WOORDSTUDIE
DIE NAME VAN GOD
(Lees ook OOR GOD)
|
OORSIG
God het Hom in die Ou Testament met ‘n eienaam bekend gemaak, wat in die Afrikaanse vertaling gegee word as die HERE. Dit is volkome aanvaarbaar, alhoewel die naam JAHWEH (EK IS) gesien kan word as ‘n meer getroue Afrikaanse weergawe van sy oorspronklike Hebreeuse naam.
Die Seun het in die Nuwe Testament die eienaam Jesus, wat die Afrikaanse vertaling is van sy Griekse naam in die oorspronklike grondteks. Name wat terugwys na die Hebreeuse wortels van sy naam soos byv. Jésua, kan ook gebruik word.
Aangesien die Heilige Gees nie in die Bybel met ‘n eienaam genoem word nie, word Hy die Heilige Gees, die Gees, en die Gees van God genoem

INLEIDING
Die Bybel gee verskeie name en titels aan God waaronder ons Hom ken, aanbid en verkondig. Ons vind ook verskille in die name tussen die Ou en Nuwe Testamente, vir redes soos kultuur- en taalverskille tussen die twee tydperke. Die name en titels van God is duidelik van besondere belang in die Bybel.
Die name van God is ook deesdae 'n strydpunt in sekere kringe. Sommiges glo byvoorbeeld dat die uitspraak (klank) en die skryf (spelling) van God se Naam baie presies reg moet wees en dat name wat tradisioneel in kerke gebruik word vals is. Die ingewikkeldheid van tale, vertalings, woorde en name in die Bybel gee ongelukkig aanleiding tot heelwat onnodige en verkeerde oortuigings wat die eenheid van die Liggaam van Christus baie skade berokken. Die volgende ontleding kan gelowiges wat in die Naam-kwessie vasgevang is help ontspan!

OU TESTAMENT
In die Ou Testament het God hom met 'n eienaam asook met baie verskillende titels bekend gestel.
Sy eienaam - die besondere naam waarmee Hy homself bekendgestel het – word in die Afrikaanse vertaling gegee as die HERE (Exod 3:14-15). Dit kom van die Hebreeuse woord Jehovah, wat vandag in die grondtekste van die Ou Testament so geskryf staan na aanloop van 'n proses wat oor baie eeue gestrek het:
Met inagneming van die woord Jehovah wat nou eenmaal in ons moderne Hebreeuse grondtekste is, word dit vandag vertaal na die HERE (Afrikaans), the LORD (Engels), en soortgelyk vir al die ander verskillende tale.
Dit word algemeen deur Bybelkundiges aanvaar dat die naam JAHWEH (EK IS) die korrekte weergawe is, en dat dit nie 'n oortreding is om dit te skryf of uit te spreek nie. Dit is die naam wat verkieslik in die Hebreeuse grondtekste behoort te staan.
Die grondtekste van die Bybel kan natuurlik nie summier verander word nie, al ontwikkel nuwe kennis en nuwe insigte daaroor. Ons mag egter in eie kringe aanpassings maak in ons lees en verstaan van woorde en name in die Bybel as dit verstandig en verantwoordelik gedoen word. So kan die naam JAHWEH dan ook gebruik word, soos inderdaad al in sekere vertalings gebeur het. Ter wille van die uitspraak van die Naam in Afrikaans word die eerste letter Y vervang met J.
Alhoewel die benaming HERE in ons Afrikaanse Bybels eintlik maar baie verskil van die naam JAHWEH moet dit beklemtoon word dat die Hebreeuse woord Adonai en die vertaling HERE daarvan in Afrikaans, slegs daardie betekenis het wat die Bybel (in die O.T.) daarmee bedoel. Dit hou geen verband met afgode of knoeiery om God se name te vervals, soos in sekere kringe beweer word nie.
As JAHWEH dan die eienaam van die drie-enige God is, ontstaan die vraag of die drie Persone afsonderlik ook eiename het. In beide die Ou en Nuwe Testamente sien ons dat God die Vader (die eerste Persoon) deurgaans Vader genoem word, dus het Hy nie 'n eienaam nie en word met sy titel genoem. Net so word ook die Heilige Gees (die derde Persoon) Heilige Gees genoem. Die Seun (die tweede Persoon) word ook met sy titels genoem nl. die Seun en die Woord, maar in die Nuwe Testament kry Hy ook die eienaam wat Hy as mens ontvang het (sien onder).
Afgesien van die eienaam Jahweh het God ook baie verskillende titels in die Ou Testament, soos byvoorbeeld God, God almagtig, Voorsiener, Vrede, Heer, Meester, Rots, Vader, Geneesheer, Beskermer, ens. In plaas daarvan om hierdie Afrikaanse vertalings van die oorspronklike Hebreeuse woorde te gebruik, verkies sommige mense om dit eerder uit te spreek soos wat dit in Hebreeus klink, byvoorbeeld Elohiem (vir God), El Shaddai (vir God almagtig), Jireh (vir Voorsiener), Shalom (vir Vrede) ens. Dis heeltemal aanvaarbaar, aangesien dit nie saak maak hoe 'n titel van God uitgespreek word nie, hetsy as 'n Afrikaanse vertaling of in die Hebreeuse klank.

- God se eienaam is in die oudste Hebreeuse manuskripte van die Ou Testament geskryf met vier letters, wat in Afrikaans gegee kan word as YHWH. Dit is die sg. Tetragrammaton. Dit gee nie die uitspraak (klank) van God se naam nie omdat die oud-Hebreeuse skryftaal slegs uit medeklinkers (konsonante) bestaan het.
- Vanaf die latere fases van die Ou Testament het dit boonop 'verbode' geraak om God se eienaam uit te spreek omdat dit as heilig beskou is. Gevolglik het kennis van die korrekte uitspraak verlore begin raak.
- Eers teen ong. 900 n.C. is klinkers (vokale) by die konsonante van die Hebreeuse O.T. gevoeg. Sodoende sou die klinkers A en E byvoorbeeld by YHWH gevoeg kon word om die woord YAHWEH te vorm. Dit het egter nie so gebeur nie. Die vokale wat wel ingevoeg is het bepaal dat die woord Adonai in plaas van YAHWEH gelees moes word om te voorkom dat die naam JAHWEH uitgespreek word. Adonai beteken heer, meester of God. Oor die volgende paar eeue het o.a. misverstande met die vokale verder daartoe gelei dat Adonai na die (moontlik foutiewe) woord Jehovah verander het.
Met inagneming van die woord Jehovah wat nou eenmaal in ons moderne Hebreeuse grondtekste is, word dit vandag vertaal na die HERE (Afrikaans), the LORD (Engels), en soortgelyk vir al die ander verskillende tale.
Dit word algemeen deur Bybelkundiges aanvaar dat die naam JAHWEH (EK IS) die korrekte weergawe is, en dat dit nie 'n oortreding is om dit te skryf of uit te spreek nie. Dit is die naam wat verkieslik in die Hebreeuse grondtekste behoort te staan.
Die grondtekste van die Bybel kan natuurlik nie summier verander word nie, al ontwikkel nuwe kennis en nuwe insigte daaroor. Ons mag egter in eie kringe aanpassings maak in ons lees en verstaan van woorde en name in die Bybel as dit verstandig en verantwoordelik gedoen word. So kan die naam JAHWEH dan ook gebruik word, soos inderdaad al in sekere vertalings gebeur het. Ter wille van die uitspraak van die Naam in Afrikaans word die eerste letter Y vervang met J.
Alhoewel die benaming HERE in ons Afrikaanse Bybels eintlik maar baie verskil van die naam JAHWEH moet dit beklemtoon word dat die Hebreeuse woord Adonai en die vertaling HERE daarvan in Afrikaans, slegs daardie betekenis het wat die Bybel (in die O.T.) daarmee bedoel. Dit hou geen verband met afgode of knoeiery om God se name te vervals, soos in sekere kringe beweer word nie.
As JAHWEH dan die eienaam van die drie-enige God is, ontstaan die vraag of die drie Persone afsonderlik ook eiename het. In beide die Ou en Nuwe Testamente sien ons dat God die Vader (die eerste Persoon) deurgaans Vader genoem word, dus het Hy nie 'n eienaam nie en word met sy titel genoem. Net so word ook die Heilige Gees (die derde Persoon) Heilige Gees genoem. Die Seun (die tweede Persoon) word ook met sy titels genoem nl. die Seun en die Woord, maar in die Nuwe Testament kry Hy ook die eienaam wat Hy as mens ontvang het (sien onder).
Afgesien van die eienaam Jahweh het God ook baie verskillende titels in die Ou Testament, soos byvoorbeeld God, God almagtig, Voorsiener, Vrede, Heer, Meester, Rots, Vader, Geneesheer, Beskermer, ens. In plaas daarvan om hierdie Afrikaanse vertalings van die oorspronklike Hebreeuse woorde te gebruik, verkies sommige mense om dit eerder uit te spreek soos wat dit in Hebreeus klink, byvoorbeeld Elohiem (vir God), El Shaddai (vir God almagtig), Jireh (vir Voorsiener), Shalom (vir Vrede) ens. Dis heeltemal aanvaarbaar, aangesien dit nie saak maak hoe 'n titel van God uitgespreek word nie, hetsy as 'n Afrikaanse vertaling of in die Hebreeuse klank.
NUWE TESTAMENT
Die N.T. grondtekste tot ons beskikking is akkurate weergawes van wat die oorpronklike skrywers (die Apostels en andere) met hul eie hand neergeskryf het. Verder weet ons verseker dat hulle dit in Grieks geskryf het en dat alle N.T. name en titels dus van die begin af in die Griekse taalvorm was.
Daar is egter ook 'n ander teorie wat kortliks hier aandag moet kry, naamlik die idee dat die oorspronklike N.T. eintlik in Hebreeus en/of Aramees geskryf was en later deur vertalers in Grieks oorgesit is. Dit word afgewys vir die volgende redes: daar bestaan eerstens nie sulke oorspronklike Hebreeuse/Aramese grondtekste nie; tweedens gee die skryfstyl en inhoud van die N.T. boeke en briewe self volop bewyse dat hulle oorspronklik in Grieks geskryf was; derdens was Grieks die wêreldtaal van daardie tyd - die apostels en ander outeurs van die N.T. het in Grieks geskryf sodat almal die Boodskap kon lees en verstaan.
Die voorstanders van die Hebreeuse/Aramese oortuiging dring nietemin daarop aan dat name en titels in die Hebreeuse/Aramese taalvorms behou moet word, en dit nogal in al die verskillende vertalings van die Bybel. Daarmee saam word boonop verkondig dat die naam Jesus, en titels soos God en Here, afgelei is van afgodsname en dat hierdie vervalsings met die (beweerde) vertaling na Grieks ingesluip het.
Die regte verstaan van God se titels en name in die N.T. is as volg:
Die belangrikste titels van God in die N.T. is:
Benoemings van die eerste en derde Persone van God is as volg:
Die N.T. het geen eiename vir God of die Vader of die Heilige Gees nie. Die O.T. eienaam van God, JAHWEH, verskyn ook nêrens in enige vorm in die N.T. nie.
Die naam van die Seun is meer ingewikkeld: mens moet begin by die verskyning van die engel aan Josef en Maria (Matt 1, Luk 1). Die naam wat die engel voorgeskryf het was seker heel moontlik die Hebreeuse Josua (of Jésua, 'n Hebreeuse verkorting van Josua). Die naam beteken dat Jahweh ons van ons sondes verlos, met ons is, en ons red. Ons kan met redelike veiligheid aanneem dat Israel in en om Jerusalem Hebreeus/Aramees gepraat het (al was die wêreldtaal Grieks) en dat Jesus se naam in die Hebreeuse/Aramese klank uitgespreek was.
In die boeke van die N.T. is sy Naam egter die Griekse woord Ἰησοῦς, met die uitspraak Iesous. Dit is 'n omskepping (transliterasie) van die Hebreeuse naam Josua (soos in Jos 1:1) of Jésua (soos in 1Kron 24:11) na Grieks. Die Griekse spelling asook die uitspraak van die naam was klaar anders as die Hebreeuse, want die proses van transliterasie van een taal na 'n ander kan nie altyd 'n spelling of uitspraak (klank) presies naboots nie. Maar die Griekse naam het dieselfde betekenis as die Hebreeuse naam gehad! Baie Griekssprekende mans in Israel het daardie tyd ook die naam Iesous gehad.
Dit moet verstaan word dat die outeurs van die N.T. nie die Hebreeuse naam Josua (of Jésua) tussen die Grieks kon inskryf nie. Hulle het die naam na Grieks getranslitereer. Net so moes die latere vertalers van die N.T. dit ook op hul beurt omskep: eers van Grieks na Latyns, toe van Latyns na Engels, en later van Engels na onder andere Afrikaans. Die spelling en uitspraak (klank) van die naam het telkens verder verander, maar die oorspronklike betekenis het deur al die eeue presies dieselfde gebly en na dieselfde Persoon verwys, nl. die Seun van God.
Die transliterasie van God se name na verskillende tale is duidelik volgens sy wil. Die apostels en ander Bybelskrywers het inderdaad die voorbeeld gestel. God vereis nie dat ons die presiese spelling of klank van sy name moet handhaaf nie – dit is taalkundig onmoontlik en kan groter probleme veroorsaak as dit geforseer word: dit kan byvoorbeeld gebeur dat die spelling of klank van 'n woord heeltemal ander betekenisse in ander tale het. Dis die oorspronklike betekenisse van woorde wat belangrik is en in stand gehou moet word, ongeag die tale waarin dit omskep word.
Die woord Jesus in ons Afrikaanse Bybel is volkome in ooreenstemming met die uiteensetting hierbo. Daar is geen sprake van enige vervalsing, konneksies met byv. die afgod Zeus, of enigiets anders wat die integriteit van die naam onder verdenking kan bring nie. Pogings om dit te doen word afgewys as kwaadwillig of uit onkunde en verkeerde invloed.
Daar is ook ander name vir Jesus in gebruik, soos byvoorbeeld Jahshua, Josia en Jésua. Dit is aanvaarbaar, vir die volgende redes:
Die naam Josua of Jésua het wel deeglik Bybelse gronde aangesien dit so in die Hebreeuse grondtekste en ook in al die vertalings van die O.T verskyn. Gebruik van hierdie name is ook aanvaarbaar want dit is bloot 'n persoonlike keuse om terug te reik na die Hebreeuse wortels van die naam. Die naam Josua word gewoonlik nie gebruik nie om verwarring te voorkom tussen God se Seun en Moses se opvolger Josua.

- theos, met die betekenis God, god ens. en in Afrikaans vertaal as God, soos byvoorbeeld in Matt 1:23.
- kurios, met die betekenis God, heer, meester ens. en vertaal as Here of die Here, soos byv. in Matt 1:20.
Benoemings van die eerste en derde Persone van God is as volg:
- die Vader (eerste Persoon van die drie-eenheid) word genoem met die titel Vader (Gr. Pater), wat ooreenstem met die titel Vader in die O.T.
- Die Heilige Gees (derde Persoon) word deurgaans die Heilige Gees (Gr. Hagio Pneuma), die Gees, die Gees van Christus en die Gees van God genoem, wat ook ooreenstem met die O.T.
Die N.T. het geen eiename vir God of die Vader of die Heilige Gees nie. Die O.T. eienaam van God, JAHWEH, verskyn ook nêrens in enige vorm in die N.T. nie.
Die naam van die Seun is meer ingewikkeld: mens moet begin by die verskyning van die engel aan Josef en Maria (Matt 1, Luk 1). Die naam wat die engel voorgeskryf het was seker heel moontlik die Hebreeuse Josua (of Jésua, 'n Hebreeuse verkorting van Josua). Die naam beteken dat Jahweh ons van ons sondes verlos, met ons is, en ons red. Ons kan met redelike veiligheid aanneem dat Israel in en om Jerusalem Hebreeus/Aramees gepraat het (al was die wêreldtaal Grieks) en dat Jesus se naam in die Hebreeuse/Aramese klank uitgespreek was.
In die boeke van die N.T. is sy Naam egter die Griekse woord Ἰησοῦς, met die uitspraak Iesous. Dit is 'n omskepping (transliterasie) van die Hebreeuse naam Josua (soos in Jos 1:1) of Jésua (soos in 1Kron 24:11) na Grieks. Die Griekse spelling asook die uitspraak van die naam was klaar anders as die Hebreeuse, want die proses van transliterasie van een taal na 'n ander kan nie altyd 'n spelling of uitspraak (klank) presies naboots nie. Maar die Griekse naam het dieselfde betekenis as die Hebreeuse naam gehad! Baie Griekssprekende mans in Israel het daardie tyd ook die naam Iesous gehad.
Dit moet verstaan word dat die outeurs van die N.T. nie die Hebreeuse naam Josua (of Jésua) tussen die Grieks kon inskryf nie. Hulle het die naam na Grieks getranslitereer. Net so moes die latere vertalers van die N.T. dit ook op hul beurt omskep: eers van Grieks na Latyns, toe van Latyns na Engels, en later van Engels na onder andere Afrikaans. Die spelling en uitspraak (klank) van die naam het telkens verder verander, maar die oorspronklike betekenis het deur al die eeue presies dieselfde gebly en na dieselfde Persoon verwys, nl. die Seun van God.
Die transliterasie van God se name na verskillende tale is duidelik volgens sy wil. Die apostels en ander Bybelskrywers het inderdaad die voorbeeld gestel. God vereis nie dat ons die presiese spelling of klank van sy name moet handhaaf nie – dit is taalkundig onmoontlik en kan groter probleme veroorsaak as dit geforseer word: dit kan byvoorbeeld gebeur dat die spelling of klank van 'n woord heeltemal ander betekenisse in ander tale het. Dis die oorspronklike betekenisse van woorde wat belangrik is en in stand gehou moet word, ongeag die tale waarin dit omskep word.
Die woord Jesus in ons Afrikaanse Bybel is volkome in ooreenstemming met die uiteensetting hierbo. Daar is geen sprake van enige vervalsing, konneksies met byv. die afgod Zeus, of enigiets anders wat die integriteit van die naam onder verdenking kan bring nie. Pogings om dit te doen word afgewys as kwaadwillig of uit onkunde en verkeerde invloed.
Daar is ook ander name vir Jesus in gebruik, soos byvoorbeeld Jahshua, Josia en Jésua. Dit is aanvaarbaar, vir die volgende redes:
- Die woord Jahshua (of Jahshuah) is saamgestel deur 'n beweging in die vorige eeu om die eerste deel van die naam Jahweh, nl. Jah, te verbind aan die Hebreeuse woord shua wat verlos of red beteken. Dit word gesien as 'n beter weergawe as Josua of Jésua deurdat dit die Jah-gedeelte uitbring. Hierdie argument is egter nie taalkundig korrek nie en kan ook nie uit die Bybel gestaaf word nie. Die woord Jahshua verskyn ook nie in enige taal in enige Bybelse manuskripte, grondtekste of erkende vertalings nie. Dit is 'n nuwe woord wat maar onlangs deur mense saamgestel is om die naam Jesus te vervang.
- Ondanks die taalkundig foutiewe motivering vir die naam Jahshua is daar in beginsel geen beswaar daarteen nie, in die lig van die toelaatbaarheid van naam-omskepping met Bybelvertalings.