WOORDSTUDIE
OOR GOD
Ter inleiding:
Om God te probeer beskryf sal altyd ’n baie onvolkome poging wees, omdat Hy so oneindig groot is. Die hoeveelheid gesprekke, boeke, beskrywings en uitbeeldings van God deur mense is seker ontelbaar, en sal nooit ophou nie totdat ons Hom eendag van aangesig tot aangesig sien.
Hieronder is ’n kort opsomming wat slegs die essensiële waarhede oor God gee, sonder om iets te probeer byvoeg tot die veelheid van goeie werk wat reeds in die wêreld daaroor gedoen is.
Al word die mens se aandag maar altyd deur materiële en vleeslike dinge in beslag geneem, sal daar tog altyd ’n soeke na God wees. In sy groot genade openbaar God Homself dan ook op baie maniere aan die mens. En Hy skenk ons selfs na die sondeval nog die vermoë om Hom tot ’n mate na sy grootheid, almag en alwysheid te herken.
Ons kyk na die twee bronne van kennis oor God tot ons beskikking, naamlik die skepping self, en God se woord.

OPENBARING VAN GOD IN SY SKEPPING
Elke eerlike, denkende mens sal erken dat die skepping wonderbaarlik is en dat daar ’n hoër wese of mag is wat dit gemaak of laat gebeur het. Deur ons waarnemingsvermoë en verstand probeer ons gedurig om hierdie geheimenis te ontrafel, maar die besef dring telkens net deur dat dit alles totaal bokant die mens se begripsvermoë is. Volkome kennis van die skepping en die Skepper is buite ons bereik.
Die mens is egter geneig om aan te hou soek tot hy antwoorde kry om aan vas te hou. Dit gee aanleiding tot allerhande menslike idees oor die oorsprong van die skepping en wie of wat daaragter is. In die Westerse kultuur wissel dit van ateïsme en ewolusionisme tot die Christelike beskouing, of anders gestel, van totale ongeloof tot kinderlike geloof in wat die Bybel sê. Die spektrum van idees is baie wyd, en dit is verstommend watter vêr draaie die menslike verbeelding kan loop.
In ander dele van die wêreld soos byv. die Ooste en Afrika is oortuigings oor God, of goddelike wesens, meer op inheemse kulture en godsdienste gebaseer en is onafhanklike of nuwe idees skaarser. Daar is ook duidelike tekens van veelgodery (politeïsme) en van vergoddeliking en aanbidding van diere, mense en dinge.
Aangesien ons oorsprong en wortels in die Westerse beskawings lê is die soeke na God binne hierdie denkraamwerk – en meer bepaald die Christelike raamwerk – van meer belang vir ons. Die algemene siening daar is dat God ’n persoonlike, enige Opperwese is wat alles geskape het. Hy is onafhanklik van sy skepping maar verheerlik Hom daarin en openbaar Homself daardeur. Adam se nakomelinge het dus reeds deur die skepping ’n inherente bewussyn van God, alhoewel heel verwronge in baie gevalle. Die apostel Paulus stel dit duidelik in Hand 17:15-34 en Rom 1:18-20.
Dis natuurlik baie belangrik om te onthou dat die Duiwel hom ook voordoen as God, deur listige en behendige beïnvloeding van die mens se denke. Hy maak goed gebruik van menslike swakhede soos ongeloof, eiewysheid en dwaling. Ons staan geen kans om God alleenlik deur sy skepping reg te leer ken nie. Ons het nodig dat Hy ook met ons praat.

OPENBARING VAN GOD DEUR SY WOORD
Die skepping maak God nie persoonlik aan die mens bekend nie. Direkte kontak met God het na die sondeval opgehou (Gén 3:23-24), sodat intieme kennis van Hom verlore geraak het.
Eers toe God weer met die mens begin praat het ware kennis van Hom begin toeneem. Hy het sy naam, sy karakter en sy eienskappe begin bekendmaak. Met ’n paar lang treë deur die Bybel sien ons die volgende voorbeelde:
As Almagtige het God die hemel, aarde en mens volmaak geskape om Hom te verheerlik (Gén 1,2).
Deur Noag betoon Hy dat Hy ’n genadige God is (Gén 6-9).
In sy uitreiking na Abraham en sy seuns bewys Hy sy liefde en lankmoedigheid (Gén 12-).
In Egipte en daarna in die woestyn demonstreer Hy deur Moses sy grootheid en krag as enige God (Exod 1-15).
Hy tree met Israel in die huwelik en kom woon by hulle in die tabernakel. So vereenselwig Hy Hom met sy volk deur intieme betrokkenheid by hul fisiese bestaan. As Israel se Man maak Hy sy karakter en wil aan haar bekend deur die Wet. (Exod 19-Deut).
Die profete benadruk God se geregtigheid en regverdigheid, maar ook sy voorneme om in te staan vir sy volk se redding en herstel (Jes. 1, 5:16, 9:7, 11, 53, Eség 18, Sag 9:9).
Uiteindelik vertoon God sy liefde en getrouheid aan sy volk, deurdat Hy al sy beloftes aan hulle nakom deur sy Seun Jesus Christus (Matt. 1:22-23, Hand 2:16-21, 2Kor 1:20).
Hy beskryf Homself as ’n vergewende God, wat nie wil nie hê dat enigiemand verlore gaan nie maar dat almal gered word (1Tim 2:1-8, 4:10, Tit. 2:11).
Die hele Bybel is inderwaarheid vol beskrywings van God, wat so heerlik aanklank vind by ons. In sy Woord sien ons dat ons na sy beeld geskape is en na Hom aard. Die natuurlike mens is kwalik in staat om sy beeld te vertoon, maar dis duidelik sigbaar by gelowige en geestelik volwasse kinders van Hom, omdat hulle nuwe skepsels in Christus en in God is.
God maak Hom ook in sy Woord aan ons bekend deur sy name en titels.
Sien DIE NAME VAN GOD
Dan is daar die wonderbaarlike drie-eenheid van God, wat veral in die Nuwe Testament so duidelik blyk en maar net bedink en bewonder kan word.
Sien DIE DRIE-EENHEID VAN GOD