WOORDSTUDIE
BEVRYDINGSBEDIENING
OORSIG
Bevrydingsbediening, of bevrydingsberading (deliverance ministry/counselling) gaan in hoofsaak oor duiwelbesetenheid, ‘bindings’ deur bose geeste, ‘vestings’, en ‘vloeke’. Bevrydingsbedienaars hou voor dat hierdie toestande veroorsaak word deur sonde en blootstelling aan verkeerde mense of dinge. Bevryding word dan aangebied deur uitdrywing of die ‘breek’ van die bindings/vestings.
Bevrydingsbediening is nie op Bybelse waarheid gebaseer nie, maar op die persoonlike oortuigings en ervarings van bevrydingsbedienaars.
Die Bybel leer dat duiwelbesetenheid ’n werklikheid is en dat ongelowiges blootgestel is aan duiwelbesetting en allerlei vorms van gevangeskap onder Satan, maar dat Christene vry daarvan is al word hulle indirek daardeur geraak in hul omgang met mense in die wêreld. Die Bybel sê ook niks oor bindings, vestings of vloeke soos dit deur bevrydingsbedienaars voorgestel word nie.
Jesus Christus het die Bose en die dood reeds oorwin. Wanneer iemand aan Hom oorgee word hy/sy dadelik oorgebring uit die mag van die duisternis na Jesus se koninkryk, en is voortaan volkome vry van die Bose. Dit is ’n volkome bevryding van jou eie sonde en skuld en ook van elke moontlike besetting of binding deur die duiwel of ’n bose gees. Bevrydingsbediening het geen rol of bydrae daarin nie.
Die Satan en sy magte is nog nie heeltemal vernietig nie, dus moet gelowiges steeds struikelblokke en aanslae van Satan verduur en hulself bewaar in geloof en gehoorsaamheid aan Jesus.
Aangesien gemeentes van gelowiges heeltemal beskerm is teen duiwelbesetting en gevangeskap onder Satan, is bevryding van daardie dinge nie nodig in gemeentes nie. Bevrydingsbediening hoort nie daar tuis nie en hou inteendeel gevaar in vir gelowiges wat besig is om in Jesus op te groei.

INHOUD
Vertical Divider
|
OORSIG
INHOUD INLEIDING WAT IS BEVRYDINGSBEDIENING GEVANGESKAP ONDER SATAN DUIWELBESETENHEID ANDER FISIESE AANSLAE VAN SATAN VLOEKE DIE GROOT BEVRYDING STRUIKELBLOKKE EN AANSLAE BEVRYDINGSBEDIENING TEIKENMARK DUIWELBESETENHEID BINDINGS, VESTINGS EN VLOEKE HUIS SKOONMAAK FAMILIEVLOEKE / BLOEDLYNVLOEKE BESTRAFFING GEESTELIKE OORLOGVOERING INTERSESSIE SLOT |
INLEIDING
Bevrydingsbediening is ’n populêre verskynsel – nie net in die Christendom nie, maar ook in ander geloofsisteme, waar baie verskillende oortuigings daaroor en vorms van beoefening daarvan aangetref word. Benaderings in ons eie omgewing verskil ook baie, sodat die onderwerp met omsigtigheid hanteer moet word.
Tradisionele kerke se standpunte oor bevrydingsbediening is oor die algemeen vas en konserwatief, alhoewel individuele lidmate toenemend daarmee te doen kry en hul eie sienswyses daaroor ontwikkel. In die tradisionele Pinkster- en Charismatiese omgewings word bevrydingsbediening meer beoefen en is dit dikwels deel van die manier van aanbidding. Onder die kleiner, onafhanklike kerke en groepe is daar min of geen formele benaderings nie en beoefen sommige individue dit heelhartig terwyl ander dit nie doen nie.
Elke gemeente behoort bevrydingsbediening deeglik te bestudeer en ’n Skrifgetroue beleid daaroor te formuleer. Anders sal elke lidmaat eenvoudig tot sy eie oortuigings kom en dit navolg, met die uiteindelike onafwendbare gevolge van dwaling in alle rigtings, verdeeldheid en skade aan die gemeente. Standpunte behoort op die Bybel gegrond te wees, eerder as op bedienaars of ander gelowiges se persoonlike ervarings, opinies en oortuigings. Dit word vertrou dat hierdie studiestuk sal help in u soeke na meer Bybelse waarheid oor hierdie aktuele en kontensieuse onderwerp.

WAT IS BEVRYDINGSBEDIENING
Bevrydingsbediening, of bevrydingsberading (deliverance counselling/ministry) is moeilik om in ’n neutedop te beskryf omdat dit verskeie vorms aanneem en in vele verskillende rigtings ontwikkel het. Dit behels wel die volgende twee fasette, wat die wese van bevrydingsbediening saamvat:
Bevrydingsbedienaars is meestal individue wat onafhanklik en met hul eie metodes en style in dié rol ontwikkel het. Hulle verteenwoordig nie noodwendig ’n bepaalde kerk of groep nie.
Die spektrum van bevrydingsbedieningpraktyke is baie wyd. Omdat Bybelse gegewens oor die onderwerp so skaars is, het elke bevrydingsbedienaar sy eie filosofie en sy eie stel oortuigings daaroor. Uit daardie basis ontwikkel dan ’n bediening onder naam en stempel van die betrokke persoon of organisasie.
Daarteenoor staan die publiek, wat beïnvloedbaar en relatief onkundig oor die onderwerp is. Hulle is eintlik uitgelewer aan willekeurige invloede van bevrydingsbedienaars, waar standpunte van hul eie kerke of geloofsgemeenskappe nie noodwendig bestaan of duidelik gedokumenteer is nie.
Nie baie mense glo aan bevrydingsbediening of maak daarvan gebruik nie, maar gelowiges uit alle kringe raak een of ander tyd daarby betrokke, gewoonlik op aanbeveling van iemand en met die verwagting dat dit dalk die oplossing vir ’n ernstige probleem of behoefte kan wees. Baie gemeentes kry daarmee te doen omdat lidmate maklik daarby betrokke raak. Omdat bevrydingsbediening aangebied word asof dit op Bybelse beginsels berus, het dit ’n beeld van geloofwaardigheid en stel dit bedienaars in ’n posisie om gelowiges se vertroue te wen.
- Bevryding van duiwelbesetenheid deur uitdrywing, en
- Die ‘breek’ van ‘bindings’, ‘vestings’ en ‘vloeke’ deur bestraffing van die duiwel of bose geeste en die uitvoering van sekere voorkomende en regstellende aksies.
Bevrydingsbedienaars is meestal individue wat onafhanklik en met hul eie metodes en style in dié rol ontwikkel het. Hulle verteenwoordig nie noodwendig ’n bepaalde kerk of groep nie.
Die spektrum van bevrydingsbedieningpraktyke is baie wyd. Omdat Bybelse gegewens oor die onderwerp so skaars is, het elke bevrydingsbedienaar sy eie filosofie en sy eie stel oortuigings daaroor. Uit daardie basis ontwikkel dan ’n bediening onder naam en stempel van die betrokke persoon of organisasie.
Daarteenoor staan die publiek, wat beïnvloedbaar en relatief onkundig oor die onderwerp is. Hulle is eintlik uitgelewer aan willekeurige invloede van bevrydingsbedienaars, waar standpunte van hul eie kerke of geloofsgemeenskappe nie noodwendig bestaan of duidelik gedokumenteer is nie.
Nie baie mense glo aan bevrydingsbediening of maak daarvan gebruik nie, maar gelowiges uit alle kringe raak een of ander tyd daarby betrokke, gewoonlik op aanbeveling van iemand en met die verwagting dat dit dalk die oplossing vir ’n ernstige probleem of behoefte kan wees. Baie gemeentes kry daarmee te doen omdat lidmate maklik daarby betrokke raak. Omdat bevrydingsbediening aangebied word asof dit op Bybelse beginsels berus, het dit ’n beeld van geloofwaardigheid en stel dit bedienaars in ’n posisie om gelowiges se vertroue te wen.
GEVANGESKAP ONDER SATAN
Ons kyk nou eers na die agtergrond van die saak, naamlik die sondeval, die sondetoestand van die mens en die gevolglike houvas en werkinge van die Bose in die wêreld:
God het die mens volmaak na sy beeld geskape, sonder sonde of swakheid. Deur ’n daad van ongehoorsaamheid, soos beskryf in Gen 3, het die mens in ’n toestand van gebrokenheid en vervreemding van God verval. God het Adam en Eva se veroordeling en straf aangekondig, maar ook beloof om die mens weer te herstel deur bemiddeling van hul nakomeling Jesus Christus (Gen 3:15-24). God het die slang vervloek, maar Hy het Satan nie vernietig nie, sodat Satan steeds toegang tot die mens het. Hy is steeds in staat om mense in sy mag te kry en selfs te vernietig as hy toegelaat word (Gen. 4:7, 1Pet 5:8).
Na die sondeval was die mensdom in volslae gevangeskap onder die sonde en het hulle toegeneem in boosheid. God het nogtans in sy liefde en genade gereeld ingegryp om te verseker dat sy belofte van redding tot vervulling sou kom. Die beskrywing daarvan begin by Gen 4-9, en die res van die Ou Testamentiese geskrifte voltooi die verhaal van Israel se verbete stryd teen die sonde en die Bose. Deur ’n Verbond het JAHWEH hulle in bewaring gehou totdat die beloofde Verlosser uit hulle gebore sou word (Gal 3:23-24).
Die Ou Testament is vol voorbeelde van boosheid waarin die mens verval het. Dink maar aan Sodom en Gomorra (Gen 18-19), en die gruwelike afgodery van die Kanaänitiese volke (byv. Deut. 18:9-14, 1Kon 11:1-10). Dit sou seker nie verkeerd wees om baie van hul godsdienste as vorms van duiwelaanbidding of satanisme te beskryf nie. Dit volg dan ook logies dat Satan en sy bose geeste op verskeie maniere aktief was in daardie samelewings en dat allerhande toestande van duiwelbesetting en ander soorte aanslae op mense aan die orde van die dag was.
Solank hulle gehoorsaam aan die Wet gebly het en nie met hulle gruwelike bure vermeng het nie, was Israel beskerm teen sondeverslawing en Satan se aanslae (Deut 28). Dit was egter ’n onvolkome en tydelike bedeling:
Na koning Salomo se dood het Israel geskeur en weer begin verval, sodat God hulle verwerp het en byna die hele volk uiteindelik onder die nasies van die destydse wêreld verstrooid geraak het. Totaal gestroop van die Ou-Testamentiese Verbond en die Wet, was hulle verswelg deur sonde, afgodery en verlorenheid in die duister wêreld van die Duiwel (Ef 2). Die tekens daarvan was nog duidelik te sien teen die tyd dat Jesus onder sy volk gewandel het, en ook daarna. Die vier Evangelies en die res van die Nuwe-Testamentiese boeke en briewe is vol bewyse daarvan.
Dis dan duidelik dat die Duiwel na Jesus se opstanding steeds aktief is in sy verwoestende aanslag op mense. Die wêreld is sy domein waar hy in beheer van mense en dinge is en deur hulle manifesteer. Volgens Gal 1:4 en 1Joh 5:19 is die hele wêreld in die mag van die Bose. Hoewel manifestasies van die Duiwel se invloede vandag dalk nie altyd lyk en werk soos destyds nie, is dit steeds ’n werklikheid wat nie onderskat moet word nie.
Gevangeskap onder Satan het vele afskuwelike gesigte. Een is die mens se sondegeneigdheid en opstand teen God in ’n wêreldklimaat van selfsug, haat, geweld, hoogmoed en allerlei verleidings wat mense in sonde dompel. Afgodery en aanbidding van die Satan, selfs verering van bose geeste en voorwerpe, is deur die geskiedenis aan die orde van die dag. Vandag is humanisme (verering van die mens en sy gewaande prestasies) prominent. Satan staan natuurlik altyd sentraal in alles.
Gevangeskap onder Satan sluit in blootstelling aan direkte, fisiese aanslae. Die volgende staan uit:

DUIWELBESETENHEID
(Benamings soos duiwel, bose gees, demoon, onreine gees ens. kom afwisselend in die Bybel voor, sonder dat besondere onderskeid tussen die wesens werklik ter sake is. Wat belangrik is, is dat hulle bose geesteswesens in diens van Satan en onder sy beheer is. In hierdie studie word die verskillende benamings ook gebruik sonder om enige onderskeid tussen die wesens te bedoel.)
Duiwelbesetenheid kom voor in die ongelowige wêreld wat in die mag van die Bose vasgevang is. Dit kan gepaard gaan met psigiese en liggaamlike siektes, ongesteldhede, versteurings, kwellings, misdaad, oorlog en alles wat boos is. Groot leiers en invloedryke mense is moontlik duiwelbesete. Ons weet nie hoe dit altyd manifesteer nie, want mense kom vandag beskaafd en gesofistikeerd voor. Maar ons beleef die effek daarvan op die samelewing.
In die Ou-Testamentiese boeke kry ons byna geen inligting oor duiwelbesetenheid nie. Die naaste daaraan is wat koning Saul oorgekom het (1Sam 16, 18). Nadat die Gees van God van hom gewyk het, is ’n bose gees wat hom verskrik het deur God na hom gestuur. Dit blyk nie dat die bose gees ooit bestraf of uitgedryf was nie, maar dat die koning verligting gekry het wanneer Dawid op sy siter speel.
Teen die einde van die Ou Testament tydens Jesus se aardse lewe, gee die Bybel baie meer inligting oor duiwelbesetenheid. Ons kyk na wat die outeurs van die Evangelies daaroor geskryf het:
Mat 8:16
En toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring, wat van duiwels besete was; en Hy het die geeste met ‘n woord uitgedrywe; en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak.
Daar word nie verduidelik wat duiwelbesetenheid presies is of hoe dit werk nie, maar duiwels of bose/onreine geeste was duidelik in mense teenwoordig en het deur hulle gemanifesteer. ’n Besetene het nie volle beheer oor homself gehad nie en het vreemd of aggressief opgetree. Dit was eerder die bose gees as die persoon self wat opgetree het. Besetenes was soms ook deur siektes of ongesteldhede geteister.
Mar 1:23
En daar was in hulle sinagoge ‘n man met ‘n onreine gees; en hy het uitgeskreeu en gesê: Hou op! Wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God! En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil en gaan uit hom uit! En die onreine gees het hom stuiptrekkings laat kry en met ‘n groot stem geskreeu en uit hom uitgegaan.
Hierdie voorval van duiwelbesetenheid het plaasgevind terwyl Jesus op ’n Sabbat in ’n sinagoge besig was om die volk te leer. Dis ’n merkwaardige stukkie inligting, wat wys op die toestand waarin die volk nog was terwyl hulle op die koms van hul Verlosser gewag het. Dit blyk dat die leiers van die sinagoge verras was deur die voorval en self nie geweet het hoe om so ’n aanslag van Satan te hanteer nie.
Mark 5:1
En toe Hy uit die skuit gaan, kom daar dadelik uit die grafte Hom tegemoet ’n man met ’n onreine gees ... tot vers 20.
Die lang vertelling van die besetene van Gadara is nog ’n duidelike bevestiging van die werklikheid van duiwelbesetenheid in daardie tyd.
Mark 9:14-29
... en toe hy Hom sien, laat die gees hom dadelik stuiptrekkings kry, ....
Dit is ’n verdere goeie voorbeeld van duiwelbesetenheid waarmee Jesus te doen gekry het. Uitdrywing en genesing was in daardie geval net moontlik deur iemand met die nodige kennis en gesag.
Luk 9:1-6
En Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees. En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig ...
Sien ook Luk 10:1-24. Jesus het sy dissipels op sendings uitgestuur om die koninkryk van God kragtig te verkondig, nadat Hy hulle daarvoor bemagtig het. Dit was in ’n vroeë stadium van sy loopbaan, toe daar nog geen sprake van sy kruisiging en opstanding uit die dood was nie. Die uitdrywings en genesings het die spesifieke boodskap wat die dissipels in daardie stadium moes oordra bekragtig.
Joh 13:27
En nadat hy die stukkie geneem het, het die Satan in hom ingevaar. En Jesus sê vir hom: Wat jy doen, doen dit haastig.
In hierdie geval het die Satan self in Judas ingevaar en gesorg dat hy sy taak om Jesus te verraai doelgerig en effektief uitvoer. Ons weet nie of die Satan daarna nog in Judas werksaam was nie, maar sy selfmoord is nogtans ’n voorbeeld van ’n moontlike gevolg van duiwelbesetenheid.
Jesus het gewoon en gewerk onder sy eie mense - Judeërs en Galileërs - hoofsaaklik van die twee oorblywende stamme van Israel. Die meeste van die siekes en duiwelbesetenes met wie Hy te doen gekry het was uit hierdie geledere. Hulle was veronderstel om nog veilig in bewaring onder die Wet te wees, want op daardie stadium was die Ou Testament nog in volle werking. God se volk was egter in ’n haglike toestand - polities en veral geestelik. Satan en sy duiwels kon maak soos in vorige tye toe die volk vervreemd van God geraak het. In Jesus se tyd was dit juis weer so, waar die Fariseërs en Skrifgeleerdes onbevoeg was om die volk in die suiwer voorskrifte en kennis van die Wet te lei (sien byv. Matt 5:20-47, Matt 15).

Die Satan loods ook ander direkte aanslae wat as rampe, siektes, liggaamlike gestremdhede ens. manifesteer:
In die verhaal van Job sien ons hoe die Satan hom getref het met rampe, die dood van sy kinders en dodelike swere oor sy hele lyf (Job 1-2).
In die vier Evangelies is gevalle opgeteken van mense wat liggaamlik gestremd was deur die toedoen van bose geeste:
Luk 13:10-16
En Hy was besig om op die sabbat in een van die sinagoges te leer. En daar was ‘n vrou wat ‘n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie. En toe Jesus haar sien, roep Hy haar en sê: Vrou, jy is van jou krankheid verlos. En Hy het haar die hande opgelê, en onmiddellik het sy regop gestaan en God verheerlik. Maar die owerste van die sinagoge, wat verontwaardig was dat Jesus op die sabbat genees het, antwoord en sê vir die skare: Daar is ses dae waarop ‘n mens behoort te werk; kom dan op dié dae en laat julle genees en nie op die sabbatdag nie. Toe antwoord die Here hom en sê: Jou geveinsde, maak elkeen van julle nie op die sabbat sy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie? Maar hierdie vrou wat ‘n dogter van Abraham is, wat die Satan – dink daaraan! – agttien jaar lank gebind het, moes sy nie van hierdie band op die sabbatdag verlos word nie?
Hierdie vrou se toestand was oorspronklik deur die Satan veroorsaak. Eers agttien jaar later genees Jesus haar. Haar ‘gees van krankheid’ was ’n ernstige siekte, soos in Job se geval. Daar is geen aanduiding dat sy duiwelbesete was of dat ’n bose gees steeds teenwoordig was toe Jesus haar genees het nie. Hy het haar bloot gesond verklaar (“Vrou, jy is van jou krankheid verlos”) en sy hande op haar gelê, waarna sy onmiddellik regop gestaan het. Die Griekse woord vir krankheid is astheneia, wat gewoon swak, siekte, sieklik ens. beteken.
In sommige gevalle het liggaamlike gestremdhede wel gepaard gegaan met duiwelbesetting, waar die toestande dadelik verdwyn het nadat die geeste uitgedryf is (Matt 9:32, 12:22).

VLOEKE
Die Bybel praat baie oor vloeke en vervloekings. Die Hebreeuse woord is arar en die Griekse woord daarvoor in die Nuwe Testament is katara. Die Engelse Bybels vertaal dit na curse. Die woord se betekenis is presies wat die Afrikaanse en Engelse vertalings ook sê, naamlik om iets of iemand uiters sleg te maak of te verdoem. Ons sien in die Bybel dat vloeke of vervloekings deur mense uitgespreek was oor ander mense of dinge en dat God self ook vloeke uitspreek oor mense en dinge. Wanneer mense dit gedoen het, het dit nie noodwendig uitgekom nie, veral in gevalle van onverskilligheid (Spr 26:2) of as uitings van moedeloosheid en wanhoop (Job 3). Wanneer God iemand of iets vervloek het sou dit altyd uitkom, tensy daar daadwerklike bekering was en God genade betoon het (Eks 20:6, 2Sam 12:13).
Hier is nog enkele voorbeelde uit die Bybel:
Gen 3:14
Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe.
Gen 3:17
En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.
Gen 9:24
Toe Noag van sy wyn wakker word en merk wat sy jonger seun hom aangedoen het, sê hy: Vervloek is Kanaän! ‘n Kneg van die knegte moet hy wees vir sy broers.
Num 22:6
Kom dan tog nou, vervloek hierdie volk vir my, want hulle is magtiger as ek. Miskien sal ek onder hulle ‘n slag kan slaan en hulle uit die land verdrywe. Want ek weet, die een wat jy seën, is geseënd; en die een wat jy vervloek, is vervloek.
Deu 27:15
Vervloek is die man wat ‘n gesnede of gegote beeld maak ... tot v 26
Luk. 6:28
Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.
1Kor 16:22
As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom ‘n vervloeking wees! Maranáta!
Gal 3:13
Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang--
Dis duidelik dat vloeke en vervloekings op elke gebied van die lewe betrekking kan hê. Dit kan oppervlakkig of onverskillig en sonder ernstige gevolge wees, of baie kragtig en met uiters ernstige gevolge. Sekere vloeke wat deur God uitgespreek was (byv. Gen 3:14,17), staan vas tot op hul bestemde tye en geen mens kan ooit iets daaraan verander nie. Ander vloeke van God het ook vasgestaan, maar eers in werking getree met oortreding van sy Wet (byv. Deut 27:15 - 28:68). Daardie vloeke kon vermy word deur bekering en gehoorsaamheid aan die Wet.
Daar is enkele tekste waar dit lyk of God mense vervloek of sou vervloek (byv. Gen 12:3), maar wat meesal gebeur het is dat God vloeke uitgespreek het as waarskuwings en dat mense daardie vloeke dan oor hulself gebring het deur ongehoorsaamheid en sonde.
’n Baie belangrike aspek van vloeke is dat die Satan of bose geeste nie vloeke uitspreek of vervloek nie. Daar is nie ’n enkele vers in die Bybel wat daarop dui nie!
Gevangeskap onder die Satan en meer spesifiek onder sy aanslae van duiwelbesetting en ander fisiese aanslae, was van die sondeval af ’n rampspoedige en hartseer werklikheid. Die aaklige toestand waarin die wêreld nou al so lank verkeer is nie deur God veroorsaak nie, maar dis die direkte gevolg van die mens se eiewysheid en opstand teen God. Die mens moet steeds self kies om Hom te erken en te gehoorsaam, maar die meeste stel nie belang nie.
Die beste nuus ooit is dat God voorsiening gemaak het vir die wat kies om in Hom te glo. Bevryding van Satan en sy magte is ’n geskenk uit sy hand van liefde en genade! Ons gaan nou sien hoe God hierdie bevryding bewerk het.

Vervolgens kyk ons nou na ons bevryding uit die gevangeskap van Satan, wat Jesus bewerk het:
Die profete het al uitgesien na die bevryding van Israel (byv. Jes 51-56, Sag) en met Jesus se geboorte is dit kragtig bekendgemaak (Matt 1:18-2:12, Luk 1-2). Tydens Jesus se prediking het die voortekens van sy volk se verlossing volop na vore gekom. Hy het baie wonderwerke gedoen, byvoorbeeld toe Hy water in wyn verander het by ’n bruilof (Joh 2). Hy het baie duiwels uitgedryf en baie wondergenesings gedoen, soos ons reeds gesien het.
Na Jesus se kruisiging en opstanding het daardie bevryding wat God so lank tevore belowe het, aangebreek. Dit was die Nuwe Testament. Die tekens en bewyse daarvan het nog meer en kragtiger geword, net soos Jesus voorspel het (Joh 14:12-14). Hier is enkele voorbeelde daarvan:
Hand 5:15-16
... sodat hulle die siekes op die strate uitgedra en op bedde en draagbare gelê het, met die bedoeling dat, as Petrus kom, al was dit net sy skaduwee op iemand van hulle sou val. En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem bymekaargekom en siekes gebring en mense wat deur onreine geeste gekwel was; en hulle is almal genees.
Hand 8:7
Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met ‘n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword.
Hand 9:40-41
En Petrus het almal buitentoe gestuur en neergekniel en gebid. En hy het hom na die liggaam gedraai en gesê: Tabíta, staan op! En sy het haar oë oopgemaak; en toe sy Petrus sien, het sy regop gesit. En hy gee haar sy hand en laat haar opstaan. Daarop roep hy die heiliges en die weduwees en stel haar lewendig voor hulle.
Kragtige genesings en uitdrywings het deur mense soos Filippus (een van die sewe diakens) en die apostels plaasgevind (sien ook Hand 5:16, 19:11-12). Die Nuwe Testament was in volle swang. Mense het hulle bekeer toe hulle van Jesus se dood en opstanding hoor. Duiweluitdrywing het dikwels en selfs spontaan gebeur, want sy Naam was op almal se lippe. As iemand deur duiwels besete was moes hulle haastig padgee by die aanhoor van daardie Naam, wat die hewige liggaamlike reaksies en geskreeu verklaar.
Die tekens van genesing en uitdrywing in hierdie nuwe bedeling het Hom steeds kragtig verkondig, maar nou as opgestane oorwinnaar. ’n Oorwinnaar is die bevryder van sy volgelinge. Die vraag is dan: waarvan het Jesus ons eintlik kom bevry? Die antwoord word deur die apostel Matteus gegee, sommer aan die begin van sy Evangelie: en sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos (Matt 1:21). Petrus bevestig dit in Hand 5:30-31.
Die Bybel maak daardie GROOT BOODSKAP VAN VERLOSSING (BEVRYDING) bekend. Dit kan kortliks so opgesom word:-
Die Groot Bevryding is eenmaal deur Jesus bewerk, is volkome en voldoende en is beskikbaar vir elke mens. Die Nuwe Testament is ’n nuwe bedeling, waar Hy die voldonge oorwinnaar is en alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam onder Hom gestel is (Ef 1:19-22). Die Satan se mag is geknak (Luk 10:17-18, Joh 12:31, Heb 12:14, 1Joh 3:8) maar hy gaan steeds voort met sy aanslae op die mensdom (1Pet 5:8).

- God het belowe om die mag van Satan te breek en die mens weer te herstel deur ’n Nakomeling van die vrou (Gen 3:15).
- Daarvoor het Hy ’n geslagslyn uit Adam bewaar deur onder andere Set, Noag, Abraham en later die volk Israel, uit wie daardie beloofde Nakomeling in die wêreld sou kom.
- Intussen het God sy volk onder die verbond van die Ou Testament bewaar, met die Wet wat sonde uitgewys en oortreders gestraf het. Israel was egter ongehoorsaam en het so die vloek van die Wet (die vloek van die sonde) oor hulself gebring (Deut 27:15 - 28:68).
- Deur God se genade en lankmoedigheid met sy volk is die beloofde Nakomeling nogtans uiteindelik as die mens Jesus gebore. Hy het sy volk se sondes en die straf daarvoor naamlik die dood, op Hom geneem, soos beskryf in die boeke van Matthéüs tot Johannes.
- Hy het die Bose en die dood oorwin deur sy opstanding uit die dood en triomfantelike terugkeer na sy Vader in die hemel, soos beskryf in die laaste hoofstukke van die vier Evangelies en die eerste hoofstuk van die Handelinge van die apostels.
- As oorwinnaar het Jesus sy volk van daardie groot vloek van die Wet losgekoop (Gal 3:13). Hy rig nou die uitnodiging aan elke mens om deur sy Naam van alle sondeslawerny, skuld en ongeregtigheid bevry te word en die ewige lewe te verkry (Hand 2:38, 3:19, 16:31, Rom 3:24 ens). Sodra jy die Boodskap hoor en die eerste keer aan Jesus oorgee, verander jou lewe onmiddellik en ingrypend: al jou sonde en skuld word onmiddellik uitgewis, jy word weergebore (Joh 3) en die Heilige Gees begin in jou woon. So word jy oorgebring vanuit die duisternis van Satan na die helder lig van Jesus se koninkryk (Matt 4:16, Joh 12:46, Hand 26:18, Kol 1:13). Jy word deel van Jesus se Liggaam, weg van die duisternis van Satan. Jesus is nou in jou en jy in Hom, volkome vry van Satan en sy magte (Joh. 8:36, Rom 6:18,22, 8:2).
Die Groot Bevryding is eenmaal deur Jesus bewerk, is volkome en voldoende en is beskikbaar vir elke mens. Die Nuwe Testament is ’n nuwe bedeling, waar Hy die voldonge oorwinnaar is en alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam onder Hom gestel is (Ef 1:19-22). Die Satan se mag is geknak (Luk 10:17-18, Joh 12:31, Heb 12:14, 1Joh 3:8) maar hy gaan steeds voort met sy aanslae op die mensdom (1Pet 5:8).
Elke vrygemaakte kind van God het reeds die ewige lewe en is vol van blydskap en hoop, maar moet in die kort lewe wat oor is teen struikelblokke en aanslae stry. Hier is ’n paar voorbeelde:
Persoonlik
Elkeen van ons het sy beperkings, tekortkominge en swakhede. Baie voorbeelde kan genoem word, soos gebrek aan wysheid of kennis, ’n wankelrige morele basis, liggelowigheid, verleibaarheid, geneigdheid tot verslawing, ens. Dan het elkeen van ons ’n eie wil, wat deur selfsug of hoogmoed struikeling kan bring as dit aan vrye teuels oorgelaat word. Die volgende skrifgedeeltes is van toepassing:
Luk 21:34
Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie.
Jak 1:14
Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
Ander mense
Die Satan kan, as hy toegelaat word, aanslae op jou maak en struikelblokke in jou pad lê deur ander mense. Hy sal selfs van mense naby aan jou gebruik maak waar moontlik, soos bure, kollegas, vriende en familie. Mense kan die beste bedoelings hê, maar kan jou benadeel as hulle deur Satan mislei word.
Ps 1:1
Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie
Mat 7:15
Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.
Selfs gelowiges kan mekaar benadeel. Die apostels vermaan die gemeentes aanhoudend en dringend om die gesonde leer, broederliefde, verdraagsaamheid en eendragtigheid na te streef sodat daar nie geleenthede kom vir tweedrag, wantroue, vyandskap, skeuringe en verbittering nie.
Gal 5:15
Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.
Lewensgebeure
Deur sonde is die aarde vervloek en is die mens onderworpe aan allerhande gevare, siektes en ontberings met natuurlike oorsake (Gen 3:17-19). God het ons gemaak om in vryheid van keuse op te tree, wat verdere beproewings en hartseer veroorsaak deurdat die mens verkeerde besluite neem en die gevolge daarvan ervaar. Alhoewel gelowiges nie meer van hierdie wêreld is nie, is hulle nog in die wêreld en in dieselfde stryd gewikkel. Gelukkig weet ons dat God bewus is van elke haar op ons hoof en ons getrou bemoedig en bewaar op die pad na sy Koninkryk (Luk 12:4-12, 22-34).
Tydens sy aardse omwandelinge het Jesus baie simpatie getoon met mense in ongelukke, siektes en beproewings, sonder om noodwendig spesifieke sondes daaraan te koppel. Sien byv. sy uitspraak oor Pilatus se moorde op mense wat besig was om te offer en die ongeluk met die toring van Siloam (Luk 13:1-5), die vrou wat aan bloedvloeiing gely het (Mark 5:25-34), die blindgebore man (Joh 9) en sy uitlatings oor mense wat gesterf het en deur Hom uit die dood opgewek was (Mark 5:41-43). Dan was daar ook gevalle waar Hy wel sonde in die betrokke persone se lewens uitgewys en hulle daaroor vermaan het, soos met die genesing van die man by die bad van Betesda (Joh 5:14) en sy vryspraak van die owerspelige vrou (Joh 8:11).
Direkte aanslae van Satan en sy demone
Die Satan en sy duiwels kan mense ook direk aanval en struikelblokke voor hul lê. Gelowiges is net soos alle mense ook daaraan blootgestel. Ons kyk na die volgende voorbeelde uit die Bybel:
Gen 3:1
Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: .....
Die Satan het ’n direkte aanslag, in die vorm van ’n versoeking, op Eva geloods. Hy is ’n gevalle geesteswese en nie ’n dier van die veld soos ’n slang nie, maar hy het deur die slang met Eva gepraat. Dis ook belangrik om daarop te let dat Eva uit vrye wil na Satan geluister en aan sy versoeking toegegee het. Sy kon gekies het om die versoeking te weerstaan en God se gebod te gehoorsaam.
Job 1:12-19, 2:7
Daarop sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie ......
Satan het Job direk aangeval deur sy eiendom te verwoes, sy slawe en kinders dood te maak en hom met dodelike swere te tref. Job was onskuldig maar weerloos teen die aanslae, want God het daarvoor toestemming gegee. Dis ook interessant dat Satan in die proses blykbaar nie met Job gepraat of andersins met hom gekommunikeer het nie.
Luk 13:11-16
En daar was ‘n vrou wat ‘n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het, en sy was inmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie. ...
Hierdie vrou was ’n vrome en wetsgehoorsame Israeliet, soos afgelei kan word uit die feit dat sy die sinagoge op die Sabbat besoek het en ook uit die manier waarop Jesus haar hanteer het en wat Hy oor haar gesê het. Jesus se beskrywing dat die Satan haar siek gemaak (‘gebind’) het, gee die indruk dat dit ’n direkte aanval van Satan op die vrou was.
Die volgende stukkie inligting oor Paulus is moeilik om te verklaar omdat daar nie genoem word wat presies met hom gebeur het nie. Paulus het met ’n erge hindernis, ’n ‘doring in die vlees’, gesit, wat hy moes verduur om hom nederig te hou:
2Kor 12:7-19
En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie. Hieroor het ek die Here drie maal gebid, dat hy van my sou wyk. En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.
Dit is te betwyfel dat Paulus hier met ’n werklike bose gees te doen gehad het. Dis is moontlik dat hy net beeldspraak gebruik het, soos wat dikwels in enige taal gedoen word. Maar selfs by toegewing dat dit ’n bose gees was, sou dit bloot ’n direkte aanslag op hom gewees het, soos in die ander voorbeelde hierbo. Dit was tot sy eie voordeel en in die belang van sy werk as apostel, waar Christus se krag deur sy swakheid volbring was.
In verband met struikelblokke en aanslae op gelowiges in die algemeen, moet ook onthou word dat dit in kombinasies kan werk. Jou persoonlike gebreke kan byv. slegte optrede van mense teen jou ontlok. As jy onbetroubaar is, gaan hulle jou nie vertrou nie en dit gaan jou net nog verder afbreek. Of as jy hoogmoedig is vermy mense jou en praat sleg van jou. In ’n gemeente kan so iets baie slegte gevolge hê as medegelowiges jou vermy of isoleer, of liefdeloos teenoor jou is. Die duiwel kan ook gebruik maak van jou persoonlike swakhede, wat sagte teikens vir hom is. Party mense het byvoorbeeld ’n swakheid vir geld, verkeerde kos of pornografie: die duiwel sal dit uitbuit met versoekings wat deur mense kom, of deur dinge soos byv. die media en die internet.

Die Bybel se boodskap gaan oor Jesus se bevryding van die mens uit die gevangeskap van sondeslawerny onder die mag van Satan. Vanuit hierdie basis kan bevrydingsbediening as sodanig nou ontleed en beoordeel word:
Soos reeds gesien sê die Bybel min oor bevrydingsbediening, wat ruimte gee vir ’n wye verskeidenheid van bevrydingsbedieninge waarmee ons vandag te doen kry. Die ‘feite’ en ‘waarhede’ waarop elke ander bediening gebou word, kom dus eerder uit die praktyk van daardie bediening as uit die Bybel. Die bedienaar bou eintlik maar op sy persoonlike ondervinding en op resultate wat hy as effektief en suksesvol beskou.
Om al die verskillende bevrydingsbedieninge in ’n enkele studie te omvat sal dus moeilik wees. ’n Ander benadering sou ook kon wees om op een of twee prominente bedieninge te fokus en die resultate van die beoordelings as algemeen geldend te stel. Dit sou egter weer die indruk skep dat al die bedieninge maar min of meer dieselfde is. Die beste uitweg is om die beskrywing wat aan die begin gegee is te aanvaar as die gemeenskaplike wese van al die verskillende bedieninge en om dit te toets teen wat die Bybel daaroor sê (of nie sê nie).
Daar kan ook nie gebruik gemaak word van mense se persoonlike ondervindinge met, of oortuigings oor bevrydingsbediening nie, hoe goed dit ook al bedoel mag word. Die veiligste is om slegs Bybelse inligting te gebruik. Die beswaar teen hierdie benadering kan wees dat waar die Bybel swyg, persoonlike ervaring en oortuigings dan aanvaar moet word. Daar sal natuurlik nie aan so ’n beswaar toegegee kan word nie, anders sit jy op die ou einde weer met ’n hele spektrum van ‘waarhede’ en ‘feite’ wat steeds nie Skrifgebaseer is nie.
Om dan te begin, sluit ons weer aan by ons aanvanklike beskrywing van die wese, of essensiële kenmerke van bevrydingsbediening, naamlik
Hierdie twee hoofbene gaan gepaard met sekere opvattings en werkswyses, soos die volgende:

- Die ‘breek’ van ‘bindings’, ‘vestings’, ‘vloeke’ ens. deur bestraffing van die duiwel of bose geeste en die uitvoering van sekere voorkomende en regstellende aksies.
Hierdie twee hoofbene gaan gepaard met sekere opvattings en werkswyses, soos die volgende:
- Bevrydingsbedienaars wyt probleme in mense se lewens aan besettings, bindings, vestings, vloeke of direkte aanslae van die Duiwel. Gewone lewensgebeure en natuurlike oorsake van probleme kry min of geen erkenning. ’n Siekte sal byvoorbeeld eerder aan ’n bose gees toegeskryf word as aan ’n natuurlike virus- of bakteriële infeksie. Daar is bedienaars wat selfs verkondig dat kieme eintlik bose geeste is! Wanneer ’n natuurfrats soos byv. ’n haelstorm jou tref, word dit as ’n direkte aanval van die Duiwel bestempel. Armoede en skuld word gewyt aan demone wat op daardie soort probleme spesialiseer en deur jou voorgeslagte na jou toe oorgedra is, eerder as dat dit bloot die gevolg van verkeerde/swak besluite of persoonlike beperkinge is.
- Duiwels, bose geeste of demone word beskryf as agente wat ’n ‘reg’ op jou kry deur sonde, verkeerde geselskap, onverskilligheid, ongehoorsaamheid aan God, verkeerde artikels in jou huis en so aan. Dit gee aan hulle ‘openinge’ om jou te beset, te bind of ’n houvas (‘vesting’) in jou lewe te bekom. Bevryding daarvan is dan glo nodig.
- Die duiwel of bose gees(te) word gesien as in, of by, of op ’n manier persoonlik betrokke by die persoon wat bevry moet word.
- Uitdrywing en bestraffing gaan gewoonlik gepaard met vorms van berading en ondersteuning om die vermeende oorsake van die besetenheid, bindings, vestings of vloeke by die betrokke persoon te aan te spreek.
- Uitdrywing- en breek- of afsny-aksies word altyd in die Naam van Jesus gedoen. Dit is ’n kernvereiste wat deur alle Christen-bevrydingsbedienaars beklemtoon word. Dit word gedoen in navolging van die apostels se voorbeelde (byv. Hand 16:18) om gesag aan die bedienaar se aksies te verleen.
TEIKENMARK
Die ‘teikenmark’ van bevrydingsbediening bestaan uit mense wat daarvan oortuig word dat hulle dalk onder demoniese besetting gebuk gaan of met ‘bindings’, ‘vestings’ of ‘vloeke’ in hul lewens te doen het. In die Christenwêreld is dit verbasend, eintlik skokkend, dat hierdie mense byna sonder uitsondering Christene is. Ongelowiges wend hul nie maklik tot Christen-bevrydingsbedienaars nie aangesien hulle in Jesus se naam werk. Mense van ander gelowe wend hul uit die aard van die saak tot bedienaars in hul eie kulture. Christene is dus die vanselfsprekende kliëntebasis van bevrydingsbediening. Die opvatting dat dit juis Christene is wat bevrydingsbediening nodig het word dan ook sterk deur bedienaars gepropageer en uitgebuit.
Aktiewe gelowiges, naamlik dié wat hul geloof ernstig opneem, bevind hul in omgewings waar bevrydingsbedienaars ook aktief is. Dit is maklik en deesdae ook nie meer snaaks of vreemd om ’n bevrydingsbedienaar te besoek of byeenkomste waar hulle optree by te woon nie. Bedienaars is in ’n sterk posisie om besoekers te beïnvloed, aangesien die onderwerp vir meeste gelowiges vreemd en nuut is en ’n klimaat van ontsag geskep word vir die persoon wat voorgaan. Die situasie maak van die luisteraars ideale kandidate vir oorreding tot bevrydingsbediening.
Maar wat sê die Bybel hieroor?
Duiwelbesetenheid en uitdrywing is ’n werklikheid, met voldoende bewyse daarvan in die tweede deel van die Bybel, soos ons reeds gesien het. Ons gaan egter netnou sien dat dit nie op Christene van toepassing is nie.
Bindings, vestings en vloeke, soos wat dit voorgestel en hanteer word deur bevrydingsbedienings, word glad nie eers in die Bybel genoem nie. Ook daardie dinge is nie op Christene van toepassing nie.
Die ander gepaardgaande opvattings en werkswyses van bevrydingsbediening, soos hierbo genoem, is dan uiteraard ook nie op ons van toepassing nie. Wat betref die gebruik van Jesus se naam tydens uitdrywing- en breek- of afsny-aksies, kan maar net opgemerk word dat dit geen krag sal hê as dit vir die verkeerde redes gedoen word nie. Die verhaal in Hand 19:11-17 van ’n mislukte poging om geeste in Jesus se naam te besweer, kan hier as waarskuwing dien.
In die lig van bogenoemde is die idee dat die Christendom bevrydingsbediening nodig het, duidelik vals en misplaas. Die blote gebruik van goedgelowige en onkundige gelowiges as teikenmark vir so ’n bedryf kom neer op ’n baie ernstige vervalsing en misbruik van Jesus se groot verlossingswerk.
Ons kyk nou verder na wat die Bybel oor bevrydingsbediening sê:

Duiweluitdrywing is die een hooffaset van bevrydingsbediening. Die besluit dat iemand deur ’n duiwel/demoon beset word, berus gewoonlik op tipiese simptome wat waargeneem word, byvoorbeeld buitengewoon aggressiewe optrede, ’n vreemde stemtoon, buitengewone vermoëns of spierkrag, snaakse bewegings, lasterlike vloekery. Die persoon het nie beheer oor homself nie en is gespanne. Dit gaan dan oor die uitdrywing van daardie duiwel(s)/demon(e).
Vertonings van uitdrywing vind selde, indien ooit, in tradisionele gereformeerde kerke plaas, selfs baie min in evangeliese kerke, maar wel baie in charismatiese kerke en plekke waar bevrydingsbediening aangebied word. Video’s daarvan is volop beskikbaar op die internet. Ongeag die verskillende oortuigings daaroor in die kerkwêreld, word duiweluitdrywing in die algemeen gesien as ’n praktyk wat onder Christene bedryf word. Kom ons kyk spesifiek na die vraag of ’n Christen duiwelbesete kan wees en uitdrywing nodig het. (Ons praat natuurlik nou nie van blote naam-Christene nie, maar van aktiewe volgelinge van Jesus. ’n Naam-Christen val bloot in die kategorie van ongelowige.) Die antwoord op die vraag kan alleen in die Bybel gevind word, ongeag wat bevrydingsbedienaars of enigiemand anders mag sê:
Soos reeds gesien, het Jesus en sy apostels baie te doen gekry met mense wat duiwelbesete was. Op daardie stadium was dit mense wat nie onder beskerming van die Wet was nie. Dit was toe nog die Ou-Testamentiese Wet, wat tot met Jesus se kruisiging gegeld het. Die volk was veronderstel om veilig in bewaring van die Wet te wees, maar soos reeds gesien was hulle eerder in allerhande dwalinge en korrupte praktyke van hul eie geestelike leiers vasgevang. Ongehoorsaamheid aan die Wet het mense blootgestel aan aanslae van die Satan.
Na Jesus se opstanding het die Nuwe Testament in werking gekom. So het ’n nuwe Israel ontstaan, naamlik almal wat in Jesus geglo het. Gelowiges was onder beskerming van die Nuwe-Testamentiese wet van geloof en genade. Die ongelowige wêreld was buite daardie beskerming en steeds uitgelewer aan aanslae soos duiwelbesetting. Die twee gevalle van uitdrywing waarvan ons lees in Hand 5:15-16 en 8:7 is voorbeelde daarvan. Die mense uit wie die onrein geeste uitgegaan het, was nie gelowiges nie, maar ongelowiges wat op daardie stadium vir die eerste keer van Jesus gehoor het.
Nadat iemand van Jesus gehoor en aan Hom oorgegee het, behoort die persoon voortaan aan Hom en is vry van sy sonde. So ’n mens is volkome los en vry van Satan! Jesus doen nie halwe werk nie. As Hy iemand aanneem wat aan Hom oorgee, staan daardie persoon volkome onder sý gesag en beskerming. Die Duiwel het geen vat op God se eiendom nie. Hier is twee bewyse daarvoor:
Joh 10:28-29
En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.
Terwyl jy in God se hand is kan Satan jou nie wegtrek nie, want God is sterker. Om onder die mag van ’n demoon of ’n binding te kom, moet jy eers uit God se hand geruk word, en dit sal nie met iemand gebeur wat in die geloof aan Hom vashou nie.
1Jn 5:18
Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie.
Om uit God gebore te wees beteken om wedergebore te wees. So iemand is nie meer onder die mag van die sonde nie. Hy/sy skuil by God en het die volle wapenrusting teen die Bose (Ef 6).
Die boek Handelinge vertel van die gebeure tydens die ontstaan van die eerste gemeente in Jerusalem en die verdere uitbreiding van die Woord in die res van die bekende wêreld van daardie tyd. Die res van die Nuwe-Testamentiese geskrifte, van Romeine tot Openbaring, is briewe aan gemeentes om hulle te groet, te vermaan, dwaalleringe uit te wys, moed in te praat en verdere waarhede oor Jesus en sy woord deur te gee. Met ander woorde, om die gemeentes volledig toe te rus, te versorg en te bewaar teen aanslae van die Bose. Daar word vele waarskuwings en versekerings aan hulle gegee, byvoorbeeld:
Deur al hierdie vermanings en waarskuwings teen die Satan en bose geeste, word daar niks vir die gemeentes gesê oor duiwelbesetenheid of uitdrywing nie. Geen waarskuwings of voorskrifte nie - die onderwerp kom eenvoudig nêrens ter sprake nie! Die laaste daaroor is in die boek Handelinge, wat vertel hoe daardie dinge in die geestelike wildernis buite die gemeentes gebeur het.
Bevrydingsbedienaars stem nie saam nie. Hulle redeneer dat Christene ook daardie sondes doen wat kan lei tot duiwelbesetenheid, byvoorbeeld hoerery, moord, haatdraendheid, wrokke, woede, geweld, vuil taal, vloekery en afgodery. Hulle sê jy moet die openinge (sondes) in jou lewe identifiseer en bely, en die bose geeste/duiwels/demone wat jou daardeur beset het of vestings ingeneem het, laat uitdryf of bestraf. Jy behoort gehelp te word deur bevrydingsbediening.
Maar kom ons kyk wat sê die apostels vir die gemeentes:
Rom 1:29-2:1
hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig, .....
...... Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy ‘n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.
Paulus sê dit vir die gemeente, die geroepe heiliges in Rome (1:7). Terwyl hulle in Jesus Christus is, is hulle self skuldig aan daardie gruwelike sondes! Hier is sy advies aan hulle:
Rom 12:1-2
Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer – dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed,....
vers 9
Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan;
Rom 13:13-14
Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie. Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.
Kyk wat sê hy vir die gemeente in Korinthe:
1Kor 5:1-2
‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het. En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit.
1Kor 6:8-10
Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders. Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
Hulle was aan dieselfde verdrukkinge en versoekinge blootgestel as die gelowiges in Rome, en hulle vaar blykbaar nie juis beter in hul stryd teen die bose nie. Paulus gee vir hulle die volgende raad:
v 11
En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
1Kor 10:13
Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.
1Kor 10:14-21
Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens. Ek spreek soos met verstandige mense; oordeel self wat ek sê: die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood. Let op Israel na die vlees: het die wat die offers eet, nie gemeenskap met die altaar nie? Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is? Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.
Paulus se gemeentes was so te sê besmet met allerlei boosheid en afgodery, en het werklik gevaar geloop om beset te word deur bose geeste. Paulus waarsku sy gemeente om hulself te bewaar en van afgodery weg te bly, maar hulle kon dit nie altyd regkry nie, want hulle was in die wêreld (1Kor 5:9-11, 8:1-13). Hy het ruim geleentheid gehad om die onderwerp van duiwelbesetenheid en uitdrywing met hulle te behandel, maar daar is geen spoor daarvan nie. Hy waarsku en vermaan hulle net, en herinner hulle aan hulle vryheid van hierdie dinge in Christus, soos byv. in 1Kor 6:11.
In sy tweede brief sê hy:
2Kor 7:1
Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.
Die soort besoedeling waarvan Paulus hier praat word in die voorafgaande verse verklaar: dit is om saam met ongelowiges in dieselfde juk te trek (6:14-16). Hy praat nie van duiwelbesetting of bindings nie. Reiniging beteken om jou van verkeerde mense af te sonder en van onrein dinge weg te bly (v17). Niks met uitdrywing te doen nie.
Die ander briewe aan die gemeentes:
As iemand struikel, help hom reg met die gees van sagmoedigheid (Gal 6:1-2)
Kruisig die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede, en lewe deur die Gees (Gal 5:24-25).
Moenie die duiwel ’n kans gee nie (Ef 4:27). Hoe? - kyk maar net na die omringende verse.
Gebruik die wapenrusting van God teen die duiwel: waarheid, geregtigheid, geloof en die woord van God. (Ef 6:10-17). Nie duiweluitdrywing nie.
Laat staan slegte gedrag teenoor mekaar, want julle het die oue mens met die nuwe vervang (Kol 3:5-10).
Die Thessalonicense kry voorskrifte wat nie duiweluitdrywing insluit nie (byv. 1Thess 5:14-26).
Die apostel Jakobus praat ook reguit oor die duiwel en sy aanslae op die gemeentes:
Jak 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.
Hoe weerstaan mens die duiwel? Sy hele brief is vol van die antwoorde! Ons moet die struikelblokke, verleidings, misleidings en uitdagings wat die duiwel in ons pad lê weerstaan. Dit word gedoen deur versoekings te vermy (sien ook 1Tim 6:11), te bid en die wapenrusting van die Gees aan te trek (Ef 6:10-18).
Petrus sê in 1Pet 5:8-9 dat ons nugter en waaksaam teen die duiwel moet wees deur standvastig in die geloof te volhard. Nie deur duiwels uit te dryf nie.
Die apostel Johannes sluit sy eerste brief af met die waarskuwing om van die afgode weg te bly (1Joh 5:21). Die gelowiges was heeltemal omring deur afgodery en kon maklik daardeur verswelg word. Gevare van aantasting deur bose geeste het hulle daagliks in die oë gestaar. Maar die apostel gee geen raad in terme van bevrydingsbediening nie. Net dit: hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie (v 18). Hoe bewaar mens jouself? Kyk weer na 1Kor 10:14-21.
Ons sien dan dat die briewe aan die gemeentes totaal stil is oor duiwelbesetenheid en uitdrywing. Dit was nie op die agenda nie, selfs al was gemeentelede in baie gevalle skuldig aan dieselfde sondes en afgodery as hulle heidense bure. Die gemeentes was vry van daardie praktyke en die gevolge daarvan. Die stryd om hulle siele was hewig, maar hulle was veilig in God se hande. Daar was nie ‘openinge’ vir duiwelbesetting nie, want hulle het in die helder lig van Christus se koninkryk gelewe (Joh 1, Joh 8:12, 1Joh 1:7). Daardie omgewing is ontoeganklik vir die Bose!
Wat is dan die verskil tussen gelowiges en ongelowiges ten opsigte van duiwelbesetting? Gelowiges is in Jesus, is wedergebore en word deur die Heilige Gees bewoon (1Kor 3:16). Waar hulle gemeentes vorm, het hulle nog verdere beskerming teen die Duiwel se aanslae en kan hulle ongehinderd opgroei in hul Hoof Jesus (Ef 4). Ongelowiges is buite Jesus, hulle is in hul natuurlike staat (onwedergebore) en is blootgestel aan inwoning deur die duiwel. Die wêreld bied hul geen beskerming teen die duiwel nie, sodat geestelike verval en agteruitgang ongehinderd kan toeneem.
Daar is volop bewyse in die Bybel dat duiwelbesetting en uitdrywing nie op gelowiges (Christene) van toepassing is nie. Die bewyse is eenvoudig en staan duidelik uit, met geen moontlikhede vir alternatiewe vertolkings van wat ons daar lees nie. U kan met volle gemoedsrus weet dat Jesus ons vrygemaak het van ons sonde en skuld, al doen ons nog sonde, al is ons ongehoorsaam, al is ons swak, al neem ons verkeerde besluite en al worstel ons nog met baie dinge. Ons is besig om in Hom te groei na volmaaktheid en is geen prooi vir die Satan of demone om te beset nie.

- om op te pas vir versoekings, liste en strikke van Satan (1Kor 7:5, Ef 6:11, 2Tim 2:14-26)
- om die duiwel te weerstaan (Jak 4:7)
- om nie deel te hê aan die grootsheid en klatergoud van die wêreld nie (1Joh 2:15-17)
- dat die Satan homself vermom as ’n engel (2Kor 11:14)
- dat hulle geen plek aan die duiwel moet gee nie (Ef 4:27)
- dat Jesus hulle teen die Bose sal bewaar (2Thess 3:3)
- dat hulle nugter en waaksaam teen die duiwel moet wees (1Pet 5:8)
- om nie met die duiwels gemeenskap te hê deur afgodspraktyke nie (1Kor 10:20-21)

In bevrydingsbediening word ‘bindings’, ‘vestings’ en ‘vloeke’ voorgehou as die ander belangrike been van Satan se aanslae op mense. Bedienaars onderskei dit van duiwelbesetting asof dit aanslae is waar bose geeste nie volle beheer oor ’n persoon kry nie en hy andersins ’n heeltemal normale lewe voer. In Engels word die twee woorde possession (besetenheid) en oppression (bindings/vestings) dikwels gebruik om die verskil te verduidelik. So gesien, is mense dan nie sommer duiwelbesete nie, maar word maklik en dikwels deur bindings en vestings geknel.
Die woord ‘bindings’ word gebruik vir probleme soos verslawing, siekte, armoede, bitterheid, wrokke en vloeke, terwyl ‘vestings’ dinge soos onkunde, slegte gewoontes, swakhede vir geld, mag, drank, ens. beteken. Die kategorieë oorvleuel in elk geval baie. Die oorsake van ‘bindings’ en ‘vestings’ is dan bose geeste of duiwels, oftewel ‘agente’ van Satan, wat deur sonde, verkeerde geselskap, sekere artikels in jou huis soos verkeerde musiek, boeke, films, prente, beeldjies ens. ’n soort ‘reg’ op jou bekom om jou te ‘bind’ of ’n ‘vesting’ in jou lewe op te rig.
Bindings word ‘gebreek’, en vestings ‘neergewerp’ deur die betrokke bose agente te identifiseer en te bestraf, uit te dryf of weg te stuur. Daarmee saam word hulle ‘reg’ op jou weggeneem deur die ‘openinge’ wat vir hulle gelaat is te identifiseer en jou te help om die openinge toe te maak.
Daar is geen Bybelteks wat hierdie beskrywings van bindings en vestings ondersteun nie. Enkele Bybelverse word wel verkeerdelik daarvoor gebruik. Hier is twee voorbeelde:
Mark 7:35
En dadelik het sy ore oopgegaan en die band van sy tong losgeraak, en hy het reg gepraat.
Die persoon was doofstom, en volgens vv 33-34 het Jesus sy gehoor genees, sodat sy tong ook ‘losgekom’ het en hy normaal kon praat. Daar is geen leidraad in die teks na enige betrokkenheid van die duiwel of ’n bose gees in hierdie geval nie. Jesus het bloot ’n liggaamlike gestremdheid genees.
Luk 13:10-16
En Hy was besig om op die sabbat in een van die sinagoges te leer. En daar was ‘n vrou wat ‘n gees van krankheid agttien jaar lank gehad het .......
Ons het vroeër al gesien dat Jesus nie ’n gees bestraf of uit die vrou gedryf het nie, maar haar bloot gesond gemaak het. Haar ‘binding’ was ’n siekte wat jare tevore deur die Satan veroorsaak was. Satan kan mense met siektes, fisiese geweld en natuurrampe aanval, maar die Bybel beskryf dit nêrens as ‘bindings’ wat deur ‘openinge’ in mense se lewens veroorsaak word nie.
Die volgende teksvers word gereeld gebruik om die idee van ‘vestings’ te ondersteun:
2Kor 10:3-5
Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus.
Paulus was hier besig om hom en Timoteus te verdedig teen mense wat hulle daarvan beskuldig het dat hulle volgens die vlees wandel, naamlik met selfsugtige, eiewyse, hoogmoedige en wêreldse motiewe. Hy verduidelik dat hul werk daarop gerig was om die gemeente in Korinthe op te bou in kennis van God en gehoorsaamheid aan Christus. Die wapens wat hulle gebruik het noem hy reeds in 6:6-7, naamlik reinheid, kennis, lankmoedigheid, vriendelikheid, ongeveinsde liefde, die woord van waarheid, die krag van God, geregtigheid ens. Dit was geestelike wapens waarmee hulle die pad oopgeveg het om Jesus se woord in die gemeente te vestig en sodoende die vestings, planne en skanse van sonde, onkunde oor God en ongehoorsaamheid aan Christus neer te werp en te verbreek (v 5).
Geen bestraffing of uitdrywing van bose geeste en duiwels was nodig nie – net die prediking van Jesus se woord met behulp van die wapens van kennis, lankmoedigheid, liefde, waarheid ens.
Die volgende tekste kan verdere helderheid gee:
1Tim 3:2-7
’n Opsiener dan moet onberispelik wees, ...
Maar hy moet ook goeie getuienis hê van die buitestaanders, sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie.
2Tim 2:24-26
... en ‘n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra. Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie, en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.
’n Mens kan in die strik van die duiwel val en deur hom gevang word om sy wil te doen wanneer jy toegee aan persoonlike swakhede en sondige praktyke. Of jy kan struikel oor versoekings wat hy in jou pad lê. Die teksvers gee die volgende raad teen die strik van die duiwel: ’n skoon lewe volgens Jesus se gebooie en sagmoedige teregwysing deur medegelowiges.
2Pet 2:19
Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword.
Hier praat Petrus van valse profete wat dwaalleringe versprei (2:1) en slawe van die sonde en die dood was (v 19). Hulle was reeds deur God veroordeel en verdoem (v 17). Hulle was in direkte diens van Satan, soos elders in die hoofstuk duidelik gesien kan word. Hulle kon dalk lidmate van gemeentes gewees het, maar valslik, as indringers en wolwe in skaapsklere.
Uit die klompie teksverwysings hierbo kan gesien word dat woorde soos binding en band bloot betrekking het op siektes of ander liggaamlike gestremdhede of swakhede. Dit blyk dat dit in sommige gevalle deur die Bose veroorsaak word en in ander gevalle nie. Die woorde vesting en skans verwys na dwaalleringe, vals idees, onkunde en misleiding – dinge wat deur die Bose uitgebuit word om die gemeentes van die waarheid weg te hou.
Die hele idee van ‘bindings’, ‘vestings’ en ‘vloeke’ soos dit in bevrydingsbediening voorgestel word, is vreemd aan die Bybel. Of daardie dinge in die ongelowige wêreld bestaan kan nie bevestig of ontken word nie, maar Christene (gelowiges) het beslis ook nie met sulke verskynsels te doen nie.

Die idee om jou huis ‘skoon’ te maak van allerlei items wat skuiling aan bose geeste bied en wat tot ‘bindings’, ‘vestings’ en ‘vloeke’ aanleiding kan gee, is gewild in Bevrydingsbediening. Die praktyk word aangemoedig deur bedienaars wat voorhou dat hulle kundig is daarmee en oor getuienisse beskik van mense wat sê dat dit vir hulle gewerk het.
‘Huis skoonmaak’ is ook iets waaroor daar geen enkele woord in die Bybel gevind word nie. Die gevaar van hierdie element van bevrydingsbediening lê in ’n bygelowigheid daaroor wat by Christene gekweek word en wat aanleiding gee tot sinnelose vernietiging van alles in die huis wat onder verdenking kom. Nugtere nadenke daaroor lei (soms te laat) tot die besef dat huishoudelike toestelle, gereedskap, rekenaars, motors, klere en selfs kossoorte handelsname dra wat hul oorsprong in heidense godsdienste het. Selfs die name van ons maande en weeksdae kom daarvandaan!
Christene behoort te weet dat hulle nie fisies uit die wêreld hoef te vlug nie en onder beskerming van die Heilige Gees is. Verstandigheid om dinge wat werklik skadelik is te onderskei (byvoorbeeld dwaalleringe, verslawende of skadelike dinge, afgodery, verkeerde geselskap) is Geestelike gawes wat aan ons uitgedeel word deur ons Hoof Jesus vir ons opbouing en beskerming (1Kor 12).
Die volgende is ook dikwels deel van bevrydingsbediening:

Die Bybelteks waarvoor die idee van ‘familievloeke’ of ‘bloedlynvloeke’ gebruik word is Exod 20:5-6 (soos herhaal in Exod 34:7, Numeri 14:18 en Deuteronomium 5:9).
Exod 20:5-6
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
Hierdie gebod het nie op ‘familievloeke’ of ‘bloedlynvloeke’ betrekking gehad nie, maar op afgodery, soos duidelik gesien word uit die voorafgaande verse 3-4. Vaders wat hul rug op JAHWEH gedraai het om afgode te aanbid het verraad teen Hom gepleeg en hulself en hul nakomelinge aan die duisternis van die duiwel blootgestel. Kinders het hul ouers se afgodspraktyke aangeleer en dit weer aan húlle kinders oorgedra. Dié kinders en kleinkinders sou JAHWEH dus ook ‘haat’. Die bose kringloop kon geslagte lank aangaan, maar kon gestop word deur bekering tot JAHWEH, met ander woorde om Hom ‘lief te hê en sy gebooie (die Wet) te onderhou’. Hy was altyd gereed om barmhartigheid aan sulkes te bewys. Sien byvoorbeeld Rigt 3:9,15, 1Sam 12:10-11.
Bevrydingsbedienaars vertolk hierdie twee verse uit die Tien Gebooie anders. Hulle sê, deurdat JAHWEH sondaars se misdaad aan hul nageslag ‘besoek’, kom hulle onder ’n vloek. So ontstaan die idee van familievloeke of bloedlynvloeke (generational curses). As jou oupa byvoorbeeld ’n Vrymesselaar was, dan is dit ’n oorsaak van jou probleme en armoede. Dis ’n familievloek, en dit moet ‘gebreek’ word deur onder andere alle ‘bloedlynbande’ met jou oupa ‘af te sny’.
Die verkeerdheid van hierdie soort vertolking word aangeraak in Deut 24:16, en ook breedvoerig uiteengesit in Eség 18, waar Jahweh sy regverdigheid en genade uitdruklik in verband stel met persoonlike aanspreeklikheid vir jou eie sondes en nie dié van jou voorouers nie.
Verder word voorstellings van verskeie soorte bose geeste gemaak as die draers van familievloeke. Hierdie geeste word kwansuis oorgedra van geslag tot geslag, totdat jy self uiteindelik met so ’n gees sit. Daar is Vrymesselary-geeste, ontug-geeste, bloedskande-geeste, apartheidsgeeste - ’n gees vir elke misdaad (of veronderstelde misdaad) van jou voorgeslagte. Die ‘afsny’-prosedure sluit dan ’n soort bestraffing of beswering van daardie geeste in.
Exod 20:5-6 verwys nie na bose geeste of familievloeke nie. Die Bybel maak nêrens van so iets melding nie.
Terwyl familievloeke voorgehou word as oorsake van probleme in mense se lewens, lê die werklike oorsake bloot by die gebrekkige of verkeerde grootmaak van kinders. ’n Kind leer sy ouers se foute en sondes vinnig aan, soos byv. ongeloof en afgodery soos hierbo gesien, en dan ook oneerlikheid, immoraliteit, woede-uitbarstings, blaamverskuiwing, luiheid, gebrek aan selfvertroue, ens. Hierdie dinge word deur opvoedingsfoute aangeleer of ontwikkel. Dit word nie deur bloedlyne oorgedra nie.
Oorerflike familietrekke soos temperament, geaardheid, talente, verstandelike vermoëns, uiterlike voorkoms ens. moet ook reg verstaan word. Hierdie eiesoortige familie-eienskappe word geneties van geslag tot geslag oorgedra en kan verder beïnvloed word met die opvoedingsproses.
Ook nie in die Nuwe Testament is daar enige tekens van familievloeke of dergelike vorms van houvas op Christene nie, terwyl daar ruim geleentheid vir Paulus en die ander apostels was om iets daaroor te sê indien dit bestaan het.
Familievloeke het geen Skrifgronde nie en druis in teen Jesus se woord, wat oor vrymaking van jou eie sondes en ’n persoonlike verhouding met Hom gaan.
Vloeke of vervloekings deur mense hoef nie ernstig opgeneem te word of ‘gebreek’ te word nie. Soos reeds genoem, lees ons ook nêrens in die Bybel van enige vloeke wat deur Satan of sy demone uitgespreek word oor mense nie.

In bevrydingsbediening word geleer dat siektes, natuurrampe (storms, droogtes) en allerlei onwelkome toestande bestraf moet word, asof dié dinge manifestasies van die duiwel en bose geeste is. Aanleiding hiervoor word gevind in die twee gevalle waar Jesus die winde en die see bestraf het (Matt 8:26) en waar Hy die koors in Petrus se skoonmoeder bestraf het (Luk 4:39).
Die woord bestraf moet nie verkeerd verstaan word nie. Die volgende twee oorspronklike Griekse woorde word in ons Bybel as bestraf vertaal:
G 2008 epitimao, wat ook o.a. skerp aanspreek, berispe, vermaan, skrobbeer, teregwys beteken. Hierdie woord word gebruik waar Jesus duiwels of bose geeste uitgedryf het (Matt 17:18), waar Hy in konflik met mense betrokke was (Matt 16:22, 19:13, Mark 8:33), en ook waar Hy gesag oor die natuur uitgeoefen het (Matt 8:26, Luk 4:39). Ná die vier Evangelies kom die woord nog net in 2Tim 4:2 voor, waar Paulus Timótheüs aanmoedig om tydig en ontydig te bestraf.
G1651 elegcho, wat oortuig, weerlê, teëspreek beteken, soos in Matt 18:15, Joh. 8:9, Heb 12:5. Die woord het meer betrekking op oortuiging of weerspreking t.o.v. waarheid en geregtigheid.
Ons sien dat bestraffing (epitimao) nie net vir uitdrywing of bevryding van duiwels/bose geeste gebruik was nie. Jesus en Petrus se bestraffing van mekaar (Matt 16:22, 23) is ’n goeie voorbeeld, en ook Jesus se bestraffing van die storm, waar Hy dit bloot beveel het om te bedaar So ook met Petrus se skoonmoeder: Hy het die toestand in haar liggaam beveel om te normaliseer. Ons lees nie van gevalle in die Bybel waar mense dit gedoen het nie. Vir gewone mense om natuurlike dinge soos liggaamlike toestande (siektes) en natuurkragte (byv. storms) te bestraf, is vreemd aan die Bybel, seker omdat ons nie, soos Jesus, daardie dinge geskape het en volmag daaroor het nie.
Siektes, onkunde, dwaling, misleiding en struikelinge was werklike probleme in die lewens van Nuwe-Testamentiese gelowiges, en dit was soms as ‘bande’, ‘vestings’, strikke ens. beskryf. Ons het gesien dat dit soms deur die duiwel en bose geeste veroorsaak kon gewees het. Maar daar is geen voorbeelde van gelowiges by wie persoonlik bose geeste of duiwels teenwoordig was en dat hulle daarvan bevry was deur bestraffing of enige vorm van bevrydingsberading nie.
Die enigste raad wat die gemeentes teen die Bose gekry het, was om die geloof te behou, deur die Gees te wandel, die duiwel (versoekings) te weerstaan, mekaar te ondersteun, broederliefde te beoefen, weg te bly van afgodery, dwaalleringe te vermy en so aan.

Ef 6:11-18
Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug ...
Hier hoor die gemeente dat hulle in ’n stryd teen die Bose gewikkel is en die nodige ‘wapenrusting’ moet gebruik, soos byv. die waarheid (oor Jesus), geregtigheid (wat ons het deur ons geloof in Hom), bereidheid vir die evangelie van vrede (gereedheid om sy wil te doen), geloof (in Hom), die helm van verlossing (die hoop op sy wederkoms), die swaard van die Gees (die woord van God nl. die Bybel), en bid in die Gees (in opregtheid en geloof, met die hulp van die Gees wat in ons woon).
Dis belangrik om raak te sien dat dit hier gaan oor defensiewe optrede (verdediging, weerstand), en nie oor enige offensiewe (aanvallende) toetrede tot die stryd teen die Bose nie (v 13). Die gemeente hoef nie tot die stryd toe te tree nie – hulle is reeds in die stryd. In geen briewe aan die gemeentes word van hulle verwag om die Bose ‘aan te vat’ nie.
In die soort ‘geestelike oorlogvoering’ wat meestal in bevrydingsbediening aangetref word, word vermeende bindings en vestings doelbewus vooraf ge-identifiseer en dan planmatig ‘gebreek’ of ‘neergewerp’. Alles word gedoen volgens die uitvoerder se spesifieke metodes en reëls. Dit is ’n offensiewe benadering. Die tipiese veronderstelde ‘bindings/vestings’ wat hier ter sprake kom is meer kollektiewe toestande, soos byvoorbeeld dorpe of stede wat op een of ander manier onder druk van bose geeste (of Satan self) sou wees, menslike organisasies soos kerke, politieke partye, regerings ens. wat blykbaar op die verkeerde pad is, en so aan. Gewoonlik kan min of niks van dié vorm van geestelike oorlogvoering op die Bybel gegrond word nie.

Matt 5:44
Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg.
In die Ou Testament kry ons vele voorbeelde van mense soos profete en konings wat vir die volk by Jahweh ingetree het. Jesus het uiteindelik die hoogste betekenis daaraan gegee, nie net deur vir ons te bid nie, maar ook deur sy lewe as losprys vir ons af te lê. Die Nuwe Testament gee ook riglyne aan die gemeentes om vir mekaar, en selfs ook vir mense buite die gemeentes, by God in te tree.
Die woord intersessie (ontleen van die Engelse Bybels) word merendeels gekoppel aan ’n praktyk wat deel uitmaak van geestelike oorlogvoering. Dit kom neer op geteikende, of doelgerigte, intrede waar nood is of hulp dringend gevra word. Dit gaan dikwels gepaard met vas, groepsgebed, indeling van gebedstye om ‘gebedskettings’ te vorm wat onophoudelik 24 uur per dag aanhou, ens. Daar word dan van deelnemers verwag om by die voorgestelde reëls te hou om sukses te verseker.
Intersessors sien hulself soms as mense met spesiale vermoëns, kennis of gesag om by God in te tree. Die indruk word geskep dat hierdie mense eintlik tussengangers tussen gewone mense en God is. Dit kan skade doen deur gewaande belangrikheid wat dinge soos elite-groepvorming en hoogmoed tot gevolg het. Die Bybel stel dit egter duidelik dat ons almal die verantwoordelikheid het om vir mekaar te bid en mekaar aan God op te dra. Al wat nodig is, is geloof en ’n opregte hart.

SLOT
Christene is bevoorreg om voluit vir Jesus te kan lewe, in totale vryheid van die Satan en sy magte. Al wat vereis word is geloof in die Seun en gehoorsaamheid aan sy gebooie, soos uitgespel in die boeke en briewe van die Nuwe Testament.
Die vryheid en beskerming wat ons in Jesus het is volkome en voldoende, en ons kan niks verder daarby voeg nie. Wanneer ons in ongehoorsaamheid en sonde val, dan is Hy getrou en in staat om ons steeds veilig in sy hand vas te hou. Elke kind van Hom bly altyd in Hom en Hy hom (1Joh 3:24), sodat daar nie openings vir duiwelbesetting of ander aanslae is nie.
Mag hierdie waarheid u vrymaak van alle twyfel aan die vryheid wat u reeds in Jesus Christus het!