels ook gesag, leierskap, en ’n besondere geestelike ingesteldheid teenoor God. Die totale pakket maak van die man dit wat hy is.
Daarteenoor is die vrou primêr vir tuisteskepping en die versorging en opvoeding van haar kinders geskape. Wat sy in haar omgewing en in haar huis tot stand bring beïnvloed die lewensinhoud en kwaliteit van haar nageslag, wat krities belangrik is vir prestasie en uiteindelike oorlewing van die gemeenskap waarvan sy deel is. Deur haar persoonlike talente en vaardighede voorsien sy in haar gesin se kulturele, intellektuele, skeppende en geestelike rykdom.
Dis duidelik dat mans en vroue verskillende rolle vervul, waar een alleen kwalik die ander se rol ook sal kan baasraak. Albei rolle is essensieel, wat die man en vrou in daardie sin op gelyke voet plaas. Dit is egter ook so dat die man tradisioneel die leidende en gesagsposisie in die familie en in sy omgewing inneem, terwyl die vrou van nature ’n posisie van afhanklikheid en ondergeskiktheid teenoor die man inneem. Dit is die algemene patroon in die wêreld dwarsdeur die geskiedenis.
Daar was natuurlik ook altyd die uitsonderings, waar vroue posisies ingeneem het waar leierskap en gesag nodig is en wat normaalweg deur die mans oorheers word. Koninginne het dikwels die septer geswaai, en daar was selfs al vroulike oorloggeneraals wat groot sukses bereik het. Daardie uitsonderings dien as bewys van die gelyke status en vermoë van die vroulike geslag as mens, maar dit bly uitsonderings en vervang nie die algemene patroon nie.

DIE HUIDIGE POSISIE VAN VROUE
Vandag is vroue in die nuwe, vreemde situasie waar ’n kunsmatige ‘gelykheid’ tussen die twee geslagte geforseer word. Dis hoofsaaklik in Westerse lande die geval, waar ander kulture minder betrokke is.
Die aanloop tot hierdie nuwe sogenaamde gelykheid en regte vir vroue het al ’n eeu of wat gelede begin. Dit het gevolg op nuwe beskouinge oor die mens wat deur liberale filosowe, sielkundiges en meningsvormers gepropageer was. Hulle idees was die wêreld ingedra deur koerante, tydskrifte, die uitvoerende kunste, filmindustrie, radio, televisie en elke bruikbare medium van beïnvloeding. Uiteindelik is daar vandag selfs al wetgewing vir gelykheid tussen mans en vroue op sekere basiese gebiede soos die reg, indiensneming en vergoeding.
Soos reeds genoem, het hierdie nuwe posisie van die vrou in die samelewing tot op die gebied van die kerk oorgespoel. Aan die begin is die deur oopgemaak vir vroue as diakens, later ook as ouderlinge, en uiteindelik as predikante/leraars. Alhoewel weerstand nog daarteen gebied en debat daaroor gevoer word in sekere kringe, word vroue algemeen in hierdie posisies aanvaar.

DIE WÊRELDPOLITIEKE AGENDA
Daar is twee kante aan die hedendaagse posisie van die vrou in die samelewing. Wanneer albei verstaan word raak dit moontlik om die situasie reg te ontleed en suiwer gevolgtrekkings te maak.
In die eerste plek word die moderne Westerse beskawing gekenmerk deur vryheid en beskerming van die individu, demokratiese regeringsvorms, menswaardige maatskaplike sisteme ensovoorts. Dit is alles op die Christelik-nasionale grondslag geskoei, wat op suiwer Bybelse beginsels berus. Hierdie kant van die saak is reg en goed, dit kom uit God se genadige hand en reflekteer die beginsels van Christus se Koninkryk. Dit bied aan ons vroue die lewensruimte en geleentheid om hulself as die skoner geslag te verwesenlik, en hul bedoelde rol te vervul tot verdere voordeel van ons samelewing en ons nageslag.
Tweedens het ons te doen met die aanslag op Christus se nakomelinge – hulle wat in Hom glo en uit Hom gebore is. Ons word op baie maniere deur die Satan en sy wêreldmagte geteiken, met die doel om ons te vernietig en ons Koning Jesus se terugkoms na ons te dwarsboom. Een van sy metodes - dalk die belangrikste een - is om die vroulike geslag in ’n posisie te kry waar hy haar kan misbruik in die uitvoering van sy planne.
Die duiwel sit aan die stuur van ’n wêreldsisteem wat baie aanloklik is vir die natuurlike mens omdat dit op die begeerlikheid van die vlees en die oë, en op welvaart en aansien gerig is (1Joh 2:16, 5:19). Aangesien dit gewoon menslik is om daardie dinge na te streef, word ons vroue by sektore van die arbeidsveld ingetrek waar dit beskikbaar is. Daar geniet hulle volkome gelykheid en aanvaarding in die ‘man-wêreld’.
Dit kom egter teen ’n baie hoë prys in die vorm van druk op huwelike, gesinsverbrokkeling, verlies aan die moederfiguur as primêre opvoeder, ensovoorts. Daar is geen geestelike beskerming vir ons vroue in die werksplek nie. So word die fondamente van ons samelewing stelselmatig verswak. Die manlike geslag word terselfdertyd geneutraliseer en as geestelike leier en beskermer uitgeskakel. Albei ouers bevind hul nou in die posisie waar hulle maar net magteloos moet toekyk hoe hul lewens en die van hul kinders verander word vir ’n nuwe wêreld.
Hierdie plan is deel van die wêreldpolitieke agenda vir die oprigting van die ryk van die Antichris. Dit is in opposisie teen Jesus Christus se koninkryk en sy plan om man en vrou vry te maak van hul sondeskuld en hulle in ere te herstel in die regte verhouding met mekaar en met God.
Satan se plan met ons vroue is egter gedoem tot mislukking, want Christus sal hulle nie oorgee as slagoffers in hierdie stryd nie. Maar gelowiges en hul gemeentes moet in gehoorsaamheid waak teen die grootsheid en verleiding van die wêreld, en hierdie skelm plan van die vyand weerstaan.
Kom ons kyk nou na wat die Bybel sê oor die posisie van die vrou in die wêreld en in die gemeente:

RIGLYNE IN DIE BYBEL
Die Bybel gee baie aandag aan vroue, en bied ’n oorvloed van inligting waaruit afleidings gemaak kan word oor vroue se posisie voor God, en ook in die samelewing en die gemeente. Die volgende teksgedeeltes het betrekking:
DIE SKEPPING EN DIE SONDEVAL
Gén 1:26-28
En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.
God het beide man en vrou na sy beeld geskape en hulle aangestel om te heers oor die skepping. Hierdie teks dui nog nie op enige vorm van ongelykheid of afsonderlike rolle vir die man en vrou nie.
Gén 2:7
En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.
Gén 2:18-24
Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n hulp maak wat by hom pas. .... Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak. En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou en bring haar na die mens. Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem. Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.
In hierdie weergawe van die mens se skepping sien ons dat die man eerste geskape is en God die vrou daarna gemaak het (sien ook 1Tim 2:13). Dan sien ons ook dat die vrou as hulp vir die man geskape is. Die man word nie beskryf as ’n hulp vir die vrou nie. Die man is met uitvoerende gesag en die vrou met ondersteunende gesag beklee (vv 20, 23-24).
Die vrou is egter geensins minderwaardig aan die man nie; dis net hul rolle en verantwoordelikhede wat verskil. Hul posisies is onderling aanvullend en op mekaar aangewese. Die feit dat die vrou uit die man geskape is, sê dat sy van presies dieselfde ‘stoffasie’ as die man is, as mens dit so kan stel. Sy is dus as mens gelykwaardig aan die man, en besit dieselfde basiese eienskappe en vermoëns.
Die vrou se ondersteunende posisie as sodanig, moet ook nie as minderwaardig gesien word nie. Anders kan net so wel aangevoer word dat die een wat die ondersteuning nodig het eintlik die minderwaardige party is, omdat hy op sy eie nie aan God se verwagtinge kan voldoen nie!
Gén 3
Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie? …
Hoofstuk 3 vertel van die sondeval. Die volgende punte is van belang vir ons onderwerp:
Die uitspraak in v 16 dat haar begeerte na haar man sou wees en dat hy oor haar sou heers, kan miskien op verskillende maniere verstaan word, maar uiteindelik dui dit tog op ’n vorm van afhanklikheid en onderdanigheid. Dit is deur God so beslis, en geen mens kan dit verander nie. Pogings om hierteen te rebelleer, is opstand teen God self. Ons behoort eintlik te vertrou dat Hy deur daardie besluit juis beskerming aan die vrou gee, eerder as om haar net te straf.
Ons kyk nou na die posisie van vroue in die Ou- en Nuwe Testamentiese bedelings:

- Die slang (Satan) het die vrou geteiken en haar verlei om te sondig.
- Die vrou het haar laat bedrieg en verlei, en het eerste gesondig (sien 2Kor 11:3, 1Tim 2:14).
- Adam het na sy vrou geluister en ook geëet. Dit lyk nie of hy self iets met die slang te doen gehad het nie, en eers geëet het nadat sy vrou reeds geëet het. Mens kry die indruk dat die vrou in eie verantwoordelikheid opgetree het en haar man haar ten volle vertrou het. Dis ’n verdere moontlike aanduiding van die gelyke vlak van gesag en aansien wat sy gehad het.
- Die keerpunt in die verhouding tussen die man en vrou kom in v 16, waar God aan die vrou sê dat haar begeerte voortaan na haar man sou wees en dat hý oor haar sou heers. Dit was nie God se oorspronklike bedoeling nie, maar die gevolg van haar oortreding.
- Beide die man en vrou dra steeds die gevolge van Adam en Eva se oortredings (vv 16-19).
Die uitspraak in v 16 dat haar begeerte na haar man sou wees en dat hy oor haar sou heers, kan miskien op verskillende maniere verstaan word, maar uiteindelik dui dit tog op ’n vorm van afhanklikheid en onderdanigheid. Dit is deur God so beslis, en geen mens kan dit verander nie. Pogings om hierteen te rebelleer, is opstand teen God self. Ons behoort eintlik te vertrou dat Hy deur daardie besluit juis beskerming aan die vrou gee, eerder as om haar net te straf.
Ons kyk nou na die posisie van vroue in die Ou- en Nuwe Testamentiese bedelings:
DIE OU TESTAMENT
RIGTERS, PROFETE EN KONINGS
Vanaf die uittog uit Egipte tot by Jesus se geboorte het JAHWEH ook vroue aangewend as profete, rigters en selfs koninginne. Daar was Moses en Aäron se suster Mirjam (Eks 15:20), Debóra (Rigt 4-5), Hulda (2Kon 22:14), Noádja (Neh. 6:14), moontlik Jesaja se vrou (Jes. 8:3) en Anna (Luk. 2:36-38). Dan was daar Ester, oor wie ons ’n hele boek in die Bybel het. Dit is wel so dat byv. Debóra as profetes opgetree het omdat (manlike) leiers ontbreek het (Rigt 5:7), maar dit beteken nie dat vroue enigsins minderwaardig was nie. Profete, rigters en konings (manlik en vroulik) was ’n belangrike skakel tussen JAHWEH en sy volk. Hy het deur hulle met sy volk gepraat.
AANBIDDING
Israel se formele sisteem van aanbidding in die Ou Testament (‘eredienste’ - Rom 9:4, Heb. 9:1) was gebaseer op die Wet, wat die Tempelbedieninge en Levitiese priesterskap ingesluit het. Al die ampte was slegs deur mans beklee. So was dit deur JAHWEH bepaal, sonder dat enige redes daarvoor gegee was. Dit is merkwaardig dat daar geen rekord in die Ou Testament is van vroue as priesters of tempelbedienaars nie. Daar was geen geskrewe of neergelegde reëls ten opsigte van vroue in enige ampte nie, en ook geen bespreking of uitsprake daaroor nie. Die posisie van vroue in die Ou-Testamentiese aanbiddingsisteem moet binne die konteks van daardie bedeling verstaan word, en kan nie voorskriftelik gemaak word vir alle tye nie. Daardie bedeling het sy eie kultuur, beginsels en wette gehad, en JAHWEH het sy doel daarmee volkome bereik.

DIE NUWE TESTAMENT
Na die vervulling en afsluiting die Ou Testament was Die Nuwe Testament ingelui. Dit staan op sy eie beginsels en gebooie, wat uitdrukking vind in die funksionering van gemeentes. Die gemeentes is die liggaamlike verwesenliking van die Nuwe Testament. Dit verskil grootliks van die vorige bedeling. Jesus se gemeentes is die nuwe Israel, nie meer die nasionale Israel van ouds nie. Ons het nie meer vir Moses en die Wet met priesters, rigters en konings nie. Ons Leidsman is Jesus, ons grondleggers was die apostels en ons word bedien en versorg deur diakens, ouderlinge (opsieners) en leraars, of predikers. Sien ook die studiestuk oor ISRAEL.
Die gemeentes is die oorheersende onderwerp in die laaste 27 boeke en briewe van die Bybel. Vandag figureer die Kerk sentraal in letterlik alle godsdienstige en geloofsake van die Christelike wêreld. Antwoorde oor elke aspek van die vorming, administrasie en bestuur van gemeentes moet dus in die boeke en briewe van die Nuwe Testament gevind word. Dit geld dan ook vir die rol van vroue in die gemeentes.
VROUE AS APOSTELS?
Voor die ontstaan van gemeentes, in die tyd voor Jesus se kruisiging, het die apostels ’n spesiale posisie, of amp, in Jesus se diens beklee. Hy het twaalf manne aangestel, en na Judas se selfmoord het Hy iemand anders in sy plek laat kies (Hand 1). Later het Jesus aan Paulus verskyn en hom ook as ’n apostel aangestel (Hand 9). In totaal was daar 14 apostels. Ná hulle lees ons net van opsieners, of ouderlinge, wat met die werk in die gemeentes voortgegaan het. Daar is geen melding van vroue-apostels op enige stadium nie. Afgesien van die sosiale en praktiese onmoontlikheid vir vroue in daardie tyd om apostels te kon wees, het Jesus seker ook uit beginsel net mans as apostels aangestel, soos ons later sal sien.
VROUE AS DISSIPELS VAN JESUS
Jesus het baie dissipels gehad, afgesien van die 14 apostels. Baie van hulle was vroue. Ons sien van die begin af dat Hy hulle met dieselfde agting, respek en liefde as die mans behandel het. Hy het vroue toegelaat om Hom op verskeie maniere te dien en te ondersteun (Matt. 27:55, Luk. 8:3). Na sy hemelvaart sien ons baie voorbeelde van vroulike dissipels, waarvan die meeste binne gemeenteverband was. Hier is enkele voorbeelde:
PROFETESSE
In die Nuwe Testament sien ons dat seuns en dogters in die laaste dae sou profeteer (Hand 2:17) en dan lees ons van Filippus se vier dogters wat die profetiese gawe besit het (Hand 21:9). Profesie is ook een van die geestelike gawes (1Kor 12), en albei geslagte kan daarmee bedeel word.

- Vroue was saam met sy dissipels in gebed en smeking (Hand 1:14).
- Lukas vermeld vroue spesiaal as mede-dissipels in gemeentes (Hand 5:14, 8:3, 12, 17:12).
- Tabíta (Dorkas) word ’n dissipelin genoem, dus ’n aktiewe volgeling van Jesus (Hand 9:36).
- Lídia die purperverkoopster het Paulus-hulle in haar huis versorg (Hand 16:14-15).
- Priscilla was ’n baie aktiewe dissipelin van Jesus (Hand 18:26).
- Fébé was ’n hoog aangeskrewe dienares van ’n gemeente (Rom 16:1-2).
PROFETESSE
In die Nuwe Testament sien ons dat seuns en dogters in die laaste dae sou profeteer (Hand 2:17) en dan lees ons van Filippus se vier dogters wat die profetiese gawe besit het (Hand 21:9). Profesie is ook een van die geestelike gawes (1Kor 12), en albei geslagte kan daarmee bedeel word.
DIE POSISIE VAN VROUE IN DIE GEMEENTES
Ons kyk nou na al die teksgedeeltes wat relevant is tot vroue se posisie voor God in die eerste plek, en dan ook in die gemeente teenoor die man.
Gal 3:28
Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.
Hierdie vers word dikwels aangehaal in allerlei debatte oor etnisiteit, ras, stand in die samelewing, en geslag. Baie vertolk die vers om te sê: almal in die kerk is ‘een in Christus Jesus’, en daarom mag ’n lidmaat se identiteit nie sy/haar posisie in die kerk bepaal nie. Wat die rol van vroue betref, mag daar dan ook geen verskil tussen mans en vrouens gemaak word vir die ampte van diaken, ouderling of leraar nie.
Maar is dit wat Paulus sê in hierdie brief aan die gemeentes in Galásië? Wat het hy bedoel met die woorde: daar is nie meer ... nie ? Om daaroor duidelikheid te kry, moet die woorde in die konteks van die deurlopende argument van die brief verstaan word. Daar was dwaalleraars uit Jerusalem wat die gemeentes probeer oortuig het dat gelowiges ook die Wet moes nakom. Paulus argumenteer dat hulle nie meer onder die Wet is nie, en alleen deur geloof in Christus Jesus geregverdig word. Die opbouing van sy rede na 3:28 kan soos volg aangestip word:
Dan sê v 28 dat hulle almal – ongeag wie of wat hulle is – (deur hul geloof) een in Christus is. Hulle behoort dus aan Hom en is die nageslag van Abraham en erfgename van die belofte (v 29). Die drie laaste hoofstukke van die brief voltooi die argument:
Paulus se argument – dat beërwing van die seën van Abraham nie deur die Wet nie, maar deur die geloof kom – loop soos ’n goue draad deur die hele brief, met v 28 as ’n hoogtepunt.
Sy verwysing na Grieke (heidene), slawe en vroue in v 28 pas in by sy argument, want die Wet het bepalings gehad wat hierdie drie groepe van JAHWEH se beloftes en seëninge uitgesluit het of ondergeskik gemaak het in die verkryging daarvan. Wat die heidense volke betref: nasionale Israel was alleen sy volk, wat eksklusief op sy guns en beloftes aanspraak kon maak (Deut. 7:6). Wat slawe betref: hulle het nie vryheid of erfreg gehad nie. En dan was vroue (dogters) se status en erfreg ondergeskik aan dié van hul broers (Núm 27:8). Die besnydenis (waarop die dwaalleraars soveel klem gelê het) was ook net vir mans, as teken van kindskap en erfgenaamskap van Abraham.
Al daardie beperkende bepalings van Die Ou Testament en die Wet was simboliese skadubeelde van Israel se kindskap, in vooruitsig op die uiteindelike vryheid wat hulle in Christus sou beërwe. Maar daardie bedeling het verbygegaan en plek gemaak vir ’n Nuwe Testament waarin alle gelowiges gelyke toegang tot al JAHWEH se beloftes en seën geniet, ongeag herkoms, status of geslag. Want hulle is almal in Christus gedoop en met Hom beklee (v 27). Sien ook die studiestuk oor DIE WET.
(Hou in gedagte dat die belofte(s) en seën waarvan hoofstuk 3 praat wat God aan Abraham belowe het, die regverdiging in Christus is wat gelowiges beërwe. Dit is nie beloftes van materiële voorspoed of politieke en sosiale hervormings nie.)
Dis dan duidelik dat Gal 3:28 slegs gaan oor gelyke toegang van alle gelowiges tot regverdiging in Christus. In dáárdie opsig laat God reg geskied aan vroue se posisie voor Hom en in die gemeente. Dit het niks te doen met ander vorms van gelykheid of bevoegdhede nie. Die vers kan dus nie vir argumente oor gelykheid van byv. ras en geslag, of toegang tot die ampte, ingespan word nie.
Die volgende het spesifiek betrekking op die vroue se posisie teenoor die mans in die gemeentes:
1Kor 11:3-15
Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus. Elke man wat bid of profeteer met iets op sy hoof, doen sy hoof oneer aan; maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan..
Paulus gee hier voorskrifte aan die gemeente in Korinthe oor die gebruik van hoofbedekkings wanneer daar gebid of geprofeteer word. Hy motiveer dit aan die hand van ’n rangorde tussen God, Christus, die man en die vrou (v 3). Die Bybel praat dikwels daarvan, byvoorbeeld dat God oor alles en almal is (Matt 11:27, 1Kor 8:6), dat alles deur Christus geskape is (Joh 1:3, 11), en dat die vrou as die man se hulp onderdanig aan hom is (Gén 1,2, 1Kor 14:34, Ef 5:22). Hier in 1Kor 11:7-10 noem Paulus dan ook dat die man die beeld en heerlikheid van God is, die vrou op haar beurt die heerlikheid van die man is en daarom uit die man en ter wille van die man is, en onder sy gesag is.
Dit skemer ook deur in Paulus se woorde dat die verskil in voorkoms en kleredrag van vroue en mans belangrik is. Dis ’n aanduiding, ’n tentoonstelling, van die verhouding tussen die twee geslagte. Die rangorde en verhouding tussen man en vrou in die gemeente maak die vrou nie minder belangrik as die man, vir God of vir die gemeente nie. Inteendeel, hulle is ewe belangrik en gelykwaardig vir God en vir mekaar (vv 11-12). Die twee geslagte bestaan elk in eie reg en heerlikheid teenoor mekaar, en die onderskeid tussen hulle moet nie geïgnoreer of verbloem word nie.
Die vraag wat eintlik hier na vore wil kom, is of vroue in die gemeente mag bid en profeteer? Paulus gee ongelukkig nie hier die antwoord nie. Hy sê in elk geval nie presies wat hy bedoel met bid en met profeteer nie. Dit kan wees om net teenwoordig te wees by eredienste waar daar gebid en geprofeteer word, of dalk om aktief deel te neem in aanbidding en profesie. Wat ook al die geval is, moet ons eers maar net aanvaar dat hierdie deel van Paulus se brief nie gebruik kan word om ons groot vraag te beantwoord nie. Op ander plekke gee Paulus reguit antwoorde:
1Kor 14:34-35
Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê. Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek.
Hoofstuk 14 gaan eintlik oor die gebruik van die gawes van profesie en tale in die gemeente, en van v 26 af word ordelikheid met die beoefening van hierdie gawes bespreek. Terwyl hy oor spreekbeurte praat, sê Paulus dat die vroue in die gemeentes moet swyg – en asof hy dit wil invryf, noem hy boonop dat dit lelik is vir vroue om in die gemeente te praat! Dit is harde woorde hierdie, dus moet ons seker maak dat ons dit reg verstaan. Het Paulus bedoel dat vroue glad nie hul monde mag oopmaak in die gemeente nie? Net tydens eredienste, of dalk by alle geleenthede?
Hier sê Paulus reguit dat die vroue in die gemeentes moet swyg. Dat dit eerstens gaan oor die onderdanigheid van die vrou aan die man, soos hy dadelik in v 34 sê, is geen verrassing nie aangesien hy dit reeds vroeër in die brief (11:3-15) uitgespel het. Die ander rede moet wees om orde in die erediens te verseker. Ordelikheid word vanaf v 26 tot aan die einde van die hoofstuk bespreek, met vv 34-35 net mooi in die middel van die argument. Nou weet ons almal uit ondervinding dat gemoedere makliker gaande kan raak in vergaderings waar die vroue saampraat. En dis dan dikwels juis die mans wat so maklik warm onder die kraag word en onordelik kan raak! As die vroue se stilswye nodig is vir orde, kan die rede daarvoor dan eerder by die mans gesoek word...
Dat die vroue in die gemeentes moet swyg, kan maar net die gewone eredienste beteken (vv 23, 26). Dit is die belangrikste item op die weeklikse program, en moet plegtig en ordelik te verloop. Verder maak dit ook sin dat deelname en bydraes deur vroue tydens eredienste verbied word om te voorkom dat dit ontaard in die uitoefening van gesag oor, of onderrig aan die mans.
Ef 5:21-33
... en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God. Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; .......
In hfst 5 gee die apostel allerhande voorskrifte vir die Christelike lewenswandel, en gee dan in v 21 ook die belangrike beginsel van onderdanigheid aan mekaar. In 5:22-6:9 verduidelik hy wat hy daarmee bedoel, in terme van die vrou se onderdanigheid aan die man (5:22-33), kinders se onderdanigheid aan hulle ouers (6:1-4) en diensknegte se onderdanigheid aan hulle here (6:5-9).
Wat die vrou se onderdanigheid aan die man betref, gee 5:22-24 weer dieselfde voorskrif as voorheen. En om die balans weereens te bewaar volg in 5:25-33 ’n sterk beklemtoning van die liefde en respek wat die man aan sy vrou verskuldig is. Hier is Christus die voorbeeld, wat sy lewe vir die gemeente gegee het en hulle volkome bewaar en versorg. Die man se waardering van die vrou as sy gelyke kom duidelik na vore, soos in byv. v 28.
Kol 3:18-19
Vroue, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here. Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.
In sy brief aan die gemeente in Kolosse gee Paulus dieselfde voorskrif as aan die ander gemeentes. In hierdie brief is vroue se onderdanigheid aan hul mans so opvallend deel van ’n klompie basiese voorskrifte, dat mens onder indruk kom van die belangrikheid daarvan. Daar mag dalk geredeneer word dat Paulus die onderwerp aanraak omdat dit ’n probleem was in daardie spesifieke gemeente. As dit die geval was, sou die voorskrif seker des te meer vandag ook vir ons geld ...
1Tim 2:9-15
So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie, maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke. Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou. Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva. En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom. Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.
Hier gee Paulus aan Timótheüs riglyne om by sy gemeentes in te stel. Hy verbied die vroue om onderrig (aan die mans) te gee of oor die mans te heers. Paulus grond die verbod op God se skeppingsorde en op Eva se oortreding met die sondeval. Die vrou se posisie teenoor die man in gemeenteverband is dus tydloos en onafhanklik van wêreldse kultuur of tradisie.
Een populêre verklaring waarom die vrou verbied word om onderrig te gee of in die gemeente te heers, is dat sy ’n makliker teiken vir misleiding en dwaling is (v 14), en daarom beskerm moet word deur onderdanigheid. So word die gemeente terselfdertyd ook beskerm. Die verklaring is seker aanneemlik, want ons weet dat vroue oor die algemeen emosioneel anders geskape is. Dit moet egter onthou word dat vroue se besondere emosionele vermoëns en vaardighede andersins tot groot voordeel van die gemeente is, en dat dit waardeer en gekoester moet word.
Dit kan ook hier opgemerk word dat daar niks gesê word oor onderrig aan kinders nie. Dit was nog altyd aanvaarbaar vir vrouens om seuns en dogters te onderrig. Seuns is gehoorsaam aan vroulike gesag in gemeenteverband, en heeltemal gewillig om deur vroue onderrig te word (byv. met Sondagskool) tot op die regte stadium van manlike rypheid en geestelike volwassenheid.
1Pet 3:1-7
Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het. ........ Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is —....
Hier sien ons weer dieselfde soort voorskrifte, dié keer komende van die apostel Petrus, in sy algemene brief aan al die gemeentes.
Saamgevat, stel die voorgaande teksgedeeltes dit onomwonde en duidelik dat in die gemeentes:
Dit moet weereens beklemtoon word dat hierdie voorskrifte, of gebooie van Jesus, alleenlik vir sy gemeentes gegee word, en nie vir die wêreld daarbuite nie. Die kerk van Christus moet wel die sout en lig van die wêreld te wees (Matt. 5:13-16), maar kan nie aan die wêreld voorskryf nie.

- In hoofstuk 1 verklaar hy dat daar net een evangelie is, naamlik dit wat hy by Jesus self gekry het en wat hy net so aan die gemeentes oorgedra het;
- In hoofstuk 2 vertel hy dat die leiers in Jerusalem sy evangelie aan die onbesnedenes (heidene) goedgekeur het, maar dat selfs hulle ook later gestruikel het onder druk van die dwaalleraars. In vv 15-21 beskryf hy dan sy standpunt oor die Wet;
- In hoofstuk 3 vertel hy dat Abraham geregtigheid verkry het deur geloof in God se belofte van die Verlosser, en dat dié wat dit ook glo, as Abraham se kinders gereken word. Die Ou Testament en die Wet het later as tussentydse tugmeester bygekom om Israel te bewaar tot by Jesus se koms, sonder om die oorspronklike belofte aan Abraham tot niet te maak. Maar nou dat die geloof in Jesus gekom het is hulle kinders van God, en nie meer onder die Wet nie.
Dan sê v 28 dat hulle almal – ongeag wie of wat hulle is – (deur hul geloof) een in Christus is. Hulle behoort dus aan Hom en is die nageslag van Abraham en erfgename van die belofte (v 29). Die drie laaste hoofstukke van die brief voltooi die argument:
- Hoofstuk 4 bou voort op Israel se vorige kindskap onder die Wet as hul tugmeester, net soos ’n dienskneg onder voogde en bestuurders staan, maar wat uiteindelik deur God se Seun daarvan losgekoop en tot erfgename verhef is;
- Hoofstuk 5 vermaan die gemeentes om as erfgename hul vryheid te handhaaf en die vrug van die Gees voort te bring;
- In hoofstuk 6 sluit Paulus af met enkele laaste tersaaklike vermanings.
Paulus se argument – dat beërwing van die seën van Abraham nie deur die Wet nie, maar deur die geloof kom – loop soos ’n goue draad deur die hele brief, met v 28 as ’n hoogtepunt.
Sy verwysing na Grieke (heidene), slawe en vroue in v 28 pas in by sy argument, want die Wet het bepalings gehad wat hierdie drie groepe van JAHWEH se beloftes en seëninge uitgesluit het of ondergeskik gemaak het in die verkryging daarvan. Wat die heidense volke betref: nasionale Israel was alleen sy volk, wat eksklusief op sy guns en beloftes aanspraak kon maak (Deut. 7:6). Wat slawe betref: hulle het nie vryheid of erfreg gehad nie. En dan was vroue (dogters) se status en erfreg ondergeskik aan dié van hul broers (Núm 27:8). Die besnydenis (waarop die dwaalleraars soveel klem gelê het) was ook net vir mans, as teken van kindskap en erfgenaamskap van Abraham.
Al daardie beperkende bepalings van Die Ou Testament en die Wet was simboliese skadubeelde van Israel se kindskap, in vooruitsig op die uiteindelike vryheid wat hulle in Christus sou beërwe. Maar daardie bedeling het verbygegaan en plek gemaak vir ’n Nuwe Testament waarin alle gelowiges gelyke toegang tot al JAHWEH se beloftes en seën geniet, ongeag herkoms, status of geslag. Want hulle is almal in Christus gedoop en met Hom beklee (v 27). Sien ook die studiestuk oor DIE WET.
(Hou in gedagte dat die belofte(s) en seën waarvan hoofstuk 3 praat wat God aan Abraham belowe het, die regverdiging in Christus is wat gelowiges beërwe. Dit is nie beloftes van materiële voorspoed of politieke en sosiale hervormings nie.)
Dis dan duidelik dat Gal 3:28 slegs gaan oor gelyke toegang van alle gelowiges tot regverdiging in Christus. In dáárdie opsig laat God reg geskied aan vroue se posisie voor Hom en in die gemeente. Dit het niks te doen met ander vorms van gelykheid of bevoegdhede nie. Die vers kan dus nie vir argumente oor gelykheid van byv. ras en geslag, of toegang tot die ampte, ingespan word nie.
Die volgende het spesifiek betrekking op die vroue se posisie teenoor die mans in die gemeentes:
1Kor 11:3-15
Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus. Elke man wat bid of profeteer met iets op sy hoof, doen sy hoof oneer aan; maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan..
Paulus gee hier voorskrifte aan die gemeente in Korinthe oor die gebruik van hoofbedekkings wanneer daar gebid of geprofeteer word. Hy motiveer dit aan die hand van ’n rangorde tussen God, Christus, die man en die vrou (v 3). Die Bybel praat dikwels daarvan, byvoorbeeld dat God oor alles en almal is (Matt 11:27, 1Kor 8:6), dat alles deur Christus geskape is (Joh 1:3, 11), en dat die vrou as die man se hulp onderdanig aan hom is (Gén 1,2, 1Kor 14:34, Ef 5:22). Hier in 1Kor 11:7-10 noem Paulus dan ook dat die man die beeld en heerlikheid van God is, die vrou op haar beurt die heerlikheid van die man is en daarom uit die man en ter wille van die man is, en onder sy gesag is.
Dit skemer ook deur in Paulus se woorde dat die verskil in voorkoms en kleredrag van vroue en mans belangrik is. Dis ’n aanduiding, ’n tentoonstelling, van die verhouding tussen die twee geslagte. Die rangorde en verhouding tussen man en vrou in die gemeente maak die vrou nie minder belangrik as die man, vir God of vir die gemeente nie. Inteendeel, hulle is ewe belangrik en gelykwaardig vir God en vir mekaar (vv 11-12). Die twee geslagte bestaan elk in eie reg en heerlikheid teenoor mekaar, en die onderskeid tussen hulle moet nie geïgnoreer of verbloem word nie.
Die vraag wat eintlik hier na vore wil kom, is of vroue in die gemeente mag bid en profeteer? Paulus gee ongelukkig nie hier die antwoord nie. Hy sê in elk geval nie presies wat hy bedoel met bid en met profeteer nie. Dit kan wees om net teenwoordig te wees by eredienste waar daar gebid en geprofeteer word, of dalk om aktief deel te neem in aanbidding en profesie. Wat ook al die geval is, moet ons eers maar net aanvaar dat hierdie deel van Paulus se brief nie gebruik kan word om ons groot vraag te beantwoord nie. Op ander plekke gee Paulus reguit antwoorde:
1Kor 14:34-35
Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê. Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek.
Hoofstuk 14 gaan eintlik oor die gebruik van die gawes van profesie en tale in die gemeente, en van v 26 af word ordelikheid met die beoefening van hierdie gawes bespreek. Terwyl hy oor spreekbeurte praat, sê Paulus dat die vroue in die gemeentes moet swyg – en asof hy dit wil invryf, noem hy boonop dat dit lelik is vir vroue om in die gemeente te praat! Dit is harde woorde hierdie, dus moet ons seker maak dat ons dit reg verstaan. Het Paulus bedoel dat vroue glad nie hul monde mag oopmaak in die gemeente nie? Net tydens eredienste, of dalk by alle geleenthede?
Hier sê Paulus reguit dat die vroue in die gemeentes moet swyg. Dat dit eerstens gaan oor die onderdanigheid van die vrou aan die man, soos hy dadelik in v 34 sê, is geen verrassing nie aangesien hy dit reeds vroeër in die brief (11:3-15) uitgespel het. Die ander rede moet wees om orde in die erediens te verseker. Ordelikheid word vanaf v 26 tot aan die einde van die hoofstuk bespreek, met vv 34-35 net mooi in die middel van die argument. Nou weet ons almal uit ondervinding dat gemoedere makliker gaande kan raak in vergaderings waar die vroue saampraat. En dis dan dikwels juis die mans wat so maklik warm onder die kraag word en onordelik kan raak! As die vroue se stilswye nodig is vir orde, kan die rede daarvoor dan eerder by die mans gesoek word...
Dat die vroue in die gemeentes moet swyg, kan maar net die gewone eredienste beteken (vv 23, 26). Dit is die belangrikste item op die weeklikse program, en moet plegtig en ordelik te verloop. Verder maak dit ook sin dat deelname en bydraes deur vroue tydens eredienste verbied word om te voorkom dat dit ontaard in die uitoefening van gesag oor, of onderrig aan die mans.
Ef 5:21-33
... en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God. Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; .......
In hfst 5 gee die apostel allerhande voorskrifte vir die Christelike lewenswandel, en gee dan in v 21 ook die belangrike beginsel van onderdanigheid aan mekaar. In 5:22-6:9 verduidelik hy wat hy daarmee bedoel, in terme van die vrou se onderdanigheid aan die man (5:22-33), kinders se onderdanigheid aan hulle ouers (6:1-4) en diensknegte se onderdanigheid aan hulle here (6:5-9).
Wat die vrou se onderdanigheid aan die man betref, gee 5:22-24 weer dieselfde voorskrif as voorheen. En om die balans weereens te bewaar volg in 5:25-33 ’n sterk beklemtoning van die liefde en respek wat die man aan sy vrou verskuldig is. Hier is Christus die voorbeeld, wat sy lewe vir die gemeente gegee het en hulle volkome bewaar en versorg. Die man se waardering van die vrou as sy gelyke kom duidelik na vore, soos in byv. v 28.
Kol 3:18-19
Vroue, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here. Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.
In sy brief aan die gemeente in Kolosse gee Paulus dieselfde voorskrif as aan die ander gemeentes. In hierdie brief is vroue se onderdanigheid aan hul mans so opvallend deel van ’n klompie basiese voorskrifte, dat mens onder indruk kom van die belangrikheid daarvan. Daar mag dalk geredeneer word dat Paulus die onderwerp aanraak omdat dit ’n probleem was in daardie spesifieke gemeente. As dit die geval was, sou die voorskrif seker des te meer vandag ook vir ons geld ...
1Tim 2:9-15
So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie, maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke. Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou. Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva. En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom. Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.
Hier gee Paulus aan Timótheüs riglyne om by sy gemeentes in te stel. Hy verbied die vroue om onderrig (aan die mans) te gee of oor die mans te heers. Paulus grond die verbod op God se skeppingsorde en op Eva se oortreding met die sondeval. Die vrou se posisie teenoor die man in gemeenteverband is dus tydloos en onafhanklik van wêreldse kultuur of tradisie.
Een populêre verklaring waarom die vrou verbied word om onderrig te gee of in die gemeente te heers, is dat sy ’n makliker teiken vir misleiding en dwaling is (v 14), en daarom beskerm moet word deur onderdanigheid. So word die gemeente terselfdertyd ook beskerm. Die verklaring is seker aanneemlik, want ons weet dat vroue oor die algemeen emosioneel anders geskape is. Dit moet egter onthou word dat vroue se besondere emosionele vermoëns en vaardighede andersins tot groot voordeel van die gemeente is, en dat dit waardeer en gekoester moet word.
Dit kan ook hier opgemerk word dat daar niks gesê word oor onderrig aan kinders nie. Dit was nog altyd aanvaarbaar vir vrouens om seuns en dogters te onderrig. Seuns is gehoorsaam aan vroulike gesag in gemeenteverband, en heeltemal gewillig om deur vroue onderrig te word (byv. met Sondagskool) tot op die regte stadium van manlike rypheid en geestelike volwassenheid.
1Pet 3:1-7
Net so moet julle, vroue, aan jul eie mans onderdanig wees, sodat, as sommige aan die woord ongehoorsaam is, hulle ook deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin kan word as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het. ........ Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is —....
Hier sien ons weer dieselfde soort voorskrifte, dié keer komende van die apostel Petrus, in sy algemene brief aan al die gemeentes.
Saamgevat, stel die voorgaande teksgedeeltes dit onomwonde en duidelik dat in die gemeentes:
- die man en vrou gelykwaardig is voor God,
- die vrou onderdanig moet wees aan die man,
- vroue nie mans mag onderrig, of gesag oor hulle mag hê nie.
Dit moet weereens beklemtoon word dat hierdie voorskrifte, of gebooie van Jesus, alleenlik vir sy gemeentes gegee word, en nie vir die wêreld daarbuite nie. Die kerk van Christus moet wel die sout en lig van die wêreld te wees (Matt. 5:13-16), maar kan nie aan die wêreld voorskryf nie.
DIE AMPTE VAN LERAAR, OUDERLING EN DIAKEN
Die liggaam van Christus het ’n baie verhewe status in sy koninkryk, en dit gaan gepaard met groot verantwoordelikheid en aanspreeklikheid teenoor Hom. Hulle het nooit te min om te doen nie, en moet ook gedurig waak teen die aanslae van die Bose. Die gemeentes word toegerus met gawes, vermoëns en talente, en ook ’n struktuur, wat nodig is om effektief te kan werk. Sien byvoorbeeld 1Kor 12:12-31. Struktuur behels weer posisies van verantwoordelikheid en gesag. Dit beteken dat sommige gemeentelede verantwoordelikhede het wat gepaard gaan met gesag oor die gemeente. Dit is natuurlik nie die soort gesag wat die eie ek dien nie, maar wat die beste belange van die gemeente dien (1Pet 5:1-3).
Ons kyk nou na die betrokke Bybeltekste:
LERAAR/PREDIKER
Ons het reeds gekyk na 1Kor 14:34-35, Ef. 5:21-33 en 1Tim 2:9-15, waarvolgens vroue nie in die gemeentes mans mag onderrig, of gesag oor hulle mag hê nie. Prediking en lering in die gemeente se eredienste is ’n vorm van onderrig op gesag van die Woord, en dit maak staat op die ontsag wat die gemeente aan die voorganger verskuldig is (Heb. 13:17). Die amp van leraar/prediker is dus duidelik nie vir vroue bedoel nie.
Die riglyne in 1Tim 3:2-16 waarna ons netnou gaan kyk, geld ook vir leraars/predikers, aangesien hulle gewoonlik reeds die amp van opsieners/ouderlinge in die gemeente beklee.
OPSIENER/OUDERLING
Hand 15:2, 4, 6, 22
Die eerste gemeente in Jerusalem het ouderlinge gehad, wat duidelik met verantwoordelikheid en gesag beklee was om die gemeente saam met die apostels te regeer. Dit was seker geskoei op die voorbeeld van die tradisionele opset waar die volk onder gesag van die Sanhedrin (die Fariseërs, skrifgeleerdes en ouderlinge) gestaan het (sien byv. Matt. 16:21, 26:3).
Hand 14:21-23
En nadat hulle aan daardie stad die evangelie verkondig en ‘n aantal dissipels gemaak het, het hulle teruggegaan na Listre en Ikónium en Antiochíë, en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan. En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.
Paulus-hulle het gedurende hul sendingreise op elke plek waar hulle dissipels gemaak het, gemeentes gestig en dan ouderlinge aangestel om die gemeentes op te pas en te versorg.
1Tim 3:2-16
‘n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, .....
Hierdie voorskrifte vir opsieners (ouderlinge) en diakens is omvattend en besonder spesifiek in sommige opsigte. Die styl en inhoud van die hele gedeelte is ooglopend op mans van toepassing, soos byvoorbeeld dat ’n opsiener die man van een vrou moet wees. Sien ook Tit 1:5-9. Dis ook duidelik dat die ampte van opsiener/ouderling en diaken lering, teregwysing en vermaning behels, en gesag dra. Dit skakel die moontlikheid van vroue as ouderlinge of diakens weereens ondubbelsinnig uit. Nêrens in die Bybel is daar enige teken van vroue in enigeen van die ampte nie.
Vers 11 word soms aangehaal as ’n verwysing na diakonesse. Dit is ’n gewaagde en ongegronde gebruik van die vers. Daar is geen ondersteunende verwysings daarvoor in die Bybel nie, en dit druis in elk geval direk in teen vv 2 en 12. Die vroue van vers 11 is eerder die vroue van die gemeente in die algemeen, of dalk die diakens of ouderlinge se vrouens.
DIAKEN
Hand 6:1-6
... Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel; ... en hulle het gekies: Stéfanus, ‘n man vol van geloof en van die Heilige Gees, en Filippus en Próchorus en Nikánor en Timon en Pármenas en Nikoláüs, ‘n Jodegenoot uit Antiochíë, wat hulle voor die apostels gestel het ...
Dit was die eerste verkiesing en aanstelling van diakens in ’n gemeente. Daarna het Stefanus en Filippus kragtig opgetree as getuies van Jesus (Hand 6, 8), wat toon dat die amp van diaken nie beperk was tot bloot fisiese versorging van gemeentelede nie. Dit is ook opvallend dat die aangestelde diakens almal manne was. Dit is nie ’n alleenstaande bewys dat slegs mans as diakens kan dien nie, want die aanstelling van vroulike diakens in daardie spesifieke tyd-en kultuurgewrig was in elk geval onmoontlik. Maar die gegewens vorm ’n belangrike deel van die algemene patroon.
Daar is dus drie ampte, of posisies, wat alleenlik deur mans beklee kan word:
Al drie ampte behels lering en die uitoefening van gesag oor gemeentelede. Omdat vroue in gemeenteverband nie toegelaat word om mans te leer of gesag oor hulle te hê nie, kan die drie ampte slegs deur mans beklee word.

- Leraar/prediker/herder: dit is gewoonlik ’n ouderling/opsiener wat leiding neem tydens formele gemeente-aktiwiteite soos eredienste, Bybelonderrig, huisbesoek, doop en nagmaal.
- Ouderling/opsiener: ouer manne wat oor die gemeente regeer, lering gee en verantwoordelik is vir geestelike groei, behoud van die suiwer geloof, geestelike versorging, beskerming teen gevare en verkeerde invloede, vermaning, tug ens.. Hulle is beklee met volle gesag oor die gemeente en is direk verantwoordelik aan Jesus, die Hoof van die gemeente.
- Diaken: gewoonlik jonger manne wat die gemeente se materiële en administratiewe werk kan behartig. Hulle word formeel aangestel en met die nodige gesag vir hul verantwoordelikhede beklee. Hulle moet ook Geesvervul wees en lering en geestelike leiding kan gee.
Al drie ampte behels lering en die uitoefening van gesag oor gemeentelede. Omdat vroue in gemeenteverband nie toegelaat word om mans te leer of gesag oor hulle te hê nie, kan die drie ampte slegs deur mans beklee word.
DIE WARE ROL VAN ONS VROUE IN DIE GEMEENTE
Die Bybelse voorskrifte ten opsigte van die posisie van die vroue in die gemeente, ook rakende die drie ampte, is belangrik vir verskeie redes, soos ons gesien het. Maar wat die gemeente op grondvlak doen is uiteindelik die belangrikste. Die Nuwe Testament kry gestalte deur al daardie dinge waarmee Jesus se gemeentes elke dag besig is. Dit behels die hele breë spektrum wat strek van geloof in Jesus en die verkondiging van sy Naam, tot by die praktiese uitlewing van sy gebooie.
Elke lidmaat staan voor ’n onuitputlike wêreld van geleenthede en verpligtinge in die gemeente. En as mens dink aan die breër samelewing waarbinne die gemeentes geplaas is, word die uitdagings nog veel meer. Daarvoor word die gemeentes toegerus met ’n verskeidenheid van gawes, vermoëns en talente, waarby die vroue volkome betrokke is. Hulle is mede-verantwoordelik vir die effektiewe uitvoering van die gemeente se werk. Hier is enkele voorbeelde:
Terwyl die geveg oor vroue in die ampte voortwoed, word die ware rol van ons vroue vergeet, misverstaan en verwaarloos. Daar is talle maniere om gemeentewerk te doen sonder om ’n diaken, ouderling, leraar, prediker of herder te wees. Vroue kan werk deur die skryf van boeke, aanbieding van lesings, kommunikasie deur die radio, televisie of internet, persoonlike berading, Sondagskool, vroue-forums, ens.. Onder las van die drie ampte sal vroue hul ware rol moet opoffer en hul gemeentes net soveel armer laat.

- Die groot doel van gemeentes is om ‘tot lof van die heerlikheid van Jesus se genade te wees’ (Ef 1:6,12), en ‘om die liggaam en volheid van Jesus te wees’ (Ef 1:17-23). Dit gebeur wanneer die gemeente deur die Gees wandel (Gal 5:16) en die vrug van die Gees voortbring (Gal 5:22). Dit word moontlik gemaak deur die vroue, wat bande van liefde smee en die regte klimaat skep. Die vrou se funksie in die gemeente is in die eerste plek geestelik.
- Gemeentes van Christus is die sout van die aarde en die lig van die wêreld (Matt 5:13-16, Filip 2:15-16). Ons optrede na buite en die boodskap wat ons verkondig moet dus reg wees (die sout moenie laf of die lig onder ’n maatemmer wees nie). Dit verg kennis van Jesus en diepe insig in sy Woord. Die vroue sowel as die mans benodig vermoëns en vaardighede om Hom te verkondig en te verteenwoordig (Ef 4:11-16).
- Opleiding is dus vir almal in die gemeente bedoel. Vroue wat in formele opleiding belangstel behoort daarin ondersteun te word, selfs as dit teologiese opleiding op universiteit of by ’n Bybelskool is. Niks mag in vroue se pad staan om hulself saam met die mans te laat opbou in kennis van Jesus en sy Woord, en om dit in en deur die gemeente toe te pas nie.
- Priscilla het saam met haar man Aquila die ‘weg van God’ noukeuriger aan Apollos uitgelê (Hand 18:26). Dit het neergekom op onderrig deur ’n vrou aan ’n man, maar dit was saam met haar man en by hul huis. Sy het haar rol as vrou op die regte manier vervul.
- Die groei na volmaaktheid in Jesus gebeur met persoonlike Bybelstudie en gebed (1Pet 2:2, Kol 1:28), opvoeding in gesinsverband (Ef 5,6), en inskakeling en meelewing in 'n gemeente (1Pet 2:5, Kol 2:19). Die gemeentes gebruik die gawes van die Heilige Gees om mekaar te dra en saam tot dieselfde kennis van Jesus te ontwikkel (1Kor 12:12-27, Kol 3:1-17). Vroue sowel as mans ontvang die gawes soos die Gees dit gee, om daarmee te woeker in die gemeente.
Terwyl die geveg oor vroue in die ampte voortwoed, word die ware rol van ons vroue vergeet, misverstaan en verwaarloos. Daar is talle maniere om gemeentewerk te doen sonder om ’n diaken, ouderling, leraar, prediker of herder te wees. Vroue kan werk deur die skryf van boeke, aanbieding van lesings, kommunikasie deur die radio, televisie of internet, persoonlike berading, Sondagskool, vroue-forums, ens.. Onder las van die drie ampte sal vroue hul ware rol moet opoffer en hul gemeentes net soveel armer laat.
SLOTSOM
Die mens is daardie wese wat as man en vrou bestaan en na God se beeld geskape is. Die feit dat daar uit Adam nog mense voortgekom het, is te danke aan die vermoë om voort te plant. Een wonderbaarlike misterie daarvan is dat Adam se vrou uit homself gemaak was en dus ’n egte ‘Adamiet’ was (Gén 2:23). As God haar op haar eie gemaak het, soos Adam, (Gén 2:7), sou sy ’n ander skepsel van God gewees het. Maar Hy het ’n geslag vir Homself gesoek en daarom net een mens gemaak, uit wie alle ander mense voortgekom het (Mal 2:15). Waar man en vrou van mekaar verskil, is dit ter wille van voortplanting en om mekaar aan te vul vir hul skeppingsdoel, naamlik om God se beeld te dra, oor sy skepping te heers en gemeenskap met Hom te hê as sy geslag.
God het die vrou uit die man gemaak om hierdie hoë ideaal saam met hom te verwesenlik, want hy sou dit nie alleen kon doen nie. Die spesifieke rol wat vir hierdie doel aan haar toegeken is, naamlik om vir hom ’n hulp te wees wat by hom pas (Gén 2:20), mag nie verander word nie – allermins ter wille van die nuwe wêreldorde-agenda. Die Bose wil die mens juis vernietig deur haar te beroof van haar ware status en rol as vrou! Ons behoort ons vrouens in hul oorspronklik-bedoelde rol te beskerm en te ondersteun, en te luister wanneer hulle ons bedien met hul besondere wysheid en insig. Hoe kan die vrou die man se hulp wees as hy nie die behoefte en gewilligheid het om ook na háár te luister en gehoorsaam te wees nie? ’n Man wat dink dat hy sonder sy vrou se hulp en raad kan klaarkom is waarlik eiewillig en dwaas.
Jesus Christus is Hoof oor alles wat bestaan, en Hy is ook die Hoof van sy gemeente – sy liggaam. Sy verhouding met sy gemeente word weerspieël in die verhouding tussen man en vrou in die gemeente (Ef 1:20-23, 5:22-33). Dit is die volmaakte struktuur vir die volkome verhouding tussen man en vrou, en vir ewige liefde en heerlikheid in Hom.