WOORDSTUDIE
GEMEENTES
(Lees eers DIE NUWE TESTAMENT)
|
OORSIG
Gemeentes (die Kerk) is ’n belangrike Nuwe-Testamentiese instelling. Hulle is die nuwe, herstelde Israel, wat wêredwyd groei namate mense Jesus aanneem en deel van sy liggaam word. Formele lidmaatskap van ’n gemeente is belangrik en verseker getrouheid, diensbaarheid en groei. Gemeentes moet streef na eenheid en broederliefde.
Gemeentes moet goed bestuur en versorg word deur die ampte van ouderling, diaken en leraar, sodat voorsien word in die geestelike en materiële behoeftes van die lede.
Geldelike bydraes deur gemeentelede is nodig om gemeentebedrywighede te finansier, om te verseker dat elke lid genoeg het, en om leraars en woordbedienaars te onderhou. Gemeentes moet goeie rentmeesters van hul finansies wees.
Die gee van tiendes was ’n belangrike deel van die Wet in die Ou Testament en is nie meer op vandag se gemeentes van toepassing nie.

INHOUD
Vertical Divider
|
DIE BELANGRIKHEID VAN GEMEENTES
WIE IS HULLE? DIE VORMING VAN GEMEENTES LIDMAATSKAP VAN 'N GEMEENTE 'N GROEIENDE LIGGAAM EENHEID TOEWYDING EN DIENSBAARHEID GEMEENTEBESTUUR DIE AMPTE OUDERLINGE DIAKENS DIE GEMEENTERAAD PREDIKERS FINANSIES 'N WOORD OOR TIENDES |
DIE BELANGRIKHEID VAN GEMEENTES
Die gemeentelewe is een van die belangrikste instellings in die Nuwe Testamentiese bedeling. Die eerste gemeente het in Jerusalem ontstaan na die uitstorting van die Heilige Gees (Hand 2:41-47), gevolg deur talle ander gemeentes wat gestig is namate die gelowiges en apostels uitbeweeg het na die res van die wêreld, byv. in Rome, Korinthe, Galásië, ens. Die sendbriewe (in die N.T.) wat die apostels aan hierdie gemeentes geskryf het was bedoel om hulle te bemoedig, te waarsku teen gevare en op te bou in die gesonde leer van Jesus.
In die Afrikaanse Bybels word die Griekse woord ekklesia na gemeente vertaal, terwyl die Engelse Bybels dit meestal na church vertaal. Vandaar weer die Afrikaanse woord kerk, wat ook in ons nuwer Afrikaanse vertalings begin verskyn het. Die woorde kerk en gemeente het dieselfde betekenis in die Bybel.
Die doel van gemeentes (die kerk) is eerstens om 'tot lof van die heerlikheid van Jesus se genade' te wees (Ef 1:6,12), en die 'liggaam en volheid' van Jesus te wees (Ef 1:17-23) - 'n heerlikheid en status wat kwalik in woorde beskryf kan word! Tweedens het sy gemeentes die allerbelangrike opdrag om die lig van die wêreld te wees (Filip 2:15).

WIE IS HULLE?
Jesus het die opdrag om soos sout en lig te wees eers vir Israel gegee (Matt 5:13-16). Hulle het Hom egter verwerp en sy opdrag verontagsaam. Later het die gemeentes dit gedoen, soos ons sien in byv. Filip 2:15. Hulle was daardie gelowige en gehoorsame oorblyfsel uit Israel wat Jesus aangeneem het (Joh. 1:11-13). Hulle was die ware, herstelde Israel – die Nuwe-Testamentiese, geestelike Israel uit Israel. JAHWEH hou sy beloftes - sy volk het nie verdwyn nie! Hulle is vandag steeds baie duidelik herkenbaar as die liggaam van Jesus Christus en staan in volkome oorwinning in die wêreld saam met hul Koning.
DIE VORMING VAN GEMEENTES
Gemeentes word gevorm soos wat die Heilige Gees gelowiges by die liggaam van Jesus (sy kerk) toevoeg (Joh 6:44-45, 12:32, Hand 2:38, 41, 47, 5:14, 16:5). Dit gaan hand aan hand met bekering en wedergeboorte (sien ’N NUWE LEWE). Jesus se liggaam organiseer hulself in afsonderlike groepe, of gemeentes, na gelang van volk- en taalverwantskap, geografiese omgewing, spesifieke geloofsoortuigings, tradisies, ensovoorts. Dit beteken dat daar een liggaam van Christus is, alhoewel dit oor die hele wêreld versprei is en verskillende vorms aanneem.
LIDMAATSKAP VAN 'N GEMEENTE
Elke lid het 'n plek en funksie in die gemeente (Rom 12:4-8, 1Kor 12:27-30). Sien ook DIE GAWES VAN DIE GEES. Formele lidmaatskap van ’n gemeente word nou wel nie spesifiek so in die Bybel aangespreek nie, maar dit blyk duidelik dat dit in praktyk bestaan het. Gemeentes het byv. geweet wie hulle lede was (Hand 2:44) en het mekaar aanbeveel by ander gemeentes (Hand 18:27, Rom 16:1, 2Kor 3:1). Die ouderlinge moes ook byvoorbeeld goeie opsieners van hulle gemeentes wees (Hand 20:28, 1Pet 5:2), wat wys dat hulle geweet het wie aan hul gemeentes behoort het. Verder word dissiplinêre optrede voorgeskryf waar nodig, wat nie veel sal beteken sonder formele lidmaatskap nie. Sien byv. Matt 18:15-17, 1Kor 5:1-6:4, 1Tim 5:20, Tit 3:10-11.
’n Belangrike rede vir formele lidmaatskap van ’n gemeente is getrouheid en diensbaarheid aan mekaar (Rom 12:5, 9-16, 1Kor 12, Gal 6:2, Heb. 10:24-25, 1Pet 1:22, 4:8-10, 1-2Joh). So word elkeen bevoordeel met geestelike groei, beskerming en versorging. Lidmaatskap help met ’n gevoel van persoonlike betrokkenheid en mede-verantwoordelikheid vir die gemeente, en aanvaarding van die gesag van die gemeenteraad. Lidmate geniet ook ander voorregte soos insae in gemeentesake, stemreg, en ondersteuning deur die gemeente in gevalle van nood.
Lidmaatskap is ’n voorreg wat voorbehou behoort te word vir gelowiges wat getrou deelneem aan die gemeente se byeenkomste en bedrywighede, en dan ook die gemeente se geloofsbelydenis, oortuigings en handelswyses aanvaar en daaraan meedoen.
Formele lidmaatskap behels dan ook 'n deeglike register van lidmate, met kontakbesonderhede en ander belangrike inligting. Bewys van lidmaatskap in die vorm van ’n sertifikaat of iets dergeliks, kan ook ’n tasbare manier wees om persoonlike deel-wees van die liggaam te versterk.
Gemeentes moet natuurlik altyd ’n oop deur hê vir belangstellendes en besoekers. Mense kan hoor van die gemeente of soontoe uitgenooi word deur bestaande lidmate, en later dalk aansluit of weer wegbeweeg. Die situasie met vreemdelinge word deesdae al moeiliker en gevaarliker, wat gemeentes noodsaak om versigtig en beskermend teenoor hulself te wees. Elke gemeente moet hul maar laat voorskryf deur hul eie omstandighede.

'N GROEIENDE LIGGAAM
Die groei na volmaaktheid in Jesus vind enersyds plaas deur persoonlike Bybelstudie en gebed (Luk 4:4, 1Pet 1:23, 2:2, 2Tim 3:16-17) en opvoeding in gesinsverband (Ef 5,6), en andersyds deur inskakeling en meelewing in die gemeente (1Pet 2:5, Kol 1:28, 2:19), wat 'n 'pilaar en grondslag van die waarheid' is (1Tim 3:15). Die gawes van die Heilige Gees word aan gemeentes gegee sodat lede daarmee gelyke sorg vir mekaar kan dra en saam tot volkome kennis van Jesus kan ontwikkel (1Kor 12:12-27, Kol 3:1-17). Meeste briewe van die Nuwe Testament was nie aan individue nie, maar aan die gemeentes gerig, vanwaar die nodige kennis en leiding na elke lidmaat deurgevloei het.
EENHEID
'n Baie belangrike bron van krag in 'n gemeente is eenheid. Dit is alleenlik moontlik deur die werking van die Gees in die harte van wedergebore lede (Ef 4:1-16). Eenheid word gekenmerk deur eenstemmigheid oor Jesus en die praktiese doen van sy Woord (4:13-14). Waar eenstemmigheid oor 'n saak (byv. 'n vertolking van die Bybel) nie altyd moontlik is nie is daar beskerming deur eensgesindheid en verdraagsaamheid teenoor mekaar (4:2-3), wat uitloop op 'n sterk eendragtigheid soos in 'n volgroeide liggaam (4:16).
Gemeentes moet dus streef na opregte broederskap vanuit ongeveinsde en vurige liefde vir mekaar (Rom 12:9-10, 1Pet 1:22), vrymoedigheid en openheid teenoor mekaar (Hand 18:26, Spr 27:5, Gal 2:11) en broederlike beraadslaging oor verskille (Matt 18:15-17).

TOEWYDING EN DIENSBAARHEID
Volharding, groei en oorwinning op die geloofspad is vir gemeentelede alleen moontlik onder beskutting en ondersteuning van die gemeente (Filip 1:27-30). Daarom is die onvoorwaardelike toegewydheid en onselfsugtige diensbaarheid van elke lid broodnodig (Filip 2:1-15). As die liggaam gesond en sterk is dan sal elke lid ook gesond en sterk bly, en netso maak gesonde en sterk lede ook 'n gesonde en sterk liggaam, tot eer en blydskap van die Hoof van die liggaam.
GEMEENTEBESTUUR
’n Gemeente is ’n organisasie van mense, en moet soos enige organisasie goed bestuur word om suksesvol te wees. Die meeste gemeentes is verbonde aan groter, en dikwels ingewikkelde kerkstrukture met uitgebreide bestuurstelsels. Aan die ander kant kan onafhanklike enkel-gemeentes goed klaarkom met die eenvoudigste, basiese bestuurstelsels. Maar of ’n gemeente nou groot of klein is, verdien dit goeie leierskap en deeglike bestuur. Die twee basiese aspekte van gemeentebestuur behels die ampte en finansies:
DIE AMPTE
Jesus het ’n spesiale vorm van bestuur vir sy liggaam bepaal, wat uit die staanspoor in sy gemeentes toegepas was. Die Bybel gee nie ’n puntsgewyse beskrywing daarvan nie, maar gee genoeg inligting waaruit afgelei kan word hoe dit gedoen was. Dit kom baie kortliks op die volgende neer:
Sommige apostels en Paulus was die prominente leiers van die eerste gemeentes. Daar was ook ‘ouderlinge’, wat gesagsposisies in die gemeentes beklee het (Hand 11:30, 15:2). Daar was ook leraars, wat gepreek het en Jesus se boodskap verkondig het (Hand 6:8-7:56, 8:5-40, 11:22-26, 13:1) Daar is geen rekord van formele verkiesings of aanstellings van daardie ouderlinge of leraars nie, maar die verkiesing en aanstelling van die sewe diakens in die Jerusalem-gemeente word nogal goed beskryf (Hand 6:1-6). Paulus het ouderlinge gekies en aangestel tydens sy sendingreise (Hand 14:23). Die ampte van ouderling, leraar, voorganger en diaken was ’n erkende en belangrike deel van gemeentes se bestaan (1Thess 5:12, 1Tim 3, 5:17).
Dit is dus duidelik dat sommige lidmate in die gemeentes sekere verantwoordelikhede gehad het en met die nodige gesag beklee was vir die werk. Dit werk steeds so in vandag se gemeentes, en word min of meer soos volg gedoen:

Ouderlinge
Die gemeente word deur sy ouderlinge, (opsieners) (1Tim 3:1-2, Tit 1:7) regeer, versorg en beskerm m.b.t.
Ouderlinge is ouer broeders, wat gekies en aangestel word deur die bestaande ouderlinge, met inagneming van enige besware uit die gemeente (Tit 1:5). Ouderlinge moet lidmate van die gemeente wees en moet voldoen aan die vereistes gestel in 1Tim 3:1-7 en Tit 1:6-9.
Ouderlinge kan in die gemeente as predikers optree indien hulle daarvoor geroepe voel en aan die vereistes vir predikers voldoen (1Tim 5:17).
Ouderlinge kan die doop bedien en vir gemeentelede bid en hande oplê (Jak 5:14).
- leerstellige en geloofsake (Hand 15:2,6),
- beskerming teen vreemde/dwaalleringe (Hand 20:17-31),
- voorsiening in, en bestuur van die geestelike behoeftes van die gemeente (1Tim 5:17),
- toesighouding oor, en voorbeeldstelling aan gemeentelede (1Pet 5:1-3).
- hantering van klagtes teen ouderlinge (1Tim 5:19).
Ouderlinge is ouer broeders, wat gekies en aangestel word deur die bestaande ouderlinge, met inagneming van enige besware uit die gemeente (Tit 1:5). Ouderlinge moet lidmate van die gemeente wees en moet voldoen aan die vereistes gestel in 1Tim 3:1-7 en Tit 1:6-9.
Ouderlinge kan in die gemeente as predikers optree indien hulle daarvoor geroepe voel en aan die vereistes vir predikers voldoen (1Tim 5:17).
Ouderlinge kan die doop bedien en vir gemeentelede bid en hande oplê (Jak 5:14).
Diakens
Die diakens is verantwoordelik vir die daaglikse versorging van die gemeente ('bediening van die tafels') en vir die gemeente se fisiese behoeftes en sake. (Hand 6:1-3).
Diakens is broeders wat deur die gemeente gekies, deur die ouderlinge aanvaar en in die amp van diaken aangestel word (Hand 6:5-6). Diakens moet voldoen aan die vereistes gegee in 1Tim 3:8-13.
Diakens kan lering gee en as predikers optree indien hulle daarvoor geroepe voel en aan die vereistes vir predikers voldoen (Hand 6:8-15, 7:1-60, 8:1-40, 21:8). Diakens kan ook die doop bedien as hulle vrymoedig voel om dit te doen (Hand 8:12, 38).

Die gemeenteraad
Die ouderlinge en diakens vorm gesamentlik die gemeenteraad, wat die oorhoofse bestuursliggaam van die gemeente is.
Predikers
Dit is gelowiges wat as leraars/woordbedienaars/voorgangers optree in eredienste, of algemeen as leraars van God se woord optree. Om in die gemeente te kan optree moet ’n prediker:
Predikers is gewoonlik ouderlinge of diakens van die gemeente, maar enige lidmaat kan op uitnodiging as prediker in die gemeente optree. Predikers van buite die gemeente kan ook uitgenooi word om in die gemeente op te tree.
- die gemeente se geloofsbelydenis en oortuigings ondersteun en verkondig,
- voldoende ervaring/opleiding as prediker hê,
- aanvaar word deur die gemeenteraad en die hele gemeente.
Predikers is gewoonlik ouderlinge of diakens van die gemeente, maar enige lidmaat kan op uitnodiging as prediker in die gemeente optree. Predikers van buite die gemeente kan ook uitgenooi word om in die gemeente op te tree.
FINANSIES
Finansiële bestuur is een van daardie verpligtinge wat deel is van elke mens se lewe, en helaas ook van die gemeentes (kerk). Gemeentelike bedrywighede kos geld, waarvoor begroot moet word en waarvan die besteding goed bestuur moet word. Die geld kom van God deur die hande van die lidmate, dus moet gemeentes goeie rentmeesters van hul finansies wees.
Die manier waarop die eerste gemeentes met hul geld gewerk het gee vir ons die basiese beginsels en riglyne. Dit word min of meer soos volg in vandag se gemeentes toegepas:
Die manier waarop die eerste gemeentes met hul geld gewerk het gee vir ons die basiese beginsels en riglyne. Dit word min of meer soos volg in vandag se gemeentes toegepas:
- Die gemeente funksioneer soos een liggaam waar almal bydra volgens vermoë en gewilligheid, sodat elke lid ondersteun kan word in wat hy nodig het (Hand 2:44-46, 4:32,35, 2Kor 9:7).
- Geld wat inkom word sentraal hanteer deur ’n tesourier (een of meer gemeentelede) wat spesiaal daarvoor aangestel is. Die tesourier bestee die gemeentefondse volgens die besluite en voorskrifte van die gemeenteraad (Hand 4:34, 37, Hand 6:3, 11:29-30, 1Kor 16:2-3).
- Gemeentes is vir leraars en woordbedienaars se onderhoud verantwoordelik (1Kor 9, Gal 6:6, 1Tim 5:17-18). Hulle het die reg om van die evangelie te lewe (1Kor 9:14) maar nie vir selfverryking nie (1Tim 3:3, 1Pet 5:2). In sekere gevalle kan dit goed wees as ’n woordbedienaar sy werk kosteloos doen (1Kor 9:15-23, Hand 18:3-4, 20:33-35), maar dit hou ook die gevaar in dat hy homself as onafhanklik en bo die gesag van die ouderlinge en die gemeenteraad kan stel (1Pet 5:3).
'n Woord oor tiendes
Die gee van tiendes was ’n belangrike deel van die Wet in die Ou Testament. Die doel daarvan was om JAHWEH te verheerlik met die vrug van jou arbeid, die tabernakel in stand te hou en lewensonderhoud vir die Leviete en priesters te verseker. Elke Israeliet het die eerste 10% van sy inkomste daarvoor afgestaan. Dit praktiese werking van die tiende-wet was ingewikkeld, sodat Moses dit in fyn besonderhede gespesifiseer het. Sien byv. Lev 27 en Deut. 14:22-29. Die profeet Maleági het volhoubare gehoorsaamheid daaraan benadruk (Mal 3:8-10), en Jesus het dit ook bevestig (Matt. 23:23).
Die hele Wet was egter deur Jesus vervul en afgesluit (sien DIE WET). Die gemeentes van die Nuwe Testament volg dus nie meer die wet van tiendes nie. Dit is glad nie eers ter sprake nie, behalwe in Heb 7 waar dit opgehaal word juis om die opheffing van die Wet te onderstreep (vv 18-19).
Die doel van geldelike bydraes vandag is om die gemeente se bedrywighede te finansier, te verseker dat almal genoeg het om gesonde lede van die liggaam te bly, en om die woordbedienaars te onderhou. Die grootte van jou bydrae is nie meer 10% van jou inkomste nie (nogal voor of na belasting? !!) maar soveel as wat jy wil of kan, of volgens die behoeftes van die gemeente). Verder leer Jesus ons dat jy jou lewe aan Hom verskuldig is en volkome aan Hom gewy moet wees (Spr. 10:22, Matt 13:44-46, Mark 10:17-31, Rom 12:1, 14:7-8, 1Kor 6:19-20).